Sunday, May 13, 2007

Moedersdag en die rugby!

Moedersdag is hel!
Daar is baie redes daarvoor behalwe dat dit my 'n klein fortuin kos!
Die laaste keer wat ek so goed gevoel het oor ons rugby was op 26 Junie 1995 toe ons die wereldbeker gewen het, wel wie sou nou kon dink, twee Suid-Afrikaanse spanne in die Super 14 eindstryd, humble pie vir almal wat ons aan die begin van die seisoen vertel het hoe sleg ons is.
Soos alle rugbyafrigters gaan ons eendag ook Jake White se boek lees en dan gaan ons ook sien hoe sekere keuses en spelers sy ondergang beteken het soos almal voor hom.
Dis seker maar menslik om jou gunstelinge te he vir watter rede ookal, maar wanneer dit begin grens aan absurdheid moet dit darem iewers stop!
Hoe op die aarde is dit moontlik dat Andre Pretorius in die bok groep ingelsuit word en Derick Hougaard maak dit nie?
Jake het jy klippe in jou kop?
Die insluiting van Ashwin Willemse, Odwa Ndungane en Tonderai Chavhanga wys net weer dat omgekeerde diskriminasie is springlewendig en gesond in SA rugby.
Genade mense Chavhanga het een Vodacombeker wedstryd die jaar gespeel!!!
Ek voel regtig jammer vir die Stormers se kaptein Luke Watson, die arme ou is uiteindelik in die span en dan moet hy in die koerante lees dat White hom nie in die span wou gehad het nie....nee SA rugbybase dis nie hoe 'n mens dit doen nie, as daar nou al ooit 'n pos was wat gevul moet word is dit die een van PRO vir SA Rugby, net die blote manier waarop die insluiting van Luke Watson hanteer is skreeu ten hemele!
As ek Watson is weier ek om by die span aan te sluit!

So bietjie gekuier gister tydens die rugby, dis mos hoe 'n blou bul en sy spruit moet lyk!
Ek het so bietjie my lyf rockstar gehou en sou 'n paar songs op die kitaar deurgewerk, amper vergeet ek kan nog die ding speel!

Ek blog weer vanaand bietjie, net gou 'n paar antwoorde oor julle comments:
Dankie aan almal wat so gereeld 'n comment gooi, ek lees dit alles al antwoord ek nie altyd nie, partykeer dan smile ek maar net oor wat julle alles kwytraak, veral die girls!
Thanks Claire for reading my blog and hitting my site from Korea, I thought about doing something for you in English but I decided against it.
We mis you here on the very far East Rand, you'll be happy to know!
Soon you'll be able to hear East Rand Stereo on the Internet, yes baby, audiostreaming is the new buzzword in the halls at work, I heard something about the end of the month!
Vir die van julle wat nie weet nie, Claire was my partner op die Big Bad Breakfast Show, vir so ses maande voor sy dit nie meer met my kon uithou nie, soos die meeste vrouens in my lewe maar!
Peace out y'all en great moedersdag vir al die ma's vandag!
Wimpie
PS Gaan stem by vandag se meningspeiling, dink jy Derick Hougaard hoort in die bokke se oefengroep?
Uitslag van die vorige meningspeiling: 94% van julle tjank in flieks....mooi so ek het begin worry oor myself!
Hier is die hoogtepunte van die Blues en die Sharks in Durban!

3 comments:

Anonymous said...

Hi Wimps
Stem saam jou die rugby was gr8! Lyk of jy lekker gekuier het, wens ek was daar!
Mooi Bly, soos altyd dink ek aan jou.
:-( N

Anonymous said...

Haai Wimpie

Die Bulle (& Daai ander visserige goette) het net weer bewys dat hulle die beste in die land is!!!!

Groette Anna Marie

Unknown said...

ah...thanks wimpers! the english is appreciated. although my afrikaans is still better than my korean, so no worries!
im hoping streaming happens soon, since i did hand in quotes and ideas of all sorts when i was there. just take a few pushes to get everything going. awesome!

im super impressed with the rugby. although im not getting much of it here. and by much i mean 99.9% that isnt on you tube. thanks for the info!
you always were able to update me on your balls and all.
***claire