Friday, April 13, 2007

Dreigemente, coke en uitsaaines se buiteuitsending.

Daar kom 'n tyd in elke mens se lewe wanneer jy moet besluit of dit wat jy mee besig is die moeite werd is en of jy dink jy moet aanhou en of jy moet stop waarmee jy besig is, so 'n tyd het gister vir my aangebreek.



Dis moeilik om vir iemand te verduidelik hoe jy voel wanneer iemand 'n telefoon optel en alles bedreig wat vir jou kosbaar is, dan moet jy kies tussen die vir wie jy lief is en 'n saak waaroor jy so sterk voel dat jy waarskynlik bereid is om jou eie lewe daarvoor op te offer.

Soos julle weet is ek gister tydens my show gedreig dat ek moet ophou met my dwelm storie en my misdaadprogram waartydens ek luisteraars die kans gee om in te bel en die polisie tips te gee oor waar word misdaad gepleeg en dwelms verkoop in ons gemeenskap.

Dit volg natuurlik op die nuus dat die polisie Woensdag toegeslaan het op een van die plekke wat op my show uitgewys is as 'n dwelm "hotspot" en twee ouens gearresteer het.

Net so tussen hakkies een van die ouens wat gevang is, hardloop al lank van die polisie weg en was gesoek op verskeie ander aanklagte.

Dan hoor ek sulke nuus en ek wonder of hulle dink hulle gaan my afskrik met dreigemente....

DAAR IS NIE 'N MANIER NIE!!

Ek het gister verskeie gesprekke gehad met almal wat iets vir my voel en ek het hulle gevra of hulle glo in wat ek doen en almal het gese ja.... Ek wil aan almal na aan my se dankie vir die ondersteuning, as net een van my geliefdes vir my gese het dis nie die moeite werd nie, dan sou ek opgehou het, maar ek het die ondersteuning van almal naby my en almal het gese ek moet aanhou om teen hierdie uitvaagsels te baklei vir ons almal se kinders se onthalwe, en dis presies wat ek gaan doe.

JULLE HET NOG NIKS GESIEN NIE, DIE GEVEG OM ONS GEMEENSKAP TERUG TE VAT UIT DIE HANDE VAN MISDADIGERS BEGIN NOU EERS!

Ek sit vandag ons reeks voort oor dwelms en kyk vandag na "cocaine"

Cocaine is a strong central nervous system stimulant. Physical effects of cocaine use include constricted blood vessels and increased temperature, heart rate, and blood pressure. Users may also experience feelings of restlessness, irritability, and anxiety.13
Evidence suggests that users who smoke or inject cocaine may be at even greater risk of causing harm to themselves than those who snort the substance. For example, cocaine smokers also suffer from acute respiratory problems including coughing, shortness of breath, and severe chest pains with lung trauma and bleeding.14 A user who injects cocaine is at risk of transmitting or acquiring diseases if needles or other injection equipment are shared.15
Cocaine is a powerfully addictive drug and compulsive cocaine use seems to develop more rapidly when the substance is smoked rather than snorted. A tolerance to the cocaine high may be developed and many addicts report that they fail to achieve as much pleasure as they did from their first cocaine exposure.
16
Smoking crack delivers large quantities of the drug to the lungs, producing effects comparable to intravenous injection. These effects are felt almost immediately after smoking, are very intense, but do not last long. For example, the high from smoking cocaine may last from 5 to 10 minutes. The high from snorting can last for 15 to 20 minutes.
17
Cocaine continues to be the most frequently mentioned illicit substance reported to the Drug Abuse Warning Network (DAWN) by hospital emergency departments (ED) nationwide. During 2002, it was mentioned 199,198 times and was present in 30% of the ED drug episodes during the year. While cocaine ED mentions were statistically unchanged from 2001 to 2002, they have increased 47% since 1995 when there were 135,711 mentions.
18
Daar het jy dit.

Jammer julle almal ek kry gister toe 'n e-pos van iemand wat vir my uitwys dat my webadres verkeerd op SA Tob Blogsites was, ek het dit reggemaak....dankie Machiel.

Dan laastens sterkte aan uitsaaines, hulle gaan die naweek probeer om die eerste lewendige buite uitsending vir enige internet radiostasie aan te pak, luister gerus Saterdagaan van so 20H00 se kant af of hulle dit regkry, kliek net op die link hier aan die linkerkant van my site dan skakel jy sommer direk in. Sterkte Raymond..

Ek blog weer oor die naweek as ek lewendig kan bly!

Wimpie
PS. Dankie vir al die mooi comments ek antwoord hulle almal oor die naweek.
Uitslag van gister se meningspeiling, 90% van julle dink dwelms is buite beheer, gaan stem by vandag se peiling!

1 comment:

Anonymous said...

Wimpie ek wil net se jou show is great. Moet jou nie laat afskrik deur sulke mense nie. Jy probeer ten minste help dat die dwelmhandelaars gevang word. Maar dit lyk of die polisie nie veel omgee nie, want hoekom laat hulle die varke weer vry. Ek het 3 kinders, 2 seuns onderskeidelik 12 en 9, en 'n dogtertjie van 3. My kinders is in Laerskool Christian Beyers. Ons bly in Struisbult. Oor 2 jaar gaan my oudste Gr 8 toe, en ek is bang, want weet nie wat alles daar kan gebeur nie. Ek wil nie he my kinders moet met dwelms deurmekaar raak nie. Jy is 'n goeie mens en BAIE DANKIE vir alles wat jy vir die gemeenskap en veral vir ons kinders wil doen. Die wat jou wil dreig, is varke en besef nie hoeveel lewens stel hulle in gevaar nie. Ek luister graag na jou show en jy doen baie. Groete Doret