
As jy staak vir beter salarisse en jy doen dit vreedsaam en sonder dat jy ander mense se regte benadeel dan moet jy staak...
As jy 'n staker is wat jou reg om te staak soos in die Suid-Afrikaanse grondwet omskryf word opneem, dan moet jy ook ander mense se regte soos omskryf in dieselfde grondwet in ag neem, soos die reg op basiesie gesondheids geriewe en die reg op onderwys!
Wanneer jy daardie regte van my begin oortree begin ek 'n probleem met jou he, wie is in elkgeval hierdie barbare wat so loop en staak, is dit onderwysers wat vir my kinders moet skoolgee wat ,mense met sambokke en knuppels aanrand, is dit verpleegsters en hospitaalpersoneel wat op ander mense skiet wat dit durf waag om werk toe te gaan....is dit dieselfde barbare wat verwag dat ek na die staking simpatie met hulle moet he en my kinders en siekes in hulle sorg moet laat?
Wat 'n joke, ek wil nie he my land se kinders moet deur hierdie barbare wat self nie 'n onderskeid kan tref tussen reg en verkeerd en tussen aanvaarbare en nie aanvaarbare optrede, vir die toekoms opgelei moet word.
Nou waarsku Cosatu dat die staking geweldadig kan word, nou as die mense in die staatsdiens wat staak geweldadig gaan word het ek 'n probleem daarmee dat hulle enigsins in die staatsdiens is, ek soek nie geweldadige barbare wat vir my werk nie, en julle werk vir my want ek is 'n belastingbetaler.
Simpatie met die staking is baie doeltreffend uitgewis die afgelope week....
Arme Jake White, Stofile en sy minister boetie het nou besluit hy mag nie vir pres. Mbeki ontmoed nie, dalk gaan klik hy....wat 'n klomp kinders, laat my dink aan skolerugby....wie dink SA Rugby in elkgeval is hy om die nasionale afrigter te verbied om met die president van die land te vergader?

Ek hoop van harte Jake staan op vir sy regte wen die wereldbeker sonder Luke Watson, die eerste wit BEE speler in die geskiedenis van die spel, 'n dwergie tussen manne en iemand wat 'n hopelose debuut vir die bokke gehad het teen 'n baie gemiddelde spannetjie verlede Saterdag...
Hoekom wil die rugbybase nie he die afrigter moet met die president praat nie, wat is die probleem, wat steek julle weg of wat is julle bang gaan ou Jake met die president doen of is dit 'n geval van hy is "ons" president en nie "jou" president nie, as dit die geval is, is dit 'n sad state of affairs...
Sien Shumba's rest wat bemark word as die eiendom van Steve Hofmeyr is bedien met 'n likwidasie bevel....
Die uitslag van ons meningspeiling van gister, 75% van julle dink Afrikaanse musiek (karaoke) vertonings is besig om vervelig te word, I rest my case, and a good one at that!
Vandag se peiling, sal jy, jou kinders vertrou in die sorg van dieselfde onderwysers wat nou besig is om te staak?
Ons is teen Vrydag lewendig met Audiostreaming op die net, sit more vir jou die link op....
En dan net vinnig laastens dankie vir al die comments ek lees dit slaafs deur, word geforward na my foon toe, en die van julle wat my nie ken nie, dink seker ek is die grootste womanizer in die geskiedenis van die wereld, wil net se hierdie baie ekse van my wat so opdauik vergeet ek het die laaste ses jaar net drie girlfriends gehad, waarvan een nie rerig eers getel het nie!
So waar al my eks girls so uitval gaan my verstand te bowe, miskien wens hulle , hulle was my eks girls....ek smile maar net, maar dankie in alle geval ek voel soos Pitt, Brad Pitt, al is dit net in julle drome!
Later
Wimpie!
170 comments:
vir al die naamlose mense wat saam my giggel oor al my sogenaamde eks girls, ek giggel ook, miskien moet hulle, hulle name bekend maak want ek dink nie een van hulle bestaan regtig nie, so ek daag jou uit maak jou naam bekend, die eerste een wat dit doen wen 'n actual date met my...hoe's daai!
Pieter... ja dis scary ne, ek wonder of hulle 'n refund gaan gee op skoolfonds vir die tyd wat die staking duur?
Donnovan....lees my nuwe inskrywing, soos ek altyd se, ek wens ek het die lewe wat ander mense dink ek het..
Johan Swarts...goed gestel, jy klink vir my soos 'n regte muso....is jy?
June 12, 2007 7:20 AM
Wimpie "womanizer" (jou woorde) - inteendeel ek sien jou eerder as 'n man wat opstaan vir dit wat reg en verkeerd is ! Ek het jou adres by een van jou mede kollegas gekry en ek dink nogal dat die informasie wat jy hier deurgee baie interessant is. Dankie vir die info oor die "beemer" ek het nogal paar van daardie raakgesien in die omgewing as ek daar rond kuier, korrek daar is nogal grillerige karakters ek sal seker daaraan moet gewoond raak aangesien ek my woning hier in Sandton wil opgee om in jou omgewing te kom woon. So plaas maar nog interessante "tips" ek sal jou site dophou !
Is dit 'n uitdaging Mr vd Sandt ?
Wel ek is nie een van die ekse nie so ek neem aan die reel geld nie vir my om my naam bekend te maak nie! Geniet jou "date" en damn ongelukkig sal sy reeds 'n eks wees en jy kan haar nie "add" op jou lysie van ekse nie ! Sterkte...
Ek moet regtig vir jou se dat jou ekse gebruik jou blog as 'n verhoog om jou te vermaak... of hulle nogsteeds bitter is... of dalk om jou terug te kry....of dalk vir almal te laat weet dat julle hom ken... Wat probeer julle doen??? Wimpie doen so goed met sy blog ek dink julle is so selfsugtig om nie die man 'n kans te gee en aan te gaan met sy lewe nie, julle moet altyd eers julle eiers le????? Die rumour gaan dat julle almal jonger is as 20?? So dis te verstane dat julle so tekere gaan want eintlik is julle nog kinders!!! Kry 'n werk, kry 'n lewe, want julle het obviously shit for brains en julle speelgoed is seker stukkend.
