
Dwelms en drank is 'n geweldige probleem nie net in Suid-Afrika nie, maar in die wereld en ek kan nie help om te wonder wat is bekendes soos Lindsey Lohan en Britney Sprears se aandeel in die wereldwye probleem nie.
Die voorbeeld wat deur mense soos Lohan aan die jeug gestel word is skokkend en hoe gouer 'n voorbeeld van hierdie mense gemaak word hoe beter....
Lohan is pas uit rehab en is gister weer gevang vir dronkbestuur en met Coke aan haar.
Dis tyd dat hierdie mense 'n voorbeeld van gemaak word sodat die res van die wereld kan sien wat is die gevolg van dwelms.
Ek hoop Lohan word meer gestraf as haar maatjie Paris Hilton wat vir 'n soortgelyke oortreding 30 dae gekry het en toe weer vrygelaat is na skaars twee weke, die Amerikaanse regstelsel begin vir my al hoe meer verdag lyk en dit smaak my hoe bekender jy is en hoe meer geld jy het hoe meer kan jy die stelsel manipuleer.
Robert McBride se gewildheid hier in die Oos Rand is daarmee heen en munisipale werkers dreig om te staak as hy nie more geskors word nie.
Sowat tien duisend Oosrandse lede van die munisipale vakbond Samwu dreig glo om te staak tensy die hoof van Ekurhuleni se metropolisiediens, Robert McBride, geskors word. Samwu kla dat metropolisielede wat griewe teen McBride het, summier geskors is, terwyl McBride toegelaat word om by die huis te bly en sy privaatsake uit te sorteer nadat hy aangekla is van dronkbestuur. Beeld berig dat Samwu se woordvoerder, Koena Ramotlou, waarsku dat stakende lede die metroraad heeltemal sal verlam as McBride nie geskors word nie.
Net nog vinnig iets oor die Fanus aand van Maandagaand. Ek het gister al so baie daarvan vertel wil net weer 'n keer se oom Fanus is nog so skerp soos 'n skeermeslemmetjie, ander ouens wat die moeite werd was, was Leon Schuster, Matthys Roets en Sonja en Carike, hoe kry hierdie twee girls dit reg om nog steeds so stunning te lyk op hulle ouderdom!
Gister toevallig in 'n klerewinkel besig om te kyk na skoene, ek het 'n ding oor skoene!
Terwyl ek so rondstaan hoor ek 'n bekende wysie speel op die radio, sonder dat ek dit weet neurie ek saam want ek ken die liedjie, ek is per slot van sake 'n radio omroeper dis my werk, net een probleem ek ken die liedjie in Afrikaans en die woorde wat ek op die radio hoor is in Engels....Wetterse Amerikaaners, dink ek onmiddelik steel hulle ons musiek ......wag 'n bietjie waar sal hulle nou ons musiek steel.....wat gaan hier aan wie steel wat by wie...
Ek is moeg en siek en sat vir onoorspronklike Afrikaanse musiek en Afrikaanse sangers wat Engelse songs wat en net doodeenvoudig Afrikaanse woorde skryf vir Engelse songs...
WAT HET GEWORD VAN KOPIEREG???!!!!!
Ek is gatvol vir sulke musiek en sulke kunstenaars! Dit maak 'n bespotting van Afrikaans en Afrikaaanse musiek, geen wonder Engelse mense en kunstenaars kyk af op Afrikaanse musiek nie.
As niemand niks doen nie gaan ons een van die dae iets he soos "liefde in 'n bloupilletjie" op die wysie van Marvyn Gaye se Sexual Healing, help my om hierdie kunstenaars te ontbloot en die toekoms van oorspronklike Afrikaanse musiek te verseker!
Later
Wimpie!





41 comments:
Wimpie ek stem saam dit maak my ook die moer in!
Dis ons eie skuld ons koop die k@k.
Ek sien 'n paar van jou girls is kwaad vir my oor gister se comment, kan nie wag dat jy instem vir 'n lekker bottel rooiwyn nie.
Laat weet maar!
Wimpie ek het onlangs Sonja se boek gelees (Meisie van Nigel) en sy skryf daarin dat sy een oggend (nie te lank terug nie) wakker geword het en besef het dat sy ouer lyk en vir haarself sleg lyk toe gaan sy vir n face lift. Sy is n voorstaander vir botox en dinge! So dis hoe sy dit regkry om nog so goed te lyk! En ek is seker dat Carike ook seker al was vir so iets!
