Wednesday, August 1, 2007

Mense en kos!

Nog steeds siek soos 'n hond en lus vir niks nie, veral nie vir werk nie, het gister heeldag in die bed gebly maar ek dink dit het alles net vererger want ek voel vandag nog erger as gister, as dit enigsins moontlik is.
Gister weer besluit ek verstaan nog nie mense nie en dit nadat ek nogals aan myself dink as 'n student van mense en menswees...
Ek is seker dat elkeen van ons meer as een mens in een liggaam huisves, dis al verduideliking wat ek daarvoor het dat iemand een oomblik die vriendelikheid vanself is net om die volgende oomblik te ontaard in iets wat jy nie kan of wil ken nie.
Het dit al met jou gebeur, ken jy sulke mense of is jyself so?
Ek weet nie, ek dink dit vat ongeveer 'n bottel tequila om my so te maak, party mense doen dit sonder enigiets se hulp!

Anyway, hier is die veelbesproke dieet van "die brein":

 NIKS MAG GERUIL WORD VIR IETS ANDERS NIE
 DIT IS NOODSAAKLIK OM BY DIE DIEëT TE HOU

DAG 1 OGGEND
MIDDAG
AAND SWART KOFFIE (SONDER SUIKER & MELK)
2 GEKOOKTE EIERS & SPINASIE MET ‘N BIETJIE SOUT
1 GROOT BIEFSTUK (GEROOSTER) GROEN SLAAI EN ENIGE VRUG

DAG 2 OGGEND
MIDDAG
AAND 1 VOLGRAAN (DROë) BROODROLLETJIE & SWART KOFFIE
1 MEDIUM BIEFSTUK GROEN SLAAI EN ‘N VRUG

GEKOOKTE HAM (SOVEEL JY KAN INKRY)

DAG 3
OGGEND
MIDDAG
AAND
1 VOLGRAAN (DROë) BROODROLLETJIE & SWART KOFFIE
2 GEKOOKTE EIERS, ‘N SLAAI BLAAR EN TAMATIE
GEKOOKTE HAM EN GROEN SLAAI

DAG 4 OGGEND
MIDDAG
AAND 1 VOLGRAAN (DROë) BROODROLLETJIE & SWART KOFFIE
1 GEKOOKTE EIER, GAAR OF ROU WORTEL EN LAEVET KAAS
VARS VRUGTE EN NATUURLIKE YOGHURT


DAG 5
OGGEND
MIDDAG
AAND
GERASPERDE WORTEL MET SUURLEMOEN & SWART KOFFIE
GESTOOMDE VIS EN VARS TAMATIE
1 GROOT GEROOSTERDE BIEFSTUK GROENSLAAI EN ‘N VRUG

DAG 6 OGGEND
MIDDAG
AAND 1 VOLGRAAN (DROë) BROODROLLETJIE & SWART KOFFIE
‘N HALWE GEROOSTERDE HOENDER
2 GEKOOKTE EIERS EN GERASPERDE WORTEL

DAG 7 OGGEND
MIDDAG
AAND TEE MET SUURLEMOEN SONDER MELK EN SUIKER
GEROOSTERDE BIEFSTUK EN ‘N VARS VRUG
GESTOOMDE VIS EN VARS TAMATIE


 HERHAAL HIERDIE DIEëT VIR NOG ‘N WEEK
 GROENSLAAI MEEN DAT ALLE GROENTE WAT AS GROEN GEKLASSIFISEER IS, GEBRUIK KAN WORD (BV. SLAAIBLARE, KOMKOMMER, GROEN UITJIES, SELDERY, GROENBOONTJIES ENS.)
 BAIE WATER.

Daarmee gaan ek 'n bed soek lekker dag vir almal!
Later
Wimpie

30 comments:

Anonymous said...

Nee Wimpie
Nous ek confused. Daar staan "hier is die veelbesproke dieet" en woeps- dan niks. WAAR?

Anonymous said...

Dankie-dis beter het dit nou

Anonymous said...

Brein, baie baie dankie vir die dieet.

Anonymous said...

