Thursday, June 14, 2007

Dozi trou en iets om oor te praat!


Dit is vir my baie interessant hoe mense met 'n hoe profiel wegkom met meer dinge as die gewone mens.
Almal is baie opgewonde oor die groot troue wat more plaasvind tussen Dozi en sy droomvrou, Muriel Lategan....
Great ek ken Dozi persoonlik great ou, jy sal nooit se dat hy al 42 is nie, hy is jonk van gees, nes ek, altyd reg vir 'n ou kuiertjie, en hy was ook altyd 'n doring onder die rose...
Nou het een girl dit reggekry om die ou ryperd te tem en ek is so bly vir hulle, so wees op die uitkyk vir die troue van die jaar, ek hoor Huisgenoot het die regte gekoop, ek is seker hulle sal dit weer uitrek oor twee weke so jy behoort dit nie mis te loop nie.
Nou net 'n interessante ding, Dozi is 42 en sy is 21, dit maak hom dubbel haar ouderdom en 21 jaar ouer as sy, so waar is al die doemprofete nou wat se so iets kan nooit uitwerk nie en almal wat altyd klippe gooi as 'n ouer man vir 'n jonger girl gaan of omgekeer?
Hier is nou 'n interessante onderwerp vir al die bloggers hier op ons site, tussen hakkies ek sien gister was weer 'n rekord iets soos 250 comments, dink ek moet 'n chatroom begin....wat dink julle?
So nader nog 'n week sy einde, die eerste paar dae van die breakfast show op die net het sonder veel probleme gekom en gegaan, weet nie wat dink julle nie maar ek dink die audiostreaming klink heel goed,
Boerinballingskap skryf uit Korea en vra hoe kry mens so baie mense om op jou site kommentaar te lewer en te kuier, die antwoord is ek weet nie, miskien kan julle ons se, ek moet my e-pos diens wat elke kommentaar na my selfoon stuur kanselleer want my arme selfoon is besig om dit te verloor, iets met sy memory wat te klein is se die ouens wat weet vir my.
Dan sien ek die staking het die lewe van 'n baba van 13 maande geeis nadat die baba uit die hospitaal ontslaan is as gevolg van die staking, julle klomp barbare en ander stakers het bloed aan julle hande en ek dink dis baie bloed nie net 'n bietjie nie, as ek die storie so staan en kyk weet ek nie waar gaan dit eindig nie want ek sien nie 'n happy medium tussen 12% en 7% nie.
Die staking stir natuurlik emosies op en veroorsaak ongekende spanning hier in ons mooi land en almal met iets om te herdenk spring ook op die staking bandwagon, die rumours trek die wereld vol en die boere koop guns en patrone want ons kry e=posse wat se Saterdag is die dag wanneer ons witmense uitgemoor gaan word en allerhande snert, jy kan dit glo as jy wil, of jy hoef dit nie te glo nie, dis jou saak, feit is net almal se emosies word aangewakker en ons sit met 'n kookpot hier in ons land wat net mooi een van die dae gaan oorkook, dit moet kom, die gevoel van dis ons teen julle was nog nooit in ons 13 jaar van demokrasie so erg soos nou nie.
Dink mooi voor jy jou bydrae maak om die pot nog bietjie te roer en moontlik te laat oorkook.
Dis al vir vandag, sal bietjie later kom inloer wat se julle daarvan op die comments, lekker chat en moenie so erg wees op arme Gerhard Schaap nie, die ou bel my gister omtrent in trane op die golfbaan en kan nie verstaan wat hy aan julle verkeerd gedoen het nie, ek verduidelik hom toe van die renostervelding en as die mense nog oor jy praat is jy belangrik en so aan, onthou maar net almal is nie ek nie, praat maar eerder oor my, ek kan dit vat!
Die uitslag van die meningspeiling het my heavy verbaas, wys jou net jy kan nooit dink jy weet wat in mense se koppe aangaan nie...51% van julle reken julle kinders sal na die staking veilig wees by dieselfde stakende onderwysers van vandag...okay!
Vandag se peiling is 'n Wimpie ene...dink jy Dozi is te oud vir sy aanstaande?,,,mmm daar's nou 'n interessante ene ne ;-)
Later
Wimpie

160 comments:

Anonymous said...

More almal,
Dis reg wat Wimpie se, kom ons los die ander mense uit, hul verdien nie om op die blog gekrititseer te word nie. Jong, ek dink dis een lucky lady wat vir Dozi vasgevat het. Hul se mos hoe ouer hoe meer ervaring!
Die staking is besig om almal se senuwees te werk, kan iemand my dalk se wat die opskrif in die beeld behels: Ons kan nog 13 dae strike.? Het nie 'n koerant by my werk om dit te lees nie, baie nuuskierig

Monique

Anonymous said...