Ek sien nie regtig iets fout daarmee nie. As jy kan bekostig om langer jonk en mooi te lyk, go for it!
My man gaan beslis vir n tummy-tuck en tieties betaal sodra ons klaar kinders het en doodseker is ons soek nie nog nie. Ek soek alles weer mooi in plek en styw en mooi soos voorheen!
Z!
Wie gaan nou sukkel om geld te maak as jy dit op so 'n manier ook kan doen. Dit is mos easy money en die publiek val daarvoor, solank as wat dit gebeur gaan sulke ouens mos nie die moeite doen om oorsponklike goed te probeer skryf nie. Hy hoef nie eers behoorlik te dink nie sit net met 'n tweetalige woordeboek langs jou en whala daar het jy 'n "nuwe" liedjie in Arikaans, hulle gebruik ook seker al die "ouer" liedjies sodat jong mense van vandag dit nie so maklik herken nie ... maar nie almal is so naief nie!!! Dit is eintlik onregverdig teenoor die kunstenaars wat wel hulle g@tte afwerk om oorspronklike lirieke te skryf en daarmee 'n sukses te behaal.
Sê maar net!
C!
PS aan die Hot Poppie van gister: Ek raak nie kwaad oor onbenullighede nie !!
Jy bedoel seker Dom Poppie, c?
RACHAEL
En Dom Poppie... as Wimpie nou nog nie iets gese het nie, dan wil hy seker nie!!
Vang die skimp!
PDP
C! dis seker nou weer een van daardie "girls" wat hoop om die blog aan die gang te kry met haar simpel op en aanmerkings elke oggend vroeg!
En dis nie n Dom Pop nie, dis net n effe swaerder pop as die een wat mos nou saam hom by die Fanus aand was! Seker dan net effe geset of so, mens weet nooit.
Z!
C! dis seker nou weer een van daardie "girls" wat hoop om die blog aan die gang te kry met haar simpel op en aanmerkings elke oggend vroeg!
En dis nie n Dom Pop nie, dis net n effe swaerder pop as die een wat mos nou saam hom by die Fanus aand was! Seker dan net effe geset of so, mens weet nooit.
Z!
mmmm ja nou toe dan, shoe nice om te weet ek kan nog op my ouderdom die girls opwen! onthou girls ek is al amper 35 ; )!
Toe toe toe Wimpie, ons lees almal lank genoeg die blog om te weet dat jy in September die groot vier nul word!
So jy is amper 39, klink effe beter!
Z!
Ouderdom is 'n manier om te bewys.............. ag bogger dit, 40 is alles in die mind, voel anyway nie 40 nie, wil in alle geval sien watter laaitie van 20 kan nog saam my party!
z ek stem, het self vir my 'n afspraak gemaak om uit te vind oor facelifts ens.
Is ons aan vir die bottel rooiwyn...en wat nog, Wimpie???
Bewys almal verkeerd, toe!
uhmmm nee dink ek gaan uitsit op die een....ek drink anyway nie eintlik rooiwyn nie!
aaaaaaggggg neeeeeeeee, neef dink weer oor die facelift ding......... Die girls baklei alklaar oor jou nes jy is......
Spookie
ps. Ek kan in die oggende nie wag om jou blog te lees nie, dit gee my krag vir elke dag
dankie spook
facelift ek oorweeg bietjie lipo ook!
Ja nee ek sien niks verkeerd met n facelift, tummy-tuck, splinternuwe stywe tieties, n mooi reguit crinckle-free nek en dies meer wanneer dit nodig is nie. Ek sien nie die punt in oud en verrimpeld wees as ek mooi en styw en als kan wees en bly nie! Kyk ek wil nou nie op 60 of 70 soos n 24 year old lyk nie, maar om nog op 50 goed te lyk en als (met n bietjie help) is niks mee fout nie!
Z!
styF....skies, spelfout!
Z!
By the way, ek is nou eers 25 en het nog nie die bogenoemde nodig nie, maar wanneer gravity begin oorvat en onnodige dinge begin hang en sak en op-krummel is ek eerste by die dokter vir n konsultasie... :-)
Z!
