Glo jy ook daaraan dat sekere goed in jou lewe gebeur om jou in 'n sekere rigting in te druk wat moontlik die paadjie is wat jou lewe moet volg, soos wat vir jou bepaal is vooruit?
Ek weet nie of ek glo aan die storie van jou lewe is vooruit vir jou bepaal nie want ek dink die dan sou mens iets soos 'n vrye wil gehad het nie.
Elke dan en wan gebeur iets wat my egter laat dink my manier van dink is verkeerd.
Laat ek verduidelik, laas maand kry ek 'n oproep wat my hele loopbaan kan verander en of heeltemaal my loopbaan in 'n ander liga kan plaas, tipies mens is ek oorversigtig en weet nie lekker wat om te doen nie, laat ek eerlik wees en weet nou nog nie wat om te doen nie, hoekom vertel ek julle ek weet nie ek dink ek wil net iemand vertel en ek weet nie wie om mee te praat nie, maak dit sin? Ek weet nie maar ek voel beter anyway.
Gaan google op die internet, what's in a name dan kyk jy wat beteken Tshwane, as jy my nie glo nie dit beteken letterlik, klein aap....wat natuurlik, goeie nuus is vir die voorstanders van Pretoria se naamsverandering, die Apiesrivier kan net heel eenvoudig varander na die Tshwanerivier...
Kaartjies vir 2010 se Wêreldbeker-sokkertoernooi gaan stede se ou én nuwe name op hê. Die organiseerders sê dit sal die land se ontwikkeling weerspieël sonder om besoekers te verwar. Die voorsitter van die organiseringskomitee, Irvin Khoza, het op ‘n nuuskonferensie gesê Fifa beskou die besluit as ‘n redelike oplossing wanneer die hervorming in die land in ag geneem word.
Padtekens sal ook internasionaal-bekende name bevat om dit makliker te maak vir besoekers omdat baie kaarte en gidsboeke nog die ou name bevat.
Hoe ver moet ons nog gaan om simpel naamsveranderinge tegemoed te kom, ek kan sien my GPS is binne die volgende 6 maande heeltemal outdated met die nuwe plekname wat oral uitgedink word...
Die groot debat rondom transformasie in Suid-Afrikaanse sport het toe gister plaasgevind op my show en ek dink ek is heel tevrede met hoe die debat verloop het.
Johann Kruger van Gauteng Oos het moedig probeer om sekere goed te verduidelik, jammer Johann jy het nog steeds nie aan my verduidelik hoe julle huidige stelsel regverdig is wanneer 'n wit swemmer by die huis moet sit al breek hy die wereldrekord vir die 100m vryslag, net omdat daar net soveel wit swemmers in die span mag wees nie!
Dit daar gelaat ek was bietjie teleurgesteld om te sien dat Johann ook die ou kaart gespeel het wat al die voorstanders van die huidige regering speel wanneer jy van hulle verskil....as jy van ons verskil is jy 'n rassis....nee Johann ek was teleurgestel met daai poging, dis die wonderlike ding van demokrasie jy MAG van die regering en hulle beleid verskil, daar is baie goed waarmee ek saam met die regering stem, maak dit my dan 'n kommunis....ek dink nie so nie!
Hier is nog een wat Johann nie kon antwoord nie:
Die Olimpiese Handves (4 Julie 2003) van die
Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) stip duidelik in Artikel 2(10) aan dat
die IOK gekant is teen "enige politiese . misbruik van sport en atlete". Dié
handves bepaal ook in Artikel 3(2) dat "enige vorm van diskriminasie . op grond
van ras, . onversoenbaar met lidmaatskap van die Olimpiese Beweging is".
Nou ja ek kan seker nog aangaan vandag maar ek dink daar is genoeg gese vir een dag, more is vrouedag en dit gaan NIE daaroor dat vrouens bederf moet word soos op moedersdag nie, dit gaan oor 'n klomp vrouens wat een keer betoog het en gemars het teen die wetgewing van pasboeke, wed jou min van julle het dit geweet, jammer girls daar bars ek julle bubble vir die dag!
