Nou ja ek was nog nooit bekend as 'n banggat nie!


Reputasies aan skerwe en leuens het 'n manier om uit te kom...
Die groot nuus van die naweek is sekerlik die bekgeveg tussen die Sunday Times en die minister van gesondheid en bewerings van diefstal, kurrupsie en bedrog teen die minister, kan jy vir een oomblik dink dat so iets in Amerika aan die lig moet kom, die media sal soos 'n pak bloedhonde op die saak wees en sy sal ten minste geskors wees binne 24 uur.
Ek het verlede week hier berig dat president Mbeki te vinnig die lojaliteitskaart gespeel het met Msimang en ek se dit vandag weer, die president gaan sy vingers verbrand met sy onverdiende lojaliteit teenoor mense wat vir hom 'n verleentheid raak soos Msimang, Mugabe en kie...
"Pres. Thabo Mbeki sal slegs ’n ondersoek na dr. Manto Tshaba lala-Msimang begin as stawende bewyse aan hom voorgelê word.
Mnr. Mukoni Ratshitanga, Mbeki se woordvoerder, het berigte gister in die Sunday Times dat die minister van gesondheid in die jare 70 aan diefstal in Botswana skuldig bevind is, dat oormatige alkoholgebruik die rede vir haar leweroorplanting in Maart was én dat sy steeds drink, as “blote bewerings” afgemaak.
“Die koerant maak sekere stellings, maar dit is nog nie bewys nie. Geen ondersoek word tans beplan nie,” het hy met verwysing na haar beweerde skuldigbevinding in Botswana gesê.
Die minister is glo betrap nadat sy ’n pasiënt se horlosie gesteel en daarmee aan haar arm werk toe gekom het. Sy was mediese superintendent van die Athlone-hospitaal in Lobatse tussen 1973 en 1976.
Sy is ná haar beweerde skuldigbevinding glo afgedank, uit die land geskop en vir tien jaar verban nadat sy tot “verbode immigrant” verklaar is.
“Daar word al jare agter die skerms gepraat daaroor . . . sommige senior ANC-amptenare verag haar, maar daar is niks wat hulle kan doen nie,” het iemand wat nou saam met amptenare in die departement werk, gister aan Beeld gesê.
Tshabalala-Msimang se kantoor het gister in ’n verklaring gesê die bewerings in die berig is “vals, bespiegelend en bisar”.
Waar daar 'n rokie trek.....

Wat my naweek aanbetref was dit actually 'n luilekker ontspannende affere, ek het so bietjie Saterdag by my broer in Harties gaan kuier en mense se nog steeds ons lyk soos 'n tweeling al is daar vyf jaar verskil tussen ons, hier is 'n foto so besluit vir jouself, ek persoonlik dink ek is aantrekliker!hehehe.
Gister die voorreg gehad om die heel beste Afrikaanse sanger, en daar is deesdae 'n swetterjoel van hulle, in die land in aksie te sien.
Al hierdie jong mannetjies wat sou dink hulle kan sing moet voor hy 'n rekenaarprogram en 'n mikrofoon aanskaf eers na 'n show van Matthys Roets gaan kyk, hoor hoe klink dit wanneer iemand rerig kan sing, sonder enige backtraks en met net 'kitaar in die hand, voor hulle besluit om 'n sangloopbaan te begin.

Hier is Matthys gister by Stable Inn hier in Springs, ek is nou al geruime tyd op rekord dat ek gese het Matthys is die beste Afrikaanse sanger op hierdie planeet en ek staan daarby, doen jouself 'n guns en gaan kyk na 'n show van die man dan sal jy verstaan wat ek bedoel.
Om kunstenaars soos hy te bevorder is net 'n voorreg vir 'n ou omroepertjie soos ek en dis soos 'n vars briesie om shows soos syne te gaan kyk as jy die hele jaar blootgestel word aan 'n klomp hanswors karaoke sangers wat op en af spring op 'n verhoog.
En om alles te kroon is hy 'n baie nice ou ook, dankie Matthys jy is great en het 'n groot aanhanger hier, laat weet ma ek kan nie help met die singery nie, maar as ek so luister kan ek dalk hetlp met 'n golflessie of twee!!
Dink julle nie die ou lyk soos Bles Bridges se tweeling nie...dis Burt Pretorius van Springs, dog ek sien gister 'n spook, wonder of hy soos Bles kan sing ook?!

