As dit vir jou Grieks klink, toemaar dit klink vir my ook partykeer Grieks, veral vandag, stel dit net so, ek het vandag my lewe uitgesorteer vir eens en vir altyd!
Gister

Steve jy het my bitter teleurgestel vandag met jou opmerkings op jou blog en ek haal aan:
“Indien Louis WEER onskuldig is, sal ek uiters teleurgesteld wees in Nedine, want soos jy weet, het haar CD sopas verskyn en enige nuus daaroor is beter as geen nuus daaroor nie.”
Jy sinspeel daarop dat sy publisiteit soek vir haar CD en hoe en wanneer was van Wyk

Sover dit ons teen misdaad en dwelms protesveldtog aanbetref alles is in plek en op koers vir Saterdag 21 April, kom wys jou ondersteuning en stuur 'n boodskap aan uitvaagsels en rampokkers wat jou en my lewe wil kom verwoes.
Ek sal moreaand, Dinsdagaand die roete op my blog sit saam met 'n kaart as jy nie seker is nie.
Dis 'n hengse storie om so iets te reel vind ek toe die harde manier uit, forms moet voltooi word en allerhande behind the scene stories waarvan ek julle nog sal vertel.
Ek sien die Proteas was bietjie gekuier na hulle verloor het teen die Black Caps........... die manier wat hulle gespeel het sou ek gedink het dit was voor die game en nie na die game nie.

Groot hartseer met die afsterwe van Hannah Botha van Egoli faam:(
Dis genoeg, ek blog weer more, nog teleurgesteld in die mensdom......:(
Wimpie
No comments:
Post a Comment