
Die krakies in die muur begin nou groot krake raak...
Die regerende drieparty - alliansie is besig om te steier onder die druk, vir die van julle wat nie weet nie Cosato het besluit om sy steun aan Jacob Zuma te gee om president van die ANC te word en so vir pres. Thabo Mbeki op te volg, daarmee wys die vakbond 'n lekker vet middelvinger aan die pres en die regerende party.
Wat kommerwekkend is vir my is dat hierdie steun toegese word aan 'n man wat op die oomblik midde in 'n omkoop skandaal en hofsaak staan.... Dis ook gevaarlik om 'n man as kanidaat te nomineer wat volgens sy eie bekentenis, in sy verkragtingshofsaak, omtrent dieselfde kennis van aids het as die minister van gesondheid.
Mnr. Zuma het gereken dat 'n goeie stort na 'n sekssessie hom sal beskerm teen Vigs! En dis die ou wat julle wil he moet die land bestuur en in beheer wees van die land se geveg teen vigs en vir ons moet ekonomiese omkopery beding.....uhm sorry.... ekonomiese oplossings vir gekompliseerde probleme in 'n derde wereldse ekonomie moet uitfigure! Mugabe hier kom ons!
Dis unfair man.... Die Proteas wen alles en veeg alle teenstand uit die pad, verloor gisteraand hulle eerste wedstryd in die Indiese hoofstad van Durban en daar is ons uit!

As daar oorlog uitbreek aan wie se kant gaan julle oorlog maak! Nee man sies die manier waarop opns eie span uitgekryt word op ons eie "tuisveld" is belaglik, kan jy jou voorstel dat enige ander krieketspan in die wereld in sy eie land 'n "wegtoets" moet speel....hoe kak is dit nie... Vir wat dit werd is sorry Greame maar julle sal moet leer om nie te choke in wedstryde wat saakmaak nie, hoop nie dit gebeur met die Bokke nie....ten minste weet hulle, hulle speel oorsee en kan nie staatmaak op die skare se ondersteuning nie!

Op 'n persoonlike noot, ek het nou besluit my probleme met die skoner geslag is iets van die verlede. Ek gaan nou probeer om die minste te wees en julle te verstaan, dankie vir al die raad van julle bloggers in daai verband, ek sal probeer maar ek kan niks praat namens die manne van die Mechanic Bar nie!!
Jammer Annel jy is nie so bad nie ek oorreageer somtyds 'n bietjie want onthou ek is 'n skerpioen en skerpioen is baie emosionele mense, ek glo ons sal ons probleme kan uitsorteer omdat ons graag wil!
Lekker naweek en skreeu jou dinges af vir die Bokke!
Wimps!
Ps Ek dink Poena se fliek begin vandag, hier is 'n lusmaker!
24 comments:
Hi Wimpie,
Dis skrikwekkend om te dink Zuma kan moontlik president word. Kom ons hou duime vas en soien wat gebeur. Persoonlik dink ek daar is groot woeling tussen die ANC se hoofnare.
Krieket, saam my werk die Indier en hy kom ook vanaf Indie. Voor die game noem hy hulle het geen kans, maar herlaas toe kry ons op ons herrie. Geen vinger kan gewys word na die boulers wat die kaiens uit die vuur moet kry nie, maar na die top kolwers. Ek is miskien 'n leek in krieket, maar glo my met Ray Jennings daar sou hulle nie so aangeja het nie. Dissipline!! en beskerm jou paaltjie met jou lewe. Maar ons is uit en as is verbrande hou.
O jaaa wonder wie borg Greame se chappies ... sies mens spoeg nie net uit en tel dit nie eers op, en dan moet jy op dieselfde veld veldwerk doen ....
Wimpie ek lees jou oor die Bokke se baadjie-storie. Dis goed om die wereld se aandag te vestig op ons nare in krieket. Daar kan nie veel aan hulle gedoen word nie, want baie sal seker hulle loopbane afsluit of oorsee gaan speel.
Lekker naweek en gaan groot.
O jaaa Wimpy, het julle toe vir René ooit gekontak en wat is wat, enige nuus?