Wel Wel! Ek sien almal slaap nog. Ek hoop nie jy sê Wimpie is 'n loser nie. Ja ek ken hom en ek glo nie dit is nodig om enige een teen hom te waarsku nie. As jy niks goeds van iemand kan sê nie bly dan liewer stil. Almal het ups en downs in die lewe en glo my ek het al die girls ontmoet wat met Wimpie uit gegaan het en soms net my kop geskud want mens kan sien hulle is nog kinders en van hulle probeer hom verander.

Wimpie ons is lief vir jou soos jy is!!!!!

-I-

Anonymous said...

ek dink nie ouderdom maak die verskil nie. my tannie het met 'n man getrou 50 jaar ouer as sy. ja jy het reg gelees, 50 jaar. hy het haar absoluut op die hande gedra en hul was dolgelukkig tot die dag van sy dood.

Anonymous said...

Wie het nou gese wimpie is 'n loser? Dit is nog net ek wat vandag gecomment het, en ek het defnitief nie so gese nie

Monique

Anonymous said...

Julle die comment was dat GERHARD is 'n loser, Wimpie is die cool een!! Julle moet oplet!

***

Wimpie van der Sandt said...

'n vinnige eksperiment as jy nou luister se gou watter liedjie julle wil hoor dan speel ek dit

Anonymous said...

Eden - Hou nog vas aan jou hart?

Anonymous said...

Ek het plek vir jou by my_ Arno Jordaan

Wimpie van der Sandt said...

sorry nou net eden gespeel

Wimpie van der Sandt said...

hier's Arno!

Anonymous said...

Presies, so waar val die een uit wat se:ek hoop nie jul se Wimpie is 'n loser nie? Jy moet die comments mooi lees my ou maat
*/*

Anonymous said...

Dankie Wimpie!!!

Monique

Anonymous said...

Monique hier volg die Beeld se voorblad opskrifte : "Mbeki sê NEE vir eie verhoging..." "Baba dood oor staking".. Comrades in gedrang... "Seun (13) skiet hom na hy suster per ongeluk tref" so daar is nou 'n klompie ander onderwerpe om oor te chat vandag... Wat Dozi betref ek weet nie dit klink nou fine maar wat gaan gebeur die dag as hy 61 is en sy 40 dan is sy in die fleur van haar jare en hy wel nie meer so punt in die wind dalk nie... sê maar net, ek is nie 'n expert op die ouderdom ding nie....

C!

Anonymous said...

C!
Dankie hoor : Ek dink nie ek sal se nee vir 'n verhoging nie?

Monique

Anonymous said...

ja ek ook nie, maar dan kry ons ook nie die President se salaris nie, ek dink hy kan 'n paar jaar deurgaan sonder 'n verhoging.... Daardie muur om sy huis is al klaar 'n verhoging en 'n half.
C!

Anonymous said...

Ek stem saam met jou, hy kry seker wat ons in 5 jaar kry, in een maand.
Ek weet darem nie so lekker oor die ouderdomsverskil nie, hul se mos mans raak eers volwasse as hul in die veertigs is. Ek dink dit hang maar van persoon tot persoon af

Monique

Anonymous said...

Monique, gaan kyk by www.beeld.co.za Daar kan jy in rus en vrede jou hele koerant lees. Lekker ne!

Ek sien daar is n paar mense wat nou hulle aliase iets maak soos myne. Sal maar die x!x los en net as Zelda heet. My naam anyway!

More C!

Anonymous said...

C ek dink jy is heeltemal reg. Nou is dalk nie 'n probleem nie maar wat as hulle ouer word. Inelkgeval Wimpie hoekom raak jy hierdie onderwerp aan? Is jou girl dalk so jonk.... alweer?

Anonymous said...

Wimpie speel ASB vir my n Steve liedjie... daardie man is goed vir my nugter maag! Regtig! Iets van sy Neil Diamond dalk?

Anonymous said...

Ag weet jy, ek dink die plaasmeisie weet presies waarvoor sy haar inlaat. Ek meen, as jy met iemand 21 jaar ouer as jy trou en jy trek van Moreesburg na Harties toe, het sy seker die dinge goed deur gedink. Ek persoonlik sien nie iets fout daarmee nie. Het nog altyd gedink ouer mans is meer volwasse en wereldwys en als.

Zelda

Anonymous said...

Dankie Zelda, en eks bly om nie die enigste een te wees wat darem 'n naam het nie.Gaan ons nou alweer in die rigting van Wimpie en sy girls beweeg?

