Monday, July 2, 2007

Geluk, julle is mondig!


Kan al sien hoe glimlag almal tussen 18 en amper 21 vandag van oor tot oor....
Ja dis nou amptelik, jou kiddy het oornag grootgeword en is nou mondig.
Dit beteken onder meer dat 18-jariges van vandag af sonder hul ouers se toestemming mag trou en dat hulle sonder hul ouers se goedkeuring of bystand kontrakte mag sluit.
Dit kom nadat sekere bepalings van die nuwe Kinderwet ingevolge ’n kennisgewing in ’n Staatskoerant van verlede week gister in werking getree het.
Een van die bepalings is die artikel wat bepaal dat meerderjarigheid verlaag word van 21 tot 18 jaar.
Dis eintlik iets wat lankal moes gebeur het, kinders van 18 mag die geweldige verantwoordelikheid van motorbestuur gehad het, maar hulle kon nie 'n selfoonkontrak gekry het nie? Absurd...
Op 'n ligte noot, ek wonder hoeveel jong girls gaan die volgende maand of wat voor die kansel of die magistraat opeindig om te trou met daai ou wat ma'le gese het jy mag nie sien nie....jy weet daai een met die bike, stoppelbaard, tottoo's en oorbel!
Sjoe nou dat ek daaraan dink, nog twee jaar dan is my dogter ook "mondig" en kan sy ook maak wat sy wil, scary!
Terroriste het weer toegeslaan in Brittanje, ek voel jammer vir julle met kinders in plekke soos New York en Londen, sekerlik hoog op enige terroriste se beplanningslys van terreurstede, sal eerder my kind switserland toe stuur of so iets...




Ek was toe nie Innibos toe die afgelope naweek nie, moes Golf speel Saterdag.....wil net se my Golf is weer terug....welkom terug Golf!
Skitterend gespeel en die bal geslaan soos 'n jong Tiger Woods hehehehe!
My spioene wat by Innibos was het my Saterdagmiddag afgeraai om te gaan daar het blykbaar 20 000 meer mense opgedaag as waarvoor die organiseerders voorsiening gemaak het, toe spandeer ek maar die res van die naweek by die huis, stil en stemmig, okay miskien nie heeltemal waar nie, maar ek was by die huis....okay miskien nie heeltemal waar nie, maar ek was in die Oos Rand, okay damn ek was ten minste in Gauteng....
More gesels ek bietjie oor die gevare van uitgaan vandag in ons samelewing...
Jy hoor altyd van mense wat se drinks gespike word en so aan ek het die naweek met heelwat mense gesels met wie dit al gebeur het, lyk my dis 'n baie groter probleem as wat ek gedink het...
Jammer Jake, die Aussies het die naweek jou kaarte bietjie deurmekaar gekrap!
Met almal nou op gelyke voet in die drienasies dink ek Jake sou ten minste so drie of vier van sy A-Team wou saamgevat het....
Geniet die Koue!
Wimpiw

47 comments:

Anonymous said...

Hi Wimpie

Lyk my almal kry koud. Niemand gesels meer nie. Moeilik om te glo my seun is dus dan nou mondig en kan sy droom kar koop aangesien pa en ma nou nie meer hoef te teken nie, alhoewel hy is dan nou al 'n jaar monding want hy word die 12de 19. Wel jy moel 'n heerlike dag hĂȘ en stuur groete tuis.

Ina

monique said...

Goeiemore almal,
Eks terug.Ek het so bietjie much needed verlof gevat na die naweek wat ek gehad het. Maar nou is ek weer op my pos.
Kom girls vertel als>>>

Wimpie van der Sandt said...

hi monique
welkom terug rumour op die blok is jy was bietjie weg na 'n sekere dosent toe....hehehehe
jammer om jou te verloor in bachalors lane...

monique said...

Nee Wimpie, was nie weg na die dosent toe nie. Was regtig net by die huis en het bietjie me time gehad. Dis nogal moeilik as jy so oulike ou mans mensie weer sien en dan bly hy al die pad Stellenbosch toe. Hy het my lesse gegee op Universiteit nou wil hy weer lesse gee. (ha ha) Dink darem ek kan nou self besluit.....

