Nou voor hulle nie skuldig bevind is nie, kan mens seker nie aantygings maak nie so ek gaan net se julle kan die liewe vader gaan dankie se dit was nie my kind nie....dis nou as julle skuldig is.... ek sal julle tot aan die einde van die wereld gaan jag het! Hulle is miskien veiliger in die tronk... hoop julle raak die "ringleiers" in die tronk!
Die storie van Madeleine Mccann raak elke dag al hoe meer hartseer wat ookal die uiteinde van die saak, mag daar spoedig agter die verhaal gekom word en wat ookal die omstandighede van haar verdwyning maak 'n einde aan die emosionele leiding van mense regoor die wereld!
Vandag is die herdenking van 9/11 die grootste enkele terroriste aanslag nog ooit in die geskiedenis van die mens.... Ek onthou vandag 11 September 2001 en al die mense wat daarin gesterf het. Hier is videomateriaal om jou te herinner aan 'n swart dag in die geskiedenis van die mensdom:
Aangenamer dinge, die krieket begin vandag met die eerste pro 20 wedstryd op die Wanderers in Johannesburg Suid-Afrika en Wes indie, sterkte manne, Wayne Julies is oppad Frankryk toe vir die Wereldbekerrugby in die plek van die beseerde Jean de Villiers....gaan maak hulle mal Wayne!
Die minister van gesondheid....alweer 'n joke....alweer 'n verleentheid, sy sit langs 'n Vigskenner Mark Heywood en Adjunk President Phumzile Mlambo-Ngcuka op 'n nuuskonferensie en vertel weer die wereld hoe anti-retroviale medisyne nie werk nie, dan skud Heywood sy kop terwyl hy na die minister se dronk praatjies op 'n nuuskonferensie luister, wonder hoeveel doppe het sy ingehad voor sy by die nuuskonferensie aangekom het.
Wat het die minister vir die speaker gese toe die op die tafel in die parlement slaan met haar hamertjie en se "order, order!" Double Jack Daniels please!
Die Demokratiese Alliansie sê intussen hy sal weer die tweede deel van die parlementêre vraag waarvoor die LP Mike Waters verlede week geskors is, ter tafel lê. Die DA se hoofsweep, Ian Davidson, sê dit volg op wat hy bestempel as ‘n lewendige vergadering gister met die Speaker, Baleka Mbeta. Volgens Davidson het Mbeta weereens aangedui dat sy nie bereid was om in ‘n debat te tree oor hoe Reël 63 tot Waters se skorsing kon lei nie. Davidson sê die DA wil vasstel of die Minister van Gesondheid Manto Tshabalala-Msimang inligting oor haar vroeëre skuldigbevinding vir diefstal aan President Thabo Mbeki bekendgemaak het toe hy besluit het om haar aan te stel. Ons wag in spanning.
Die Minister van Finansies, Trevor Manuel, sê Zimbabwe het feitlik ‘n hele lening van 75-miljoen rand van die Suid-Afrikaanse Reserwebank opgebruik. Manuel het in antwoord op ‘n geskrewe vraag in die Parlement gesê teen die einde van Julie het Zimbabwe net meer as 73-miljoen rand van die lening opgebruik. Zimbabwe het die hoogste inflasiekoers ter wêreld, en in Julie het dit sewe duisend-600 persent beloop. Volgens Manuel loop die leningsooreenkoms op 31 Desember ten einde, tensy dit weer onderhandel word. Die lening word onderskryf deur uitgifte van die Suid-Afrikaanse Landbank ter waarde van sowat 82-miljoen rand.
Dit is 'n joke wat te ver gegaan het, ons wag vir die totale ineenstorting van Mugabe se sprokieswereld.
Hier is die ouens van die Mechanic Bar...hulle spook vandag ook met die hele verhaal van vroumense:
Vandag is die manne van die Mechanic Bar op 'n mission, 'n mission om
sagmoedige Neelsie se verhouding te red, of dit wat daarvan oor is te red!
Daai boek is waar, die een van vroumense wat aliens is!
Aliens vra Barend agter die toonbank, ja man hulle is nie regte mense nie, hulle is van ander planete af, se Neelsie.