Monique

Wimpie van der Sandt said...

okay ek gaan nou gatswaai uit die ateljee uit, lekker chat al die bloggers sal weer later inloer
LATER!!

Anonymous said...

Ja wat ouderdom maak seker nie n verskil nie. liefde is liefde. en wimpie maak n chatroom hier op! dan gaan os die klits kwyt raak of sumthin laik that. hahaha. christi

Wimpie van der Sandt said...

het vanmiddag 'n meeting met ouens wat websites doen, gaan die blog grootmaak en 'n chatroom opsit..
so watch this space!

Anonymous said...

Liewer 'n ou man se liefling as 'n jongman se slaaf!!!!

Anonymous said...

More Zelda !

Jip ek dink ons het genoeg tydspandeer aan Wimpie en sy girls, dit bly maar sy saak wat hy doen! Die ouderdomding is waar, elkeen moet vir hom self uitwerk (somme maak) of hy/sy kans sien vir wat alles saamgaan met die ouderdomspakket. Ek weet net nie of ek op 49 jarige ouderdom met 'n oompie van 70 wil sit nie. Nie dat ek so oud is nie !! Maar hoe sê hulle die liefde is blind en die huwelik is die bril. hie hie

C! o ja en die C staan vir Charmaine!

Anonymous said...

Daar is niks fout met ou..er mans nie. Ek sal nie omgee vir ;n ouer man myself nie, ja dis seker maar 'n vader figuur??
Ek en my pa was baie close en hy is oorlede - en ek mis hom -
nous ek single en sal my voortande gee vir 'n ouer man.

***

Anonymous said...

Welkom by die girls wat nie bang is om hul name te gee nie Charmaine en jy ook Christi.
Ons darem een ding reggekry. Wimpie gaan vir ons 'n chatroom begin. Yipee!!! Ek dink Wimpie moet ons die kans gee om die chatroom te noem. Wat dink julle? Dis nou maar hoe die natuur dit wil he, vroue gesels altyd oor als

Monique

Anonymous said...

*** Ek is Tammy!

Anonymous said...

Welkom Tammy!!!

Monique

Anonymous said...

Ek stem daar is niks fout met ou(er) manne nie maar dit bly 'n persoonlike keuse. Ek dink ook net die ouer man se eggo word gestreel as 'n jonger dame in hulle belangstel, dit laat hulle weer goed voel oor hulleself. En dit laat hulle ook goed lyk as hulle erens verskyn met 'n goedversorgde jong dame aan hulle sy, nie dat ouer dames nie ook hulle goedversorg nie, ek het net 'n probleem met manne wat hulle vrouens los vir jonger dames.
C!

Anonymous said...

Ek stem Charmaine! My man ken my van ek 16 is. Dis nou al 9 jaar. As ek oor 20 jaar van nou af ouer en effe vetter en meer plooie en wat ookal het, verwag ek van hom om my steeds lief te he. Want hy het die beter van my gehad, die mooier en skraler en als. (Nie dat ek al vetter is en te veel verander het nie, maar dit gaan gebeur!) As ek bereid is om my jong vrou lyf op te offer om hom n pappa te maak, dan verwag ek lojaliteit en liefde in ruil.

Anonymous said...

Zelda (alweer vergeet!)

Anonymous said...

Ja ek het ook 'n probleem daarmee, my eks het my gelos vir 'n jonger meisie - 12 jaar jonger!!

Anonymous said...

Tammy
Sorry

Anonymous said...

I rest my case! Jip ek en manlief ken mekaar hierdie jaar 25 jaar lank, ons het twee jaar uitgegaan, drie jaar verloof en is nou 13 jaar baie gelukkig getroud en ek moet sê ons verhouding is nou nog beter as ooit, (soos rooi wyn).. Op 36 (en trots daarop)probeer ek my bes om nog op my beste vir hom te lyk, en te sorg dat mens altyd een voor die jongetjies bly!! Gelukkig het ons 'n voorsprong voor die groen blaarjties met die ouderdom kom ook wysheid op alle gebiede...

Wonder waar is 007 vandag?
C!

Anonymous said...

Noudat ons almal ons name bekend maak is Inspector Morse uit besigheid uit!
Tammy

Anonymous said...

more al julle bloggers yo dis lekka koud vandag lekka pannekoek en dvd weer ne....... of is dit bbb weer ha ha nou ja tot later ta ta BBH

Anonymous said...

