Monday, July 16, 2007

Bokrugby en Zimbabwe

Twee vrae vir Jake White.....1. Weet jy hoeveel jare van Springbok tradisie voeter jy mee rond, en 2. Weet jy watter gulde geleentheid het jy deur jou vingers laat glip om die gesogde drienasies trofee te verower?
Ek het Saterdag met groot teleurstelling die bokke teen die All Blacks dopgehou, teleurstelling omdat ek na 'n Bokspan moes kyk wat duidelik nie geglo het hulle kan die wedstryd wen nie en 'n span wat duidelik daarop uit was om die telling so laag as moontlik te hou, waar in jou lewe het jy al ooit gehoor dat 'n Springbokspan nie daarin belangstel om 'n wedstryd teen die All Blacks van alle spanne, te wen nie.

Een ding wat hieruit geleer kon word is dat Derick Hougaard, Jacques Cronje en Wynand Olivier heeltemal te lig is in die broek om op hierdie vlak mee te ding, genade as ek Olivier so kyk is ek lus en gaan koop vir my 'n paar toks, maak 'n comeback en stap in die Bokspan in, ek is seker daar is beter senters in my seun se kleuterskool as Olivier!
Wat moet nou nog in Zimbabwe gebeur voor Mbeki en kie iets daaraan gaan doen, in 'n blatante vertoon van die middelvinger gooi in die rigting van Mbeki het die Zimbabwese regering net eenvoudig verlede ween nie opgedaag vir onderhandelings met Suid-Afrika as bemiddelaar nie. Watse meer bewyse wil ons regering he dat Mugabe nie belangstel in onderhandel nie, nuwe wetgewing is nou ook ingestel in Zimbabwe waarvolgens dit onwettig is om kos van buurlande soos Suid-Afrika in te voer!
Daar kom daagliks ’n golf van desperate mense oor die Zimbabwiese grens, wat dan op boere se plase skuil. Die regering moet daaraan begin dink om boere ’n gevaartoelae te betaal, sê mnr. Gideon Meiring, voorsitter van die Soutpansberg-distrikslandbou-unie.
Onwettige immigrante uit Zimbabwe beweeg vrylik oor die grens. Dit voel of die Zimbabwe-grens deesdae 50 km suid geskuif het,” het hy gister gesê.
Boere voel hul lewens word bedreig deur die stroom onwettige immigrante wat op hul plase kom skuiling soek.
Mnr. Dries Joubert, voorsitter van TLU SA-noord, waaraan die meeste boere noord van die Soutpansberg behoort, het gesê die situasie op die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is ’n tydbom en kan ernstige gevolge vir alle Suid-Afrikaners inhou.
Volgens ’n ingeligte in die polisiediens is daar die afgelope twee weke meer as 500 onwettige immigrante per dag in hegtenis geneem en na Zimbabwe teruggestuur. En dít is net diegene wat gevang word – die meeste glip deur die net die land binne.
En steeds is ons regering sienende blind en horende doof!
Later
Wimpie
Ps Meningspeiling vandag dink jy SA doen genoeg om te help in Zimbabwe?

4 comments:

Anonymous said...

Hey gogga, hoop dit gaan goed met jou?
CR

Anonymous said...

Hallo Wimpie,

Lyk my dinge is bietjie stil op al die blogs vandag. Die naweek wat gevolg het op Vrydag die 13e was seker te erg!

Oor jou meningspeiling: ek dink SA doen genoeg om Mugabe te help, maar boggerol om Zim te help.

Almal praat oor die situasie in Zim, maar ek weet nie of almal besef dis humanitere krisis op ons voorstoep nie. En ek moet se, ek het simpatie met die vlugtelinge wat ons land instroom. Hulle word basies gedwing om te sterf van hongersnood in hul eie land. Ag, dit maak my sommer depressed. Ek dink die ding gaan in ons gesigte ontplof lank voor 2010.

Mooi bly

Wimpie van der Sandt said...

Hi CR gaan goed met my....waa's my J&B?
Boendoe....helaas jy is reg, ek voorsien 'n ontploffing van probleme in Zimbabwe binne die volgende drie weke!

Anonymous said...

Die J&B is myne, want jy wil nie luister nie. Daar is niks - totaal en al niks. En as daar was - hoekom is ek nogsteeds in dieselfde boot!
CR