Praat jy van men are from Mars and women from Venus vra Barend, ditsem knik
Neelsie net so.
Die man in die hoek luister so halfhartig met die een oor, hy het al baie jare
gelede ophou probeer om vroumense te verstaan. Hy het lankal berus daarby
dat 'n mens nie met iets kan argumenteer wat 25% van haar lewe aan PMS lei nie!
Ek het en keer uitgewerk wat fout is met vroumense se hy. En wat is dit vra
Gordie.
As 'n vrou die dag 30 word het sy al iets soos 5 jaar se PMS agter die blad,
geen mens kan sulke stress verwerk nie dis hoekom hulle so is..jy weet mmm half
nie lekker nie, hulle verstaan nie dinge nie, kom ons se maar net...hulle weet
self nie wat hulle pla nie.
Neelsie is in die moeilikheid by sy nuwe girl, 'n oulike dingetjie met blonde
hare en twee lekker groot ...uhm ... blou oe, ja dink hy haar oe is definatief
blou, of is dit, hoekom dink hy dis dalk groen, nou is hy self nie meer seker
nie..ag wat de hel maak dit tog saak, wat belangrik is, is dat sy oe het, twee
van hulle ja!
Wat Neelsie nie weet nie is dat niemand hier in die Mechanic Bar eers naastenby
gekwalifiseerd is om hom met raad te voorsien nie want hier is niemand onder
hulle wat vroumense verstaan of die meeste van die tyd weet waarvan hulle praat
nie.
Ja nee ek weet nie, se die man in die hoek, ek het eenmaal 'n vrou gehad maar
nie baie lank nie, ek het ook sommetjies gemaak en dit was net nie die moeite
werd nie.
Watse sommetjies vra Barend.
Wel ek het in een jaar 365 keer by haar probeer slaap, se die man in die hoek,
ek dink ek het so 30 keer reggekom.
Dis so een keer elke 11 dae werk Barend vinnig uit.
Ja dis omtrent reg se die man in die hoek, die ander kere was die lakens skoon,
seker so vyftig keer, so agttien keer was dit te laat, sy was so 49 keer te
moeg, het 20 keer te warm gekry, sy het 15 keer gemaak of sy slaap, 22 keer
kopseer gehad, sewe keer het sy sonbrand gehad, vyf keer wou sy nie haar nuwe
haarstyl opvoeter nie en so 10 keer was sy bang iemand hoor ons!
Die 36 keer dat ons wel die ding kon doen het sy my 12 keer vertel van die
kraak in die plafon en twee keer was ek bang ek het haar seergemaak want sy het
actually beweeg!
Ja se ou Gordie ek kan sien hoekom het jy nie meer 'n vrou nie, dis maar
moeilik as dit eers so gaan se die man in die hoek wat vandag toevallig 'n t-
shirt aanhet wat hy nou die dag by 'n kunstefees gekoop het. Die t-shirt
lees,Niemand verstaan my nie!
Dink julle dis waar, die storie dat vrouens van ander planete af kom vra
Neelsie.
Ja se Barend en ek dink nie daar was bier en rugby op daai planet nie.
Ook nie mense nie se die man in die hoek. Man hoe kon daar nie mense wees nie
as daar vrouens was wil Gordie weet.
Maklik se die man in die hoek, vrouens is nie mense nie..uhm..mense eet
braaivleis, drink bier en kyk rugby!
Net so se Barend, en in daai volgorde.
Nou waaroor gaan die groot baklei dan nou wil Gordie by Neelsie weet..
Ek kan self nie lekker onthou nie erken Neelsie.
Iets te make met haar ma wat besig is om iets te soek wat sy nie kan kry in die
huis nie, die tannie het blykbaar Ahlzheimers en dan vergeet sy waar sy goeters
bere.
Wanneer was dit nou vra Barend, man so tien minute in die tweede helfte toe die
bokke gespeel het.
En toe word sy kwaad vir jou vra Gordie.
Nee se Neelsie sy was toe nog okay sy het minstens nog met my gepraat.
Nou wanneer het sy ophou praat vra Gordie.