Eben
Hi Eben
Nog nie tyd gehad nie besig om die finale reelings te tref vir die groot show gaan hopelik die kwarteind in Harties kyk en sal dan reel om gou te gaan...thanks!
Hallo jy...
Wanneer verjaar jy? Ek verjaar die 4de Nov...ja, ons is maar emosioneel en geneig om te oorreageer, veral as ons seergemaak word, of ons vinnige humeure vlamvat! Maar nou verklap ek te veel van ons...
As jy lief is vir haar is dit tog die moeite werd om te werk aan die verhouding. Maar dan ook, scorpios is romanties, passievol en liefdevol, ons is mos aandag-vrate,
so dan beskik jy beslis oor die vermoe om die girl spesiaal te laat voel en haar te verseker van jou liefde.
Thanks Feetjieland, ek is die 14e!
Hi Wimpie
Net 'n vinnige hallo en dan moet ek maar weer gaan werk!
Ek dink nie dit sal wys wees om my siening oor zuma en daai lot te lug nie want ek sal gearresteer word!!!!
op 'n ander noot ek was gister aand so kwaad en meer vir die nationale blommetjies........ hulle het soos 'n spul skoolseuns teen India gelyk......................
maar ek is seker dat die bokke dinge beter sal doen!!!!!
en toe trap die Bulle vir WP(ek het gister eers gehoor) maar in die gees van naaste liefde en al daai dinge moet ons scorpios saamstaan!!
Kannie wag vir Poena se fliek nie!!!! Dit gaan skreeusnaaks wees!!
Liefde groette
Spookie
Howzit,dis wat Indie gister vir die Proteas geskreeu het.
Net vir die interessantheid.
Durban Riots, inter-racial conflict between Zulus and Indians in Durban, in eastern South Africa, in January 1949. The riots, in which 142 people were killed and 1,087 injured, began when a black youth was killed by an Indian shopkeeper. The violence was symptomatic of long-standing social and economic divisions between the two communities. Paradoxically, the riots accelerated cooperation between the African National Congress and Indian leaders.Mirosoft Encarta.
Ja die krake is daar, maar tyd sal leer wat gaan gebeur in ons politiek.
Oor die krieket ek was nog nooit `n Greame Smith Fan nie hy is `n suurknol Hansie en Kepler was sprankelend en het baie gelag en gesmile maar nie kaptein bitterbek nie.En ja die chappie kouery, swak man.Die span het nog nooit BMT (big match temper)gehad nie.
Mooi bokke ek support julle Eddie Jones doen meesterlike werk.
Wimpie wel dan is alle vroue seker skerpioene want hulle is almal emosioneel en oorreageer soms net te veel, maar na amper 22 jaar van getroude lewe, is hulle maar altyd wantrouerig, maar ons kan hulle mos nie kwalik neem nie ,met sulke mooi sexy mans soos ons moet hulle hul belange beskerm.Maar sterkte vit jou en Annel. ek is na al die jare mal oor my sexy vrou, yster slyp yster en ons is greate buddies.Ja man ons kyk vir mooi vrouens dis lekker en hou ons jonk, maar hulle mag ook kyk vir ander mans, maar mens moet darem seker nie die dam onder die eend uitruk nie.My vrou laat my toe om te kyk en ek vir haar.Natuurlik is mens jaloers maar met perke.
Sy is vandag in die St. Mary`s kliniek in Springs vir `n histerektomie was gister geopereer, het baie seer.Sy is nou veertig.Ek dink hoe gouer vroue dit in hul lewens doen hoe beter en ja ons mans moet ook ons deel doen, gaan vir`n vasektomie ek het reeds in 1994.En jou performance bly dieselfde ineendeel beter.
Sorry oor die lang bybel wat ek gesryf het.
Lekker naweek.
o en ek is die 12de.......... Lekka dag neef
Spook
hehehe brein....amen
die brein jou arme vrou gaan vir nog 'n ruk lank seer hè, jy sal haar maar moet help en ondersteun, ek het myne gehad so 7 jaar terug, net na my egskeiding, niemand was daar om my te hekp nie, dit is baie seer!! Maar so die moeite werd, nie spyt ek het myne al gehad nie!!
