Thursday, September 20, 2007

Dis genoeg Korporaal!

Kyk bietjie na hierdie video as jy wil sien wat doen die grootste demokrasie in die wereld se polisie met jou as jy iets teen die president te se het:



Ek wonder partykeer of daar een of ander geheime liga van puriste in die wereld is, een of abder super organisasie waaraan net sekere mense behoort en waar jy net aan kan behoort as jy uitgenooi word....
Iets soos die "Vereniging vir die korrekte taalgebruik van Afrikaans" of die "Imagine by John Lennon is the best song ever" organisasies.
Dis hierdie ouens wat uit hulle gate kruip en stem wanneer die beste song van alle tye aangewys word of wanneer radiostasies hulle "Top 100 songs of all time" aanwys.
Wat ek wil weet is wie is hierdie mense en waar kom hulle vandaan, hulle is die puriste wat jou vertel dis verkeerd om sus of so met die taal om te gaan en hoe jou uitspraak moet wees van sekere woorde en wat is aanvaarbare etiket en wat is nie-aanvaarbare etiket en maniere ensovoorts...
Dis maar net iets wat my geweldig irriteer en wat ek van my bors af wou kry vanoggend.

Soos julle seker die afgelope tyd agtergekom het worstel ek al weer met die eeu oue vraag wat my manlike voorouers voor my mee geworstel het, en die ouens van die Mechanic Bar ook mee worstel.... Dis 'n vraag wat sy ontstaan gehad het die Adam een oggend wakker word en vir geen denkbare rede in die KAK was by Eva... Wat gaan aan in die misterieuse wereld van die vroulike brein...
Mans is maklik om gelukkig te hou, of kom ek stel dit so, EK is maklik om gelukkig te hou (Bring bier en biltong as die bokke speel)! Nee ernstig, ek voel ek is nou op daai punt van my lewe wat ek so wragtig te oud is om mindgames te speel.
So hierdie is nou 'n ope brief want ek kry nie tot jou deurgedring nie. Ek is moeg vir games ek is moeg om elke dag van my lewe weggejaag te word en ek het besluit dis nou reg of weg.... ek probeer verstaan dat jy 'n vrou is en dat vrouens tempramenteel is en ek probeer jou kant insien maar regtig!
Daar is nie iemand anders in my lewe NIE en ek wil NIE elke dag vertel word dat daar iemand anders is nie...
Aanvaar my hoe ek is of los my, dis my werk EN my geaardheid om vriendelik met mense te wees en en KAN dit nie verander nie...
Die laaste ses jaar van my lewe was ek in drie verhoudings betrokke en ek daag ENIGEEN uit om my te kom verteel waar het ek ENIGEEN van daai drie girls EEN keer rondgevoeter. Ek sal prysgeld van R10 000 uitbetaal aan ENIGEEN wat so iets kan bewys!

Genoeg van my persoonlike lewe, bottomline is AANVAAR MY OF LOS MY!

Die krieket is nou by 'n hoogtepunt, vandag is 'n groot game die proteas en die Indiers...
Krieketnuus van die Twintig20-wêreldtoernooi is dat Yuvraj Singh van Indië een van die kragtigste vertonings in die toernooi gelewer het tydens gisteraand se Super 8-kragmeting teen Engeland in Durban. Hy het ses agtereenvolgende sesse van Chris Broad se boulwerk gemoker en sy span gehelp om 218 vir vier in 20 boulbeurte op te stapel. Engeland het met 18 lopies verloor. Die oorwinning beteken dat Indië steeds ‘n kans het om die halfeindronde te haal, maar Engeland, wat beperk is tot 200 vir ses, is op pad huis toe.
Indië moet Suid-Afrika vandag klop om saam met die Proteas en Nieu-Seeland boaan hulle Super 8-groep te eindig. Netto lopietempo sal dan bepaal watter twee spanne deurdring na die voorlaaste ronde. Die game is 18H00 in Durban, maak seker jy's betyds by die huis, dit gaan 'n riller wees!

