Vir die van julle wat nog oor die skok van die Franse moet kom.... kyk gerus weer:
Wat 'n wonderlike sport naweek! Dis maar die begin van die wereldbeker en ek is bevrees 'n paar vrouens gaan dit nie maak nie!
Makhaya Ntini en Ashwill Prince verdien lof vandag, soos die res van ons sportmal nasie is hulle gatvol vir kwotastelsels en het 'n brief geskryf aan die Verenigde Krieket Raad en hulle ontevredenheid met kwotas en die kwotastelsel verwoord, daar bly vir my niks oor om te se nie behalwe AMEN!

In Kaapstad is die gort gaar, die burgemeester is in hegtenis geneem en sy is die moet in! Met rede:Die leier van die Demokratiese Alliansie en burgemeester van Kaapstad, Helen Zille, is van plan om die polisie te dagvaar nadat sy gisteraand in hegtenis geneem is tydens ‘n optog in Mithellsplein. Sy is een van ‘n groep mense wat aangekeer is tydens ‘n wettige optog na die huise van dwelmbase. Die leier van die groep, Armine Maker, is ook in hegtenis geneem en Zille sê sy is na die polisiekantoor om beswaar te maak daarteen. Zille is egter ook aangekla voor sy vrygelaat is. Sy sê sy is baie ontsteld oor die inhegtenisnemings, wat haar herinner aan die donker dae van apartheid. Zille sê daar was beslis politieke ondertone, maar wou nie daaroor uitbrei nie.
Mooi gedoen aan die WP wat die Haaie op Nuweland pakgegee het, hoe is daai vir 'n upset! En die Leeus wat die Bulle gelooi het!! Soos ek se dit was 'n lekker sport naweek!
Ek het 'n helse week wat voorle, soos julle weet het ek 'n Steve Hofmeyr/Anton Goosen show om klaar te reel, sal julle laat weet van die perskonferensie!
More is weer die ouens van die Mechanic Bar se beurt moenie dit misloop nie!
Antjie Somers wat is hierdie storie dat jy nou nie meer gaan blog nie, nee ou girl dit werk nie so nie, moenie dat ek jou oor my skoot trek nie, laat weet my ook bietjie wat aangaan...
Eben dankie vir die prys vir die kompetisie en jammer ek kon nie die naweek by jou suster uitkom nie, smaak my ek gaan volgende naweek daai kant toe, die Steve/Anton - show het tans voorkeur bo enigiets wat ek doen, werk my dood daaraan, sal hopelik later die week rustiger wees.
Johan Swarts ek antwoord op jou blog! Sorry ek wou antwoord op jou blog maar ek kan nie, wat is dit met word press!!!!
Die Band wat ek van praat is Floors op kitaar, Schalk Joubert op bass, Vinnie op Tromme, MD Greyling op klawers en David Klaase op percussion! Goed genoeg vir jou!
Later
Wimpie
Ps: Something for the Britney Spears fans, here's the new single, gimme more!
12 comments:
Hi almal
Ja-nee, al die sport gaan ons klaar maak hoor, dis baie kuier in een naweek, en voel moeg en seer vandag.
Gepraat van bands- was gister by die nuwe corolla se launch in jhb botaniese tuine.
Kurt Darren, watershed en Arno carstens het live opgetree.
Daars nou vir jou 2 bands van laasgenoemde!! Hulle is flippen goed hoor.
Ekt ook voorspel argentinie gaan wen, en my telling vir die bokke was 48-7. Damn naby hoor!
Ek kan nie wag vir die res van die games nie
Groete
Danie
Danie
Ek het die rugby in die Mechanic Bar gekyk daar was 'n pool, R10 dan raai jy die score....my score 60-7 ek het R350 gewen! en dit toe uitgegee op tequila!
Hi Wimpie en Danie. . . .
Waneer gaan ons bymekaarkom en oor 'n bottel of twee tequila opvang?
Sodra die relings vir die show uitgesorteer is sal ons regtig moet P A R T Y!( Ons het so +/- 14 jaar se opvang wat wag!)