More Wimpie
Ek is net so vies vir die krieket, my hart is seer, hulle doen dit elke keer as dit saakmaak! Flip!
Brein, sê sterkte vir jou vroulief, en bederf maar baie, dis rerig seer.
Lekker naweek julle!
Die Brein, as vrouens oor die algemeen emosioneel is en oorreageer, en dis boonop 'n scorpio eienskap, soveel so dat die mans selfs emosioneel is en oorreageer, moet jy weet hoe intens ek is!Ek het 'n dubbele dosis!Hoor hoor vir die sexy mans en belange beskerm! Mens mag na die spyskaart kyk, maar jy eet by die huis, lol.Daar is tog 'n verskil tussen jaloesie en besitlikheid... besitlik is goed, dit wys jy gee om en wil he die wereld moet weet dis joune! Maar jaloesie is wantroue...nie goed..
Maar ja, dis seker bietjie naief om heeltemal te vertrou en nie soms bietjie versigtig en suspisieus te wees nie, maar ja, daar is perke. Dis omdat ons self vrouens is en weet hoe verleidelik ons kan wees dat ons soms wantrou, en dan het ons ook 'n sesde sintuig wat ons waarsku teen 'n bedreiging! En ons weet man bly maar man!Se vir vrou-lief sterkte met die operasie en spoedige herstel. Oor die vasektomie en beter performance...ek sal met die dr wat my man se vasektomie gedoen het moet gaan praat!
Wimpie jammer, ek neem ook oor en skryf opstelle.
Spook, jy verjaar saam met my pa..
Ek is nou sommer bewoe..
Kan nie wag vir die Poena fliek,
lyk sooooo snaaks, 'n moet-sien!
Ek hoor jou, Mugabe hier kom ons..
Maar wat kan ons doen, my vriend?
Net gou vinnig "`n loop dop" of is dit nou "`n loop blog"?
Wimpie onthou `n verhouding bestaan nie uit 50/50 nie as jy 50% gee gaan jy net 50% terug kry, maar dit bestaan uit 100%/100% , nou as jy 100% gee gaan jy 100% terug kry, ek dink ek het dit al genoem op die blog.
Oor jou comment van Suid Afrikaner,Arfikaner gaan lees my comment op Steve se blog van Woensdag.Anton Goosen sing ons is die Wit kaffers van Afrika, heiden van geboorte en heiden na die graf. en ja lees dit dan sien jy wat ek gese het.
Groete van die WITKAFFER VAN AFRIKA, miskien moet ek my blogger naam daarna verander.
Nee fok julle maak dit nou so interessant ek gaan nou na my vrou in die hospitaal.Ek gaan terug ploeg in die tyd wat sy seer het vir al die bystand en regstaan vir my wat sy al gedoen het.
Dankie vir almal julle is regtig `n greate klomp op die blog.
Dellie en Sharks ek het nie geweet dis so seer nie, ja sy het baie seer gehad gister.Ek het na my vasektomie dieselfde dag nog by St Lucia gaan see hengel en het aangegaan asof daar niks was nie steke en al, net my toekoms met `n krieket huisie beskerm.
Feetjieland, dis amper soos die cremora advertensie, "its not inside its untop"..........Wel oor die vasektomie "its not below its in the head."Wel die dokter sny seker nie `n deel van jou drange weg nie.Ek weet nie hoe oud julle is nie maar ek is 43 en my vrou 40 en regtig met die jare word jy soos goeie belee wyn, beter en beter.
My vrou se swaer het altyd gese nee hy sal nie gaan nie, want dan is jy `n halwe man, dan se ek vir hom bring jou vrou dan wys ek jou wat is `n halwe man.Geen kommentaar dan van hom nie.hehehe.
Ek sal van die hospitaal af blog, later.
Nee fok julle maak dit nou so interessant ek gaan nou na my vrou in die hospitaal.Ek gaan terug ploeg in die tyd wat sy seer het vir al die bystand en regstaan vir my wat sy al gedoen het.
Dankie vir almal julle is regtig `n greate klomp op die blog.
Dellie en Sharks ek het nie geweet dis so seer nie, ja sy het baie seer gehad gister.Ek het na my vasektomie dieselfde dag nog by St Lucia gaan see hengel en het aangegaan asof daar niks was nie steke en al, net my toekoms met `n krieket huisie beskerm.