Wimpie wou net se dis great om elke dag jou blog te lees - maar hierdie ekse maak dit regtig onaangenaam om die minste te se.
Sterkte Bra - vergeet die kinders en konsentreer op wat belangrik is in die lewe! Jy doen goed!!
Hey Chopper
Wat gaan aan met jou weer ????
Lyk my daar is fout, dit kan onmoontlik nie nou 26 grade wees nie!
So sou sy dan haar naam bekend maak, is dit 'n date???
hey bra
weet jy hierrie girls moet n lewe kry, en ja een ding is nou maar seker die jong girls weet n nie wat hulle soek in die lewe wil altyd n agter deur oop los dit maak vir my mooi die josie in. ek dink its payback time so watch this space... nou ja daarmee is die koeel deur die kerk die bal deur die pale en die kind se naam wit willem
tot later
BBH
ha ha ha HBK, goed gestel ja, dis funny ja, se jou naam dan's dit 'n date, hou die space dop sal julle later vandag laat weet wat gebeur more met die skole...
Sorry julle ek het die weer reggemaak daar is blykbaar 'n springs en johannesburg in amerika maar nie 'n boksburg nie....go figure!
Wimpie, dit het tyd geword om dalk die jonges uit te los en vir jou 'n regte vrou/ girl te kry. Laat hulle maar eers teruggaan skool toe en so bietjie breins in daardie mooi koppies kry... Onthou dis die enjin wat tel en nie die body nie ! Die jong girls lyk goed omrede hul jonk is maar wonder maar net hoe gaan hulle lyk as hulle oud is ...... As hulle so kinderagtig is hoeveel probleme gaan hulle jou nie gee soos hulle ouer word nie ! Ek weet ja jy kan hulle na die hand grootmaak, maar het jy nou nog tyd daarvoor ? Ek kan my net voorstel die jaloesie - as jy dalk met die girls flankeer op die radio ...dis mos wat 'n radioman doen ? Sterkte .....
Na watter een verwys jy ?
ha ha ha HBK, goed gestel ja, dis funny ja, se jou naam dan's dit 'n date, ......
Hoe dink jy sal jou huidige girl voel oor die date? Is dit regverdig of is jy 'n player?
Toe nou julle ekse, ons almal wag in spanning vir die name. Ek dink jou huidige meisie sal verstaan, of sy kan nog saam gaan ook. Kan dit nou vir jou snaaks wees nie. Ja ek dink dit is ,n uitdaging, so aanvaar dit nou en gee jul name!!!!!
Weet jy, partykeer is dit net so duidelik dat ons in die Oos Rand bly! Behalwe vir "beemers met fur" en sif mense, kry mens girls soos "Wimpie se x'e", wat regtig so naam slaan dat dit eintlik scary is. Kom aan dogtertjies, kry n lewe! Kry n man...n ander een, word groot, speel solitaire as jy niks anders het om op jou pc te doen nie.... F net Of!
Wie Wimpie date en wie nie en wat hy oor naweke en met girls of homself doen is eintlik nie regtig enige van ons se besigheid nie. As dit vir jou so roerend is om sy blog te lees, gaan lees iemand anders sin, maak jou eie, kry n dagboek, n stokperdjie, n BOYFRIEND!
Yissie, dis excellent gese!!!
Jy verdien 'n oscar!
Wimpie die volgende move om Luke weer in die span terug te kry is is oppad... hou vir Desmond Tutu dop.... of dalk vir Piet Strauss(maar ek dink hys nog te nuut inni game)
gaan julle Luke se "jesus is king" t-shirt sponsor...?
bra jou eks girls moet net besef hulle grootste probleem is hulle kuier lekker saam met wimpie in die begin en as hulle eers vir wimpie het dan wil hulle hom in n glas sit en vir die wereld wegbere en dit is so goed om n leeu in n honde hok te probeer vasketting en as die leeu omdraai en byt skiet hulle hom selfde met jou bra so al die eks met al julle comments hou dink wimpie is n besitting hanteer hom reg dan was jy dalk nie n eks nie en hou die leeu wil skiet omdat julle hom nie kon tem nie
Raak interessant ek kan nie van my eie blog af wegbly nie....
Okay juff. naamloos dis 'n date, gee jou naam en ek sal daar wees onthou net jy kon nie die laaste 6 jaar bestaan het nie, daar was net 3 eintlik net rerig natasha en chantelle, die ander een was nie rerig nie so ek wag is spanning!
Johannes....ek wonder ook watter haas hulle uit die hoed gaan pluk om Luke Watson te kies, miskien soek hulle 'n kleiner flank wat nader aan die grond speel of iets simpels.
Bra...jy is so reg oor die glaskas sindroom , ook 'n geval van ek wil jou nie he nie, maar bewaar die een se siel wat jou WIL he.
Dis dit vir nou maar ek wag in spanning, JA DIS 'N UITDAGING....OPENBAAR JOUSELF!
Hoekom was die ander een nie rerig nie? (Vra maar net...nie vyandig nie!)
was 'n groot fout gewees dis hoekom
Johan Swarts....great julle is ongelukkig 'n dying breed, ek weet nie so lekker of dit 'n geval is van live en let live nie, hulle maak julle ouens dood, julle bedryf kon soveel groter gewees het en soveel meer mense ingesluit het :-(
Dis oor haar familie julle nie regtig n kans gegee het nie, dis wat ek dink! Eintlik weet! Dis oor Mamma en Ouma en Tannie en Niggie en almal se opinie en menings te veel getel het. MAAR Wimpie, al was dit n fout is dit nogsteeds n lekker een gewees! Mens noem dit nie foute nie, mens noem dit ondervinding. Dit laat mens net soveel wyser klink!