Kan ek jou kom dokter?

Wimpie van der Sandt said...

ek dink nie 'n gedoktery gaan help nie...; (

Anonymous said...

Ek bedoel regtig dokter, net medisyne gee en vir jou stories lees, en sop aandra ens.

Wimpie van der Sandt said...

ek sal kan doen met dit ja

Anonymous said...

Ek dink jy kort 'n stewige whisky en 'n "see-rower sessie" dit is al wat gewoonlik help vir enige kwale !!

Wimpie van der Sandt said...

'n seerower sessie?

Anonymous said...

Jip 'n see-rower sessie !!

Wimpie van der Sandt said...

kay ek gee op wat is 'n seerower sessie?

Anonymous said...

Voorspel, owerspel en sommer net 'n hewige sessie.......

Wimpie van der Sandt said...

hahaha ek is bevrees ek gaan op die oomblik 'n groot teleurstelling wees op daai gebied!

Anonymous said...

many ways to skin a cat, los die whisky en probeer eerder rooiwyn. Regte persoon en daar behoort nie 'n probleem te wees nie...

Wimpie van der Sandt said...

gaan nie daaroor nie gaan oor ek is so siek soos 'n hond wil net iewers in 'n bed gaan kruip en my kop toetrek vir die res van die week!

Anonymous said...

Glo my dit werk elke keer. Dit is soos 'n boereraad wat oorgedra is van geslag tot geslag. Jy sal beter voel as jy alles uitgeseet het !!!

Anonymous said...

Ek meen uitgesweet het !!

Wimpie van der Sandt said...

ek gaan jou woord vat daarvoor hoor!
Lekker daggie.

Anonymous said...

Selfde daar hoop jy voel gou weer fris en vars... Jy kan altyd die alternatiewe gebruik en gym toe gaan.....om natuurlik alles uit te sweet en od op vitamiene C

Anonymous said...

Brein, verstaan ek die dieet reg.Geen ontbyt om middag ete nie, net aandete?Die gewigsverlies wat mens is is baie volgens jou comment wat jy gelos het.Maar ek dink ek sal morsdood neerslaan as ek net in die aand eet.

antjiesomers said...

Wimpie

Bly jy't kom oge wys by my. Nee wat, eet is te lekker. Was nog nooit op 'n diet nie, sal dooi van lus...

Sjoe, dit klink amper soos 'n Mills&Boon in wording hier by jou! :)

Anonymous said...

Ek wonder of die seerowertjie weet dat jou hart kan gaan staan as jy REGTIG siek is en dan nog boonop oefeninge doen???!! dit geld vir ENIGE OEFENINGE!! Soveel van hardop wees het ek lanklaas gesien!!! Wimpie vat jou tyd en word deeglik gesond en rus goed uit! Ek is seker as jy hulp nodig het weet jy waar om dit te kry.

Blou Bul said...

SHUCKS DIT KLINK LEKKER OP DIE BLOG.AMPER WIL EK OOK SOMER SIEK WORD, VIR `N SEEROWERSESSIE.

NEE ANONYMOUS WIMPIE MOET REGTIG SIEK WEES.HY HET DIT VERKEERD GETIK.DIT IS IN VOLGORDE OGGEND MIDDAG EN AAND.BV.
DAG1:ONTBYT: BITTER SWART KOFFIE, MIDDAGETE:2 GEKOOKTE EIERS EN SPINASIE MET BIETJIE SOUT.
AANDETE: EEN GROOT BIEFSTUK (STEAK)GEROOSTER EN GROEN SLAAI EN ENIGE VRUG.

DAG 2:ONTBYT:EEN VOLGRAAN DROE BROODROLLETJIE MET BITTER SWART KOFFIE.
MIDDAGETE:EEN MEDIUM BIEFSTUK (GEROOSTER) MET GROENSLAAI EN ENIGE VRUG.
AANDETE:GEKOOKTE HAM SOVEEL AS WAT JY KAN INKRY.

EN SO GAAN JY AAN VIR DIE RES VAN DIE WEEK.WIMPIE MOES ELKE MAAL LANGS ELKE ETE GESIT HET.

