Tuesday, May 1, 2007

Langnaweek blues en Spiderman!

So kom alle goeie dinge in die lewe tot 'n einde, of dit nou 'n langnaweek, 'n langtermynverhouding of wat ookal is, alles het 'n begin en 'n einde....
Laat my dink aan 'n liedjie met die naam van "the first time that we said hallo began our last goodbeye".
Met die risiko nogal groot dat mens kan verval in persoonlike issues wat ek nie dink julle oor wil weet nie, gaan ek volstaan deur net te se laat dooie honde in hulle grafte bly....
Sover dit die res van die naweek se nuus aangaan kan ek met alle eerlikheid se, hmmm ja dit was 'n lekker naweek, bietjie lank miskien maar nog steeds lekker, ek het 'n paar goed besluit die naweek, een daarvan is om die lewe net te laat gebeur, die lewe gee nie om wie en/of wat jy is nie, die lewe gaan aan met jou of sonder jou, om stroomop te probeer swem, help jou nie eintlik veel nie, snaaks genoeg is dit heeltemal die teenoorgestelde van wat ek voorheen gedink het, nie een van ons is superheroes soos Spiderman en kie nie, jy kan nie die wereld op jou eie verander nie en dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie, mens kan nie teen donderweer poep nie, maak nie saak hoe erg die boontjies was wat jy die vorige aand geeet het nie, ek is ook moeg probeer om die wereld te verander.
Die antwoord is so eenvoudig as wat dit voor die hand liggend is, jy kan nie alles regmaak in die lewe nie, maak nie saak hoe hard jy probeer nie, partykeer moet jy net dinge laat gaan....
Ek laat nou ook maar net dinge gaan, fight julle eie fights teen misdaad, dwelms en alles en nog wat, dis nie meer my fight nie, dit was nog nooit my fight nie, ek is ook net 'n mens en genoeg is genoeg.
Jammer as ek bietjie swartgallig is, ek dink ek is net nie opgewasse teen almal en alles nie.

Een nice ding darem gedoen die naweek, baie dankie aan almal wat verantwoordelik was daarvoor dat ek bevoorreg genoeg was om die voorskou van Spiderman 3 te gaan kyk by Sandton City, ek het net weer besef vandag ons ouens van die Oos Rand het 'n paspoort nodig as ons soontoe gaan....
Great movie, ek het nog nooit 'n fliek gesien waar die tweede en die derde opvolgprent beter as die eerste is nie, vat my woord oor Spiderman 3....dit is 'n awesome fliek, gaan kyk dit gerus, seker die fliekgebeurtenis van die jaar....ek is net bitter spyt my seun kon dit nie saam my gaan kyk het nie.
Soos hulle se in die movies....take the kids, go watch and learn, die movie vat jy deur verskillende emosies, alles in net 2 ure, jy gaan bietjie lag, jy gaan bietjie huil, jy gaan opgewonde raak en jy gaan bietjie hartseer wees, jy gaan kwaad word en jy gaan trots wees op mense, doen jouself 'n guns en gaan kyk dit, dis al die hype werd!
Dankie vir die comments, sorry Dieter, dit is nie net 'n game nie, die probleem is baie dieper as dit, dit gaan oor wat met onsop die sportveld gebeur is ook wat met ons in die regte lewe ook gebeur, gaan vra maar vir Greame Smith hoekom hy so gehuil het in Sondag se koerant en hy kan dit nou maar ontken so veel as wat hy wil, ons weet wat is die waarheid.


Hier is ' foto van hoe lugwaardinne lyk as hulle nie opgedress is en reg om oor die wereld te vlieg nie!
Groete en blog weer more!
Wimpie
Ps: Ek is vrot van die griep!








Die meningspeiling vir vandag is oor die rugby, onthou jy nog ons grootste ommblikke van 1995?
Wel hier is 'n lusmakertjie!

2 comments:

Anonymous said...

HI Wimpie hoe so swartgallig?
wat gaan gebeur as ons almal net hendsop en sê "ek gee op"?

Ek het al meer as een keer die donker van die lewe gesien en op die wreedste manier wat 'n vrou kan maar steeds bly ek positief...
Ja ek is bang vir al die goette wat deesdae met die kinders gebeur maar probeer van my kant af 'n beter SA te maak deur almal om my te wys dat ek, my man en ons seun 100% aan die regte kant van die gereg staan!

As ons almal net saamstaan en sê GENOEG! is ek seker die president sal luister!

aaag wat dit is maar net my mening en jy hoef nie te erinstig op te neem nie!!!

dankie vir so 'n interesante leesding!!!

groette

Anna Marie
(of anders bekend aan jou as Spookie)

Anonymous said...

ROBERT MUGABE STAP BY 'N KROEG IN MET 'N PADDA OP SY KOP. DIE KROEGMAN VRA WAT AANGAAN. DIE PADDA ANTWOORD "EK IS GEBORE MET 'N KWAADAARDIGE GEWAS IN MY HOL"

HOOP JY VOEL BETER