Nou wet toe hier is ek weer noem die tyd en plek en ek sal jou ontmoet... Ek is nie een vir die kollig so ...... laat my weet...
O jinne nou kan ek seker aangaan met my werk, nou net 'n breek gevat sodat ek my daaglikse dosis humor kon inkry, want kyk sonder dit is my dag 'n tipiese vaal wintersdag.. Ek dink dit is histeries soos die girl"tjies" aangaan - hulle weet verseker nie wat EKS beteken nie en moet dit gaan opsoek dalk kom hulle op iets beters af om hulle saai en eentonige lewe op te kikker. Genoeg daarvan!!!! Mens kan verseker nie sop eet met 'n vurk nie so hoe op dees aarde gaan mens ooit sin in die stakers se koppe kry. Hulle redeneer nes 'n passer so al om hulle eie g&&te! (skuus vir die woord). Hulle besef self nie eers hulle is veronderstel om 'n voorbeeld vir ons kinders te wees nie, so raai wat oor tien jaar van nou dan staak al daardie leerlinge weer oor een of ander iets, want dit is mos hoe hulle geleer is. Genoeg vir eers
Hou aan met jou blog dit raak verslawend!! Groete Charmaine (wat bly tussen totters en werk saam met stakers)!!!
Ja nee kyk jou lewe is beter as enige sepie op tv
Wimpie
Met al die kommentaar is jou blog een van die dae nommer 1!
Die ekse gebruik dit nou as platform om mekaar uit te daag en jy meneer laat dit toe! moenie!.
Lekker dag
Nou ja Wimpie, as sy nie n naam het nie en nie n email adres nie en nie een is vir die kollig nie, sou ek n voorstel maak... LOS DIE ONTMOETING! Ek meen regtig! As dit nou nie tas in die donker is nie weet ek sowaar nie. Voor jy weet vra sy jou saam na haar matriekafskeid. Nee wat!
X'e beteken verlede tyd - so hou dit so en stap aan ! Daar is dalk beter horisonne wat wag vir ieder en elk. Laat Wimpie maar nou vir die oomblik sy aandag vestig op die "anonymous dame" miskien is sy ook een van die dae 'n eks of miskien kan sy wel die ou leeu tem ! Wimpie ons hou vir jou duim !
Hoor hier girl, Wimpie het twee name genoem, CHANTELLE en NATASHA, as jy nie een van hulle is nie, take a hike! As dit voor ses jaar terug is, dan regtig, dan het jy mos nou al SES lang jare gehad om oor hom te kom en aan te beweeg. Shit maar mens kry darem maar girls wat regtig erger as aambeie is...
Lyk my jy sal n naamlys moet maak van al jou eks van die afgelope tien jaar.
Robbert
Haai Wimpie, wat tel nou eintlik onder n eks. Wanneer is jy n eks, as jy n aand, week, maand, jaar saam was? As ek al my eks meisies van n aand moet tel die afgelope tien jaar is dit seker oor die honderd. Ek spog nie ek se net. Groete Danie Dirks
As sand through the Hourglass...
so are the days of Wimpy van der Sandt.....
beter as Days Chopper! Whats next???
Ons is almal besig om gehook te raak.
Kyk dinge versprei soos n veldbrand, gehoor by die wek dinge kook die afgelope twee daggies op jou blog en besluit toe om te kom loer. Dis so FUNNY...
Nee ek stem defnitief saam Danie! As jy 7, 8 of 9 maande saam n girl was, tel dit ook as n verhouding!
Enige iets langer as n week is taamlik ernstig. As jy vir haar Memories we make of us oor die lig kon speel op Valentynsdag, dan tel dit seker as n verhouding?
Wonder maar sommer net!
Die ontmoeting is met Wimpie nie met al die bloggers nie..... gun hom sy privaatheid... of is jy bang vir kompetisie ? Sterkte "anonymous dame" komaan Wimpie reel die date ......
Vir almal van julle wat so saam lag.Daar is van ons wat bestaan dalk nie volgens wimpie nie want hy wil dit nie erken nie. En ja ek is jonk 20 om presies te wees. So vir jou wat n date met hom will he you go girl ek staan jou by.
Laat weet almal die tyd en plek, sal like om die een te sien... LOL
Die ontmoeting is dalk tussen hulle twee en moet dalk privaat wees, maar hemel, neem in ag haar simpel comments en haar raai-raai speletjie wat sy die laaste ruk "in die kollig" het. En dis nie te se ons bloggers wil saam hulle op n date gaan nie, alermins, en dis ook nie n ding van jaloesie nie, maar wie het begin met die simpel storie.
Jy is seker haar heel beste vriendin of iets...
En een vir een kruip hulle uit die mure uit.Moet se het nog nie soveel comments op een dag op n blog gesien nie. Maar terug na realiteit toe. Wat hoor jy van die skole more. Gaan die skool vakansie vervroeg word.
ok mistery girl put your money where you mouth is en slaan uit vanaand
EK KEN WIMPIE AL AMPER 20JAAR EN EK MOET SE EK SELF HET NIE GEWEET HYT SOVEEL EXE NIE. WEET VAN OMTRENT 10 WIE SE NAME EK KAN ONTHOU VAN DIE AFGELOPE 20JAAR.SO REGTIG EN EK DINK OOK VAN HULLE IS DAAR DEFNITIEF 3 WAT GLAD NIE GESPIN IS NIE EN DIE EEN IS SKEEF SO SY IS UIT, BAIE IS AL GETROUD. SO REGTIG STOP NOU JULLE SH#@&
om aan te las by Danie, dakie broer goed gese ek dink as julle nie langer as n maand atr least saam was nie maak soos rock off
Ek is maar net 'n nuuskierige girl soos jy en is nie vriende met enigeen nie, maar ek glo jy moet so meer as moontlik mense ontmoet want jy weet nooit wanneer dit die een vir jou is nie ! So you go-girl ... weet net jy het ondersteuners !!!
Daar is natuurlik 'n moontlikheid dat sy nie 'n eks is nie maar net 'n kennis.... Weet nie, ons wag in spanning !