Feetjieland, dis amper soos die cremora advertensie, "its not inside its untop"..........Wel oor die vasektomie "its not below its in the head."Wel die dokter sny seker nie `n deel van jou drange weg nie.Ek weet nie hoe oud julle is nie maar ek is 43 en my vrou 40 en regtig met die jare word jy soos goeie belee wyn, beter en beter.
My vrou se swaer het altyd gese nee hy sal nie gaan nie, want dan is jy `n halwe man, dan se ek vir hom bring jou vrou dan wys ek jou wat is `n halwe man.Geen kommentaar dan van hom nie.hehehe.
Ek sal van die hospitaal af blog, later.
Dankie vir die comment op Wimpie se blog. Ek voel net dat dit het eintlik niks met jou te doen nie en dat jy comment op iemand wat jy nie eers ken nie. Jy ken nie eers die situasie nie, en nou se jy ek het hulp nodig????
Sorry jy het gecomment op 'n saak wat nr 1 jou nie aangaan nie en jy ken my nie eens om te se dat ek hulp nodig het nie. Hoe sal jy voel as ek net 'n comment los en vir jou vertel hoe jy is en ek ken jou eintlik nie eers nie. Dis onregverdig. Jy klink nice genoeg, ek kan nie dink hoekom jy my aanval net oor 'n ding wat Wimpie gese het nie. 'n saak het 2 kante. Ek kan jou ook vertel van hom en wat hy doen, en hoekom ek so reageer, daar is 'n goeie rede voor, maar ek sal nie sy naam sleg maak by niemand nie, want ek is 'n beter mens as dit. Jy ken my nie eers om te se ek het 'n swak selfbeeld nie.... JY KEN NIE DIE SITUASIE NIE. Maar inelkgeval ek wil nie in ;n bespreking daaroor gaan nie, wil net nie he jy moet my of die saak oordeel sonder dat jy regtig weet wat aangaan nie. Ek is eintlik 'n baie nice mens en baie liefdevol. Ek voel net onder 'n vergrootglas omdat jy nie my of die situasie ken nie, dis onregverdig.
September 21, 2007 12:04 AM
Anel, ek val jou nie aan nie...
soos ek op Wimpie se blog verduidelik het, ek het regtig net probeer raad gee. Almal het daarop gecomment, nie net ek nie.
Onsekerheid en jaloesie spreek maar gewoonlik van 'n swak selfbeeld. As jy mooi lees sal jy lees dat ek se, dalk het hy nie vir jou genoeg liefde en versekering gegee nie, want die manlike spesie is nie so emosioneel soos ons nie, en sukkel maar om te komplimenteer en ons spesiaal te laat voel.Volgens die inskrywing op sy blog, is daar nie iemand anders in sy lewe nie en is jy onnodig jaloers, ons almal het dus gecomment daarvolgens. As ek 'n posting plaas oor my man, gaan die bloggers nie eers my man kontak om sy kant van die storie te hoor nie, hulle gaan comment op die inligting wat op my posting verskyn. Soos ek ook op Wimpy se blog gese het, het ek maar self met die jaloesie-ding geworstel, dus was my raad gebasseer op my eie ervaring. Ek het alles regtig net goed bedoel, en wou help. Jammer as dit jou ongemaklik en blootgestel laat voel het, maar dit moet jy eintlik met Wimpie uitklaar, want hy het jou en die situasie blootgestel toe hy die inskrywing gemaak het. Die voorstel dat jy hulp moet kry, was regtig met die beste van bedoelings.
Wimpy, ek gaan eerder nie weer op jou blog comment nie, ek het regtig net goed bedoel.
September 21, 2007 9:47 AM
Wil net vinnig vir Die Brein se, ek is 28 en my man 24, so die goeie tye le nog voor? Soos ou wyn..
Wimpie,
Ek bedoel René van Mozambique - Island Rock Resort? Oooor daardie lugtyd en rugby raai 2x weke ... ens ens!!