Ek dink hy het nie verwag ons almal gaan hom aanval gister nie. ha ha. Toemaar Inspector dit was nie op jou persoonlik gemik nie, ons hou net van die manier wat jy dinge doen nie, as jy belowe om jou te gedra mag jy maar saam chat vandag( grappie)

Ek dink dit is ok as jy 'n jong bokkie het, solank dit net nie met die verlies van sy jare lange getroue vrou was nie, ook nou net nie 'n tiener meisietjie nie, glo nie die man wil haar nog als leer nie. ( hoop nie so nie) Ek is nou 27 en almal in my vriendekring is 34 en op, hul spot altyd ek is die baby hul moet my oppas. Maar so hang dit van die ouderdom van jou persoonlikheid af.

Monique

Anonymous said...

monique wie is die inspector wat jy so oor praat hmmmmm???? BBH

Anonymous said...

Ek dink inspekteur 007 se bubble is gebars omdat hy nie meer opsporings het om te doen nie. hie hie grappie hoor!!

Miskien moet ons maar intussen begin name soek vir Wimpie se chatroom wat ons gaan "oorvat",
Ek ken bmw weer maar verskoon die onkunde, wat is bbb weer? Of is die blog nie hoog genoeg gerate nie PG 2-21?)
C!

Anonymous said...

Ek dink wat Wimpie try se is dat almal het hom gekritiseer oor hy altyd jong girls het, en niemand se niks oor Dozi nie.

Anonymous said...

BBH,
Dit is die man of vrou wat gister almal gekenmerk het as Rozelle, hy het gedreig om ons almal op te spoor met sy I.T Kunde. Toe ons nou feite gee dat ons nie Rozelle is toe is hy ewe skielik doodstil.
Wil regtig graag ook weet wat is die regte naam agter die Inspekteur.
Enige iemand idees?
Weet jy dalk iets wat ons nie weet nie BBH??

Monique

Anonymous said...

Nee goeiste, dan is ek maar lekker dof. Wat is BMW weer en wat is BBB weer en wat nog?

Anonymous said...

Ken enige iemand dalk 'n Adel Botha (ek weet nie wat is haar van nou nie)

Anonymous said...

BMW staan vir Baby Making Weather as ek reg is. Het nie 'n idee waarvoor staan BBB. Wag maar in spanning om uitevind by BBH.(WAT IS DIT MET AL DIE B'S)

Nee, ongelukkig nie. Watse jaar het sy gematrikuleer en waar. Dalk kan dit help

Monique

Anonymous said...

O jinne miskien kan die inspekteur jou help om Adel Botha op te spoor. BMW weer is : as ek dit mag sê op die lug: "Baby making weather" Oeps sorry vir die sensitiewes hoor! Ek antwoord net 'n vraag!
C!

Wimpie van der Sandt said...

goeie nuus julle, ek gaan my eie site kry, lyk soos www.wimpie.co.za met sy eie chatroom en julle kan die chatroom 'n naam gee, sort alles uit sal laat weet

Anonymous said...

Nou ja dit is 'n friendly warning sy is agter al wat 'n man is aan sy werk vir Marlyn Instrumentation het voorheen vir Ackermans gewerk haar nr is 0836452200 gee haar bietjie 'n lui en hoor hoe gaan dit

Anonymous said...

o ja en let wel die getroudes

Anonymous said...

Daarsy julle, Wimpie se ons mag die chatroom 'n naam gee. Dankie tog.

Enige voorstelle sover?
BBH waar is jy?

Monique

Anonymous said...

Wag bietjie, BBH waarvoor staan dit he???
Of wil ons liewer nie weet nie.....

Monique

Anonymous said...

The Chill shack!
Ons het almal 'n plek nodig waar ons - in werkstyd - kan Chill!!
Tammy

Anonymous said...

Dis oulik,maar ek stel voor iets wat meer beklemtoning gee op vrouwees,aangesien ons nou Wimpie se blog heeltemal oorgeneem het. Sorry Wimpie

Monique

Anonymous said...

Hello??

Anonymous said...

hallo monique glo my ek is def nie die inspector... so julle dollas weet nie waaarvoor staan bbb nou ja daars julle brein teazer vir die dag dan... dis flippen koud sal ek se.... wim seun as jy op is laat weet.... tot weer ok ok ek is HBK en nie BBH

Anonymous said...

Ok dan. Hopelik sal ons dit uitgefigure he teen die einde van die dag. Heart Break Kid? Dan is jy seker cute? Of is dit die Heart Break gedeelte?

Monique

Anonymous said...

wel wel........... lyk my dis net monique op die blog.......... HBK

Anonymous said...

Monique, HBK dis die single cute donkerkop mannetjie!!!

Anonymous said...