Komaan mystery girl vertel ons hoe jy lyk of ten minste ietwat van 'n idee wie jy is en dan kan ons mos self uit figure - Springs is mos klein....
Wimpie, enige man het "freedom of flirt". As jy op 39 girls kan kry van 20 en 25 en so aan, go for it! As n girl vir Wimpie (met sy reputasie) gaan en bereid is om met dit saam te leef, kan ek sowaar nie sien wat dit met ons ander uit te waai het nie!
Ok ek is ook een van die girls wat as n eks geskryf het die afgelope paar weke,my naam is karin en ons was nie aaneenlopend saam nnie, onthou jy die tyd toe jou twee girls swanger was, jy het altyd op my skouer gehuil en ja dis hoe ek inpas, maar wil jou nie date nie nie nou nie bly nou te ver.. sterkte vir die ander ekse en koman se wie julle is , maak mos nie nou maar saak nie
Nee hel, dan verstaan ek nie. Ek dog hy het n dogter (16) en Wian (6) of iets? Waar pas die ander twee kinders of swangerskappe of wat ookal nou in? Of is dit die twee kinders?
So waar wil jy he moet ek "uitslaan" vanaand ?
Sien hierdie storie raak verslawend, voor ek my kan kry dan "comment" ek weer. Lyk my Chantelle en Natasha is rerige ekse want mens hoor niks van hulle nie?? Nou val hierdie 20 jarige spring chickens uit wat nie eers die guts het om hulle name te gee nie. Het Wimpie nie gesê gee jou naam en DAN kan daar 'n date wees nie!?? vra maar net!!
Ek wens ek was nog 20 ..... maar ongelukkig reeds verby ! Ek sal my naam bekend maak sodra ek van Wimpie hoor ! Moet se jy lyk nogal goed in jou rooi Run X......en moet se die haarstyl pas jou !
wat gaan aan by die hof? weet jy dalk
So act your age dan!!! Los die arme man nou uit, hy stel blykbaar nie belang nie, dis hoekom is jy 'n EKS, poppie!!
Het enige iemand dalk al gehoor wat gebeur nou met die skole. Lyk my Wimpie is nie naby n rekenaar om die comments te antwoord nie??????
SAL SELF WIL WEET WANT EK MOER REELINGS TREF MET DIE KINDERS?
Wonner wa dink tani annemarie as sy al di bog lees
Ek weet nie waar die anonymous poppie vandaan kom nie want ek het die comments laas week gelos oor droomvrou en n paar ander goed.nie vir sensasie nie net oordat ek wou weet.As ek geweet het alles gaan so uit verband geruk word het ek dit gelos. Ek is jammer wimpie wou nie jou site tranfsformeer nie, kom dan gee ek jou n free haircut om sorry te se.
Ai genade, dat die kamtige eks van wimpie nou sulke dinge op sy blog sal los van swangerskappe. Het jy geen skaamte nie. jy wens dalk jy was een van sy ekse, jy het dalk probeer maar hy wou niks weet nie.regtig jammer vir jou, maar dis nie nodig om sulke goed kwyt te raak nie, jy weet hoe is die meisiekinders van vandag, "eks swanger met wie ookal vir my die beste kan sorg" Los nou die arme man uit en sy verlede. Niemand stel in elk geval in jou belang nie, net in wat Wimpie te se het. Dis hoekom hy die blog begin het, vir sy gedagtes dan kommentaar ons daarop. Nie op misrabele meisiekinders se comments nie.
Sterkte Wimpie, lyk my die ding gaan lank aanhou
Monique
Nee shit, dog Wimpie sny hare by Playboy, Frikkie hulle? Dink die hele ding is uit verband geruk! Gaan nie net sommer ophou tensy almal tegelyk stop nie.
Nee ek stem Monique! Wimpie, nes die ander, het n blog waarop hy skryf oor dinge wat nie op die lug (radio) genoem of bespreek mag word nie. So dis eintlik soos n soort van dagboek wat ons almal, die nuuskierige bloggers, dan lees. Sy blog beteken nie hy lewer homself uit aan ons almal en ons almal mag gaan krap en delf en oopmaak en noem wat eintlik NIKS met ons almal uit te waai het nie. Waar hy kinders het, by wie, hoe lank terug, op wie se skouer hy gehuil het en by wie hy hare gesny het, en o ja, vir wie die donner hy Droomvrou gespeel het, hemel mense, wat maak dit saak. Lees die blog, lewer kommentaar op wat die TOPIC OF THE DAY is en gaan aan met jou daaglikse werk. Daar is n baie goeie rede hoekom die onderwerp vir die dag se comments in oranje bo aan die comments bladsy staan.
En ek wil nou nie hoes, poep, nies of skinder nie, maar hemel tog meisie, jy klink veel eerder na n storker as iets anders. Springs is net so groot, so om Wimpie in sy Rooi Run-X met n paar nuwe kleur foils in sy hare te sien rondry is nou nie rocket science nie. Jy is regtig weird....
Hel nie gedink julle wil so baie weet van my persoonlike lewe nie maar nou ja....miskien moet ek minder kommentaar lewer oor wat in die wereld aangaan en meer vertel van wimpie-wereld, moes net gou my mening kom lug, my foon gaan bos.
okay mystery girl, of girls, ek en 'n paar pelle gaan vanaand Firkin toe in Boksburg, miskien moet ons dit sommer 'n informele bloggers meeting maak, Gerhard Steyn tree op dit gaan nice wees so kom maak almal 'n draai en dan kuier ons sommer maar net lekker saam.
Die jongste nuus oor die skole is dat in Springs is dit more 'n gewone skooldag, tensy iets anders voorval...
So daar het julle dit, ek sien julle by Firkin, klink vir my na 'n moerse party, ek kan nie meer wag nie, sal so 8 uur daar wees, gewapen met my kamera, so moenie more se blog misloop nie.