Wimpie van der Sandt said...

hehehe hoop jy is iemand wat "vinnig " leer monique!

monique said...

Dis meer van wat kan ek hom leer(he he he )
Maar ek weet nie so lekker of long distance relationships werk nie.
Wat se julle?

Wimpie van der Sandt said...

nee monique dit werk nie, kan nie werk nie, verhouding is iets wat soos blomme water en son nodig het, dit kan jy net kry deur daai persoon gereeld te sien........jammer om so kras te wees maar ja, dis hoe dit is, mense het needs en as jy dit nie kry nie want jou geliefde is ver, dan gaan jy dit soek op ander plekke! nader plekke!

Anonymous said...

Party mans soek dit anyway op ander plekke, al is hulle geliefdes nader.......baie nader......

monique said...

Nee jy is nie kras nie Wimpie, dis waarvoor ek bang is. Almal is maar net mense, Hy is klaar te ernstig, dis elke 2 minute waar is jy wat maak jy sa wie is jy. Nee wat dit gaan defnitief nie vir my werk nie
Sjoe anonymous wie is jy?

Anonymous said...

Iemand wat weet hoe mans operate, wat seergekry het. Jy kan hoe naby wees maar as 'n man 'n kans kry dan vat hy hom.....

monique said...

Praat jy uit ondervinding. Ek Stem saam met jou, maar ek dink nie al die mans is dieselfde nie, as jy jou man of kerel of wat ookal gelukkig hou op alle vlakke van die verhouding het hy geen rede om dit iewers anders te gaan soek nie.

Anonymous said...

Dis wat ek ook gedink het!! Maar tot my skok....die ding is as sekere mans aandag kry van andere vroumense kan jy maar hom happy hou tot jy blou is in die gesig, Dit sal nie help nie. Baie mans gee voor.

monique said...

Ek verstaan wat jy se, maar dis maar hoe die lewe seker maar gaan. Jy sal maar moet die kans vat en so ook vat mans ook maar kanse met sommige vrouens, ek ken 'n hele paar al te gewillig vroumensies wat ook dink dis populer om so te wees, maar eintlik is dit vernederend.
Ek hoop maar jy kom oor jou phobia dat mans so is. Dalk kom jou dekseltjie tog aan....

monique said...

HBK..... Het nou net deur die blogs van die afgelope paar dae wat ek gemis het gelees.Nee ek was nie Stellenbosch toe nie. Christi, Zella, Charmaine Helllloo girls waar is julle, en hoekom is die blog so stil die afgelope paar dae?

Anonymous said...

Hi Wimpie,

Ja jy is heeltemal reg ons glimlag behoorlik van oor to oor....Aangesien ek nou al klaar 18 is en nie so groot party gehou het nie het ek 'n Mo*#se 21st beplan maar nou sal ek dit maar net vir die lekker daarvan moet hou...

Wel lekker dag vir almal,

Hansie

monique said...

Het julle die foto gesien op Gerhard Schaap se blog van die Brakpan GPS Syste. Dis nogal funny(he he he)

Anonymous said...

Hi

Ek stem saam met Monique, nie alle mans is dieselfde nie ek het byvoordbeeld 'n wonderlike liefdevolle man en is al 20 jaar getroud. As 'n man een keer rondkyk sal hy altyd so, as hy jou een keer verneuk moet jy maar aan beweeg maak nie saak hoe seer jy kry nie want as daar eers 'n kind by betrokke is kry die kind die seerste in so verhouding want daar sal nooit weedersydse vertroue wees nie.

monique said...

Ai tog, waar is almal vandag? Is dit 'n rowwe maandag?

Anonymous said...

As al julle Springs tappets net ophou om voor enige common prentjie en enige simpel persoon die woord "Brakpan" te sit, soos die GPRS system wat nou so funny was, sou dit lankal beter gegaan het! Dit irriteer my dat almal dink Brakpan is so verskriklik, het julle al deur Springs se dorp op n Saterdag oggend geloop. Shit, dan wonder ek maar net!

Anonymous said...

Hallo Wimpie (en al die ander!)

Ja, nou is ek hier, en jy weet ek kan goed...akkies praat!

