Tuesday, July 3, 2007

Tolpaaie en Hofnar Nqakula!

Baie goed maak my die wetter in, maar die ding wat my die meeste kwaad maak is wanneer ek betaal vir iets wat ek nie kan sien nie.
Vat nou maar tolpaaie, en hier by ons is daar baie, waarom betaal ons ongeveer 52% van die petrolprys aan belastings onder meer om die paaie te onderhou en dan moet ons nog tolgeld ook betaal?
Nou sien ek hulle wil nog meer tolpaaie inbring, cool baie nice se jy, gaan hulle bykomende paaie bou om die druk op die huidige paaie te verlig....ummm nee ons gaan net byvoorbeeld by die besigste wisselaar, Gillooly's, die pad effe verbreed en so aan.
Okay so kom ons verstaan dit mooi, ons gaan bestaande paaie effe verbeter en dan tolhekke daar opsit om die verkeer nog stadiger te maak, en ons motoriste geld vra daarvoor, en al ons belastinggeld gaan gebruik word om verskeie jaarlikse stakings te finansier....dit voel vir my of ek gespyker word...
Ek wonder hoe beplan hulle om die druk op die verkeer te verlig, kan jy jou voorstel ..'n tolhek net voor Gillooly's ek sidder.
Ek tel vanoggend 18 tolhekke op die N17, as jy die hekke wat met kaarte werk uitskakel hoeveel bemande tolhekke dink jy was vanoggend in werking op die N17.....reg geraai twee!
Dit maak my nog ekstra die wetter in, ek voel 'n aar in my kop begin pyn...
Charles Nqakula, die Suid-Afrikaanse minister van veiligheid en sekuriteit - wat 'n joke - maak vandag die jongste misdaadsyfers bekend, ja toema ek wag ook vir die jongste gevleuelde woorde uit die minister se mond, onthou jy nog hierdie woorde toe hy gese het as jy nie happy is met misdaad nie moet jy jou goed vat en waai uit die land uit:



Ek kan nie wag om te hoor watse comedy die minister vandag vir ons gaan opdis nie!
So van misdaad in ons land gesien ek sien misdadigers word al jonger!



Later
Wimpie
ps. vandag se meningspeiling, wat dink jy van tolpaaie?

19 comments:

Zel-la said...

Mens probeer nie swartgallig word of wees nie en om altyd maar eerder die positief te sien as die negatief, maar ek is bevrees daar gaan binnekort baie min positief oor wees om oor opgewonde te raak in Suid Afrika!

Wimpie van der Sandt said...

net die feite dis al....as mens swartgallig raak is dit nog altyd net die feite!

Anonymous said...

goeiemore bloggers ja nee dis seka die toet toet dag van die week reg in die middel... en lekka koud het omtrent heelnag gewerk ai tog... en al klaar weer terug op my pos... wim seun hoe lyk it met n bietjie skaapvleis,pap, en sous moenie worry ons sal vir jou n mes en vurk gee he he....... dink dis tyd vir firkin vanaand die van julle wat wil kom hou op dreig en kom....... tot later ari wari HBK

Wimpie van der Sandt said...

HBK jy is weer snaaks vanoggend....ek eet nie meer pap nie, dit mors...in elkgeval nie sy lekker soos styf nie...Firkins klink na die jol vanaand, ek speel golf vandag in germiston gaan sommer van daar af, sien jou da!

Zel-la said...

Wimpie, hou op brag op die blog! Van ons werk tot 5... jy weet die normale 8 to 5 tipe dag... :-)

Wimpie van der Sandt said...

dink nie ek sal ooit 8-5 kan werk nie, maar sterkte

Anonymous said...

o toet toet ja nee as jy golf speel sal ek maar n mes en vurk inpak vooraf die vleis in blokkies sny.......... nou ja tjopper enjoy......... more zel-la...... as monique op kom more vir jou ook........HBK

Zel-la said...

Wimpie dis nogals snaaks wat mens vir geld sal doen he :-) Ek is glad nie n morning person nie, so as jy die hele Oos Rand in n k@k bui soek, sit my op die breakfast show... Jy het nog nie n hele nasie morbied en bedruk gesien tot ek hulle in die oggend moet besig hou vir n paar ure nie... hehe

More HBK! O ja, ek het gistermiddag toe nou n punt daarvan gemaak om jou show te luister, aangesien ek nog nooit het nie. Wou net hoor of jy n mooi stem het soos Neville :-)

Zel-la said...

Jy weet, ek sit toe nou en wonder! Die storie met die 18 en 21 mondigwording. Gaan mens nou twee mondigwordings hou? Ek weet ek het behoorlik gedroom oor my 21st van die dag wat ek uit die skool uit is! Gaan jy nou sommer in matriek n moerse makietie hou en dan weer as jy 21 is? Iewers gaan iemand of iets heavy geld maak of erg verloor! Gaan Cardies nou net soveel 18th goed moet aanhou soos 21st goed?

monique said...

More almal. More vir jou ook HBK.
Gelukkig is ek 'n 8-4 girl. Dit maak nogal 'n groot verskil.
Ja nee ek weet darem nie. Ek ry deur Gillooly's en ek dink 'n tolhek gaan groter gemors afgee.
Vanaand jol ons weer in Pretorie, so Firkins is uit vir ons

Anonymous said...

more monique o so jy is pta jollertjie he he ...... ja nee ek dink ook ek gaan nie firkin toe gaan bietjie iewers anners....... en toe zel-la het jy die radio afgesit g.aand? ai ai die gaan n lang dag wees vir my..... HBK

Zel-la said...

Nee HBK... :-) Ek het toe maar geluister al verveel sport my erg as ek na dit moet luister, of dit nou n rugby game of kommentaar is! Ek soek die aksie, wil dit kyk, daar wees! Veral by Loftus, as als blou is..hehe!

monique said...

Net so nou en dan HBK. Die mense daar is nogal baie interresant.
Hoe laat is jou sport op, ek wil ook hoor hoe klink jy

Anonymous said...

o ok zel-la so ek neem aan jy is blou bul ? monique was g.aand op jong........ ja nee ek dink ook dis tyd dat ek by nuwe plek begin kuier.... maar ja dink ek gaan vannaand n skip gee gaan myself vat vir n lekka ete en dan gaan ek shrek3 kyk...... HBK

monique said...

Dis baie oulik. Eks nie 'n blou bul nie, maar my pelle reken die klomp blou bulle kuier al te lekker.
S//t dan het ek dit gemis...

Anonymous said...

hi monique so wie support jy in die rugby? HBK

Anonymous said...

hallo waars julle hmmmm??????????

monique said...

Ek is maar 'n WP Girl/ EN jy HBK.
hIER IS EK

Anonymous said...

Nqakula sal 'n verleentheid wees vir enige regering. Die verskil is dat hy in SA sy pos behou...