Meer as 60 comments sover, op een dag, op my ou beskeie blogsite....gaan gou ietsie soek om te drink, moet dit celebrate...THANKS!
O tussen hakkies Oos Rand Stereo se Audiostreaming is op, kliek op www.939.co.za en kliek op luister, dan kan die res van die wereld ons ook hoor, ek is op 6-9 in die more sien uit na julle comments more!
Later !!!
Wimpie
ps: julle met die groot monde, of vinnige vingers! beter pitch vanaand
Nou net op radio gehoor 'n onderwyser by een of ander privaat skool in Alberton is geskiet, moontlik deur die sogenaamde stakers. Sal ook graag wil weet wat ons te doen staan vir more, ek gaan definitief nie my kind in die hande van hierdie onopvoedbare spul loslaat nie!!!!!
sweet like a lemon..... daai girl of girls sien julle vannaand... gaan groot of gaan huis toe... vanaand gaan die voeltjies koring sny en dan in my hoennerhok huisie bly so kom julle of bly julle???
Jy wat begin met sweet like lemon: waar pas jy in die hele sepie in
Mense is funny goed Wimpie! Dis vir hulle baie interresanter om te lees waar jy gister was, wat jy vanoggend geeet en drink het, wat jou kinders doen en watse nuwe meisies en karre en haarkleure en als jy het as om te lees van ander boring goed wat hulle in die Beeld ook van kan lees!
En jy hoef nie terug te sit en jou mond te hou en te wag dat die volgende sogenaamde EKS meisie jou naam besmeer en beswadder nie. Goeie genade, is elkeen van ons nou net geregtig op een man of een vrou in n leeftyd? Getroud wees is een ding, maar van wanneer af is dit een partner per persoon en dan moet jy nog eers uitvind in watse klas en kategorie en ouderdom jy val. Kak met dit....
Jy moet tog laat weet of die girl uit jou donker duistere verlede opgedaag het by Firkin...
Wimpie jy seker jy soek nie n rooi cuppachino met froth ook nie? Dan is jy so ampertjies ampertjies n Steve opvolger. Dog dis wat jy nog heeltyd probeer.
Oorspronklikheid werk so af en toe hoor!
ja nee bra smaak my die poppie is soos n regte chiwhawha blaf net maar geen byt... nou wil sy weet waar pas ek in poppie slaan uit by firkin vanaand.... sweet like a lemon....... hey bra ons sal firkin moet charge vir al die adverts.. tot weer BBH
En so kom al die kinderagtige mense wat niks beter het om te doen met hul kosbare tyd nie, al hoe meer na vore.Is jy dalk jaloers omrede jy nie soveel aandag kry soos Wimpie met sy rooi run x nie????
Terug na die topic asb!!!!
Vir jou informasie, ek ry n bloedrooi Gti Golf 5. Nie n Toyota Run X nie... En vir wat dit beteken, die Rooi karre het nie iets uit te waai met die rooi cuppachino nie.
Die rooi cuppachino met froth is iets heeltemal anders hoor. Wimpie weet presies wat dit is, anders as jy bubble boy. Daar is ander blogsites ook, behalwe die een hoor.
Sjoe, maar jy is darem maar touchy. Spog jy nou? Sal op die uitkyk wees vir jou rooi citi golf 5!!!!!!!
wie is jy nou eintlik grootbek BBH. jys niks beter as mystery girl as jy nie jou flippen naam bekend wil maak nie BRA ( praat van totter )
In die eerste plek: Dis 'n GTI GOLF 5. Het dalk 'n paar slim woorde vir jou op die oomblik. Is jul nou besig om 'n fight te begin op wimpie se site. Dis nie baie nice nie. Los mekaar uit.
Monique
ek laaaaiiiik it dit raak al hoe hotter....
Hi Wimps
Dink jy moet vir al jou ekse n spesiale song speel more oggend en hulle bedank vir die ondersteuning op jou blog, sonder hulle sou jy nooit so n rekord vandag kon haal nie.
Luister Brad.. ek meen Wimpie
Kyk jy mag maar. Gee jou dit jy weet net hoe om mense te handle
sjoe smaak my die poppie is besig om haarself in n kaaskrul in te ruk ai tog poppie relax hou nou op bla bla bla en kom vannaand firkin toe of is jy n chiwhawha? tot weer BBH
Weet nie of ek dit dalk mis kyk nie, maar ek sien nie dat die poppie weer komentaar gelewer het nie. Dit was jul ouens en Monique. En glo my die poppie is defnitief nie Monique nie
ok girl/ girls vannaand firkin boksburg 8uur kry julle daar ok..........
My naam is Cindy kan ek ook n date kry. Daar het jy dit nou
Mooi Cindy you go girl maar dan soek ek ook n date
cool cindy sien jou daar....
Kan ons dalk bietjie meer inligting kry as Cindy. Het jy enige idee hoeveel Cindy's in Springs bly
al julle hot babes vanaand firkin boksburg 8 uur sharp gaan n jol wees sal ook my kamera in pak die papparazi is soos die son mis niks
Dankie Monique! Ek brag nie, show nie af nie, se net. Ek ry n rooi GTI GOLF 5... Nie n Run X nie. En vir watse rede sal ek dan nou jaloers wees op Wimpie. Ek is self n vrou, so wil nie graag een van sy ekse vir myself he nie. Dis jy wat van die begin af die punt gemis het...
Wimpie weet presies wat is n rooi cuppachino..
hi ja nee nogal n golf ook moet n hot babe wees......... hoop net ni jy is blond...................
Dit lyk vir my hierdie Monique meisiemens is die enigste een met bietjie verstand en integriteit!!!!