Feetjie ... Marilee verjaar ook op 4 Nov en as julle van enige oorreageer nie weee nie, vra my!! Gmffff ..... Maar ons hou maar van die skerpioentjies .... al is die stertjies in die lug !!
Brein ... stem vir kyk en saam kyk. Marilee sê altyd ek kan rond kyk, maar sy weet vanaand is ek langs haar in die kooi! Maar as ek rondloop en sy vang my ... (julle het seker al 'n skerpioen hoor afgaan, en daarvoor sien ek nie kans, so ek kyk net!!- sic!)
Eben
O jaaaa Brein, miskien moet die manne van 'gooi mielies' vir ons t-hemde maak met "WIT KAFFER" voor op!!!
gie gie
Eben
Eben, dit verklaar hoekom jy dikwels se, as jy nie van beter geweet het nie, sou jy gedink het dis Marilee wat my comments of postings geskryf het! En dan het sy ook nog 'n Mari in haar naam, my naam is Mari!
Anonymous said...
Dis goed so. Ja ek het met hom daaroor gepraat. Ek reageer maar net hoe ek behandel word. Want dit word net altyd op sy blog gesit van vroumense dit en vroumense dat... en ek was regtig seergemaak oordat mense comment op een kant van die storie. 'n saak het altyd 2 kante.
Maar inelkgeval ek lees jou blog gereeld en hou baie daarvan - baie inspireerend.
dankie en lekker dag
September 21, 2007 12:56 AM
Feetjieland said...
Ek het jou comment en myne op sy blog gepost, en gese dat ek net wou help en eerder nie weer gaan comment op sy blog nie. Ek wil nie moeilikheid maak of he nie, het maar net gereageer op wat ek gelees het in sy blog. Jammer vir enige ongerief, probleme en skade.
September 21, 2007 1:03 AM
Jammer Wimpy...ek wou regtig nie moeilikheid maak nie.
Sorry vir die dubbele comment ,maar dis vodafone 3G die ding is eintlik baie bad.
Feetjieland, nee man jy bly hier en lewer jou comments hier, almal is seker welkom of wat se WVDS?, selfs ktitici niemand is volmaak nie, behalwe die brein....................lol.En ja soos die tyd loop so mature ons.Julle sal eendag se jislaaik maar die brein het breins.
Eben, nes jy se dankie vir die ondersteuning.Ok maar man ok maar lus.Ek weet nie wat ek gaan doen in die tyd wat my vrou buite aksie is nie die ander vrou langs haar in die hospitaal se ek en haar man moet maar vir ons opblaaspoppe kry, Grouse nee los maar.(Sies vir julle vrouens`n man mag nie eers `n plaasvervanger he nie)
ANNEL EN WIMPIE! Stop jul kak en geniet die naweek en mekaar.En Annel maak vrede met die "goeie fee" sy het niks bad bedoel nie.
Die lekkerste van alles is julle verjaar almal onder die skerpioen, ek verjaar die 23ste November en dit maak van my `n boogskutter ek gaan julle almal met my pyle bestook of soos hulle in boogjag terme se ek gaan julle TONG!(die geluid wat `n pyl maak nadat dit in `n teiken vas geslaan het, tongggggg)
Die Brein, my beste vriendin is ook 'n boogskutter, so ek like jou al klaar baie! Oor die plaasvervanger...soos julle weet is ek 'n skerpioen, die wat self is en die wat met 1 getroud is, behoort te verstaan...en my man is nie altyd by my nie, so ek het dit ook goed gedink om 'n plaasvervanger aan te skaf...maar hy het nie gedink dis snaaks nie..
So dis seker maar 'n kwessie van die 1 voel bedreig deur die ander, al is dit plasties of silicon???
Ek kuier lekker hier, so dis moeilik om weg te bly..
Wel goeie fee, bly om te sien jy is nog hier, wens net Wimpie of Annel wil laat weet dit gaan goed. veral Annel.Kom nou ons wag in spanning.Ek was op jou blog net `n nommer vandag, ek gaan ook eersdaags my blog begin. Maar eers nadat my boek klaar geskryf is.
Wel of die plaasvervanger nou met batterye, werk van silicon of palsties gemaak is ek stel nie belang nie.Net vleis.
Post a Comment