Dis my storie vir vandag, sorry ek's bietjie swartgallig die laaste tyd, dis net ek verstaan nie vroumense nie en ek sal seker nooit!

Die storie van my lewe!
Wimpie

PS: Snaakse een die, ek het besluit ek hou op eet....sommer nou!

15 comments:

Blou Bul said...

Goeie more

Puriste (verkramptes) laat my soms voel asof ek in my broek wil skyt.Hel man die lewe is mos `n lied en nie so ernstige storie nie, ons taal is in elkgeval saamgevlans van verskillende tale. So `n sleng woord nou en dan sal niks skade berokken nie.Angliseer is aan die orde van die dag in alle tale.

Ja Wimpie die vroulike brein is onverstaanbaar, maar so moet dit seker maar wees.Ek kan doen met R10 000.00 weet iemand van enige iets laat my weet ons deel die geld.(lol)

Wimpie gee op man, ons sal die spesie nooit verstaan nie.Ek wil vir jou iets mail wat jy dalk more op jou blog kan plaas.(wat is jou mail adres)

Lekker dag almal.

Anonymous said...

Wimpie,
Jy weet Brein, ek het eendag iets gehoor/gelees waar hulle die persoon vra of Afrikaans sal voortbestaan en wat is die voorspelling wat sal gebeur.

Die persoon het geantwoord dat afrikaans daar sal wees, maar in 'n ander vorm. Daar sal baie re-braak wees, en mengel oes van verskillende tale, dat almal die tal kan praat en verstaan. Dis so afrikaans is 'n wonderlke taal, maar soms is dit nodig om daardie 1 of 2 woorde te plaas om 'n beter uitdrukking daar te stel.

Wimpy, ja vroumense is 'n ander gedeelte van Mars of Venus of waar in die lewe hulle vandaan kom. Ek sê altyd, daardie mense wat agteruit dans en sit en pippie sal ek ook nooit verstaan, maar tog bly mens lief vir hulle. Wimpie ja (!!) ek sê ook, 'n vrou/man is daar om die BESTE uit jou te haal.

As die persoon weet Wimpy is spontaan, dis mos hoe sy jou leer ken/ontmoet het. (dan nie??) Dan moet sy die beste uit jou kry. Ek ken jou nie,(persoonlik) maar glo jy is 'n opgeruimde positiewe en great ou. Hoekom toelaat dat iemand jou wil verander. Booooo man!! Jy is Wimpy en klaar

Hi laat ek ophou .. lekker dag en verseker is ek vanmiddag bietjie vroeer by die gastehuis.

Eben

Dellie said...

Toemaar Wimpie, soms verstaan ons onsself nie eers nie...maar sommiges van ons hou sowaar van sport ook! Kan nie wag vir daai game vanaand nie!

Feetjieland said...

Ai Wimpie, ja ons is gekompliseerd, maar moet tog nie almal onder dieselfde kam skeer nie, ons wissel darem van mal na maller en malste!
Jy is duidelik in 'n verhouding met iemand wat baie onseker oor haarself voel, en 'n swak selfbeeld het. Die ding is....jy staan nou voor 'n keuse...of jy is bereid om uit jou pad uit te gaan om vir haar liefde en versekering te gee, en te werk aan haar selfbeeld deur haar heeltyd te komplimenteer...en hoop en bid dat dit genoeg sal wees....of jy maak 'n einde aan die verhouding. Sy is duidelik voorheen baie seergemaak en het dit nooit verwerk nie...en "punish" jou nou daarvoor, as mens dit so kan stel.
Een ding kan ek jou belowe, sy gaan nie oornag verander nie, jy gaan nie haar vertroue oornag kan wen nie, indien ooit...ek wil nie pessimisties wees nie, maar vertroue is so belangrik en dis baie moeilik vir iemand wat voorheen seergemaak en(verskil natuurlik van persoon tot persoon)
verneuk is, om dit te verwerk..
Logika is, dit was nie jy wat dit aan haar gedoen het nie, maar duidelik het sy vertroue in alle mense verloor, en nie net in die betrokke persoon wat haar seergemaak het nie. Punt is..jy is of bereid om die paadjie na genesing saam met haar te stap, of jy is nie..

