Gedink hierdie een is nogals snaaks hier links!
Die afgelope twee inskrywings was oor Mugabe, ek kan nie die situasie in Zim net so los en nie 'n woord daaroor se nie, so vergun my net nog een iets.
Ek sien die ANC het die regering ondersteun en gese Zimbabwe moet sy eie probleme oplos, nou wil ek net weet, as Mugabe die laaste verkiesing verloor het, soos hy na regte moes, sou hulle ook stilgebly het as 'n ander leier die dinge gedoen het wat hy besig is om te doen.... ek dink nie so nie, Die ANC "skuld" Mugabe hulle onderseuning en come hell or high water, hulle gaan dit aan hom gee, as Mugabe uiteindelik sterf, dink ek daar gaan 'n paar ANC amptenare in die stilligheid 'n sug van verligting slaak....
Gisteraand 'n interessante politieke gesprek gehad met 'n vooraanstaande sakeman en wat my opgeval het is hoe anders sakemanne dink oor die situasie in die land, ek weet nie of dit is a.g.v. ekonomiese redes, of omdat manne wat te besig is om geld te maak, die realiteite en werklike van ons land miskyk.
Ek kan nie insien hoe ons ingrypend gaan verander in die afsienbare toekoms nie, daar gaan nog steeds mense in shacks wees sonder 'n noemenswaardige middelklas, dienslewering word inteendeel net swakker en dis a.g.v. nuwe metodes van diskriminering teen velkleur, na 13 jaar van demokrasie dink ek is ons omtrent net so ver van ware demokrasie af as wat ons voor 1994 was en daarmee wil ek nie se ons moet terugkeer na post 1994 toe nie, ek wil net se kom julle verkiesingsbeloftes van ware demokrasie na en gun almal dieselfde geleenthede in hierdie land, soos die grondwet se ongeag van kleur, taal, geloof of kultuur!!
Maklik ne, die woorde spreek vanself, jy het nie 'n graad in Politieke Wetenskap nodig om dit te verstaan nie!
Ek het belowe om die foto's te plaas van al die skole wat pienk gedra het verlede Vrydag maar dis blykbaar nie so maklik nie, ek moet eers die file convert en allerhande goed so ek belowe om dit dit later vandag te plaas.
Ek is alweer oppad oorsee, al weer net vir twee dae lyk dit my....... enigiemand wat in my plek wil gaan?
Laas keer gevlieg die een aand en die volgende aand teruggevlieg, ai die vermaaklikheidsbedryf is hel!
Baie mense vrek oor Steve, ek ook, hou van die manier wat hy sy se reguit se, baie soos 'n sekere omroepertjie wat ek ken......
Anyway hierdie op sy blog gekry gedink dis interessant en jy behoort dit te weet.
14 dinge wat mense nie van Steve Hofmeyr weet nie:
1) Sy muskiet/vliegfobie, al is die mozzie buite die muskietnet, vrek sal hy.2) Het tien ongepatenteerde ontdekkings waarmee hy gaan aftree!3) Het sy pc al 2 keer met ‘n byl aangeval. ‘n Duur taktiese beweging, sê hy.4) Hou van argumenteer. Teologie, politiek, kultuur, erfenis, etiek en filosofie is sy gunstelinge.5) Hy’s die agterkleinkind van Genl. Louis Botha, 1ste eerste minister van die Unie van Suid Afrika.6) Hy’s ‘n Heavy Metal ekspert en lag vir mense se vrese daarvoor.7) Hy wou ‘n DJ word.8) Hy en Andre Schwartz was “kamermaats” in hul eerste film, KAMPUS.9) Hulle het ook by dieselfde venues opgetree as studentsangers, maar op verskillende aande.10) Daar’s min boeke wat nie deur hom bespreek kan word nie. Lees is sy “escapism”, sê sy Engelse vroutjie, aktrise Natasha Sutherland.11) Hy’s ‘n gimmick queen. As dit werk met batterye, koop hy dit.12) Hy noem sy uur in die bad elke oggend mediteer tyd. Hy lees honderde bladsye en laat val gereeld sy selfoon en boeke in die water.13) Hy verdedig dan vloekwoorde as noodwendige “extensions” van idees wat gewone woorde nooit sal kan beskryf nie. Moet hom nooit vra om NIE te vloek nie. (Gelukkig doen hy dit min.)14) Steve verdedig sy boeremense fanaties, op alle plekke en in alle kringe, nasionaal en oorsee. Moet nooit die Afrikaanses voor hom probeer afmaak nie. Engelse kunstenaars is baie op hul hoede vir hom. Hy’s boonop vreeslik vinnig en vlot op Ingels. Hy reken so: Afrikaans en Afrikaners mag nooit weer verwag om voorgetrek te word nie, maar ons kan eenvoudig nie tevrede wees met die tipe aandag wat ons tans geniet nie. Ons bydra plaaslik en oor die laaste 2 eeue is merkwaardig.

Daarop kan ek net se AMEN bra!!!!
Tot later vandag as ek die skole se foto's plaas.
Wimpie
No comments:
Post a Comment