Dis my storie vir vandag, wou nog iets se oor Jacques Kallis se weglating en die Zimbabwe verleentheid wat daarmee saamloop maar ek los dit maar vir more!
Later!
Wimpie
18 comments:
Hi Wimpie
Jy reken ne!!
Maak nie saak nie julle is altwee aantreklik en die beste nefies wat mens voor kan vra.
Lief julle baie!!!!!!!
Ina
Tsjabalala Msimang,
Tsjabalala maak my bang!
Stem oor Mathys Roets. Soos ek op my blog gesê het oor sy Vrydag die 13de DVD - hy is dalk beter net met sy kitaar.
Hi Wimpers
Ek sekondeer. Daai man mag maar sing....hy sing mens diep terug in jou siel in!
Jong, jy's vol van jouself vanmore! Vain, vain, vain :)
Lekker dag vir jou, en o, wat ek wou se, een maal 'n spiritsm**t, altyd een... (wetie of ek die maid woord mag spreek hier nie...)
dankie julle
net bly om te sien mense wat hier op my blog kuier is ware musiekkenners!
hierdie email gekry van anton goosen oor my inskrywing van sy show.
dog ek deel dit met hulle:
Heita
Dankie, gelees - dis wow.
Ja nog net eintlik goeie respons gehad litnet rubriek incl steve.
Dankie vir jou bydrae
Dit lyk of vrede in die lug is...
Goed gaan!
A
Moet se -ek dink daai foto is op n "brose" oomblik geneem, en dit was nie my beste "angle" nie want jy kan nie eers my dimpels sien nie(ha ha). Ja , dit was n lekker kuier, maak gou weer so.
thx vir mooi kompliment Ina.
Danie
Hi Wimpie,
Jip, ek gaan ook onoorspronklik wees en saam met jou stem! Ek vrek oor Mathys Roets. DIS hoe Afrikaans gesing moet word!
Ag, en chill, man. Dit was net 'n watch!
dankie vir die waarheid Boendoe!
Hi Wimpie
Wou net sê: Jy moet 'n lekker daggie hê!!!
Groetnis
Spookie
(Anna Marie)
Ag Danie moenie dat Wimpie jou afsit nie - daar is niks verkeerd met jou nie!!
Wimpie plaas die foto dat ons sy gesig ook kan sien - ek is seker jyt nog die ander foto....
A
Ag nee, toemaar A, hy sit my nie af nie, ek ken hom maar so.
Hoop jy onthou om daai ander details vir my te stuur hoor. Is nie vandag by daai e-mail adres nie maar sal more uitkyk.
WIMPIE , EK KAN NIE GLO JYT DAAI ANDER 2 FOTOS VAN JOU OPGESIT NIE
Danie
Hey Danie
Great stuff, Sal dit more vir jou stuur!!
onthou my goed ook!
Lekker dag
A
Oor looks gaan ek nie myself uitlaat nie, ek is eerder een vir girlies....
EN oor ons Minister van Gesondheid!! Whahahaha!!! Dis net genade wat haar in daai joppie hou, al 'n hele paar jaar lank.
Ek is seker Mr Roets kan sing, maar darem so paar ander ouens ook, die "jong klomp kareoke hansworse" is darem bietjie erg gestel of hoe? :D
By the way, sien jou Vrydag.
Hoezit almal
Ek moet se julle klomp op die blog is `n klomp nice mense , amper soos `n lekker familie.
Wel Wimpie, Frans Swart , het jou gedare om die fotos te plaas, maar ek hoor www.uglypeople.com soek nou jou kontak besonderhede.(hehehe)
Mathys Roets, diep sanger en ja een van die land se bestes, hy roer jou siel.
Antjiesomers : jy som dit goed op, ja ek se nog altyd soos jy ,`n spiritsm##d kan nie verander nie, dis soos om `n sekere soort persoon uit die bos te haal, maar jy kan nie die bos uit hom haal nie.
Tsabalala-Msimang is soos ek altyd se van mense wat jy nie kan vertrou nie, sy is `n iNjoga, `n flippen slang en nog glibberig daarby.
Sorry damario, maar ek stem met Wimpie jy kry `n klomp Kareoke Hansworse.
Lekker dag.
Da Mario
Cool stuff sien baie uit na Vrydag, kan persoonlik nie meer wag nie.
Die Brein
Hey ek is lankal op daai website!
Cool meneer van der Sandt! Nou is dit weer SSSB se beurt ek is weer lus en krap hulle gatte die week, wat se julle???
Ek is al jaaaaaaaare 'n fan van Mathys en dink sy stem is FAB! Veral ook in Drie van die Bestes!
Post a Comment