Soos wat jy voel oor biltong en bier, voel ek oor liefde, seks en aandag...dis nie moeilik nie!!

O ja, moenie jou spontaniteit en persoonlikheid onderdruk sou jy besluit om die pad saam met haar te stap nie, want ek belowe jou, jy gaan haar later verwyt daarvoor en nie kan volhou om jou persoonlikheid te onderdruk nie!
Mens moet compromise, maar om jou persoonlikheid te verander ter wille van iemand..is iets anders!

Anonymous said...

Ai Ai Wimpie, hoekom het jy die gawe om die 'verkeerde' meisies nader te trek of is weer 'n geval van hulle aan jou opdring. Moet asb nou nie weer ALL vroumense onder dieselfde kam skeer nie, ek stem ons is so effe anders as julle en met rede ook, maar hel, nie almal van ons is phyco gevalle nie. Wat het haar in die eerste plek na haar toe aangetrek seker jou spontaniteit en vriendelikheid! ek is seker die probleem lê by haar want sy is onseker oor haarself dis hoekom jy heeltyd verantwoording moet doen en jouself moet verander. Sy kan nie aanvaar dat jy haar bo ander kies nie en het sommer self besluit jy loer rond!! Nee wat jy het dit nie nodig nie!!

Groetnis

Anonymous said...

ANONYMOUS
'N SAAK HET 2 KANTE!!
DALK MOET JY EERS HAAR KANT HOOR VOORDAT JY HAAR KAN OORDEEL. DIS BIETJIE VARS WANT JY WEET NIE WAT IN HULLE VERHOUDING AANGAAN NIE...
SO DIS NIE 'N GEVAL VAN DAT DIE PROBLEEM BY HAAR LE NIE EK DINK JY MOET ALBEI KANTE HOOR!!
?

Feetjieland said...

Ek stem nogal met die laaste anonymous, die eerste anonymous is bietjie hard op die girl. Sy is nie noodwendig die verkeerde meisie nie, dalk is sy 'n fantastiese mens met net die een "flaw", onsekerheid...Geen mens wil onseker voel of 'n swak selfbeeld he nie!Vir al wat jy weet haat sy dit om so te wees, maar sy weet nie hoe om anders te wees nie, sy weet nie hoe om haar vertroue in mense te herstel nie.
En ons vriend Wimpy is dalk nie meneer romanties en liefdevol nie, meeste mans sukkel mos maar om komplimente, liefde en versekering te gee, hulle koppe werk net nie so nie. Mans is nie ingestel op ons gevoelens soos ons op hulle en mekaar s'n nie, want hulle is nie sulke emosionele wesens nie. Sy is dalk liggeraak en oorsensitief a.g.v. haar swak selfbeeld en Wimpy se of doen dalk soms goed wat haar seer maak en meer onseker laat voel,hy doen dit dan onbewustelik natuurlik. Eerstens gaan sy haar verlede moet verwerk, aan haar selfbeeld werk en leer om haarself gelukkig te maak, dan eers sal sy gereed wees vir 'n verhouding met 'n "tipiese" man, anders moet sy iemand kry wat meer in voeling is met sy vroulike kant, nie gay nie, verstaan mooi, net sagter, meer liefdevol en simpatiek as die gewone man.

Dame met 'n wil! said...

Wimpie net soos wat julle mans nie ons verstaan nie, verstaan ons nie vir julle nie. die brein die lewe is 'n lied stuur daai wysie vir my asseblief!! Die lewe gooi mens maar met esse en sesse, jy moet eers die kant voor jy daai kant kan uitkom, gelukkig sien ek darem lig aan die einde van hierdie elle lange donker tonnel. Lig yippee ek kan al begin op en af spring!!

