Thursday, September 13, 2007

Bloederige Golf!

Ek was in die verlede 'n bloedskenker en moet tot my eie verleentheid erken ek het baie lanklaas bloed geskenk, daar is geen sinestere rede voor nie, ek het net die laaste tyd doodeenvoudig, vergeet, nie tyd gehad nie of net eenvoudig nie daaraan gedink nie.
Die Bloedbank het 'n tekort aan bloed en soos alles in ons land is dit nie net 'n geval van kry gou mense om te gaan bloed skenk en klaar nie.
Nou kla mense omdat bloedskenkers nie verniet bloed kry wanneer hulle dit nodig het nie en soos alle argumente klink dit na 'n goeie storie en dit klink na die logiese ding om te doen en dan is dit weer 'n geval van 'n saak het twee kante en partykeer spring ons op ons perdjiese nie....
Jy sien al skenk jy bloed is daar nog steeds kostes aan daai "gratis" bloed van jou betrokke, die aantal siekties waarvoor jou bloed getoets moet word, insluitende Vigs is astronomies en die kostes daaraan verbonde moet iewers verhaal word.
Dis hartseer maar dis die feite is dat niks in die lewe is meer verniet nie, ek sal 'n punt daarvan maak om vandag of more te gaan bloed skenk daar is 'n nasionale bloedtekort, gaan skenk maar jou bloed jy weet nooit wanneer jy dit nodig het nie.

Lekker om die underdogs te ondersteun is dit nie....mooi Zimbabwe, julle het my gisteraand laat kraai van die lekker toe julle die wereld se beste krieketspan, Australie, in die wereldbeker pro 20 geklop het in Kaapstad... mooi so! Mugabe bly nog steeds 'n aap, maar julle krieketspan is sterre!

President Thabo Mbeki het uitgevaar oor wat hy bestempel as aanhoudende rassisme en swart onderdanigheid in Suid-Afrika. Hy het gisteraand ‘n gedenklesing ter ere van die swart bewussynsleier Steve Biko by die Universiteit van Kaapstad aangebied. Mbeki sê Biko se uitdaging aan swart mense om hul menswaardigheid te herwin is nog steeds relevant, 13 jaar nadat die era van blanke heerskappy in Suid-Afrika tot ‘n einde gekom het. Mbeki sê dit is nodig om vandag se samelewing krities te ondersoek. Hy vra of die meerderheid mense vir wie se vryheid Steve Biko sy lewe opgeoffer het, werklik daarvan bewus is dat hulle volwaardige mense is, en of hulle hulself nie nog steeds beskou as aanhangsels vir selfaangestelde meerderwaardiges nie. Groot woorde vir iemand wat aan die hoof staan van 'n regering wat omgekeerde apartheid toepas en wat baie mense sal bestempel as rassisties teenoor witmense. Se maar net....

‘n Waarskuwing is uitgereik dat die oos-kus van Suidelike Afrika moontlik deur ‘n tsunami getref kan word, nadat ‘n reuse aardbewing gister naby die Indonesiese eiland van Sumatra voorgekom het.
Oppas almal met strandhuise!

Kort inskrywing vir vandag ek is besig om in die mood te kom vir die bleekbene more-aand!

O ja gister golf gespeel, 80 geskiet, 41 en 39, ek is weer Tiger Woods!
Later
Wimpie

8 comments:

Anonymous said...

goeiemore nou ek het lanklaas geblog hehe.... ja dit het lekka gekook by firkin g.aand......die mense het lekka gekuier veral na zimbabwe die sheep shaggers op ge toet toet het...... en ja wellington het n paar promo girls daar gehad se ni meer hehe..het vanoggend die eerste keer na die mechanic bar geluister ja nee lekka lekka..... nou ja vandag is n interessante dag vir dames its national orgasm day so ladys are u coming hehehehe!!!!!!!! vandag gaan n lang dag wees glo my maar.... nou ja moenie vergeet as jy wil lekka rugby kyk is firkin more aand die plek hulle gaan big screens op sit en hou n captain morgan promo..... kick off at 21:00 as ons die bleekbene n ding of twee gaan wys........nou ja aljulle bloggers geniet julle dag...... have a supa dupa day.............Cioa H

Anna Marie Budden said...

Hi Wimpie. . .

Hoe gaan dit? Wel wat die bloedskenk betref is ek maar 'n bangetjie jong...... Ek het 'n enorme vrees vir naalde en toe my naeltjie ring ingesit is het ek die ou met skending van sy ledemates gedreig as hy my seer maak, gelukkig vir hom het hy nie...hie hie hie, die laaste keer wat ek wou bloed skenk het my bloed te gou gestol en was dit ekstra eina toe hulle probeer het om die bloed weer deur die naald gevloei te kry....... Ek dink nie ek wil weer probeer nie..........

