Tuesday, July 17, 2007

Apartheidsmisdade. Vlok Tutu!


Snaaks hoe die wysheid met die ouderdom saamkom....
Mense wat ons mee grootgeword het as die vyand, jare gelede het nou die wyses van die land geword en nou kan mens eers sien in hoe 'n mate ons generasie gebrainwash is in ons verbete stryd om vas te klou aan die ou apartheidsregime.
As daar een ding is in my lewe waaroor ek spyt is, is dit dat ek as jong man nie genoeg moeite gedoen het om vir myself uit te vind wat in my land en die wereld aan die gang is nie.
As ek nie Joernalistiek gaan studeer het nie sou ek nog 'n hele paar jaar met oogklappe aan deur die lewe gegaan het en waarskynlik nog steeds nie verstaan het wat is alles fout met apartheid nie, vir dieselfde rede het ek ook nie vandag oogklappe aan nie en kan ek sien wat is alles fout met omgekeerde diskriminasie en omgekeerde apartheid.
Ek sou dan ook nie die nut kon insien van die vervolging van mense wat misdade in die apartheidsdae gepleeg het en weggekom het daarmee nie.
Adriaan Vlok en Johan van der Merwe gaan nou aangekla word van misdade wat in die apartheidsdae gepleeg is en waarvoor hulle nie aansoek gedoen het vir amnestie nie.
Ek het 'n probleem met mnr. Vlok, laat ek verduidelik, toe hy kon aansoek doen vir amnestie, het hy hardkoppig geweier en volstaan by die feit dat hy niks verkeerd gedoen het nie, ala die groot krokodil, PW Botha, toe dit begin duidelik word dat vervolging 'n al hoe groter moontlikheid word, toe kom hy skielik tot besinning en of bekering en wil Frank Chikane se voete was, nou wonder ek of die hele voete was storie gedoen is omdat hy werklik jammer is, of omdat hy besef het hy staar vervolging in die gesig en hoop dat sy daad vir hom gaan tel en of hy moontlik net gedink het Chikane se voete is vuil en kort 'n goeie was!
Tyd sal leer wat die antwoord is, iewers binne my het ek net 'n kleintjie dood aan mense wat nie by hulle standpunte staan nie, dit beteken net vir my dat jy nie genoeg geloof het in wat jy doen om daarby te staan nie, of dat jy pleinweg net 'n slapgat is!
Die teenoorgestelde kant is ook waar, ek wonder wat sou Vlok gedoen het toe die amnestieverhore aan die gang was en hy weet wat hy vandag weet, ek wed jou hy sou aansoek gedoen het om amnestie, gaan ons hier in Suid-Afrika nou weer 'n klomp Neruhmburgstyl verhore in Suid-Afrika he wat ou wonde gaan oopkrap en rasse onverdraagsaamheid gaan aanwakker, is dit die rigting wat ons. ons energie wil kanaliseer of wil ons eerder probeer om dinge soos misdaad vas te vat, ek weet wat ek eerder sal wil doen!
Misdaad is 'n baie groter probleem as wat Vlok gedoen of nie gedoen het nie, sorteer dit uit!
In dieselfde asem wil ek my hoed afhaal vir die gryse wyse Desmond Tutu 'n man wat wit Suid-Afrikaners se respek verdien het!

Misdaad, plekname wat verander word en bekwame mense wie se vaardighede nie benut word nie, tel onder die kwessies in Suid-Afrika waaroor emeritus aartsbiskop Desmond Tutu bekommerd is.
Tutu het gister op die driejaarlikse vergadering van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke in Johannesburg aan die hand van die konferensietema, “Kyk, Ek maak alles nuut”, uitvoerig gepraat oor die veranderinge in die land.
Hy het talle slegte herinneringe uit die apartheidsjare opgenoem en gesê “die Een wat alles nuut maak” het toe ingegryp en Suid-Afrika verander.
Die stabiliteit wat die land nou geniet, is volgens Tutu wonderbaarlik. Hy het egter daarop gewys dat alle Suid-Afrikaners – slagoffers van apartheid én diegene wat die stelsel in stand gehou het – daardeur geskend is.
In die manier waarop mense byvoorbeeld rommel strooi, kan ’n mens sien dat hul selfrespek skade gely het.
Hy het egter ook na ernstige kwessies
Leiers van die vakverbond Cosatu en van die Zimbabwiese Kongres van Vakbonde dring aan op ‘n onmiddellike spitsberaad tussen die regering van Zimbabwe, die werkers en sakelui om die krisis van leë winkels en voedseltekorte in die land op te los. Die twee vakverbonde het gister vergader en wys daarop dat die uittog van vlugtelinge uit Zimbabwe na buurlande nou ‘n vloedgolf geword het. Cosatu het sy kommer uitgespreek dat die ekonomie van Zimbabwe heeltemal in duie gaan stort, en sal ‘n pakket van humanitêre hulp met sy vennote bespreek ter voorbereiding van hierdie moontlikheid.
Die Inkhata Vryheidsparty sê die jongste verwikkelinge toon dat Suid-Afrika nooit op sy eie gelaat moes word om die probleem van Zimbabwe op te los nie. Die party sê daar behoort ‘n strategie van gesamentlike tussentrede deur die SADC-lande gewees het waarby alle lede van die SADC betrokke was.
Hoe lank nog Zimbabwe?

2 comments:

Anonymous said...

Wimpie,

As ek met iemand vandag saamgestem het, was dit met jou gewees. Ek stem oor jou skrywe oor Vlok. Persoonlik dink ek ook die gevoete was, was net gatkruipery en met die hoop hulle sal hom nie vervolg.

Ek wens net dat die verdomde regering alles wil stop en daardie geld en tyd spandeer op dienslewering. As Vlok elkgeval skuldig is, wat dan ... tronk toe? Op sy ouderdom?

Lekker dag

Eben

Anonymous said...

Hi Wimpie,

Jy het nogal 'n punt beet maar sal dit ooit ophou ??? Ek dink dit is maar deel van ons lot, dit sal tyd neem om die fokus te verskuif vanaf die huidige omstandighede en ons almal weet dat dit nie gou sal wees nie !! Groete