Saturday, June 9, 2007

Stakers en Paris!

Stakers is besig om te bewys hoe vinnig hierdie land in anargie kan ontaard, gisteroggend is daar in Springs, drie telefoonoproepe na skole gemaak en gedreig dat stakers oppad is, skole is binne 45 minute ontruim en choas het geheers in die dorp.
Wil hulle kyk wat hulle kan regkry of hoe ver hulle gewone mense kan druk? Wie is hierdie mense wat staak werklik? Kan 'n mens ooit weer hierdie mense vertrou as hulle besluit om eendag weer te gaan werk?
Vrywilligers het gister by die Kalafong-hospitaal buite Pretoria begin opdaag om pasiënte te help versorg te midde van ’n groeiende stakingskrisis by staatshospitale.
Me. Geraldine Fraser-Moleketi, minister van staatsdiens en administrasie, het dié hospitaal toevallig vroeër gister besoek en terselfdertyd ’n nasionale telefoonnommer bekend gemaak waarheen vrywillige werkers kan bel as hulle hul dienste wil aanbied.
Wat de hel? Wat het geword van etiese kodes, morele waardes...kan seker nie sulke goed verwag as die grootste kerk in Suid-Afrika nie eers die guts het om op te staan en te se wat in die bybel staan oor gays nie...

Die Amerikaners is ook snaaks, Paris Hilton was in die tronk, toe is sy onder huisarres, nou is sy weer tronk toe en die regter se engtevrees is nie 'n rede om vrygelaat te word nie...
Wat 'n sirkus, en dit is die wereldleier wat veronderstel is om 'n voorbeeld te stel!
Op 'n ligter noot dis naweek, my persoonlike lewe is weer my eie en ek is oppad of rugby of klein Kariba toe vir een of ander fees, le in die bed en besluit nog, dankie vir die nice comments vir 'n verandering, lyk my die x'e het geskrik!;-)
Geniet die naweek, sterkte Bokke en ek verander more bietjie my blog...
Later
Wimpie

No comments: