Tuesday, May 15, 2007

SA Rugby en Big Brother skinderstories!



Tipies Suid-Afrikaanse Rugby, vir die eerste keer in die geskiedenis van Super rugby het Suid-Afrika twee spanne in die eindstryd van die Super 14 en mens sal dink dit sal die fokuspunt van almal wees.
Verkeerd!! Jake White en sy keuses vir die Bokspan is al waaroor almal kan gesels, nee genade mense konsentreer net vir een keer op die rugby en vergeet van die politiek.
Mike Stofile het weereen namens SA Rugby sy voet ordentlik daarin gesit met sy omstrede uitlatings oor White se keuses, waarmee ek toevallig ook nie saamstem nie, maar daar is maniere om dit aan te spreek en om dit deur die media te doen is ook nie reg nie!
Ek wonder wat is die aganda wat agter hierdie openlike inmenging met die bokspan skuil, onthou die president is nou geskep deur die inmenging in die keuse van sekere spelers, die feit is dat Luke Watson waarskynlik verlede jaar dit baie meer verdien het om die bokspan te haal as vanjaar, hierdie jaar is daar net doodeenvoudig ouens wat hulle hande opsteek voor Watson wat nie die wereld aan die brand gespeel het nie.
Volgens Watson se eie erkenning het hy nie die Super 14 aan die brand gespeel nie!
Die president is nou geskep en ek wil sien wat is die volgende "voorskrifte" wat aan Jake White gestel gaan word! Watch this space!
Ek het 'n kleintjie dood aan mense wat die heel dag loop en skinder, hoekom kan mense nie net ander mense uitlos nie, wat is dit van mense dat ons net nie ander mense kan uitlos nie, het jy al gewonder hoekom is realiteitstelevisie so gewild...
Ja ons kan die heeldag sit en kyk wat mense doen en dan more by die werk daaroor sit en skinder.
Skinder is seker nog okay as mense net by die bekende feite bly, maar dan word daar altyd 'n ou stertjie aangelas tot die storie uiteindelik onherkenbaar is en dan is dit moeilik om uit te werk wie het wat gese!
Net die naweek hoor ek weer 'n storie oor myself wat al die vorige stories wat ek gehoor het, sommer na kinderstories laat klink.
Ek hoor ek is die hoof dwelmhandelaar in Springs!
Nou ja dit sou nogal snaaks gewees het as ek dit nie so absurd was nie, en soos gewoonlik is die ou wat sulke stories versprei....morsdood, ja niemand weet wie dit was of waar daai persoon is nie....Big brother styl!
Nou ja ek het al geleer jy sal altyd skinder stories hoor, veral van jouself en veral as jy bietjie bekend is... ek wil dit net op rekord plaas, ek is NIE 'n drugdealer nie en ek het nie my hele teen dwelm en misdaad protes aangepak om my eie doenighede toe te smeer nie, sulke stories veroorsaak net dat iemand wat werklik 'n verskil aan dwelms en misdaad kan maak miskien volgende keer twee keer dink voor hy iets daaraan probeer doen!
Anyway dis my storie vir vandag more dan maak ons weer so!
Uitslag van gister se peiling: 78% van jylle dink Derick Hougaard is die beste losskakel in Suid Afrika, vandag se peiling dink jy daar kan ooit geregverdigde politieke inmenging in sport wees?
Wimpie

2 comments:

Anonymous said...

sexy ding more! 'n Kitaar innie hand lyk sexy!

Anonymous said...

HEY BRA DIE LINE UP VIR DAAI SHOW VAN 94.7 IS KURT,PATRICIA,NADINE,JOE F ,DISSELBLOM,KLOPJAG,KAREN ZOID SO VER,FOK DIT EN DIT NADAT HULLE NIE AFRIKAANS WIL SPEEL NEE BRA SMAAK MY ONS MOET ONSE STEM DIK MAAK SO KAN DIT NIE AANGAAN.
TJORTS
HBK