"Barbare, Jake en ek voel soos Brad!" Dit is die tema van die dag.... Hell Wimpie jy sal sweer jy is King George nevermind Brad P, soos wat hierdie mense aangaan oor jou!! Nie dat daar iets fout is met jou nie maar wraggies soveel sensasie het ek lanklaas beleef oor 'n local..... Die ou wat sê dit raak hotter is verkeerd dit raak al hoe Totter!! As JM(94.something) hierdie blog vandag moet lees lag hy hom seker in 'n ander bloedgroep in, want dan sal hy sê: "I rest my case"!! So kom by en hou by die onderwerp - die ander dinge is water onder die brug. Charmaine
nou net gehoor skole in springs more toe
JM (94.something) se gat! Hulle raak party oggende nog erger dinge kwyt en se dinge wat glad nie snaaks is nie en dan lag hulle hulleself morsdood vir die simpel grap. So hou asb eerder op dink wat die TOTTER JM van Wimpie se blog se comments sal dink...want wie gee nou eintlik om?
Ek stem saam,wimpie gee bietjie komentaar oor die mense se comments vir die laaste keer vandag. Groot asb!!!!!!!!!!
Didi
so monique waar pas jy in die sepie??????????? kom jy ook vanaand firkin toe????
Die wat nie van die comments hou of wat hier bespreek word nie, sal julle asb dan maar na JM se site gaan en jou waardevolle SANDTON SE comment daar gaan los. Ons wil net nie he jy moet ook voor gelag word nie.
Dankie.
Jong, ek pas glad nie in die sepie nie. Kon myself net nie keer om kommentaar te lewer nie. Ook maar net mens. Ongelukkig nie. Maar soos ek kan aflei gaan dit hot wees, so geniet dit en ek wil bitter graag als weet more
Monique
ag damn monique het nou gedog jy gaan jou verskyning maak..... darem weet ek nou so half en half wie cindy is......... nou ja girls julle moet ons ni teleur stel hoor...... kan ni meer wag
monique wat het jy n boyfriend dat jy ni kan kom vanaand????
Wil bitter graag, maar kan ongelukkig nie. Wie is die half en half Cindy
Monique
Dis dalk die girls wat teleurgesteld huistoe gaan vanaand...
ok dan moet jy met die rooi golf maar kom........ en al die anner girls firkin gaan warmer wees as egoli/binnelanners en 7de laan saam............
Ek glo darem nie die girls sal teleurgesteld huis toe gaan nie. Die klomp het te veel antwoorde vir alles. Die girls sal darem nie verveeld wees nie, en in my oe is daar niks so charming soos 'n man met cocky antwoorde nie
Monique
Dis 'n rekord wimpie. 100 comments op een dag. Waar is jy
Wimpie hoe voel jy nou oor jou date vanaand? Ons almal wag om te hoor???
Solank almal net nie groot mond is en ja ek gaan ja ek gaan en dan kom hulle daar en dan is almal skielik stil skaam en teruggetrokke en praat en mingle nie.
x!x
Gaan julle nou almal vir die show of om te kyk Wimpie se eks haar naam gat maak????
Hey Moenie met my baklei nie - ek is nie een van die ekse wat vuil wasgoed op die blog was nie - ek sê maar net en ek luister nie eers JM se show nie en sal ook nooit nie. Ek lug ook maar net my beskeie mening oor die hele eks spul, en hoe dit oorgedra word ... dit bly funny en entertaining! Ek dink net hoe moet Wimpie voel oor al die comments oor sy lewe wat laat lyk of hy op die kantlyn staan !!C (en nie vir Cindy nie!!!)
sien julle babes vanaand 8 uur by firkin hoor tot later dan ta ta BBH
Charmaine, die oomblik toe Wimpie besluit om n blog te begin wat n 100 of hoeveel mense per dag lees het hy homself blootgestel aan kritiek! Die feit dat almal sy lewe bespreek en sy eks is iets wat maar toevallig opgekom het so deur die chat en comments deur.
As dit regtig vir Wimpie so erg pla is hy eintlik enige tyd welkom om die comments te beperk of heeltemal te stop. As hy mense vryeteuls gee om te skryf net waaroor ons wil en te comment op enige iets, dan moet hy bereid wees om te vat wat na sy kant toe kom.
Onthou net ook dat Wimpie ander mense bespreek via sy inskrywing elke dag. Dis maar eintlik waaroor blogging gaan. Jy het freedom of speach...
Ek dink nie Wimpie het te veel klagtes daaroor nie.
Ek het altyd na JM geluister en hou geweldig baie van hulle kersprogram, maar verder dink ek hulle is n klomp bokse en dink hulle kan net se en doen wat hulle wil. Wimpie kan ook maar lekker irriterend raak met tye en party oggende is hy te veel vir my nugter maag - veral as hy aangaan en aangaan en neul en kerm oor een ding - maar more is ek weer ewe gretig om terug te gaan radio en weer na Wimpie te luister. Ek geniet dit oor dit in my taal is en oor ek dan later as ek by die werk kom op sy blog kan gaan en sy mening kan lees wat nie toegelaat word op die lug nie.
Lekker daggie verder!
x!x
Ja alles goed en wel, maar daar is ,n beperking wat jy van persoon tot persoon kan klasifiseer. En om diep dinge soos swangerskappe te noem is siek. In elk geval het Wimpie die blog begin soos voorheen genoem om te komentaar oor die dag se comments, nie sy persoonlike lewe nie. Dit is die ekse wat daarmee begin het. Ek stem saam met charmaine.
O ja, jy praat nogal baie vir iemand wat nie veel te se het nie( wat sin maak in elkgeval)
Stem volkome saam met jou. Ek dink dit bewys wat se tipe mens Wimpie is. Hy luister na almal en steur hom nie daaraan nie. En dis fantasties.
Ek weet dinge soos swangerskappe en wie vir wie die liefste was en soos sy nuwe haarkleur en kar en als is sinneloos. Maar ek dink ook dit hang af van persoon tot persoon. Mense verskil en party is minder touchie as ander!
Wimpie is n moer nice ou en ek dink dis meer suur druiwe as enige iets anders, die hele ekse storie!
Soos ek vroeer gese het, as hy op 39 girls van 20 of 25 kan kry, hoekom nie? Eerlik nou, watse man sal nie gaan vir n 23 jarige meisie as sy op hom hit nie?