Toe ek haar se dit help nie ons gaan help haar ma soek nie want sy gaan netnou
nie onthou wat die ding was wat sy gesoek het in die eerste plek nie..
Ja boet se die man in die hoek..jy is reg vroumense ... ons sal hulle nooit verstaan
nie!
Dis al vir vandag!

Wimpie
Net vir die van julle wat twyfel oor my lojaliteite!





12 comments:
Hoop die gemors vrot in die tronk!! Dit is een van die redes hoekom ek nie my dogtertjie laat uitgaan nie!!
Hi Wimpie,
Dit maak mens self bang as jou kind jonk is. Jy kan hom/haar nie die hele tyd in die huis hou nie. Jy maak hulle mooi groot, vertel al die gevare en dan is hulle doodonsuldig by 'n partytjie, net om met skuim deurmekaar te raak.
Ai ai ai die samelewe.
Lekker dag Wimpie, hoop jou reelings vorder goed
Eben
Hi Wimpie en almal!
Ja sharks ek stem saam, my seuntjie is nog maar slegs 7 jaar oud maar sy laerskool het so paar maande terug vir ons 'n brief gestuur dat daar uitvaagsels is wat vir die kinders arbei "sherbit" gee maar dat ons ons kinders moet waarsku om niks lekkergoed van maats, of enige "visitors" by die skool vat nie en dat daar alreeds kinders in die hospitaal beland het agv. die dwelem middel...!
Ek is nie uitgehonger vir revenge nie maar ek hoop dat die uitvaagsels (kan nie die woorde gebruik wat ek einlik wil nie....)vrek 'n vreeslike stadige en pynvolle dood!
En dan op 'n ligter noot.....
Puik stukkie skryf werk soos altyd Wimpie!!! Die ouens van die Mecanic bar is skreeu snaaks en ek dink dat ek noggal sou geniet om hulle te ontmoed om net in die hoekkie te sit en luister na wat hulle alles te sê het!!
Geniet die res van jul dag!
Groette Spookie!!!
Dankie Spook
Eben Dit gaan rof ek vat op die stadium net hier en daar grond!
Sharks...jammer oor jou span hehehe!
Ons vroumense wat lei aan PMS is maar net julle mans se skuld!!!
PMS staan maar net vir:
P - Putting up with
M - Men's
S - Shit!!
I rest my case......
A
Hier volg 'n paar reels vandat die worldcup aangebreek het. My vriend het die reels op sy yskas geplak.
“Die reëls in hierdie huis vir die tydperk 7 September tot 20 Oktober: My liewe familie, gedurende hierdie deurslaggewende tydperk in ons land se geskiedenis behoort die ‘remote’ van die TV aan die pa van hierdie huis. Julle kan weer ná 20 Oktober 7de laan kyk. Vind intussen by vriendinne wie se mans nie van rugby hou nie, uit wat gebeur het. Van 12:00 tot 15:00 kan julle soveel TV kyk as wat julle wil. Tydens enige wedstryd, beskou my as blind en doof behalwe as julle wil weet wat ek wil eet of drink. Wees asseblief vriendelik met al my vriende gedurende hierdie tydperk en maak ook seker dat daar op enige gegewe tyd ten minste twee dosyn koue biere in die yskas is. As die Bokke verloor, moet nie eers oorweeg om te sê ‘rugby is net ’n spel nie’.
“Julle kan al die wedstryde in vrede saam met my kyk, maar moet my asseblief nie vra wat ek dink behalwe gedurende halftyd nie. En dan ook net wat ek dink van die rugby. Onthou, die kykweer en die ‘highlights’ elke aand is amper belangriker as die eerste keer se kyk! Laat weet asseblief vir al ons vriende wat 50, 60 of 70 word en kinders van ons vriende wat trou, dat ons dit ongelukkig nie sal kan maak nie. Die gras is op 6 September gesny en sal weer aandag geniet ná 20 Oktober. Wat betref Sondagwedstryde: Sê asseblief vir Dominee ons het die aanddiens ’n uur aangeskuif. Vir ordereëlings tydens die 20/20- krieket, sien ook bogenoemde reëls.”
Wimpels hoop jy geniet dit!!!