Wimpie as ek soos hierdie tannie moet lyk, sy is nou koel rond reg rond om!! Ek sal myself skiet die dag as ek so moet lyk, sies nee. Ek moet dit Jaco wys, hy sal gril tot in lengte van dae.

Ek kan ook doen met hierdie R10 000. Maar ek kan jou nie help nie, ons verstaan onsself nie eers nie!!

Feetjieland said...

Wimpie, lees die girl jou blog?
Want ek het net voordat ek my 2de comment gepost het, 'n lelike comment op my blog gekry, gaan dit gou paste...ek kan nie aan iemand anders dink nie, want die comment op jou blog is die enigste een wat mense as veroordelend kan beskou???

Weet jy jy is kamma so christelik maar jy oordeel darem mense vreeslik gou net omdat jy eenkant van die storie gehoor het!!!
kry jou feite reg. Dalk moet jy die Here vra om jou comments vir jouself te hou en nie andere te oordeel nie!!

Alhoewel ek in my 2de comment dit duidelik gemaak het dat ek nie oordeel nie? Maar voor ek my 2de een gepost het op jou blog, was daar nie so comment op my blog nie, so dit moes dan in dieselfde tyd gewees het as wat ek my 2de comment op jou blog gepost het?

Feetjieland said...

As dit sy is, wel ek kan nie aan enigiemand anders dink nie, wil ek net se...die eerste stap na genesing is erkenning...help nie jy blameer elke boyfriend vir jou jaloesie en onsekerhede nie, dis nie die oplossing nie. Ek veroordeel jou glad nie, inteendeel, ek is self daardeur. Het baie seergekry en my vertroue in die hele mensdom was geskaad.
Jy reageer soos wat ek sou paar jr terug.. ek was liggeraak en oorsensitief en onseker van myself.
En ek moes eers erken dat ek 'n probleem het, toe aan 'n oplossing dink en daaraan begin werk. As jy dit nie self kan doen nie, stel ek voor jy gaan sien 'n berader of iemand wat jou kan help daarmee, anders gaan JY elke nuwe verhouding "crash". Dit vat tyd, maar kan beslis gedoen word!Doen bietjie selfondersoek, konsentreer op jou goeie eienskappe, besef dat jy alleen verantwoordelik is vir jou geluk en dat jy niemand nodig het wat nie 'n aanwins in jou lewe is nie!Weet en glo dat jy dit werd is om liefgehe te word, gun jouself daardie geluk!Hou op vrees dat jy hom gaan verloor, jy gaan hom i.e.g. verloor deur jaloesie en onsekerheid, oorreed jouself dat as hy iemand anders bo jou verkies hy jou nie verdien nie, dus nie 'n aanwins in jou lewe is nie, en jy hom dan nie nodig het nie. Find your inner strenght...leer cope met die lewe op jou eie, jy kan!!

Sterkte!

Anonymous said...

Daai video clip is ontstellend...

Wat die girls betref. Dis eenvoudig. Ons wil maar net ook 'verafgod' word deur ons liefies en ons (vergewe my die veralgemening) lewe vir opregte komplimente. Gaan lees hier http://kruidjieroermynie.wordpress.com/2007/09/18/ag-die-wereld-vroue-werklik-minderwaardig/ . Jy se^ 'aanvaar my of los my'. Wel, sy het jy mos gelos! Bwahaha. Nee, alle grappies op 'n stokkie. Tel jou seeninge. Dit was dan nie die regte girl vir jou nie.

Blou Bul said...

Danie

Nou wat se jy oor daardie bok trui?Het jy nie my comment van Dinsdag gelees nie?Asseblief laat my weet.

Anonymous said...

Hi brein
hel, jammer man, die week was bietjie rof sover, ek lees nou eers jou comment en ek hoop dat jy myne nog more sal kry en dat jy gaan terugblaai.

