Sorry julle, bietjie laat vanoggend, probleme met Helkom en die Internet.
Dit laat my weer wonder hoe is dit dat ons die duurste internet in die wereld het met die swakste verbindings nou weer?
Lees vanoggend weer 'n storie oor Zimbabwe en die Mugabe gemors en dit laat my weer besef hoekom Afrika derde werelds is en hoekom ons moet bekommerd wees, sommer baie!
Terwyl pres. Robert Mugabe van Zimbabwe gister tydens die opening van die SAOG-beraad vir staatshoofde in Lusaka ’n helde-ontvangs geniet het, is sy landgenote wat glo by die beraad wou betoog, gekeer.
Zambiese owerhede het Dinsdag ’n groep van 65 Zimbabwiërs by die grenspos in Chirundu voorgekeer en huis toe gestuur.
Terwyl die Zim afvaardiging by monde van die minister van Finansies - huh! - gespog het oor hoe die Zimbabwese ekenomie op sy eie voete staan en nie Westerse hulp nodig het nie, lei die SA A krieketspan honger!
Die krieketspelers van Suid-Afrika se A-span het in Bulawayo, Zimbabwe se tweede grootste stad, eerstehands ervaar hoe benard die situasie in hul buurland is ná die regering se gedwonge prysverminderings.
Volgens ingeligte bronne het die Suid-Afrikaanse span ná ’n besoek aan die Matopos- Nasionale Park teruggekeer om te vind dat restaurante naby hul hotel glad nie kos het nie.
Die spelers is toe na ’n paar plekke wat wegneem-etes verkoop, net om uit te vind dié ondernemings het ook geen voorraad nie.
Die enigste plek wat nog kos gehad het, was ’n pizzawinkel, waar ’n lang tou die spelers begroet het.
Ja nee praat van ironie!
Was gister gou vir 'n vinnige heen en weertjie Kaap toe, lekker gewees net koud!
Sterkte aan die Valke vanaand teen die Bulle ...hehehe!
Later
Wimpie
Friday, August 17, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
5 comments:
More Wimps!
Jy al terug?
Jy moet nie eers connection se nie, dan begin my hare bewe soos Medusa s'n! My 3G se betaling gaan die 30ste af. Ek het 1gig, wat meer as voldoende is, want ek download nie heeldag goed nie...pics maybe, maar dis dit. Ek is van die copy, paste lees later tipe. Ek is wel heeldag aanlyn, want ek e-mail amper onophoudelik met tye. Dit is veronderstel om my R350 te kos per maand. Gister kry ek 'n sms (15dae na betaling). Ek het 96%van my bundle gebruik en nou charge Vodacom out of bundle rates. Soos verlede maand....R2600! Vir 3maande voor dit het als goed gegaan, maar VOOR dit was my rekening sommige maande R3400! Ek het ISAT eergister laat kom. R350pm, uncapped, unlimited downloads etc. Geen kontrak...blablabla, maar ek is stuck met hierdie kontrak van Vodacom. Jy enige idee hoe ek die ding 'n vinnige dood kan laat sterf?
Antjiesomers
Jy sal maar die kontrak moet klaar maak, jy sal nie glo watse hidden clauses vodacom het as jy 'n kontrak by hulle probeer kanseleer nie. Hulle sal jou verantwoordelik hou tot op die end en, sou jy weier word jy mooitjies op die krediet bureau gelys
More Wimpie!
Wel ja die hele Zim ding is besig om aan my g@t te krap.........
Ek is so moeg vir die hele debakel!!!!!
Hoekom is dit dat die klomp poletikuste aanjaag en as ons gewone mense iets daaromtrent sê is ons in die moeilikheid?
As jy blank is en iets sê dan is jy rasisties en as jy swart is wel dan is jy onpatioties!!!
mens kan net nie wen nie!!!!!!!
Mar nou ja, ons sal oorleef!!!!!
Groetnis,
Spookie
Ps, Ek mis die Kaap!!!!!!!!!!!!! Ek mis die berg en wel. . . Ek mis selfs die weer!enjoy
Hi Wimpie,
Toe ek vroeg vanoggend wil kom hallo sê toe sien ek jy's nie op jou pos!! Net gewonder of die Kaap jou bekoor het, en sommer daar bly, en DHL sal maar die ander goedjies spoedig af lewer.
Die dinge met Zim slaan my ook dronk. Ek het al gesien hoe haal sy eie mense hom uit, maar nou ja hulle wil seker so lewe. So, wat jy my/ons vertel Zambia keer daardie lot oor die grens, maar onse mense kan nie!
Daardie dag sal kom dat alles sal om keer na normaal, maar wanneer. Dan moet ons spring vir jops daar (ernstig) Onthou die wereld sal inpomp daar, maar daar sal verseker geen brein krag wees. Miskien Jy hoof van die nasionale Zim Radio stasie, Antjie redakteur Harold Times, Boendoe hoof rubriekskrywer, Dellie grootste bakery, en op la-pa-side leer 'n lot ape Excell, Butterfae ontwerp tydskrifte vir ".. Die Zim vrou van 2008".... Gie gie dan klim ons daardie Zim trein .....
Intussen worry hulle nie, want SA voorsien die krag/petrol en ons moet self suffer. Ons sal nooit as te nimmer daardie fondse kry nie, en ons sal net eendag lees hulle skrywe dit af!! Ons sal seker bla-bla-hee skree en dan, niks gebeur. Jaaaa dis seker die nagevolge van ons JA stem. (en ek herken ek het ook JA gestem)
Hi lekker dag, stuur later vir jou e-pos
Eben
Ek het nou nie meer enige (ordentlike)woorde oor om my gevoel jeens die Zim-sirkus uit te druk nie. Maar die Afrika-leiers (insluitend Thabo) se de facto steun vir Mugabe is totaal KOTSENSWAARDIG!
Post a Comment