Wednesday, August 15, 2007

Sport (s)!


Jacques Kallis se tan is bietjie lig en daarom is hy nie oorweeg vir die 20/20 wereldbeker nie...
Alle voorstanders van transformasie in sport kan myns insiens nou maar gaan doppies blaas, die belaglikheid van transformasie in sport word op geen plek meer duidelik gemaak en kan nie beter uitgewys word as totaal belaglik as in die geval van Jacques Kallis en Andrew Hall nie.
Kallis is die afgelope 5 jaar alreeds die wereld se beste veelsydige speler en as ons nie plek het vir hom in ons span nie want ons voldoen nie aan die vereiste kwota nie dan moet hierdie kwota stelsel nou maar in sy moer in ontbloot word vir wat dit is en dit is blatante diskriminasie op grond van ras, kultuur en kleur teen blanke sportmanne en vroue in direkte teenstelling met die Internasionale Olimpiese Komitee se handves oor menseregte....
Hoe lank moet ons dit opvreet en tevrede wees daarmee, wel tot jy en ek van ons gatte af opstaan en iets daaraan doen. Bad things happen when good people do nothing about it!
Kom met voorstelle, ek is bereid om voor in die tou te staan en die een te wees wat die houe vat maar so kan ons nie aangaan nie.
Vir die behoud van Suid-Afrikaanse sport doen ek 'n beroep op julle kom ons doen net iets, ek kan nie net staan en toekyk hoe ons sport opgedonner word nie! Kom met voorstelle en raak aktief betrokke om ons sport te red...
Ek het die Brein se comment van gister gelees en ek gaan bietjie van jou verskil, ek stem saam Kallis is nie die vinnigste kolwer in die wereld nie en daar is ouens wat groter houe kan slaan maar sy ervaring koop jy nie net gou by die Spar nie, wie wil jy he moet kom kolf as ons gou in die eerste drie boulbeurte 5 paaltjies verloor en daar is net 15 op die telbord? Se nou weer n.a.v. daai scenario daar is nie vir hom plek nie, dit hang alles af van hoe jy die wereld se beste veelsydige speler gebruik en terloops ek het toevallig in Gary Kirsten se benefit wedstryd 'n paar jaar terug gesien hoe kallis 80 van 40 balle af slaan!

Slegte nuus oor Pierre Spies en die wereldbeker wat neusie verby is vir hom, sit maar eerder hierdie een uit Pierre, as die kwotastelsel dit toelaat, BEHOORT jy nog baie vir die Springbokke, Proteas, Wildebeeste, Azania of wat dit ookal in die toekoms gaan wees, te speel...

Manto se sy gaan hof toe en die SUnday Times stick by hulle guns...mooi so, soos ek gister gese het persvryheid is nie onderhandelbaar nie, die Times se hulle het bewyse en glo die publiek het 'n reg om te weet en basta met die res! Ek begin sommer hierdie Sondag die Times koop al het ek dit nie in die verlede gelees nie, net as 'n gebaar van ondersteuning.
Msimang is 'n verleentheid vir haar beroep en vir die regering en sy is een van die voorste passasiers op die oorlaaide Suid-Afrikaanse Gravytrein express wat steeds voortsnel teen 'n hengse spoed.

Ek het gister wonderlike golf gespeel in A&M Wharehouse se golfdag in Benoni, 'n groot dankie aan almal wat my so lekker laat tuis voel het, vir die rekord en en my partner, Johan de Lange was ongelukkig om derde te kom, as ek net nie so akkies geput het op die eerste nege nie, maar nou ja ten minste kan ek nie die kwotastelsel daarvoor blameer nie.

Laaste se van die miskenning van blankes in Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse sokkerspan se hulle IS verteenwoordigend van die demografie van Suid-Afrika wat net bevestig wat jy en ek weet, daar is GEEN witmense in Suid-Afrika nie want daar is nie een blanke speler in die span nie, en dit bewys weereens hoe goed is die res van die bevolking in sport....256 op die wereldranglys....!
Later julle
Wimpie

13 comments:

antjiesomers said...

Hi Wimpers!

Plaas Manto spaar haarself verdere verleentheid en se net ja, sy het gesuip en sorry dat sy haar magsposisie so misbruik het, sy sal daaraan werk.... Al wat nou gaan gebeur is dat sy haar naam net verder met 'n plank gaan slaan!

Van golf weet ek niks, maar is bly jy het dit geniet. Die wen of verloor tel mos nie, die lekkerte le mos in die kuier, ne?

Mooi dag vir jou

Anonymous said...

Hi Wimpie

Ek lees ook gister dat SA Krieket vra dat KAllis sy bedanking terug trek!! Inteendeel, as ek Kallis was/is dadelik my goedjies geneem en oorsee gaan speel waar ek glo hy nog in aanvraag is.

Wat kan ons doen ... Wimpie ons kan sê kom ons wys die wyse manne van SA Rugby en bly weg van rugby. Ons kyk (die wat wil) by die huis op TV. As minder mense opdaag, sal die borge begin onttrek, omdat niemand verloorders support nie. Dis maar een ding van onse mense, ons wil wen!!

Maar dis ook so, deur die geskiendenis heen dat ons blankes maar net nie kan saamstaan. Ek en jy kan wegbly, maar die ander sal gaan en vir die teenstanders begin skree!! Geen wonder Trevor skree vir die All Blacks!! Ek het op 'n staduim gedink hy verstaan transfomassie verkeerd!