Dit lyk so. Tammy, Christi, Zelda waar is julle????

Anonymous said...

Hi daar!!


Zelda

Anonymous said...

So wat gaan ons chatroom se naam wees?

Zelda

Anonymous said...

Is almal nou op een slag weg? Wa is julle?

Zelda

Anonymous said...

Ek is hier - dink hard aan 'n womens lib naam!!
Tammy

Anonymous said...

Net gou loo toe gewees. Sjoe dis beter

Monique!

Anonymous said...

Wat van "friends". Klink dit nie cute nie?

Tammy

Anonymous said...

Ok. Klink my nie julle like dit te veel nie. Enige ander voorstelle? Wat dink jy Monique?
Tammy

Anonymous said...

Klink nie te sleg nie. Maar ek dink ons kan beter. Wat van "Wimps se girls"?

Monique!

Anonymous said...

Ek hou daarvan. En wat van Chatterbox? Dis ook iets oorspronkliks? Dink bietjie. Dit moet ons naam hoog hou.

Zelda

Anonymous said...

C! What do you think? Ietsie vrouliks. Ietsie sexy. Dink man!!!

Monique!

Anonymous said...

Wie de donner praat op my naam??
Tammy

Anonymous said...

Ek dink Wimps se girls is te persoonlik...

Anonymous said...

Miskien kan inspector Morse ons 'n idee gee. Wa is 007 vandag?
Tammy

Anonymous said...

Ek raak de moer in as iemand op my naam praat. Wie is jy?
Tammy

Anonymous said...

Iemand is besig om op my naam te praat ook. Ag hou top op met die Kinderagtigheid!!!
Ek was 8uur vanoggend laas by die toilet.
En idioot, wie ookal jy is ek sit nie 'n ! agter my naam nie

Die regte Monique

Anonymous said...

Hei jy!!! Ja jy wat my naam gebruik. F...off van hierdie blog af of gee jouself 'n ander naam.
Tammy

Anonymous said...

Iemand is besig om ons name te gebruik, iemand wat niks anders het om te doen NIE!!! Jy is kinderagtig!!!
Die Regte Tammy

Anonymous said...

Mense kan so kinderagtig wees!

Die regte Monique

Anonymous said...

Ek stem saam
Die regte Tammy

Anonymous said...

Weet jy die Fake Tammy dis nou baie lelik van jou want ek praat nie eens op 'n slegte dag so lelik nie!!
Die Regte Tammy!

Anonymous said...

weet jy ek gaan maar van die blog af want jy JOU FAKE BLIKSEM - tammy het jouself weggegee!!!
Ek se nog die heeltyd Die Regte Tammy en jy se nou die regte Tammy??
Sien jy die verskil of is dit net ek!! Jy is vertraag!!
Ek gaan maar bye se Monique, c en al julle ander, daar moet altyd mense wees wat lekker dinge opneuk!!

Anonymous said...

Hi julle. Is julle alweer besig om te baklei op die blog vandag?
Die regte C!

Anonymous said...

Bye-bye. xxx

Monique

Anonymous said...

Hi BBH stuur 'n bietjie kontak details vir 'n lekker date saam met 'n great girl nie soos al die fakes nie.Samantha

Anonymous said...

Hey jy !! hou eerder by jou naam van 007 of iets, want jy is definitief nie oorspronklik om ons name te MISbruik nie, wie dink jy is jy. Dan het jy nog die vermetelheid om te dink jy kan wegkom daarmee. Ek het g'n gevra of julle weer wil baklei vandag nie, maar as jy aanhou gaan daar 'n bakleiery wees. Get 'n life of gaan doen iets anders, speel op die treinspoor of iets
C!

Anonymous said...

Word groot het julle nie werk om te doen nie!

Anonymous said...

Get a life. Word groot!
C!

Anonymous said...

Nee hoor, hier is nou nog n Zelda wat sommer namens my antwoord en praat. Nee hoor.

Anonymous said...

Nou maak jy of ek die fake C! is. Ek het nie die 007 storie getik nie. Gaan doen jou werk!! Hou op om almal te irriteer!
C!

Anonymous said...

Nee man, dis nie net n "all girls" chatroom nie! Dit kan nie Wimps se girls wees nie. Hoe on-oorspronklik!

Anonymous said...

Ek klim nou masr eers ook af tot tyd en wyl die INTRUDER moeg word vir sy siek speletjie !! Kan dalk net 'n jong mannetjie wees!!!!
Women in Arms!!!!!
Tammy, Zelda, Monique chat weer later! Netnou sê die fake C! iets wat ek nooit sou doen nie!!!

C!

