Tuesday, May 8, 2007

Steve en Godsdiens


Ek is amptelik oor die vingers getik omdat ek vanoggend vir Steve Hofmeyr aangevat het op my show, ek gee nie rerig om nie, hy is nie 'n god nie, sal dit nooit wees nie en is nie verhewe bo kritiek nie.
Ek glo in liberalisme, persvryheid en godsdiensvryheid, ek glo ook dat met groot mag kom groot verantwoordelikheid, dankie aan Spiderman!
Wanneer jou naam Steve Hofmeyr is, is daar sekere perks watjou werk jou gee, mense sien jou as 'n rolmodel, glo slaafs wat jy se en plaas jou op 'n troon, o ja hulle gee jou ook miljoene rande elke jaar om mee te maak wat jy wil, party mense se heldevereering vir jou grens aan die absurde, tot so 'n mate dat jy somtyds hulle lojaliteit aan jou kan toets tot die uiterste, soos om saam met Jacob Zuma, vleis te braai, Louis van Wyk te verdedig en idiote te probeer maak van die girls wat hom aankla van seksuele teistering, afrikaners se geld goed genoeg te ag om van 'n baie lekker lewe te maak en dan te weier dat jou kinders in jou huis Afrikaans praat, en dan laastens te kyk hoe ver strek jou mag deur jou ondersteuners se godsdiens in twyfel te trek en dan te kyk of hulle jou nog sal ondersteun.
Gaan kyk maar op Steve se site en lees die comments van al die gewone mense wat elke dag die gewone comments daar los en jy sal verstaan wanneer gaan heldeverering vir 'n mens te ver.
Sorry Steve wanneer 'n mens in jou posissie is en jy beskik oor die vermoe om mense se gedagtes te verander en te bepaal hoe mense oor dinge voel dan moet jy baie meer versigtig wees wat jy met daardie opinie van jou maak, dis opvallend hoe baie mense op sy site nou skielik met hom saamstem en self begin twyfel of die Bybel die ware woord van God is, of Jesus histories ooit bestaan het en dat die maagdelike geboorte van Jesus uit die maagd Maria net 'n storie is...

Ek kan nie myself daarmee vereenselwig nie, en weet jy wat ek is ook welbelese en nogals 'n slimkalant myself.
Daar is net sekere grense wat jy nie oorskry nie en daar is sekere grense wat jy ook nie met God oorskry nie, he jou opinie, by all means en deel dit met wie jy wil maar moet nie van jou gewildheid gebruik maak om mense te beinvloed om almal skielik die woord van God te betwyfel soos jy nie.
Ek wonder net hoeveel van Steve se aanhangers sal nog aanhangers wees as hulle weet wat hy se oor hulle God, hulle bybel en hulle geloof!
Gaan vergewis jou van die feite voor jy net 'n mens, en almal van ons is maar net nietige mense, of hy 2 of 2000 000 cd's verkoop, ek sukkel om te verstaan wat kwalifiseer 'n suksesvolle Afrikaanse sangertjie om die woord van die Here in twyfel te trek, die woord van die Here wat al vir duisende jare daar is teen 'n sanger wat die laaste klompie jare 'n paar CD's verkoop het, come on!
Dit gese is dit so dat ek nog steeds die wereld se tyd en respek vir Steve het, ek gaan nog steeds sy musiek in my show speel, ek sal nog steeds na sy shows gaan kyk en ek sal nog steeds sy projekte ondersteun, ek sal net nie sy woord as dieevangelie van Steve Hofmeyr aanvaar nie.
Ek sluit af met hierdie gedagte aan Steve, jou aanhangers waarvan baie kinders is verstaan nie almal die hoe woorde waarmee jy praat wanneer jy jouself die reg toedig om 'n oordeel te vel oor "ons" godsdiens en "ons" geloof nie, by hulle bestaan die persepsie dat Steve glo nie aan Jesus of die bybel nie en as hy nie daaraan glo nie dan moet dit waar wees, stry met my as jy kan, as jy wil stry gaan lees Steve se comments op sy site en kyk hoe beinvloed hy mense se denke...
Ek gaan nie meer hieroor praat nie ek is alreeds gese om te stop met my "kruistog" teen Steve, maar ek wil net se in die woorde van Peter Parker, oftewel Spiderman, "with great power comes great responsibility".
Nou da is hu, my se is gese.
Jullu het ook julle se gese 67% van julle verkies lewendige musiek bo backtracks, ek wonder dan hoekom is die backtrackers se shows dan so gewild!
Gaan stem by vandag se meningspeiling, dink jy mense is gekwalifiseerd genoeg om die woord van God te betwyfel?
cheers
wimpie
Ps. Hier is 'n voorbeeld van hoekom ek se Steve moet oppas oor wat hy se , hierdie is 'n comment op sy blog van 'n aanhanger, kyk hoe blindelings word sy "leerstellings" gevra en sommer net aanvaar as gospel:
Steve, wat is jou opinie oor reinkarnasie en sielsgenote, wat maak van 2 mense sielsgenote volgens jou? En dink jy daar is lewe op ander planete? Wat van ander dimensies? En waarnatoe dink jy gaan jy wanneer jy sterf? Hemel? ‘n Ander vlak/dimensie?
Ek het al gehoor daar is sewe vlakke in die hemel, en dan ook sewe vlakke waarnatoe mense gaan wanneer hulle sterf. Weet iemand hiervan? Steve? En hoekom sewe vlakke, gaan dit oor jou emosionele of geestelike volwassenheid aan die einde van jou lewe?
Bepaal dit na watter vlak toe jy gaan? Of jou morele waardes en sondes wat jy gedoen het?

Nuuskierige agie, ekke

7 comments:

Anonymous said...

Hi Wimpels, wou net weet of jy dalk beskikbaar is vir 'n date. Kan jy dalk se of jy wil....
gee net 'n comment en ek sal jou weer kontak - jys nogal HOT!

Anonymous said...

Hi Wimpels, wou net weet of jy dalk beskikbaar is vir 'n date. Kan jy dalk se of jy wil....
gee net 'n comment en ek sal jou weer kontak - jys nogal HOT!

Anonymous said...

Ek dink Steve moet regtig by Jesus uitkom. Jesus was gebore uit die maagd Maria, is gekruisig gemartel vir ons sonde en het ter helle neergadaal. Hy het opgestaan!! Alles vi jou en vi my. Jesus se koms is so naby en ons moet gereed wees!!!

Anonymous said...

jy is great

Anonymous said...

Hi Wimpie,

Ek hoop dat Steve nie iets vreeslik oor gaan kom oor sy uitlatings nie . . .

My God slaap nie en ek weet hy (steve) sal swaar gestraf word.

Waar is my beloofde e-pos?
groette Anna Marie (Spookie)

Anonymous said...

Steve is verkeerd

Alles is 'n fairytale, 'n mite, kampvuurstorie. Hoe de donner kan iemand uit 'n maagd gebore word? Is die maria karakter deur 'n spook pregnant gemaak. Ag nee man, godgloers moet begin dink.

swan said...

Ja Steve, ek wil net weet waar jy die tyd kry om te sit en dink aan al die nonsens...jy weet, die Here vra nie vir slim, filosofiese benaderings tot Hom nie, Hy wil net he ons moet in hom glo soos die kindertjies doen.
Jy is vir ons 'n leier figuur, al rede is omdat jy die enigste ou is in ons kleur en taal wat 'out there' is, en dinamies is, maar moet dit nou nie te ver vat nie, asb