Jy sal nie glo ,maar ons het net die dames groen truie en die mans wit truie or, ek het reeds die volgende batch bestel maar wil nie nou al iets belowe. Ek sal wel vir jou een uithou van die volgende bestelling- herinner asb vir Wimpie om dit te kom kry.

Sharks- al my uitgawes gaan nou op die wereld beker eers(ry die golf), maar ek sal nader aan die curriebeker finale die finaliste se truie kry en hoop die sharks is daar! Nee toemaar ek sal elk geval paar sharks truie kry, dan laat weet my die size en ek hou hom vir jou.

Groete
Danie

Dame met 'n wil! said...

DANIE seblief hou twee SHARKS hempde Koos dra 'n xx large maar ek dink x large mag dalk ook pas, ek sal 'n small vat, hou uit seblief. Dankie Danie. mool5man@hotmail.com

Feetjieland said...

Dankie vir die comment op Wimpie se blog. Ek voel net dat dit het eintlik niks met jou te doen nie en dat jy comment op iemand wat jy nie eers ken nie. Jy ken nie eers die situasie nie, en nou se jy ek het hulp nodig????
Sorry jy het gecomment op 'n saak wat nr 1 jou nie aangaan nie en jy ken my nie eens om te se dat ek hulp nodig het nie. Hoe sal jy voel as ek net 'n comment los en vir jou vertel hoe jy is en ek ken jou eintlik nie eers nie. Dis onregverdig. Jy klink nice genoeg, ek kan nie dink hoekom jy my aanval net oor 'n ding wat Wimpie gese het nie. 'n saak het 2 kante. Ek kan jou ook vertel van hom en wat hy doen, en hoekom ek so reageer, daar is 'n goeie rede voor, maar ek sal nie sy naam sleg maak by niemand nie, want ek is 'n beter mens as dit. Jy ken my nie eers om te se ek het 'n swak selfbeeld nie.... JY KEN NIE DIE SITUASIE NIE. Maar inelkgeval ek wil nie in ;n bespreking daaroor gaan nie, wil net nie he jy moet my of die saak oordeel sonder dat jy regtig weet wat aangaan nie. Ek is eintlik 'n baie nice mens en baie liefdevol. Ek voel net onder 'n vergrootglas omdat jy nie my of die situasie ken nie, dis onregverdig.

September 21, 2007 12:04 AM

Anel, ek val jou nie aan nie...
soos ek op Wimpie se blog verduidelik het, ek het regtig net probeer raad gee. Almal het daarop gecomment, nie net ek nie.
Onsekerheid en jaloesie spreek maar gewoonlik van 'n swak selfbeeld. As jy mooi lees sal jy lees dat ek se, dalk het hy nie vir jou genoeg liefde en versekering gegee nie, want die manlike spesie is nie so emosioneel soos ons nie, en sukkel maar om te komplimenteer en ons spesiaal te laat voel.Volgens die inskrywing op sy blog, is daar nie iemand anders in sy lewe nie en is jy onnodig jaloers, ons almal het dus gecomment daarvolgens. As ek 'n posting plaas oor my man, gaan die bloggers nie eers my man kontak om sy kant van die storie te hoor nie, hulle gaan comment op die inligting wat op my posting verskyn. Soos ek ook op Wimpy se blog gese het, het ek maar self met die jaloesie-ding geworstel, dus was my raad gebasseer op my eie ervaring. Ek het alles regtig net goed bedoel, en wou help. Jammer as dit jou ongemaklik en blootgestel laat voel het, maar dit moet jy eintlik met Wimpie uitklaar, want hy het jou en die situasie blootgestel toe hy die inskrywing gemaak het. Die voorstel dat jy hulp moet kry, was regtig met die beste van bedoelings.

Wimpy, ek gaan eerder nie weer op jou blog comment nie, ek het regtig net goed bedoel.