Anonymous said...

hey girls julle moet relax jong so het iemand al die brein teaser ontrafel hmmm of wag nog beter bbbbb ontrafel hom ha ha en samantha stuur maar jou details ha ha tot later HBK

Anonymous said...

Hoekom is vroumense altyd so katterig?

Anonymous said...

Ek het nie eers bye gese nie. Ek het jul gister gese die blog moet 'n sensor he om al die stalkers, fakes, en inspekteurs af te hou. Julle is nou regtig besig om almal goed de ---- in te maak.
Niemand het gese dis net 'n girls chat room nie, ons het net die hele ding begin, as daar dan nou so baie manne is wat chat, hoekom identifiseer jul julself nie, dan weet ons.
En nee ons is nie almal wimpie se girls nie. Net gewone girls wat wil chat oor dinge van die lewe.
Tammy Zelda en Christi, praat later weer met jul

Nou se ek regtig vir die eerste keer tot later

WIERDO: JY IS COMMON

Monique

Anonymous said...

baie babes, brandewyn biltong en ??
Probeer maar net

Monique

Anonymous said...

Ons raak netso as seker mans on afp@ss!! Dink jy regtig 'n mens kan ontspan as andere ons name gebruik... nee wat dit werk nie so nie!

Anonymous said...

hahaha ag nee nou begin ons mekaar uit haal. en nie alle meisies is katterig nie... christi

Anonymous said...

BBB??
Baie Rooi wyn
Baie Sex
Baie lekker die heeldag..

Anonymous said...

BBB
Broads
beer
al in bed??

Anonymous said...

HBK? Is jy for real?

Anonymous said...

Jamr jul nou eers al die comments gelees. sien iemand gebruik ons name. en die chat room se naam moet iets vir almal wees. lw, ek praat van gewone nie weird mense! christi. die regte egte een!

Anonymous said...

Hello, Eks terug.Lyk my die wierdo het opgehou, (hoop so) gister die 007 vandag die wierdo, wats volgende? Anyway, Wat van Cosy Corner?

Monique

Anonymous said...

dis n kul naam. ek worry nie rerig nie solank ons net lekker kan kuier. christi

Anonymous said...

Ek dink dis ook nice. Like dit baie
Zelda

Wimpie van der Sandt said...

wil net vinnig noem as jy aan die linkerkant van my site kyk sal jy sien daar is 'n icon wat se "stat counter"
dis 'n wonderlike ding want dit se vir jou presies wie is op jou site van watter lyn af en op watter tyd, dit beteken in kort ek kan jou trace as jy nonsens droogmaak op die site so asb. kom ons hou dit lekker vir almal ander sal ek maar moet stappe neem en diegene expose wat droogmaak.
dankie vir julle samewerking!

Anonymous said...

daarsy wim roer hulle.... so tammy ek hoor jy is nogal n hottie en nogal van pta ja nee die pta girls mag maar ha ha.... nou ja tyd vir middag ete.... smaak die BBBBB brein teazer hou julle besig.... cioa HBK

Anonymous said...

Cosy corner for blue babes

Anonymous said...

HBK, waar hoor jy dit, ek is sekr a hottie ma nie van PTA???
soek jy 'n date?

Anonymous said...

Will the FAKE Zelda wat nou so baie van die chatroom naam hou please stand up and take a hike! As jou naam regtig Zelda is, fine, anders piss off!

x!x

Anonymous said...

Wie is x!x nou weer? Het vergeet
Dankie Wimpie, nou sal die wierdo's hopelik ophou.

Wat van ons hou dit net Cosy Corner, voor die manne ongelukkig raak! ha ha
Ok, hbk, ek kan nou nie meer dink nie. Se nou asb vir ons wat dit beteken

Monique

Anonymous said...

Jis, die 94.7 is darem maar ander flippen..... Ja! Nou skielik speel hulle Kurt Darren songs! MAAR net die ENGELSE liedjies let wel! Is dit nou oor hulle verskriklike Afrikaanse Konsert een van die dae? Wat van sy Afrikaanse songs? Ek het nou die oggend gehoor hy is op hulle oggend show!

Wimpie van der Sandt said...

ja nee kan nie glo dat 94.7 sulke hipokrate is nie, en ons arme mense val daarvoor, wonder hoe gaan hulle kaartjieverkope?

Anonymous said...

Ai Monique... :-)
x!x is eintlik Zelda. Maar ek het nog nie juis vandag gechat nie oor ek gesien het dat daar wel n Zelda was wat gedink het hy of sy sal namens my chat!

Ek hou nie te veel van Cosy Corner nie... (eerlik!)

x!x

Anonymous said...

