Vandag is die dag waarvan die ouens in die Mechanic Bar gepraat het, die dag het aangebreek vir die Bokke om die Bleekbene af te ransel en Wimpie van der Sandt kan persoonlik nie meer wag nie!
Die laaste keer toe die Bokke teen die Ingelse in Parys in 'n wereldbeker wedstryd gespeel het, was ek en my broer daar, daar was 'n lekker storie oor 'n paar springbokkies, ses drafts en 'n waitress, maar dis 'n storie vir 'n ander geleentheid....ne Danie!
Daar was ook die rugby wat die bokke verspot maklik gewen het danksy Jannie de Beer se vyf skepskoppe en 'n drie wat Joost van der Westhuizen in die hoekie reg voor my en my broer gedruk het...
Ingeval jy dalk vergeet het, kyk hier:
Lekker man en geen rede hoekom ons nie weer vanaand kan party hou nie....sterkte Bokke!
Die definisie van 'n skisofreen is iemend wat meer as een persoonlikheid het, m.a.w. vandag is hy so en more anders, gewoonlik sulke ouens wat "stemme in hulle koppe" hoor en dan een of ander onbesonne daad aanvang want die ander ou het dit gedoen. Gewoonlik ook 'n siekte waaraan 99% van die vrouens wat al in my lewe was of is, lei!!
Nou begin ek dink ons minister van sport mnr. Stofile is so 'n ou. Net gister se hy Eddie Jones moet 'n Springbokbaadjie kry, en net vandag se hy Jones moes nooit die pos gekry het nie!
Nee wat mnr. Stofile sodra ek moed kry dan vernietig jy daai stukkie moed met een of twee ondeurdagte sinnetjies in die parlement!
Come to think of it: Daar word baie sulke woorde in die parlement ge-uiter met die ministers van sport en gesondheid voor in die koor!
Sterkte aan die Bokke, my dag begin al 12 uur vandag met 'n funksie, hoop ek sien vanaand! My raad aan jou: PACE JOUSELF! Drink ma se elke tweede dop 'n glas water!
Ons gesels weer Maandag.....
Kom ons hoop Bryan Habana kan dit weer vanaand doen:
Later!
Wimpie
Friday, September 14, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
6 comments:
Nee okay dan Wimpy, dan wag ons vir daardie storie van jou en Danie!! (gie gie ... kan my indink)
Ek wil self kyk of ek vroeër kan weg kom, Marilee en my vriende (Dewet en Amelia) kom oor Moz toe vir rugby en grappies en laggies. Soos ek altyd vir my vriende sê voor so groot gekuier "... hi ek groet jou noual, veilig ry na die game, want ek weet nie of ek later instaat gaan wees om te kan praat nie!" So Wimpie, moenie terug hou nie!!
Lekker dag
Eben
Hi Neef,
Hoe gaan dit.......?So... ek is so moeg vir al die sport...... nes 99.9999999999'% van alle vroue in ons land MAAR ek sal nooit kan mis as die Bokke die ingelse 'n enorme pakslae gee nie!!!
nog net twee maande....en dan.....never mind!
Wel goed rugby, kriket en dan gaan die Europeese sokker ook nou weer begin en vir iemand wat nie 'n skottel het nie begin dit nou regti erg raak!!!!
Ja ek ken van kuier saam met 'n broer.......... maar dit is 'n storie wat ons kan deel as ons, ons kuier sessie het om optevang!!!
Liefde
Spookie,
Ps. ek sal vir jou 'n foto stuur van hoeveel ek verander het in die +/- 14 jaar wat ons mekaar nie gesien het nie!
Van der Merwe in London
Van der Merwe goes to London to watch the Boks take on the Poms at
Twickenham.
Whilst in London , he walks around, gaping and staring at everything.
So much so that he walks smack bang into a fire hydrant which hits him
so hard on the family jewels that they burst.
He gets rushed to hospital where the doctors tell him they have to
remove his testicles.
Van goes beserk: he bites and snarls at every one and he won't let
anybody within 10 metres of him.
Eventually they find a South African doctor in the hospital and get him
to talk to Van.
He walks up to Van and tells him "Hey Van, die ouens moet jou knaters
uithaal."
Van replies "O, okay, ek dog die bliksems wil my test tickets vat."
Net voor die game, moet hulle net "Jannie de Beer" in die Kakies se ore fluister en dan sal hulle vir die hele game ontsenu wees!
Ja nee, dit was bemoerst. Ek sal my linker jy-weet-wat gee om vanaand weer daar kon wees. Ek kan ook nie wag nie. gaan nou begin groot gaan!! CHEERS!!!
Go bokke!!!!!!!!
Groete Danie
Wimpie ek was toe Saterdag by jou broer se winkel, baie ougat plekkie hoor, ek het lekker gelag vir van daai boodskappe op daai borde, like daai horlosies wat hy daar het. Ek wil so na payday weer bietjie soontoe gaan, die keer met genoeg geld by my.
Post a Comment