
Interessante naweek gehad, so bietjie opgevang met Suid-Afrikaanse musiek en wat is nou aan die gebeur in die musiekwereld en so aan.
Vrydagmiddag besluit om Dozi se show saam Anton Goosen en die Bospeleton te gaan kyk by Emperor's Palace.
'n Woordjie vir die bospeleton, julle het potensiaal manne hou net op met die mannewales op die verhoog en konsentreer op die singery, die hoofsanger het 'n paar keer so rondgespring op die verhoog dat hy vergeet het om te sing en so halfpad deur die koor gedeelte moes inval....en die klank! Bele in 'n klankman wat weet wat hy doen!
Ek is 'n groot aanhanger van Anton Goosen en bly om te sien hy begin die respek kry wat hy verdien... Anton was homself, statig en in beheer van die verhoog met 'n ongelooflike band!
Dozi aan die ander kant se ster is vinnig besig om te verskiet en dis jammer want ek was 'n groot aanhanger van die langman.
Dis asof hy dringend 'n treffer nodig het en ek dink hy mis Stef Kruger en Miemie sy voormalige agent baie meer as wat hy dink...
Dis asof daar geen struktuur is aan wat Dozi deesdae doen nie, die show was ook vir my ongeorganiseerd asof dit nie vooraf veel geoefen is nie en net vinnig aanmekaar geslaan is en ek kan nie dink dat dit onder sy vorige bestuur sou gebeur het nie...
Die blote feit dat jy 'n naam het soos Dozi waarborg nie sukses nie en dit spyt my om te se maar die aanhangers, of liewer die afwesigheid van aanhangers, die teater was nie 30% vol nie, is vir my sowel kommerwekkend as teleurstellend, Suid-Afrikaanse musiek het Dozi nodig, maar 'n Dozi wat reg bestuur word en met Stef Kruger wat die treffers laat uitrol, Dozi sonder Stef is soos pap sonder sous.
Anton was soos gewoonlik Anton en jy hoef net te luister hoeveel treffers die man in 5 minute kan sing om te verstaan sy invloed op Afrikaanse musiek...
In sterk teenstelling het ek Sondag my seuntjie, hy is ses, gevat om Steve Hofmeyr te sien in die produksie Laaties en Ladies by Carnival City se Big top en dit was opvallend hoe goed die voorbereiding was en jy kon sien dis nie net een of twee keer gerepiteer nie...
Knap gedaan aan Steve se bestuurspan wat 'n baie goeie produksie op die planke gesit het.

Net twee stukkies kritiek...dit was bietjie lank, dis moeilik om 'n seuntjie van ses so lank geintriseerd te hou, en die idee van sit op die grond werk nie so lekker vir 'n ou met 'n af knie soos ek nie, maar andersins was dit 'n great show en my seuntjie en sy pa het dit terdee geniet!
Die minister van Binnelandse Sake, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê die regering het oproepe verwerp om ‘n vlugtelingkamp in te rig vir die duisende Zimbabwiërs wat oor die grens na Suid-Afrika kom. News Now berig dat sy in ‘n televisie-onderhoud gesê het so ‘n kamp sal ‘n oortreding wees van die Verenigde Nasies se maatreëls. Die minister sê Suid-Afrika is ‘n ondertekenaar van talle VN-konvensies en kan nie vlugtelingstatus toeken aan mense wat nie vlugtelinge wil wees nie. Mapisa-Nqakula meen die meeste Zimbabwiërs vlug net na Suid-Afrika om kos te koop.
Wat!!! dis nou 'n klomp snert so hulle pak die paadjie aan om oor die grens te kom en dan doen hulle dit alles weer om net kos in die hande te kry sonder om getempteer te word om hier te bly?!
Komaan minister word wakker en ruik die koffie, HULLE BLY HIER!!!
Andrew Hall het die jongste slagoffer van transformasie in Suid-Afrikaanse sport geword en iemand aan die stuur by Suid-Afrikaanse krieket behoort na regte vanoggend 'n nuwe werk te soek.