Nee kyk, nou word die slagordes darem lelik opgelyn oor Tshwanetoria se naam! Die Tshwane-moertoepool wil mos sommer 27 straatname in ons dorp verander (net asof ons nie verdwaald genoeg is nie).
Intussen hoop my vuilgoed so op dat ek soggens net met ’n geleende sneeuploeg by my voorhek kan uit. Al wat hoër is as die vuilgoed, is my minsipale rekening.
Ek verstaan onder die name wat verander gaan word, is apartheidsname soos Boom, Kerk, Zambesi, Bloed, Proes en 7de Laan. (Van ek as ’n klein laaitie met die nommer-14-bus saam met my pa stad toe gery het, wonder ek mos nog heeltyd wie die Proes is na wie daai straat vernoem is. Trouens, was Proes ’n man, ’n vrou of ’n perd?)
Anton
A little kid asks his father, "Daddy, is God a man or a woman?"
"Both son. God is both."
After awhile the kid comes again and asks, "Daddy, is God black or white?"
"Both son, both."
"Daddy, does God love children?"
"Yes son, he loves all children."
The child returns a few minutes later and says, "Daddy, is Michael
Jackson God?"
LIFE'S A JOURNEY, so, RY HOM IN SY MOER!"
Spring op, gooi jou hare terug, klap jouself op die gat en skree....
"HEL, MAN, EK IS BLERRIE GORGEOUS"
Live on the edge my ou pel, otherwise you take up too much space -
Wys jou MUIS en hang jou SLANG.
Hel man, ... lewe , LEWE tog net!
Die lewe is 'n lied, al sing jy dit blerrie vals (die woorde moet jy net self skryf)
So, ontspan, maak los jou broekrek, spring op en af en poep soos 'n kwagga, maar......ontspan tog net!!!!!!!!!!!!
Die mense praat hier van oogdruppels wat 'n dwelm bevat wat gebruik is. Weet jy of daar enige waarheid in steek?
Manto: Ek dink die speaker het gesê die moet 'n mosie wees, nie 'n vraag nie. Die DA moet maar net uitvind hoe die ANC die vraag gevra wil hê en hom vra - die vervolgverhaal raak nou te lank.
Weet jy my "drink" was al gespike met oogdruppels. Ja dis 'n werklikheid: Safublu oogdruppels het my 'n babbelaas gegee vir 2 dae. Gelukkig vir my is ek huistoe want dis soos tippex!! jy paas uit en weet nie wat met jou gebeur het nie!!
Jy sal nie glo as ek jou vertel nie.
Waar begin ek vandag, wel ja my drink was ook al gespike met oogdruppels "hoe meer ek van dit gedrink het hoe mooier het die girls geraak" dit open jou oe.(LOL)
Nee ek het al op skool gehoor en dis 25 jaar gelede van dit , dit laat glo `n vrou se seks drange styg, ek praat nou van hoor se.
Ek het net een kind sy is nou twintig en as sy iets wil doen dan praat pa maar eers, dan se sy pa moenie worrie nie, dan se ek vir haar hey man ek worrie en ek sal altyd worrie.Selfs as jy eendag `n ouvrou is en ek stokoud sal ek oor jou worrie.Soos Francois Heys sing "worrie worrie ag man ek worrie"
Ja as die doners skuldig is sluit hulle toe tot in lengte van dae.
Hoe de moer leen die regering van ons soveel van ons geld aan die sifiliskop Mugabe?Ons het ook mense hier was krepeer seker meer as in Zimbabwe, hoekom nie die geld op `n manier spandeer om erens in jou land verligting te bring nie.Ek kyk gisteraand so vir op die nuus, die ligte is aan maar niemand is tuis nie, sy is `n verleentheid vir ons bannana republick.
Die mecanicbar, kwaai man ek wil net iets bylas "het hulle gepraat van die tweesporige huisdiere wat spore trap soos `n mens"?Net `n grappie ek like julle skoner geslag kwaai en ja ek is een van daardie mans wat net doodeenvoudig is vrou moet he!
Anton mooi man!Wie de Proes dink Manto is sy?
Anonymous, Goeie een ek gaan die journey in sy moer ry.
Lekker aand almal.
Post a Comment