Nou dat daar vir ten minste die volgende maand nie lotto is nie sal dit 'n goeie idee wees om jou lottogeld aan liefdadigheid van jou keuse te skenk....
Dink 'n bietjie daaraan as jy gewoond was om 10 of R20 per week te speel gaan skenk dit bietjie vir liefdadigheid van jou keuse wat dit werklik nodig het, ek wonder hoeveel mense sal dit doen, kom ek wed jou niemand nie, daar is nie iets vir jou daarin nie..........
En daarmee is almal wat hulle veronskuldig deur te se hulle ondersteun die Lotto vir liefdadigheid se redenasie in sy peetjie in...
Ai die rugby darem...daar verloor al wat 'n SA span is weer in die Super 14, behalwe natuurlik die Stormers wat genadiglik nie in aksie was die naweek nie, wou se dat ek se effe beter geslaap het die naweek, 'n goeie idee vir die stormers se ondersteuners.... kom ons sit druk op hulle om te onttrek aan die Super 14 dan kan ons elke naweek lekker rustig slaap sonder om jou elke Saterdag klokslag bloedig te vererg vir die drek wat hulle opdis!
Ek dink die

Dan begin ek nou dink Zimbabwe wil nie geholpe wees nie en dit nadat Zanu PF weer vir domdrol Mugabe aangewys het as hulle kanidaat vir die verkiesing.... Julle kan nie by die wereld huil vir hulp en kla omdat die inflasie al by 1800% staan en dan weer vir die bobbejaan stem nie!

Baie mooi aan almal wat Louis Trichardt se naamverandering gekelder het, sal vanaand daaroor skryf!
Ek gesels gister oor 'n stukkie braaivleis met 'n pel oor die oor die ou dae voor televisie toe ons nog radio geluister het en manne soos Gerhard Viviers die beste sportkommentator in die land was, ek noem dit spesifiek omdat ek nou moeg is vir hierdie eentonige afrikaanse kommentators en oud-rugbyspelers wat hulleself kommentators noem, se gesanik tydens rugby uitsendings.

Jammer julle almal maar die standaard van juis rugby uitsendings is skrikwekkend laag, doen jouself 'n guns en gaan luister na die ou uitsendings van Spiekeries, Heinrich Marnitz en Charles Fortune en vergelyk dit met die str### van vandag.
Nou ja dis my storie vir vandag, dankie vir die support, o ja en jammer vir al die luisteraars wat ek vanoggend so lekker uitgevang het oor die Lotto wenstorie, sorry en happy April Fool, al is dit 'n dag laat!!!
Cheers
Wimpie.
2 comments:
HEY WIM SEUN JA NEE EK STEM SAAM OOR DIE AFRIKAANSE KOMMENTATORS VERAL ERROL MAAR NOU JA,HET JY ENIGE KLANK MATERIAAL OOR SPIEKERIES EN ZANBERG JANSEN EK WIL N TRIBUTE SHOW DOEN ASB. JA DIS SKOKKEND OOR JAPIE MULDER AS JY IETS HOOR LAAT WEET MY OOK ASB.THX OU MAAT,TJORTS H
Yes Wimpie ek stem saam oor die Mbeki saak,Kyk hy is nie 'n "slegte" Presitent nie maar daar is heelwat goed oor hom wat nie lekker is nie,as iemand dink die "CRIME" is onder beheer hoekom 'n heining om jou huis sit wat genoeg kos om 'n k#*khuis VOL te te stop???
Post a Comment