My blikskottel, dis mos nie 'n skande om oud te wees nie. Soos wat hulle in SA moor, sal dit een van die dae 'n statussimbool wees om oud te wees!
Niks so lelik soos 'n ou antie wat so styfgetrek is dat sy nie meer kan smile nie!
Ek hou van ou tannies wat bietjie mollig is, vol lagplooitjies en met hangboobies.
Laat die messe maar lekker in Hollywood, tussen al die plêstiekmense bly...
hmmm ja z ek stem sorry machiel ek is een van die ouens wat ok ma altyd wil jonk bly, ouderdom sal my nie sommer vang nie...
Machiel, niemand het gese dat mens so styf soos n honeymoon toet-toet moet wees as jy die dag 65 slaan nie, maar eerlik nou, lyk Sonja Haroldt vir jou plastiek? Defnitief nie! So dit is weereens tot watse graad van ontrimpeling en lipo en botox en lifting en what what jy gaan wat die verskil maak!
En eerlik waar, bietjie mollig is eending, bietjie lagplooitjies is n ander, maar hangboobies, nee goeiste, wie wil nou hulle boobs blaai soos n boek om dit te was en droog te maak. Dalk is dit vir jou mooi maar ek kan jou belowe dat meeste vroue anders voel...
Z!
En Machiel, jy mis die punt my skat! Dit gaan nie oor oud wees nie. Dis nie n skande om 50 te wees nie. Maar niemand het gese dat jy soos n baba Sharpei hondjie moet lyk op 50 oor ons slegte droe lug het en besoedeling en verkeerde kos en dinge soos dit nie! IF NOT, WHY NOT!
Elkeen is geregtig op sy EIE opinie! Party mense dink oud word en hang tieties en plooie en rolle en velle en vals tande en als is aanvaarbaar, maar vir die van ons wat graag wil mooi en aantreklik wil bly, let it be!
LP
Dink jy nie die antwoord op jou meningspeiling vandag is bietjie obvious nie? Ek bedoel, dis nou soos om te vra of die Pous Katoliek is.
Wimpie se eers gou gou vir ons hoekom het jy jou blog verander vandag? Ek is terleurgesteld in die feit dat jy toelaat dat andere jou opinie wegvat van jou af - dis jou blog en niemand of niks moet dit beinvloed nie!
A
politiek, ploitiek, politiek........
Is ek blonde of iets, want ek weet nou nie wat het verander aan die blog nie?
liefde in 'n blou pilletjie....jy is fkn snaaks!
ag hierri girls wat so orig is kry n lewe.... wimpie het n girl en vir die eerste keer in n lang n ordentlike een sy pas moerse kwaai by hom......... so los hom uit..................
mag nie se nie sorry dis hoekom ek dit verander het!
Wimpie het eers gese: Nicholas Louw piepie my af en daar was 'n foto van hom. Nou is dit weg en sy opskrif is Lindsay Lohan en ander stories.
Ja lyk my jy is blonde!!
hahaha
hehehe ek lag ma in my mou ; )
Ja nee, shit, ek is defnitief n helse undercover blonde! Maar nou moet ek se, ek lees net eenmaal n dag wat Wimpie geskryf het en dan kom ek kort kort na die comments toe. Ek lees nie dieselfde goed oor en oor nie. So ek is darem nie te dof nie, net bietjie minder oplettend as die res...haha.
Moenie terug trek oor wat jy gese het nie, ons staan agter jou
Pieter
ek trek nie terug nie pieter kom ons se ma ek is diplomaties!
Diplomasie is nie waaroor die blog gaan nie ne? Pieter
jy's reg pieter kom ons se dan ma ek is vrywillig verplig tot na die show volgende maand
later julle almal, lekker slaap en moenie te stout wees nie hehehe!
Dankie Wimpie
Pieter
Dankie vir die link op jou site boeta,Springs Round Table waardeer dit.
WEL WEL EK KYK NOU SO NA KWELA FANUS SE HULDIGINGSAAND, EK SIEN OU ANTON GOOSEN IS DEESDAE `N RASTAFARIER.MAAR OM TERUG TE KOM NA DIE PUNT JA NA AL DIE TUMMY-TUKING EN FACE LIFTS SIT DIE MOOI TIETIES SE TEPELS SEKER NET NET ONDER DIE KRAAG.
Post a Comment