DIE DING VAN N BLOG IS DAT MENS NIE MENSE KAN STOP OM HUL SE TE SE NIE. HOE MEER MENSE COMMENTS LEWER HOE VINNIGER GROEI DIE SITE EN SOOS JULLE STEM EK SAAM. EK GLO IN ELK GEVAL NIE DAAR IS VEEL VAN WIMPIE SE LEWE WAT ONS NIE WEET NIE. MORNE
En onthou dat Wimpie ook met tye homself blootstel aan die bloggers. Hy vertel graag watse tipe ou hy is en oor sy emosies en liefde en dinge. So dink die probleem le tussen die bloggers en nie so seer met hom nie. Die meisie wat die hele ekse dinge begin het het vroeer vandag omverskoning gevra as ek dit nie mis het nie.
Anyway...
So meisies (onder 21)gaan jullle almal verskyning maak vanaand?
EEN VIR AL WIMPIE SE WERKLIKE EKSE. WAT VAN JULLE KONTAK MEKAA EN DAAG OOK OP BY FIRKIN VANAAND SAL DIT NIE GREAT WEES NIE. CARLIEN
ja nee kyk vandag se jong girls 23 en op is nou maar net sexy(let wel sommige)..........
Dis heeltemal korrek ek het onverskoning gevra en ek doen dit nou weer!! JAMMER WIMPS!!!!
Kan almal nou dit daar laat en more met n skoon gemoed begin.
Wimpie wwars jy BRA ons is in afwagting vir jou comments.
dis die beste voorstel daai carlien toe al wimpie se eks girls vannaand 8 uur firkin boksburg. natasha,chantelle,rochelle en al die ander kom
Ek is vriendinne met een van jou werklike gewese meisies. (die een wat jy dink jou die minste laaik) Ek het haar gebel en vertel van die hele fiasko en sy het ook maar net gelag en gese dis seker jong girls wat sensasie soek. Hoop die girls het die guts om jou op te vat op jou offer vanaand. Geniet dit wens ek kon daar wees.
Groete
Estel
Liewe x!x
Ek gee toe aan jou comment en verduideliking van flussies, maar alhoewel vryheid van spraak die inding is deesdae, moet daar tog êrens perke ook wees van wat "sosiaal" aanvaarbaar is om kwyt te raak en wat nie!!!
Dankie Anoniem dat jy ook hoor wat ek sê!
Lekker dag verder vir al die Bloggers en die wat Firkin toe gaan moet nie te veel uitrafel nie ons wil darem na die foto's KAN kyk more! C
Dis nie Rochelle nie, maar wel ROZELLE...en onthou julle nou weer, volgens Wimpie is daardie 9 maande verhouding nie n ernstige een gewees waaroor hy sou huistoe skryf nie...?? Dink nie ander kan dan maar sommer net links en regs nooi nie...
Ek glo nie een van Wimpie se werklike ekse salso laag daal om hullle te gaan verlekker in wat vanaand gebeur nie. Hulle is immers beter as dit. Ek dink nie hulle stel enigsins belang in hoe wie ookal hulle name vergat nie.
Aan Wimpie se nuwe girl""""" wat jou naam okal is. STERKTE jy het guts ek sou hom lankal ge&*^% het
No hard feelings Charmaine!
Ek verstaan jou, jy verstaan my, ons verstaan mekaar!
Elkeen geregtig op sy eie opinie en ek voel met tye net so geweldig jammer vir Wimpie wat moet deurloop onder ander se skerp tonge en gevoelose gewete!
x!x
Ja nee ek ken so n paar van wimpie se gewese meisies en moetr se hule het meer taste as dit.
nee rerig waar is daar nie belangriker goed om oor te praat nie?
Jy ken net n paar van hulle? Nee kyk, dan ken jy die spul... Want daar is net TWEE onthou!
Ek wens ook soms ek kan terug gaan in tyd en weer saam n ou liefde wees maar dan word ek wakker en besef die tyd is hier en NOU!!!!!
Vergeet wat verby is en lewe vir vandag!As jy vandag voel jy kani sonner wimpie lewe nie my liewe hemel jy het seker sy cel nommer bel hom!
Word kinders onder 21jr toegelaat ooit by firkins???????
Hoop so, anders daag niemand op nie(lol)
My Ma het altyd gese, praat eerder oor seks of politiek, maar verander net jou eentonig deuntjie!
Dis nou amper so iets :-)
Sal die ekse wat so onder anonymous skryf tog net ophou om vir wimpie te probeer verkleineer. Hy het nie die hele ekse ding begin nie. Die wat nou kamtig beter taste het!!!!
Ek praat van werklike eks poppie wat saak gemaak het saam wie hy onder andere kinders het.Ek praat van lankal toe wimpie nog wimpie was en sy lewe nog syne was voor julle klomp kinderagtige poppies sy wonder wereld kom opneuk het!
Niemand dwing vir Wimpie of met iemand uit te gaan of van iemand te hou nie - onthou? Dis n eie keuse en besluit! Voor JY besluit het wie neuk sy lewe op en wie nie en voor JY besluit het wanneer Wimpie nog Wimpie was en wanneer nie. Pateties!!!!
Lyk my jys nog dom ook ek is nie n eks meisie van wimpie nie maar n jare lange kennis en ek weet sy EKSE wat belangrik wat het beter TASTE. My naam is MORNE......
hi Wimpie
Nou net gehoor dat daar nie skool, is more nie en ek het my gat afgeleer vir more se eksamen en dan word dit afgestel. Dit maak my dejoos in. Gehoor dit gaan more erger as laas vrydag wees.
Hoop dat die naamlose dame opdaag. sterkte vir vanaand.
Gatvol martiekulant
Klink my hierdie eks poppie wat morne en almal nou so aanvat is omtrent ontstoke. So what as hy nie jul verhouding as belangrik beskou het nie. Get over it . KR
Daar staan nerens dat jy n vrou is nie...so waaroor die bohaai?