Golf!! Kyk as jy wil grappies sien, nooi my!! Ek is links en kry nie iemand om my te help met linkerhandse stokke. Dus as daar gespeel word, gaan ek soms saam, (terloops ek het nie stokke nie) en dan noem die en die ou ek kan hou speel met sy stop. Agggg liewe vader ek gee my beste, (en kan ek!) net om te sien die balletjie is steeds daar. En as ek rondom my kyk, kruip my pêlle op die grond, smaak my hulle soek na iets.

Hi jy moet 'n lekker dag hê

Eben

Anonymous said...

O jaaaaaaa ek stem vir jou, gaan ook die Times koop. Ek wil sien watter bewyse kom hulle mee uit. (en hulle gaan) en dan wat gaan ons 'geagte' Mnr die President dan doen? (huhh??)

Eben

Wimpie van der Sandt said...

Antjie
ek hoor jou dit sou die antwoord gewees het as ons president nie sy eiertjie ook gele het nie as sy nou omverskoning vra dan maak sy indirek 'n boks van die president, so die lat is gepluk....
Eben
Die sitplekke gaan nooit leeg wees nie want die die corporate's is die ouens wat mense onthaal en sorg dat die paviljoene vol bly...
Thanks vir die stukkie golfhumor, het my laat dink aan my begindae!

Blou Bul said...

Ag come on Wimpie en Eben, Jul weet voor jul heilige siele Kallis is nie die speler vir die soort games nie.Hy is `n vyfdag toetsspeler en klaar.
En as hy wil bedank kan hy maar hy behoort na al die jare dit oo te weet.

Lees my comment van gister.

Anonymous said...

moet saamstem met die brein oor Kallis.ek dink nie 20/20 is sy tipe game nie.Maar as daar 'n pressure situasie is 5/3 (behalwe natuurlik die jaar se world cup semi katastrofe toe die hele top order in mekaar gesuster het...),is hy jou man. As dit die motivering vir sy insluiting kon wees,dan sou ek dalk daaraan gedink het om Kemp te drop,wat deesdae net elke dan en wan ietsie uitrig (ironies genoeg was kemp die een kolwer wat in daai semi finaal onder baie pressure runs gekry het) en dan is kallis ook 'n beter bouler as kemp...

Die ou wat eintlik die mees ongelukkigste is om nie in die squad te wees nie...Andrew Hall...hy het rede om met 'n dikbek rond te loop...

Blou Bul said...

Platkuif, jy ken van, ek sekondeer jou.Wimpie ek het ook weer jou dag stuk gelees, ok jy het `n punt beet.Maar ja soos jy se dit was `n paar jaar gelede.

antjiesomers said...

Iets heeltemal van die wa af. Waar in die Kaap gaan jy?

antjiesomers said...
This comment has been removed by the author.
Anonymous said...

Hmm, ja, as 'n vrou se opinie oor krieket enigiets werd is, ek dink ook nie Kallis is die man vir 20/20 krieket nie.
Brein, het jy gesien ek het darem toe 'n lansie vir jou gebreek by SSSB?!

Anonymous said...

Hi almal
wat de hel gaan aan met julle- Jacques Kallis is die wereld se beste veelsydige speler- waaroor gaan die 20/20...ouens wat veelsydig is. Wat meer wil jy he as iemand in die top 10 van die wereld se kolforde , en in die top 20 van die wereld se boul orde, en wat meer is n senior en leier op die veld.
As ek nie van beter geweet het soek julle verskoning vir die dom ass holes wat weg kom met als wat onder die vaandel van TRANSFORMASIE geskied. Ek is so GATVOL vir daai woord. Het julle agter gekom voor elke wereld beker bars iemand die een of ander bubble, so al asof hulle net wag tot voor die wereld beker om ons af te pis en ons fokus te breek. Wat meer sal hul hele ou TRANSFORMASIE beleid in sy moer stuur as n wit span wat die wereldbeker wen?? hulle wil mos obviously nie dit he nie- maar ons het mos nou al gesien hulle voel vere vir ons tantrums met die pleknaam veranderings- of is ons nie maar te slapgat nie want almal moan , maar as dit by die push kom, wat doen ons- Onderteken ons naam op n e-mail wat rondgestuur word en 10 teen 1 nie eers aan enige iemand oorhandig word nie-MOERSE! Kom ons kry die grootkoppe van die borge in gesprekke of in enige kommunikasie- boikot games , flippen doen net iets want soos Steve ook al gese het ek dink al wat ons bereik met groepies mense wat in die son rondstaan is rooi gebrande skouers!

Anonymous said...

Sorry- was so kwaad , ekt vergeet om my comment te onderteken- die vorige een was ek.

Danie

Blou Bul said...

Boendoe, ja jy`s `n vriend in nood.En `n ou het sulke ondersteuning nodig op daardie blog, dit voel amper asof ek jou ken.

Ja Danie gelukkig weet jy van beter.En waarvoor is `n ou nie al gatvol in die land nie?.Lees vandag se brief/artikel op die blog as jul kan.Ek dink ons voel amper so.

http://southafricasucks.blogspot.com/2007/08/our-blood-our-future.htmln