Ek is vanaand by Firkins in Boksburg, om Theuns Jordaan te gaan sien en dan het ek more 'n welverdiende ruskansie, danksy voice tracking sal jy nog mou ou stemmetjie op die wireless kan hoor!
Later
Wimpie
Ps: Etenstyd in Zimbabwe lyk blykbaar so iets!

12 comments:
Wimpie,
Ek stem 100% saam met jou ! Jy is beslis nie 'n kommunis maar regverdig. Dit is sommer stront dat alles net verander en niks word daaraan gedoen nie. Hulle se net 'n klein klompie mense kan 'n verskil maak - miskien moet ons begin saamstaan en ten minste probeer om 'n verskil te maak. Ek dink ons aanvaar te maklik of vlug te maklik uit die land wat ons sn is ! Tyd om op te staan !!
transformasie in sport-dekades bou ons voorgangers aan ons sport hetsy dis rugby,krieket,atletiek ens en nou wil een of ander clown en sy brigade as kom op#$%^*& nee man genoeg is genoeg tyd dat ons saam staan.... hulle krap nie aan sokker hukom??? geen brandstof,en to top it all geen krag in sekere dele van die oos rand g.aand nee man genoeg is genoeg ek se welcome to zimbabwe..... nou ja genoeg gese ja nee ek gaan ook vanaand bietjie die soos bloed man kyk niemand anders as Theuns Jordaan by Firkin.... Theuns ou maat ek hoop jy bring jy n generator saam welcome to the east rand... sien julle daar.lekka dag vir almal en al die vroue geniet more julle daggie hoor... tot weer H
Hallo Neef!
Goed, waar om te begin? Ek stem!!! Die verandering van plek name is onnosel, kyk ek verstaan as hulle die name van plekke verander wat vernoem is na die lot wat verantwoordelik is vir die hele apartyds storie maar hulle gaan nou oorboord!
Kan hulle nie die gerld wat hulle so lekker mors op die snert beter gebruik om die gene wat nog in die donker eeue leef wat HIV en Vigs betref beter in te lig nie? Soos almal weet is daar duisende wat nog glo dat as jy omgang het met 'n maagd, swangervrou of 'n vrou wat haar maandstonde het dat jy genees sal wees van die siekte, onnosel ek weet maar dit is daar buite!
Kyk moet my nie verkeerd verstaan nie ek verstaan dat die rede vir baie van die ongeletterdheid in ons land is oor apartheid ens.... maar jitte die pampoene wat daar in hul groot kantore sit en simpel plekname, straatname ens uitdink is mos gemaklik en gee nie 'n dooie duit om vir die gepeupel hier onder op ons vlak nie...behalwe as verkiessings tyd kom!!!!
Ja dan is almal belangrik en almal se opinies word dan gevra maar as dit kom om die dinge aan die rol te sit na die tyd gaan hulle net terug na hul enorme huise warm kantore en verander maar net weer in pampoene wat stof vergader!!!
Die Presedent is oor almal behalwe die mense van sy- (ons)-land bekommerd en is meer in die buiteland as hier op eie bodem!!!
Ek sê na die duiwel met ander lande ruk eers ons land reg en dan kan mens begin worry oor ander lande!
Spookie
More Wimpers
Eks te blond om te comment vandag...ek los maar die politiek vir jou.
Wou net se hava gr8 day!
Hi Wimpie,
Ek gaan later kommetaar lewer. Wil net by jou hoor, ek gaan die naweek Brits toe en moontlik Vrydag na Pretoria. Vertel my, op watter sender kan ek na jou luister, as ek in daardie omgewing is?
groete
Eben
eben as jy more so tussen 6 en 9 in die oggnd luister na 93.9fm sal jy my hoor, dis vakansiedag maar my show is opgeneem soek is daar al is ek nie!
jy kan natuurlik enigtydop die internet luister as jy op die link links bo in my blog klik!
Wimpie
Weet jy dat jy is die "Master of your own destiny"!! So of iemand dit vir jou makliker maak om te gaan of te bly - op die einde van die dag is dit steeds jou besluit!
So gaan sit en dink wat wil Wimpie he.... as dit die geleentheid is - so be it! Moenie dit op andere sit behalwe jouself om die besluit te neem nie - al maak hulle dit vir jou makliker.