94.7 jul suck. weirdos kry hulp. en wimpie laat weet ons waner jy dai chat room reg het! vandag se weer suig... en cosy corner klink okay. christi

Wimpie van der Sandt said...

weet ook nie lekker van cosy corner nie, dink ons kan iets meer oorpronklik kry?

Anonymous said...

Wat se jy Wimpie??
Wat van The Chill Shack?

Wimpie van der Sandt said...

chill shack....mmm laat ek dink...

Anonymous said...

Die kaartjieverkope se groot demper is die prys! Want sien behalwe dat dit jou R400 plus gaan kos vir pleb staan of sitplekke vir twee mense moet jy OF al die pad terug ry van Sun City af na jou show of ekstra betaal en daar slaap ook nog! Ek wonder net of die mense wat nie ordentlike mooi Engelse songs het soos Kurt nie, of hulle ook op JM se ontbytshow gaan wees? Seker nie, want wat gaan hulle daarna speel!

Anonymous said...

Ek dink dis baie oulik

Anonymous said...

Aangesien ons elkgeval n klomp Afrikaners is kan ons dan seker maar met n hip & happening Afrikaanse naam opkom vir die chatroom! Goed soos chill shack en cosy corner en goed is nie heeltemal oorspronklik nie.

Anonymous said...

man die chill shack klink na 'n lekker kuierplek.
in elkgeval wie nog hier praat suiwer afrikaans professer???
ons chill is cool en dink alles is great!! anyway...

Anonymous said...

Bloggers ??
Kletskamer ??
Blogging Chatroom ??

Anonymous said...

O Hello Zelda, welkom terug in ons midde. Ok wat dan van iets afrikaans? Dis mos hoeka 'n afrikaanse program( moes nou nogal dink om die afrikaanse woord vir show te kry) duh

Monique

Anonymous said...

Ok ek het heel duidelik te lank gevat om op daai een te antwoord. Iemand anders het dit klaar gese.

Goed. Wat van Kletskas? Grappie

Monique

Anonymous said...

ek nie lelik of iets nie (en eks ook nie n prof. nie) maar dalk kan dit n kul afrikaanse naam wees. christi

Anonymous said...

Tammy you on girl HBK

Anonymous said...

Weet jy dat mens kan jouself net soveel beter uitdruk en verduidelik in Afrikaans, hetsy suiwer of nie! My hemel, watse taal nog kan jy jouself met soveel beskrywende voornaam woorde uitdruk en dit terwyl dit so rol op die tong...

Anonymous said...

TOTTERS KLETSKAS
TAMMY

PS - HBK SE NET WANEER..

Anonymous said...

Ek stem, dis mos nou eintlik waaroor dit gaan. Al praat ons nie almal altyd afrikaans suiwer nie. Soland die naam net gepas is

Monique

Anonymous said...

hey Tammy jong dit help nie om te reel op die blog....

Anonymous said...

Vir interresantheid HBK en Tammy, hoe gaan jul dit dan anders reel sonder dat al ons ander bloggers email adresse of telefoon nommers sien?

Monique

Anonymous said...

Nou hoe dan? is jy regtig 'n donkerkop hottie, hbk
Tammy

Anonymous said...

Ons sal maar ontmoet by Firkens.
Kan jy soontoe gaan of bly jy in Sandton?
Dis boksburg
Tammy

Anonymous said...

dis reg so Tammy sal wel n way kry om jou te laat weet........HBK

Anonymous said...

Is enige een van jul girls mal oor Prison Break. Het sopas 'n Prison Break kalender ontvang via email. As jy wil stuur jou adres dan stuur ek dit vir jou.
Daardie man mag maar!!!

Monique

Anonymous said...

hi Monique ek sou graag daardie email wil ontvang van die hottie in Prison Break, maar ek is nou nie lus om my mail hier op die blog te sit vir 007 om te kry nie.

New Kids on the Blog?

C!

Anonymous said...

I WANT... I WANT...

lali-lief@24.com

Anonymous said...

Charmaine stuur jou email adres na my email hier bo toe, dan forward ek hom vir jou.

x!x

Anonymous said...

Dankie x!x ek doen so!

c! oeps C!

Anonymous said...

Sal wil he asb ilu4wur@yahoo.com

Anonymous said...

Ek het hom gestuur. Laat weet of jy dit darem gekry het x!x, en dankie dat jy dit aanstuur vir Charmaine, so staan die girls maar altyd saam.....

Monique

Anonymous said...

Het vir jou gestuur yahoo!

Monique

Anonymous said...

Dankie Monique!
Het dit aangestuur na Charmaine!
Ai man...if only!

x!x

Anonymous said...