Blou Bul said...

WEL WIMPIE EK WAS OOK EEN VAN DAARDIE OUENS, GODS WATER OOR GODS AKKER.INTEENDEEL EK IS ALTYD DIESELFDE EN IS ALTYD VRIENDELIK EN IS MAL DAAROOR OM MENSE TE HELP.

EK DRINK GLAD NIE STERKDRANK OF BIER NIE, MAAR KAN LEKKER KUIER OOR `N GLAS WITWYN OF NOG BETER "DU TOITS KLOOF" SE ROOI MUSKADEL. VERAL SAAM MET `N BRAAI OF `N SEEROWERSESSIE.MENS SUKKEL OM DIE SOORT TE KRY, MATTS MEAT IN NORTHMEAD BENONI VERKOOP DIT EN DIE DRANKWINKEL IN SHERWOOD BRAKPAN NABY PICK A PAY..ANDER SOORTE IS SO SO, MAAR DIE HANDELSMERK IS DIE SOOS DIE SNOBS SOU SE "TOP OF THE RANGE"

MAAR IN ELK GEVAL EKIS ALTYD VRIENDELIK, JOKEY, MENSE HET MYALBAIE MAAL GEVRA, "HEY WHATS THE SECRET TO BE ALWAYS LIKE THAT"
DIS LEKKER OM ALTYD VROLIK TE WEES.

MAAR.......EK HET DEESDAE `N MOERSE PROBLEEM MET MENSE WAT DOODEENVOUDIG TE K@K SLEG IS OM TE WERK.KYK EK KAN WERK EN IS BAIE TROTS OP DIT WAT EK DOEN.MAAR AS MENSE LYF WEGSTEEK OF DINGE OP ANDER WIL AFSKUIF HET EK `N PROBLEEM.EN DAN KAN MY KOP BIETJIE UITHAAK.DIE TYD VAN GATLEKKERY IS VERBY AS MENS WIL HE IETS MOET WERK OF DIE LAND MOET IN SY DOEL SLAAG MOET JY UITHAAL EN WYS.SEBENZA WENA!!JY MOET WERK.

MAAR IN ELK GEVAL IS EK BESIG OM `N BOEK TE SKRYF EN SO RUK GELEDE HET EK VIR MY VROU GESE WIMPIE VAN DER SANDT OF RIAN VAN RIAN OP KYKNET MOET MY VOORWOORD SKRYF.

SO EK SAL JOU NOG LATER NADER DAAROOR.

Wimpie van der Sandt said...

Dis cool brein sal so maak en ja julle ander ek is rerig siek....vul of ek wil vrek

Anonymous said...

Dankie brein, ek waardeer die moeite.

Anonymous said...

Gaan nie werk vir my nie, ek het al gesien met die proteien dieet, ek tel gewig op van rooivleis. Toe kom ek op die bloedgroep-dieet af en lees dat mense wat A+ is gewig optel van rooivleis, dit sit dadelik om in vet omdat ons nie genoeg maagsure het om dit te verteer nie, dit terwyl o-groepe soveel rooivleis kan eet soos hulle wil. En wragtig, my sussie is o-groep en sy het 36kg verloor met proteien dieet!

Ek is so Wimpy, raak vinnig kwaad, maar net so vinnig weer goed. En dit is uiterstes!

Sjoe, maar die girl soek jou lyf, sommer so voor almal, sonder skaamte!Eish

Fairydust

Anonymous said...

Fairydust, het jou suster nie vreeslik lus geraak vir stysel nie.Die ding met vreeslike vleis ge-eetery is dat ek na n week iemand te lyf sal gaan vir n sny brood,pasta of aartappel.

Anonymous said...

Mens raak gewoond daaraan, sy sny nou nog stysel uit.
Eet dit net so nou en dan, baie min. Nee wat, stysel is nie vir my 'n probleem nie, maar rooivleis, 'n lekker tjoppie of steak ai jai jai...

Anonymous said...

Fairydust

Ek is O groep deel bietjie daai dieet ek kan doen met 36kg minder