Dit kon inelkgeval nie veel beteken het vir jou as jy net kan wegstap nie.
Oppas jou wipers - dit kom jou dalk duur te staan.....
Hi Wimpie
Onthou altyd die lewe is wat jy self daarvan maak. Baie van ons kom nêrens want ons is te bank om 'n kans te vat. Kyk na die voordele en nadele voor jy besluit maar, as dit vir jou en jou kinders 'n beter toekoms kan verseker "go for it"
Liefde
Ina
Die ewige 'comfort zone' waarin ons leef, laat mens baie keer geleenthede laat verbygaan, uit pure versigtigheid! 'n goeie motto is : "I don't wanna die, not trying!!" Menende mens moet nie aan die einde van jou lewe sê maar ek het nog niks probeer nie, ek was te bang. Ek het ook al gewonder of dit waar is dat mens se paadjie heeltemal vir jou uitgelê is ! Ek dink hy is uitgelê maar met keuses waaroor net jy kan besluit en dan moet jy daarmee "deal" As kind het ek boeke gelees wat onder aan elke bladsy twee keuses vir mens gehad het, by elke keuse is daar 'n ander bladsy waarnatoe jy moet blaai. so verander dit die storie maar die einde is dieselfde, die paadjie soontoe is net anders. Is dit nie maar met die lewe ook so nie? soms is dit ook in 'n mens se geaardheid om nie kanse te vat nie, dit is waar ek inkom, alewige versigtige ene! net soms verwyt ek myself daaroor, maar in wese is ek tog gelukkig!
C!
Hi Wimpie
Ja ek stem saam met jou die lewe gaan oor besluite wat mens neem.Mense kan my kwalik neem, maar ek glo nie Die Skepper het ons lot vooruitbeplan nie, nee Hy weet wel alles vooruit en is alwetend.Maar ons moet keuses maak in ons lewens en ons kan Hom vra vir leiding of rigtingwysing.
As ons lewens vooruit beplan is is ons manupulerende puppets en robots wat deur iemand beheer word.Nee ons maak die regte of verkeerde besluite.
So Wimpie its all up to you!!!En dankie vir die een van vrouedag.
Lekker naweek almal.
Wimpie,
Die essensie van my argument het, of wil jy nie hoor nie.
Ek staan transformasie in sport voor vir die volgende redes:
1. In 'n sport soos Rugby beteken dit dat ons 4 keer maar mense kan hê om van te kies.
2. Deur meer mense by sport te betrek, kan ons gesonder leef en die jeug weghou van misdaad en werk skep.
3. Deur sport uit te brei na mense wat nou of voorheen nie geleentheid gehad het nie, leer ons mekaar beter ken en kan ons sommige van die wanopvattings wat daar is oorbrug.
Wat betref jou argument dat 'n swart swemmer my kind se plek vat: in span sport beteken transformasie dat daar meer mense kompeteer vir dieselfde getal plekke. In beginsel moet dit oor die lang termyn ons spanne verbeter.
In indiwiduele sport soos swem beteken transformasie dat ons meer swemmers het wat kwalifiseer (anders kan hulle nie internasionaal deelneem nie) en dus word ons span groter wat ons meer kompeterend maak teenoor die res van die wereld. Onthou, as jy in swem of atletiek 'n medalje wil wen moet jy die beste in die wereld wees. Ekstra kompetisie agv transformasie tuis is dus 'n voordeel ook vir die wit atleet en enigeen wat daaroor kla wil net op 'n maklike manier in 'n span kom. (Dit het ek ook al gesien, mense wat van sportsoort verander na 'n kleiner sportkode waar dit makliker is om 'n provinsiale of nasionale span te haal.)
Wat betref die Olimpiese kode wat rasinmenging verbied. Ek het jou gesê dis 'n saak wat SASCOC en die regering moet hanteer. Wat my betref is daar 'n verskil tussen mense uitsluit op grond van ras, en meer geleenthede bied dat almal kan deelneem - wat die kern doelwit van transformasie in sport is.
Johann het nou net eers jou comment gesien....ek sal breedvoerig antwoord in 'n inskrywing wat ek oor die naweek sal doen....flippen vakansiedae!
Post a Comment