Ek wil ook gou my eiertjie le oor die "long distance love". Ek bly in donker Afrika in 'n kompleks met so 12 blanke mans (ek bly by MY man!) Meeste van hulle goeie Boereseuns.

Die mans gaan elke 3 maande huistoe. Maar in die tussentyd spyker hulle enige (donker) objek met 'n rok aan. (ek glo nie dis goeie etiket nie, maar kon nie aan 'n subtieler beskrywing dink nie!)

Wimpie, baie lief vir mans, maar mens moet hulle met 'n arendsoog dophou!

Die ergste is as die girlfriends, verloofdes of vrouens kom kuier en ek moet my mond maar gezip hou oor wat hier aangaan.

Nee wat, ver van jou goed...

Ciao

monique said...

Ag weet jy wat anonymous, niemand het enigeiets teen brakpan nie, so relax. Ons lag vir die prentjie nie vir die area waar dit vandaan kom nie, as dit gelui het Geduld of enige iets anders sou dit ook snaaks gewees, so relax. In elk geval bly baie van ons vriende ook in Brakpan, so hoekom sal ons Tappet Springs mense dan nou vriende wees met Brakpan mense, is dit nou ewe skielik twee verskillende nasies?

Anonymous said...

hallo monique WELKOM TERUG.... het jy het darem lekka gerus...... ja jong ek het n rowwem naweek gehad bietjie geparty en ook gewerk........ en ja dit gru my as mense ander mense se dorpe afkraak.... ek is van die oosrand en trots daarop.HBK

monique said...

Hello HBK.
Ja ek hou ook nie daarvan nie, maar die ons lag oor die bike met die gps system nie oor daar staan dis van brakpan nie. Jy bly mos ook in brakpan, of is ek verkeerd.....

monique said...

Ja baie lekker gerus, soos jy kan sien kom my naeltjies nou weer vinnig uit ( sorry julle)

Anonymous said...

yo en hoe weet jy dit hmmmm??? HBK en ja al julle bloggers ek het daai email vir schaap gestuur en ja hy het hom gechange hoor...... was nie brakpan......

monique said...

Ek weet dalk meer as wat jul weet.......
Point made!!!

monique said...

HBK, jy is mos 'n stoei aanhanger? Het jy gesien hoeveel kos die kaartjies vir Summer Slam in September hier by ons.dis hectic... Het nou net vir my en 3 van my pelle kaartjies gekoop. Ek wil vir Batista gaan ontvoer. Sjoe, hy kan sy animal maniere enigetyd by my kom uithaal)he he he)
Dis R471-00 vir die voorste kaartjies en dan R371-00 ens

Anonymous said...

yip weet hulle kom maar glo nie batista gaan kom ha ha...... maar ja u can't see me the champ is here John Cena ha ha........ ja ek sal ook gaan.......

Anonymous said...

so monique ek weet baie lees die blog maar ja is jy nou weer single? HBK

monique said...

Wel ek sal tevrede wees met die champ ook, hul het gese batista kom. Donker koppe is meer my scene, maar ek sal doen met die champ ook. Jy sal moet vinnig spring om kaartjies te kry, amper al die goeie seats is klaar uitverkoop

monique said...

Ek is nog die heletyd single HBK. Die dosent was net 'n vrytjie vir die naweek. Altyd gedroom daarvan op universiteit, maar daar mag jy mos nie met die dosente vry nie.
Nou het ek my vrythie gehad (let wel net vrytjie)En hy is reg om te trou met my. Kan jy dit glo???
Hoekom vra jy?

monique said...

Ok wel , baie dankie vir die lekker chat vandag, maar dis nou hier waar ek groet. Eks een van die gelukkiges wat net tot 4uur werk.
Hoop julle het 'n lekker aandjie. Gaan nou vir my 'n wyntjie ingooi as ek by die huis kom, en dit vier dat ek dit deur die dag gemaak het...
Tot more

gerhard schaap said...

