Nog 'n dag, nog 'n jaar verby in Zimbabwe, ek vra die vraag wat almal skynbaar te bang is om te vra...HOE LANK KAN DIE ROBERT MUGABE GESPUIS NOG LEWE VOOR HY VERLOS WORD VAN HIERDIE HEL WAT HY VEROORSAAK AAN DIE SUIDPUNT VAN AFRIKA!!!!!!!!!!!!
Nie net ter wille van Zimbabwe nie, maar ter wille van die res van die kontinent is dit nou tyd vir hierdie Dinosorus wat die res van Suider - Afrika terughou om sy heel grote pie te vat en te waai.....SO GOU MOONTLIK.....EN VIR ONS ALMAL SE BESWIL....
As jy dit durf waag om iets te se of probeer doen aan die situasie in Zimbabwe, sit jy of met jou gat in die tronk, vra maar die MDC leiers, of op die moordlys van die X vryheidsvegters (terroriste) in Zimbabwe.
Pres. Mbeki, jou stilswye en Suid-Afrika se beleid van stille demokrasie, is een van die grootste politieke flaters van alle tye, groter as watergate, nixongate, clintongate en selfs Bush se inval in Irak op soek nie non existant wapens van massa vernietiging.
Wat in Zimbabwe aangaan raak ook Suid - Afrika mnr. Mbeki, op elke denkbare manier al wil jy en die springbokkeurders (ANC Jeugliga) dit nie glo en of aanvaar nie.
Nog 'n dag in Suid-Afrika, nog 'n sinnelose moord op nog 'n onskuldige kind, die keer 'n arme onskuldige bruin kind van Mitchell's Plein in die Kaap.....dood, gevind in die plafon van haar ouerhuis op die Kaapse vlakte, net 'n week of wat nadat nog 'n onskuldige kind in die Kaap gesterf het, die slagoffer van 'n misdadiger se geweerskoot....
Op my ou klein radioshowtjie probeer ek misdaad beveg op elke denkbare manier en dan verstaan ek hoekom raak mense so moeg vir die polisie en alle 'red tape' wat daarmee saamgaan, vir drie weke probeer ek om die polisie sover te kry om terugvoering te gee oor dwelms en misdaad aan die Oos Rand, vandag se antwoord as ek bel om te bevestig vir more se show..... die baas is op verlof, ons kan eers volgende week met jou praat.....miskien.....
Ek is gatvol en so ook elke ander wetsgehoorsame burger van hierdie land....Suid-Afrika is besig om te verander in nog 'n Zimbabwe, onthou wat ek vandag se...
Gesinsmoorde is aan die orde van die dag, waar gaan alles eindig.
Ek het vandag 'n brief in die Beeld se briewe gelees wat my opslag die moer in gemaak het, x Suid'Afrikaners wat in die veiligheid van die buiteland sit en vir my wil vertel hoe die lewe waarvan hulle weggehardloop het soos hanskakies van ouds, nou eintlik werk....
Ek doen toe iets wat ek nie gewoonlik doen nie en skryf self 'n brief.... miskien is hy in vandag (Dinsdag) se beeld, gaan lees maar gerus.
Die trane die rol oor jou......stormers, die trane die rol oor jou Lions....wat 'n gemors altwee spanne....
Vandag (Dinsdag) is Sheldean se begrafnis, rus sag kleinding en sterkte aan jou ouers....en op daai noot het ek skielik nie meer lus vir skryf nie.....
Groetnis tot more...
Wimpie

3 comments:
Vertel hulle wimps, ek like dit! - Petro
Wimpie
Ek het self al stel afgetrap met Kapt Roland wat nie opgedaag het vir n afspraak oor BMW;s en drugs nie.
Maak mens bang as dit die hoof van Crime Intelligence in ons dorp is.
Pieter
Mugabe se paadjie is ook suid-afrika se voorland.
Post a Comment