Sjoe die Bokke het my amper 'n hartaanval gegee en my man het meer as eenkeer vir my gesê dat ek moet ontspan wand die buure gaan dink dat ek vermoor word of iets..... Wat die Currie cup betref... ek gee nie regtig om nie, ek kan net sofeel skree op een naweek en ek voel dat die Wêreld beker belangriker is as laasgenoemde allowel my man so lekker gekry het dat WP gewen het en die Bulle nie...... ek kan sommer al sien hoe sit julle 'n hond uit 'n bos en gesels oor rugby, musiek et all.
Kerwin(my man) was in sy tienner jare in 'n rock band en al is ek sy vrou en al weet ek mense gaan sê dat ek "biast" is was hulle noggal goed... hulle het in klubs oral in Oos Londen gespeel maar opgebreek toe hy Gauteng toe gekom het......
Groette jul niggie Spook
Mooi Wimpie .... bedoel die raaiskoot!!
Hi Wimpie, dis geen probleem en jy kan hulle gerus kontak.
Danie, hoe was jou opening toe gewees ... besig!!
Eben
Hola
Ja wat `n sport naweek!! Ek so lekker oor die Bulle se loesing ek smile by die werk van oor tot oor. Ek support ook eerder Soweto se derde span as hulle teen die Bulls moet speel.Die bokke het alles wat nodig is om die beker huis toe te bring.En die Franse met Cabal kon nie die die gedertermineerdheid van die Argentyne blus nie.Ek like dit kwaai en ja ek glo ook nie hul gaan die kwarteind haal nie.
En oor die HELLEN VIR HULLE ,(Helen Zille)ja die ANC of soos Wimpie se ANOTHER NUT CASE wil almal van ons nou `n pit druk, maar so kan dit nie aangaan nie erens somewhere gaan daar iemand wees wat se koppie gaan uithaak en dan moet hulle nie vra wat het hom getrigger nie.
yup, dis nagenoeg die beste band in die heelal ;)
HEY WIMPIE EN ALMAL
WIL NET LAAT WEET DAAI MEISIEKIND WAT JY OP DIE 6DE SEPTEMPER SE FOTO GEPLAAS HET SY IS GEVIND EN VEILIG BY HAAR MA HULLE SO HET EK GEHOOR WANT VAN HAAR FAMILIE WERK SAAM MY OUERS SY WAS IN VEREENIGING GEVIND
MOOI BLY
Hallo almal. Geniet 'n heerlike dag. Ek smile nie van oor tot oor nie, my span het verloor!!
Hallo!
Ek kry dit nou darem reg om op 'n ander manier te comment, sonder my URL!
Hoewel ek niks hier kan kyk nie (selfs KuduClub saai nie die Wereldbeker op die Net uit nie! - aaaagh!), het ek geluister en dit klink of die Bokke gepronk het!
Die inhegtenisname van Zille is vir my baie kommerwekkend en iets kriewel in my nek...
BiB
Hi Eben
ja, dankie man, dit was lekker besig, ons het dubbel gemaak wat ons laas naweek gemaak het, maar het nog nie die groot opening gehad nie omdat die truie toe nie opgedaag het nie, ons sukkel want Edgars, sportsmans warehouse en makro het alles opbestel...maar watch this space!!!
Hoop jy sal kom draai as die grote aanbreek, sal dit hopelik he voor die engelse game of ten minste die kwarteind
Hi,
Danie, ek het nou jou mail address so wag maar vir die mail ou perd;)
Wimpie het jou details so wyle terug aan my gestuur, maar my flippen foon kon nie die formaat verstaan nie!
Die bokke was kookwater ja, maar ek worry dat baie van hul punte steeds uit gebroke spel kom en nie van vaste fases af nie.
JDV se besering is ook 'n bummer maar ek het vertroue dat jong Frans Steyn ENIGE agterspeler se skoene kan vol staan in die 5 weke wat kom. Jake, maak hom ons nr 10 en hy wen vir ons die WC.
Cheers,
- Mannemerak
Wag, sorry ja, ek wou nog vir BiB vra - saai RSG nie van die games uit nie?
Ek het al S14 games op die "bleek been eiland" moes sit en luister oor RSG se streaming audio en is net nie seker of hulle die WC games (of dalk net die bok games) sal uitsaai nie.
Either way, ek het nou genoeg gepraat ;)
- Mannemerak
Post a Comment