Ek is self in Brakpan gebore en het daar vir n paar jaar gebly.Lyk my die mense het nie n sin vir humor nie.Sekere Brakpanners wat ek ken het n sin vir humor maar n minimale persentasie is nors en lag oor niks nie shame dit moet moeilik wees om so deur die lewe t gaan.Dis alweer n anonymous comment wat gemaak is die persoon het geen guts om te se wie hy of sy is nie.Daar is geen niks met Brakpan fout nie ok ek sal dit verander na n Springs G.P.S System want on Springs mense kan dit hanteer

Anonymous said...

My punt is net dat daar niks fout is met Brakpan nie. Dit lyk presies dieselfde as Springs en Benoni en al die plekke? Is dit oor ons n dam het dat die plek dan nou so erge stigma aan het! Ag Monique, weet jy, jy dink jy kan naels wys, nee hoor my skat, you aint seen nothing yet! As dit by MY ding en MY mense en MY plekke en MY kultuur en als kom, dan wys ek meer as net naels...

monique said...

Tipies. Dankie Gerhard.

Anonymous said...

hmmmm nogal ne......... ja nee daar is def nog n girl of twee wat ek sal like om te vry he he....... HBK

Zel-la said...

Hey hey hey Scaapseun! Nie al ons Brakpanners het nie n sin vir humor nie ne.
Ek bly al te heerlik in die ou vervalle plek en al is ek nie trots op als daar nie,sien ek nie so erg fout nie.
Ek is in Springs gebore en in Benoni groot geword, in Brakpan man gevat en nou ja, daar bly ek nog!
Ek skryf veel eerder Brakpan agter my adres as sekere uitbreidings in Springs...

Zel-la said...

HBK, ek kan jou n paar nice girls se addresse gee as jy so belangstel... :-)

Anonymous said...

promises promises he he HBK

Anonymous said...

monique waars jy hmmmmmmmm????????

Zel-la said...

Monique het twee minute voor 4 gegroet.Sy werk net tot 4 uur.

Zel-la said...

HBK die versoeking is groot om vir jou my eie adres te stuur, maar jinne, as my man die deur oopmaak in plaas van ek is daar sekerlik moeilikheid. So ek sal jou maar my vriendinne se nommers moet stuur!

Tensy jy iemand spesifiek in gedagte gehad het... ??

Anonymous said...

ha ha............ HBK

Zel-la said...

Hi Boendoe! Weet jy ek moet met jou saamstem oor die ver van jou goed! Dis soos Wimpie vroeer gese het, enige mens het drange en needs en als, so wat doen n man as hy vir 3 maande of hoe lank ookal weggaan!
En dan is daar ook vroue wat weet dat as dit aangebied word is dit moeilik vir n man om nee te se of te weerstaan! Menslik..dis al!
So ek pas ook maar op wat ek het! Ek doen wat my plig is - behalwe om koffie te maak - en dan weet ek dat AS my man besluit hy kyk of slaap rond, dan is dit nie oor ek hom soort van soontoe gedryf het nie.
Maar oor die skakering van die ander persoon, daarmee sal ek nou nie kan vrede maak nie :) Nee hel man, daar is darem maar baie meer en mooier ligter girls wat baie meer as net bereid is...

Zel-la said...

Ek moet nou eerlik se, van al die aanbieders by Oos Rand is Henry en dan Wimpie die sexyste en die met die mooiste stemme is defnitief Neville en Dolf!
En het ek geskrik om n paar van hulle se stemme by gesigte te sit toe hulle fotos op die web gegaan het!

Anonymous said...

nou wat nou waars die adresse en telefoon nommers hmmmmmmmm nee jong eerder ni weet nooit wie inlog ha ha...... nou ja dis amper tyd om te groet en huis toe te gaan moet maar n anner manier kry om dit by jou te kry he he.... ta ta HBK

Anonymous said...

Hi almal,

Zel-la, my man was ook paar maande in Ghana. Daar was mans daar wat ook te gretig was om die donker Afrika te ontdek. En dit nie na 3 maande nie, maar sommer van die word go af! Wat my die meeste grief is dat die arme vrou by die huis niks weet nie!!! Wat as hy siektes oordra? Nee wat...(skies vir die comment) Hulle het hande gekry.....

Dit is moewiese skok die mondigwording issue. Wat maak mens nou vir 'n 21st?? Veral as die 18 al verby is??...ai toggie

Groetnis

Sonneblom