HBK,
Het jy nog nie besluit om ons uit ons miserie te help ense waarvoor vandag se brein teazer staan nie, of lunch jy nog???

Monique

Anonymous said...

Dankie julle, ek wag in spanning!

Ja wat sal ons GIRLS sonder mekaar tog doen in tye van nood staan ons saam en sommer elke ander tyd ook, hie hie'
Ja kom nou HBK verlos ons nou van die misterie!!
C!

Anonymous said...

Waar is almal nou ewe skielik?
Waneer gaan ons weet wat gaan die chat room se naam wees. Het ons almal al op een saamgestem?

Monique

Anonymous said...

hey jul. wat is die chat room se naam? of het ons nog nie besluit nie?

Anonymous said...

Almal seker moeg gechat of het ander dinge gekry om te doen en noulos hulle ons twee net hier!! hie hie!!

Ek gee op! Kan iemand met nog voorstelle vir die geselshoekie uitkom asb sodat ons demokraties kan stem!!

C!

Anonymous said...

Wat van Bloggers Block? / Blog Blok?

x!x

Anonymous said...

wimpel se klets dimpel

Anonymous said...

Ek dink ook so C!

Nee jong ek is nie baie kunstig om snaakse name en goed uit te dink nie.

Het nogal gehou van Totters Kletskas

Monique

Anonymous said...

wimpel se klets dimpel is ook oulik. Baie oorspronklik anonymous!!

Monique

Anonymous said...

EK IS TERUG
Nog nie op 'n naam besluit nie?
Ek hou ook van Totters Kletskas!
TAMMY

gerhard schaap said...

Hi aan a Wimseun se bloggers,die werels is vreeslik wreed as mense n mens veroordeel sonder om die persoon regtig te ken.Ek stem saam dat ek dalk n hele paar foute in my lewe gemaak het en dalk n girl se hart gebreek het,weet julle wat girls het my hart ook al gebreek en doen nogsteeds.Wie is perfek?Ek probeer altyd die goed en mooi in alles en almal raaksien en hou nie daarvan om van mense te skinder en kwaad te stook nie.Dis gewoontlik die mense wat net wil kwaad stook en skinder wat comments post onder anonymous,he n bietjie guts en plaas jou naam as jy iemand wil beledig en wil slegse.Ek is al vir 9 jaar single na my egskeiding en ja ek het die field geplay en met verskeie girls gedate en ek mag want ek is single,watse sonde is daaraan?Is ons almal nie maar n "player "op n manier nie?Dra ons almal nie maar verskillende maskers op verskillende tye nie?Ek is jammer die "henne" het my klaar gebrandmerk en klaar veroordeel sonder om my regtig te leer ken,as dit so moet wees so be it.Ek kyk net vorentoe en kyk nie terug nie,die lewe is te kort daarvoor en ek fokus op die positiewe aspekte van die lewe.Waar het ek vir Wimpie gecopy,so mag net sekere mense n blogsite he?Hoekom word ek die reg ontneem om nie ook 'n blog te he nie?O ja hoe vervelig sou die lewe gewees het as al die girls gedink het ek is hot,of as almal vir dieselfde rugbyspan gekree het.


ps Wimpie jou blog is stunning en ek geniet hom elke dag

Groete

Gerhard

Anonymous said...

ja nee smaak my party mans dink hulle is vrouens mede bloggers kyk maar uit en wees versigtig vir die fakes.... shame dit moet bad wees as jy n identiteit krisis het

Anonymous said...

Gerhard,
As jy dit dalk lees. Eks bly jy het jou se gese. Ek stem volkome saam met jou. Ken jou nie, so kan nie komentaar lewer nie.

Aan al die ander girls van die blik. Dink nou mooi aan oulike name vanaand. Dalk wen Totters Kletskas tog!!

Chat more weer

Monique

Anonymous said...

Skies: spelfout: het bedoel girls van die blog.
Ag tog moet nou nie weer begin met identities nie. Gelukkig gaan ek nou huis toe

Toodles

Monique

Anonymous said...

ja wel weet nie wie is regtig girls en wie is fakes.

Anonymous said...

Ek wou jou nie beledig nie, maar as ek het ekskuus. Jy is heeltemal reg, almal het 'n verlede.
Wees dan ook maar net 'n bietjie vriendelik, jy kom altyd nors voor.
Jammer as ek vooroordeeld was, was maar net wat ek van jou ekse gehoor het.

Anonymous said...

julle almal moet maar versigtig wees hiers bloggers wat se hulle is girls maar eintlik mans is siek se ek vir jou siek in hulle koppe PVR