Hall word vroeg uit Engeland opgekommandeer om by die huis te kom rus vir die 20/20 wereldbeker, sy gesig word op elke plakaat geplak om die wereldbeker te adverteer en dan word hy uit die span gelaat want die kwota in die span is nie reg nie.......
Het julle die tweederangse spannetjie wat gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig gesien?
Niemand kla eintlik nie want ek dink ons begin vrede maak daarmee dat wen nie 'n opsie is nie...ek kan minstens twee "witter" spanne kies uit die spelers wat oorbly wat ons nasionale span 'n afgedankte loesing sal gee!
Sport transformasie is hier om te bly en verloor is ook hier om te bly....maak vrede daarmee!

Nou die dag weer besef hoekom ek so gril vir slange, ek was by toe een van my pelle sy slang gevoer het....grillerig.
Later
Wimpie
7 comments:
More
Lekker week vir jou :)
Hi Wimpie
Ons moet sorg dat Dozi die een onder oe kry.My vrou se hoeka nou die dag dat hy deesdae stil is en lanklaas iets behoorlik die lig laat sien het.
Ek dink ons moet maar die krieket en rugby los, slange voer is `n beter opsie.
Gaan jy ons verlaat, of bly jy nou op jou pos, sien jou Donderdag by Firkin, gaan na Bobby van Jaarsveld kyk.
Lekker dag.
Ns. Anonymous van Vrydag is maar stil, so dit lyk my ek was reg.
Hi Wimpie,
Die Zim kwessie is skokkend! Ek het ook gisteraand nuus gekyk. Imagine, hulle kom net oor die grens vir bietjie inkopies!! Wanneer gaan ons regering wakker skrik??
Brein, ek het jou raakgelees op SSSB. Kan ek hiermee verklaar ek is 'n groot aanhanger? Van jou, natuurlik! Ek was so tempted om dit daar te se, maar ek weet uit dure ondervinding dit kan jou jou lewe kos as jy dit durf waag om ietsie teen die Van Zyl Boksombende te se! En jy doen dit so mooi gematig en met humor. Ek smaak dit, hoor!
Nou ja, Wimpie, dit klink my jy't ook besluite om te neem! Gaan jou wel en mag jy die regte keuse doen.
Ciao
Wimpie,
Ek stem saam dat dinge nie na wense is oor die groot man - Dozi. Wonder of sy troue en dinge iets daarmee te doen het. Almal praat deesdae om die braaivleisvure net oor Steve, Theuns en opkomende Bobby. Lekker om jong bloed ook in te kry. Hoop die man - Bobby - gaan dinge roer. Ek hoor ook ander dag die man kom van my tuis dorp Brits af, en hy is steeds plat op die aarde ... lekkerrrrr om sulke outjies te kry.
Rugby en krieket my gunstelige ... maar ai ai dinge is hoeka nie lekker by krieket. Ek staan by my punt dat Ray Jennings nooit moes laat gaan. Daar was dissipline gewees. Nou kom dinge uit soos drank en krampe die volgende dag, en dit laat mens dink. Met Ray daar, smaak my was daar nie krampe tussen die manne nie.
Rugby ... laat ek negetief wees (ek haat dit) maar ek glo steeds ons maak NIE die laaste vier (4) nie. Daar is teveel malewalise tussenin. Ouens wat wil en gaan waai na toenooi, hoe sit jy alles in en weet jy dit word nie waardeer. Hoekom jou lyf daar plaas en dan beseer raak, en kan nie verder ir jou nuwe klub speel? Neeeee wat Wimpie ons gaan onse gatte sien!!
Besluite .... dink baie mooi, maar soos jy ook noem, julle manne in die uitsaai wese het ook nie veel om te kies nie. Dit maak alles moeilik. As daar kans kom, moet jy gryp ... of los!!! Sterkte vriend.
Ons gesels later
Eben
Dankie boendoe
Dis darem lekker om te weet daar is iemand, wat sien wat daar aangaan, kyk nee, man ek is daar om te bly.En gaan hulle al hul dae gee.
Maar lekker dag vir jou, ek is bereid om my kop op`n blok daar te sit.
Go, Brein, go!! Sa! Sa! Vat hom, Flaffie!
Post a Comment