Dit gaan net oor JOU JY EN JOU... JY het besluit wie is belangrik, JY het besluit wie neuk sy lewe op, dis JOU jarelange vriend. SO what?
Everybody's in charge of their own destiny - onthou?
Jy het 'n helse probleem Morne: eks nie 'n poppie nie, maar een van Wimpie se pelle
Het enige iemand gehoor of die vakansie vervroeg is of nie?
Ja MORNE... klim van jou perd af ou! Moenie net enige Anonymous aanvat nie, daar is n hele paar van ons hoor! Jy is confused, pel of te not!
So wie is jy meneer Wimpie se pel. Jy behoort Morne te ken want ek doen.
Ek moet nou eerlik wees, ek is n meisie/girl/vrou/poppie van 25, ek is alles behalwe lelik of kinderagtig of enige van die bogenoemde goed waaroor julle so uitbrei, en vir my is Wimpie darem maar wragtig baie mooi. Sy hele cool, calm and collective houding doen dit vir my! As ek my sin kry stop ek hom om te blog en vat hom VER VER hiervan af en maak hom net my eie.
Ek sal maar aanhou droom. Lyk my hy behoort aan so baie mense wat hom as hulle eie toe eien dat ek maar n nommer moet vat en gaan sit!
XYZ...
ok almal van julle immers skryf ek nie onder anonymous nie. Ek se my se sonder om skaam te wees oor wie ek is. Ek lewer ook maar net kommentaar.
Ek stem saam jou morne . Hoe moeilik is dit om net as jy so sterk voel oor n ding te se wie jy is. Carlien
LYK MY HIERDIE IS NIE MEER N BLOG NIE MEER N CHATROOM.
Dis wat met elke blog (site) gebeur. Die mense leer ken mekaar en chat en gaan aan! Dis hoe Wimpie se blog op die map kom. Dis n goeie teken...
Dis wat met elke blog (site) gebeur. Die mense leer ken mekaar en chat en gaan aan! Dis hoe Wimpie se blog op die map kom. Dis n goeie teken...
nOU HET EK ALLES GESIEN YOU GO BOY! AMPER 150 COMMENTS
TYD STAP AAN 8UUR KRUIP NADER WONDER HOEVEEL BLOGGERS GAAN DAAR WEES.
dink al die wimpie fans moet rooi serpies dra vanaand en al die wimpie haters groen serpies dan kan julle mekaaar sommer mooi uitken of hoe.
klink na n plannetjie
Ek kani eag om more te hoor wa gebeur het by firkin ni ek mut ongelukkig werk vanand.
Ek se jou wat, hoekom bly al die drolle nie net by die huis en die wat wel van Wimpie hou gaan Firkin toe en kuier lekker en chat more heerlik daaroor nie. WAT SOEK MENSE WAT NIE VAN WIMPIE HOU ANYWAY OP SY BLOG SPOT? Sal ek nou wonder...
So wimpie wat beplan jy vir jou en jou date vir die aand?
Get n life ek is MOERSE mal oor wimpie en sal defnitief daar wees. Eks elke week daar.Ek praat van die simpel eenvoudigge poppies wat so aangaan oor hom.En al hierdie bad kommentaar het!!
Ag hoor nou...? Dis nie asof Wimpie nou juis sit en elkeen se vragie antwoord nie! En wat dink jy beplan hy vir hulle by FIRKIN? Defnitief nie n kerslig ete met Patrizio Buanne in die agtergrond met n bloedrooi rooi op haar voorgereg bordjie nie...
Sterkte aan almal vir more se groot staking hoop ans kinders is veilig
Ja toemaar klink my jy soek self n rooi ROSIE by wimpie.
Ek sal ook wil weet wat wimpie eplan vir die aand dis mos n datre of hoe. dis wat hy gese het.. dalk na firkin
kyk wim seun jou blog rock vandag........ wel sal met jou praat lyk my ons moet n dating club begin op die blog...... so julle bloggers wat se julle daarvan hmmmm???????? BBH
Het n man en n kind baie dankie! Nie almal van ons is hier om te kyk wanneer ons vir Wimpie kan huistoe vat nie. So hy kan maar sy roos vir sy date gee as hy wil!
Ja nee BBH, Wimpie is seker erg spyt hy het sy comments na sy foon laat forward..haha! Die battery is seker lankal pap, die dat hy niks van hom laat weet nie!
.... En Wimpie sit lekker agteroor en verlustig hom aan wat alles hier aangaan en dat hy 'n rekord gaan haal vandag, en ons almal val daarvoor!!! Hier moet ons bly dit kan nog lekker word! C
stick around ill make u famous !!!
Vroeg vanoggend het Wimpie soos Brad Pitt gevoel. Hopelik na vandag voel hy soos Columbus. Ek meen ons het hom nou wraggies gewys dat ons Oos Randers ook supportive kan wees...
na vandag gaan sy kop lekka groot wees
Dis klaar groot, ek meen as jy dink jy is Brad Pitt???
Wimpy lyk my jys 'n ramkat!!!
sorry julle vanaand is af, krag het gegaan in Boksburg, hulle reken 2 dae, my nou net gebel Firkins is toe vanaand....sorry :-(
Goeiedag Mr vd Sandt,
Ek is beslis nie een van jou x'e nie maar ek is die eerste "anonymous" girl wat jou uitgedaag het gister. Ongelukkig was ek om 12:00 na 'n vergadering en het eers laat klaargekry en sou inelkgeval die "date" gemis het! My naam is Andrea', ek woon en werk in Sandton maar ek is seker ek het jou gisteraand in Carnival City gesien...... EK sien jou bloggers het 'n probleem met ons Sandton girls en se ons moet eerder na JM luister, maar jammer girls ons is ook TROTS AFRIKAANS en kan ook nou na jul Radio Stasio luister !
hehehe nogals mooi gevang
as die manne mooi vra plaas ek dalk 'n foto van 'jessica' in 'n bikini op 'n klip!
Post a Comment