Thursday, July 12, 2007

Simpatie, bomplanters, mugabe en n van der merwegrap!



Vergun my 'n oomblik vanoggend om my diepste meegevoel en innige simpatie te betuig aan die familie en vriende van Bill Flynn wat gister aan 'n hartaanval oorlede is.
Dis 'n ou cliche om te se hy was 'n nice ou en die bedryf is soveel armer sonder hom, maar ek het die voorreg gehad om twee keer saam met hom te werk by Caesars Gauteng en wanneer mense se hy was die niceste ou in die bedryf in Suid-Afrika, dan oordryf hulle nie....
Dit was werklik net 'n plesier om saam hom te werk en hy was een van daai mense wat net van nature snaaks was sonder om hard te probeer om snaaks te wees.
Die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf is armer sonder hom..........en Suid-Afrika is vandag bietjie minder snaaks....

Met die aanstelling van Robert McBride destyds as hoof van die Ekurhuleni Metro Polisie is daar gesinspeel daarop dat hy bande met die onderwereld het en by 'n beweerde wapensmokkeltransaksie betrokke was, dit natuurlik behalwe vir die feit dat hy 'n bomplanter was en tronkstraf uitgedien het.

Gister is 'n interdik teen hom toegestaan wat hom verhinder om die beamptes te dreig en intimideer wat getuienis teen hom gaan lewer oor sy beweerde dronkbestuur saak.
Dit is die bekende feite in die saak, ek twyfel nie vir 'n oomblik dat daar nog baie ,meer is wat sal uitkom nie, maar ons sal geduldig moet wag daarvoor.
Net een vraag, wie in Ekurhuleni was verantwoordelik vir die aanstelling van McBride in die eerste plek en wat was McBride se kwalifikasies om in die pos aangestel te word en meer belangrik watse stappe gaan geneem word teen wie ever hom aangestel het, sou McBride in 'n hof skuldig bevind word....die aanklag teen die persoon of persone wat hom aangestel het....mors van die belastingbetaler (jou en my) geld en tyd!
Ek het nou die aand gesien hoe die gesoute joernalis Debbra Patta McBride op 3rd Degree laat kleitrap en die indruk van McBride wat ek gekry het was die van 'n man so skuldig soos more die heeldag.....die sepie duur voort.
Mugabewe, oftewel Zimbabwe is nou so naby aan 'n totale ineenstorting dit is ongelooflik, supermarkte is dolleeg en basiese voedsel is volgens gerugte onbekombaar...


Totale ineenstorting is Zim se voorland en dit is nader as wat die meeste mense dink, slagpale is verbied om verder te slag en ondernemings word gedwing om alles teen die helfte van die prys te verkoop, mense staan 'n lang toue om selfs skoene te koop, en steeds is die stilswye oordonderend uit Pretoria...
Die Westelike Provinsie, wat eens die trots van die land was, is in ‘n jammerlike toestand. In die jongste verwikkeling is die afrigter, Kobus van der Merwe, en sy adjunk, Jerome Paarwater, in die pad gesteek.

Die WP Rugby-Unie het gisteraand hul ontslag bevestig. Gary Gold en Nazeem Adams sal vir die res van die Curriebeker-seisoen die span afrig. Dankie tog vir daai stukkie goeie nuus om mee af te sluit vanoggend, as 'n ondersteuner van WP rugby is ek bly om te se dis nie ' 'van der Merwe' grappie nie!
Later
Wimpie

7 comments:

Christi said...

More almal

Anonymous said...

Hi Wimpie,

Ek moet se, ek weet ook nie hoekom die hele wereld sluimer en slaap oor Zim nie. So ruk gelede in die Beeld gelees dit kos 'n gesin van 6 R159 000 om te lewe elke maand! En hulle begin om mense te betaal met kruideniersware. Dis erg, en ek kan nie glo dit gebeur reg op ons voorstoep nie.
Mooi bly

Anonymous said...

Ek sit baie en dink en dan wonder ek hoe lank alles nog sal kan aanhou die manier en trant wat dit op die oomblik aangaan, soos in Zim! Laat daar niks aan gedoen word nie gaan my klein verstand te bowe...regtig waar!
Ek meen in laas week se koerant of iets was daar die artikel oor die ou wat in Zim n kar gekoop het vir R16 Biljoen. Dis pateties! Ek meen is daar dan regtig niks wat enige iemand kan doen om te help nie!
Ek is dan natuurlik by dit ook heilig oortuig dat SA se misdaad syfer iets te doen het met Zim se dinge. Is dit dan nie voor die handliggend dat mense van Zim af hierna toe sal vlug nie...? Wonder sommer net!

Z!

Anonymous said...

More Almal, Ek was so ruk gelede op vakansie in Zim (bietjie meer as 'n jaar) ons het in 'n fantastiese Hotel gewoon "Elephant Hills" diens was puik, helikopter ritte en "elephant back safaris" ens. Ons het die beste disse geniet!! Ons het mark toe gegaan waar die beeldjies ens verkoop word. Die mense wou nie geld he nie maar klere, skoene, kos enigiets wat jy by jou het. Dit laat jou dink .......

Anonymous said...

more almal en monique daar ver hehe... ja nee sommer vroeg de toet toet in al wat mens lees in die koerant is moord,verkragting en dan nie eers te praat van korrupsie ja nee dis n onderwerp op sy eie het nou die aand etv gekyk its shocking...... ag dis amper naweek, ek gaan vandag net mooi niks doen.. ni lus vir werk.... dink dis bietjie party'tjie tyd vannaand... nou ja almal en monique'tjie geniet julle dag tot weer ari wari HBK

Anonymous said...

Ja nee HBK ek voel presies dieselfde na ek vanoggend die Beeld gelees het. Ek probeer dit toe nou doen op my nugter maag met my eerste koppie koffie. Nie moontlik nie! Die goed wat ek lees maar my naar en kwaad en erg opstroppelis! Ek meen dis SIEK verby om vier huise van jou huis af verkrag te word, en die manier wat dit op gedoen is en als. Nee donner...ek weet nie!

Zel!

Anna Marie Budden said...

Wel al wat ek an sĂȘ oor Zim is P A T E T I E S! ! !

Almal praat oor hoe swak dinge daar anderkant is maar niemand doen iets omtrent die ......... Mamparra wat die oorsaak is van die probleme in daai land nie... ek wonder . . . IS HULLE DAN BANG VIR HOM?

Groetnis

Anna Marie