Wat Zim en die Ozzies se game van gister betref.........UITSTEKEND, dit is al wat ek kan së,wie siu kon dink?

en dan op 'n ander noot!

Ek weet van iemand wat oor twee maande en een dag die groot vier nul word......... Jy is tog nie soveel ouer as ekke nie!

"Enjoy your day and if you can't be good be good at it!"

Liefde Groette
Spook

Anonymous said...

Wimpie ek het oppad werk toe vanoggend, na jou program geluister. Ja, dis waar wat jy se, as mense nie van jou hou nie en nie hou van die goed wat jy se oor die lug nie, moet hulle maar na iets anders luister. Daar is baie ander luisteraars wat jou program geniet en graag na jou luister. Ek was so bly oor wat jy vanoggend gese het van die Blou Bul ondersteuners. Dis so waar 'n mens kan nie met hulle grappies maak of iets se oor hulle span nie. Hulle monde is altyd dan opgeblaas. Elkeen skree vir sy eie span. Ek skree beslis nie vir die Bulle nie. Ek was ook bly toe die Leeus die Bulle gewen het verlede week, dis seker hoekom die klomp so suur druiwe is. Elke persoon op hierdie aarde het die reg om te se wat hy wil se. Ek se al lankal die Blou Bul ondersteuners is die swakste verloorders ooit, en alles moet volgens hulle verloop. Winnie the Pooh

Anonymous said...

Hallo Wimpie,
Soe ... waar was jy gisteraand? By die gastehuis waar ek woon in Moz (eintlik is gastehuis nie die woord, dis 'n klein hotel) was die manne en dames weer gepak om die krieket te kyk asook die weeklikse special op die spyskaart.

Na ons die week se special (Paella - reggespel) geëet het, begin ons besef hier is geskiedenis aan die kom met die krieket. Flippen toe daardie laaste 4 kom, toe is dit mal.

Springbokkies word verniet uitgedeel, almal is verby mal!! +35 manne is histeries. Nou wonder ek maar net, ondersteun ons Zim, of is ons net bly Aussie het pak gekry? MAAR (!!!) laat ons nie verby alles kyk nie, Geluk Zim, julle verdien dit.

Lekker dag Wimpie

Eben

Anonymous said...

JOKE OF THE DAY

A father gets out of work and on his way home he suddenly remembers that it's his daughter's birthday. He pulls over to a toy shop and asks the salesperson, "How much for one of Those Barbie's in the display window?" The salesperson answers, "Which one do you mean, sir?

We have: Work Out Barbie for $19.95,

Shopping Barbie for $19.95,

Beach Barbie for $19.95,

Disco Barbie for $19.95,

Ballerina Barbie for $19.95,

Astronaut Barbie for $19.95,

Skater Barbie for $19.95,

And Divorced Barbie for $265.95"

The amazed father asks: "You what?! Why is the Divorced Barbie $265.95 and the others only $19.95?

The annoyed salesperson rolls her eyes, sighs, and answers: Sir, "Divorced Barbie comes with: Ken's Car, Ken's House, Ken's Boat, Ken's Furniture, Ken's Computer and One of Ken's Friends

Lucy said...

Hi Wimpie,
Eintlik dink ek Thabo Mbeki het 'n punt beet. As die swartes in die land hulself like, sal die chip op hul skouers oor ons blankes dalk afval. Sorry, ek bring weer Angola in. Die swartes daar dink hulle is baie "smart", en sien blankes as sulks nie as 'n bedreiging nie. Hulle like ons Suid Afrikaners nou nie baie nie, maar mens kan dit seker verstaan! Siende dat ons hulle moer toe en terug geskiet het!
ONS blankes voel nie bedreig nie. Ons weet ons is "smart" en het vermoens. Die swartes moet in hulself begin glo. As mens minderwaardig voel, is attack die beste manier van defence.

Blou Bul said...

Hi

Wimpie en hoeveel bloed is in jou alkoholstoom?Nee net nou kry ek `n lyf van daardie bloed en `n lekker babbalaas!!(lol)

Mooi een vanoggend oor die moegoe wat jou gebel het en oor die bloubulle se ondersteuners.Ek het al wat`n bloubul is vanoggend by die werk getart daaroor ek kry nou nog lekker.

Eben ek wens ek kon nou in Moz wees was nog net eenmaal daar maar lieflike plek.

Boendoe: Ek maak jou laaste paragraaf.

Joke of the day, ware woorde.

Lekker aand almal.

Blou Bul said...

Boendoe dit moet wees ek smaak jou laaste paragraaf.