
Sekere goed laat my ten hemele skreeu en dit is wanneer daar ongeregtigheid in die wereld is, maak nie saak hoe van wie en van watter kant af nie, vat nou maar vir Schalk Burger wat vir vier wedstryde geskors is na 'n tackle op Samoa se skrumskakel...
Ek wonder of die ouens in beheer van die wereldbeker gesien het hoe Robert Mugabe se offspring, Brian Lima, ek is seker Mugabe het een of ander tyd bietjie rondgespyker op die ou eilandjie en Lima is die resultaat van een so 'n wilde aandjie, vir Andre Pretorius point en hom daarna probeer onthoof het?
Die Samoane hte nie die beste reputasie in wereldrugby nie, en dat een van die Springbokke geskors word na die wedstryd maak die spoeg in my mond sommer soos koeksoda proe.
Nou ja Schalk is geskors vir vier weke en daar is niks wat ons nou daaraan kan doen nie, gelukkig het ons in Wickus van Heerden 'n baie goeie plaasvervanger soos die ouens van die Mechanic Bar vir jou sal se.
Van my kant af net 'n lekker vet middelvinger vir die grootste vuilgatte in wereldrugby en in die woorde van oorlede oom Boy Louw..."Looks at the scoreboard"..a%&$holes!
'n Baie interessante storie is die storie van die minister van sport oor kwotastelsels in Suid-Afrika en as ek die minister se woorde reg lees beteken dit dat die twee grootste sirkusse in die land besig is om ons, die gewone publiek, 'n rat voor die oe te draai.

Die grootste sirkusse in die land is natuurlik hoofnar Oregan Hoskins en die SA Rugby Unie en die verenigde Krieketraad van Suid-Afrika.
Mnr. Makhenkesi Stofile, minister van sport en ontspanning, sê hy moet toegelaat word om in te meng met die kies van sportspanne, aangesien kwotastelsels bullsh*t is.
“Ons gaan nié kwotastelsels in die land najaag nie,” het Stofile geantwoord op ’n vraag oor wat ná die Wêreldbeker-rugbytoernooi op spelers wag.
Stofile het soos voorheen benadruk dat kwotastelsels nie werk nie, omdat dit slegs individue in ’n gemeenskap bevoordeel.
Stofile het ook gesê hy kan nie verstaan waarom die Springbokke se tegniese raadgewer, Eddie Jones, nie ’n Springbok-baadjie mag dra nie.
“Ek stem steeds nie saam daarmee om sportafrigters in te voer nie, maar hy is geregtig op alles wat hom (as tegniese raadgewer) toekom.”
Met verwysing na die begin van die Twintig20-kriekettoernooi by die Wanderers gister, het Stofile gesê hy glo nie die Proteas staan ’n kans om te wen nie.
Hy meen boonop die Proteas se swak vertoning by vanjaar se Wêreldbeker-kriekettoernooi kan gedeeltelik op kwotastelsels geblameer word.
Volgens Stofile het hy vir die krieketbase gesê hulle moet nie sewe sogenaamde “kwotaspelers” insluit nie, “maar hulle het dit nog steeds gedoen”.
HuH? So wie bullshit nou vir wie, as ek die minister reg verstaan is hierdie hele kwotastelsel rubbish die persoonlike idiologie van narre soos Oregan Hoskins en die manne wat in beheer staan van SA Rugby en krieket....of die minister voer ons 'n poep en ek dink nie die minister is so dom nie! Meer vrae as antwoorde, maar iemand lieg!
Arme Helen Zille is aan die verkeerde kant van 'n stelsel wat nou deur haar vyande gemanupileer word, toemaar Helen dis die tipe verhale waarvan helde en heldinne gemaak word, ironies dat dit saamval met die 30e herdenking vandag van Steve Biko se dood in gevangeskap.
Almal onthou nog die woorde van die destydse minister Jimmy Kruger toe hy gese het Biko se dood laat hom koud.... woorde wat wereldwyd opslae gemaak het, en gehelp het dat die voormalige regering die mees ongewildste in die geskiedenis van die wereld naas Hitler se Nazis was. Die regering moet oppas en leer uit die foute van die verlede en ander idiots soos Jimmy Kruger s'n.

Hier is 'n paar reels vir die vroumense oor die volgende paar weke....moenie dit verbreek nie!
Hier volg 'n paar reels vandat die worldcup aangebreek het. My vriend het die reels op sy yskas geplak.
“Die reëls in hierdie huis vir die tydperk 7 September tot 20 Oktober: My liewe familie, gedurende hierdie deurslaggewende tydperk in ons land se geskiedenis behoort die ‘remote’ van die TV aan die pa van hierdie huis. Julle kan weer ná 20 Oktober 7de laan kyk. Vind intussen by vriendinne wie se mans nie van rugby hou nie, uit wat gebeur het. Van 12:00 tot 15:00 kan julle soveel TV kyk as wat julle wil. Tydens enige wedstryd, beskou my as blind en doof behalwe as julle wil weet wat ek wil eet of drink. Wees asseblief vriendelik met al my vriende gedurende hierdie tydperk en maak ook seker dat daar op enige gegewe tyd ten minste twee dosyn koue biere in die yskas is. As die Bokke verloor, moet nie eers oorweeg om te sê ‘rugby is net ’n spel nie’.
“Julle kan al die wedstryde in vrede saam met my kyk, maar moet my asseblief nie vra wat ek dink behalwe gedurende halftyd nie. En dan ook net wat ek dink van die rugby. Onthou, die kykweer en die ‘highlights’ elke aand is amper belangriker as die eerste keer se kyk! Laat weet asseblief vir al ons vriende wat 50, 60 of 70 word en kinders van ons vriende wat trou, dat ons dit ongelukkig nie sal kan maak nie. Die gras is op 6 September gesny en sal weer aandag geniet ná 20 Oktober. Wat betref Sondagwedstryde: Sê asseblief vir Dominee ons het die aanddiens ’n uur aangeskuif. Vir ordereëlings tydens die 20/20- krieket, sien ook bogenoemde reëls.”
Msimang is weer haarself: Dr. Manto Tshabalala-Msimang het in die nasionale raad van provinsies opnuut opgekom vir knoffel, beet en suurlemoensap as teenvoeter vir MIV/vigs....dit is nou al meer as 'n verleentheid en ek gaan nie eers meer iets daaroor se nie dit is nou by die punt waar dit maar net donners snaaks raak, dankie minister vir die komedie elke dag.....JOU FREAK!
Later
Wimpie
2 comments:
Middag in ons huishouding hoort die remote in elk geval net aan 'n sekere dik gat, hy lè 24/7 voor die tv, met die remote in die een hand en sy sel in die ander hand. Wens daai tv en skottel brand uit!! Bestaan daar nie maar nog iewers 'n goeie feè nie?
Lekker dag vir julle almal.
Wimpie jong ek wil gou gou ietsie hoor, is daar iemand wat iets weet van interdik en of die ding wel verval na 'n paar jaar?
Sharks .... Interdik, is dit om te sorg dat die remote nie by 'n sekere persoon mag kom nie?? Soe jy is wreed!
Gie gie
Eben
Post a Comment