Die manne van die Mechanic Bar gaan eers more kom inloer danksy Vodacom se 3G....
Die Bokke is gister weg na die land van parraboudjies en Absinte op 'n sending om die William Webb Ellis trofee te gaan hijack, miskien moes ons 'n ander span gekies het...
Ek het gister bietjie op die ander bloggers se blogs gaan rondkrap, tussen hakkies wat is fout met wordpress se blogs, oral waar ek 'n comment wil los se wordpress vir my ek comment te vinnig en moet stadiger comment....huh?
Anyway 'n baie oulike posting op Boerinballingskap se blog waar hy sy lyf siener van Rensburg hou en loer wat hy dink gaan gebeur in die wereldbeker, ek het probeer comment maar het hierdie stupid storie gekry van te vinnig comment, ek weet nie miskien moet ek stadiger tik!
BIB voorspel dat Suid-Afrika gaan vasval in die halfeind teen Frankryk en dat die Franse ook kan verras teen die All Blacks in die eindronde, gaan maak gerus 'n draai op sy blog, dis baie interessant en 'n baie nice posting.
Ek wil ook 'n voorspelling waag en dit is dat die Franse se hele veldtog sommer al Vrydagaand kan skeefloop die Argentyne gaan nie 'n walkover wees nie en die Iere nog minder, as hulle die groep wil wen gaan hulle op hulle beste moet wees en hulle gaan agterkom hoe dit is om onder die tipe druk te speel van 'n tuisspan wat deur fanatiese ondersteuners aangemoedig en afgekraak gaan word.
Die Franse is 'n emosionele spulletjie en die druk op hulle gaan groot wees....miskien te groot!
Die res van BIB se voorspellings gaan ek mee akkoord, Suid-Afrika teen Wallis in die kwarteind en dan moontlik die Franse wat in die halfeind op ons wag maar ek het 'n gevoel die Iere gaan verras, die All Blacks en die Wallabies in die ander halfeind...
Alle paaie lei vir my na die Franse hoofstad op 20 Oktober en 'n herontmoeting van die 1995 eindstryd tussen die Bokke en die All Blacks, al wat my pla is daar is geen Jood sover ek weet in die Bokspan nie, Gerhard Viviers het altyd gese die bokke moet 'n Jood in die span he vir geluk, Sid Nomis, Gerald Bosch Okkie Geffin, Joel stransky was almal Joodse gelukbringers.
Sterkte aan al die rugbyweduwees vir die volgende ses weke, ek weet nie van julle nie maar ek kan nie eers slaap in die nagte nie, my senuwees is kla!
Soos die week aangaan vertel ek jou so 'n paar staaltjies van die wereldbeker 1995 se avonture saam my broer, dis alles ware verhale al gaan jy dit nie glo nie, en ja daar was drank by betrokke!
So van my broer gepraat sy plekkie in Harties is oorkant die Dieretuin met die naam van Caveman, ek het foto's geneem wat ek vir jou hopelik more sal insit as Vodacom sy 3G jol in Springs uitgesorteer het.
Hier is goeie nuus. Die Departement van Gesondheid het regulasies gepubliseer wat sal vereis dat houers wat alkoholiese drank bevat, etikette moet hĂȘ met gesondheidswaarskuwings daarop. Hierdie waarskuwings moet die negatiewe uitwerking van die gebruik van alkohol beklemtoon. Volgens die departement is die gebruik van alkohol ‘n groot faktor in gevalle van geweld, en dra dit beduidend by tot onnatuurlike oorsake van dood in Suid-Afrika. Hierdie regulasies sal binne die volgende 18 maande van krag word.
Dis al vir vandag, ek sort vandag my internet uit, probeer 'n Anton Goosen konsert aanmekaarslaan en le in die algemeen net rond en probeer uit die son bly!
Die Mechanic Bar is more hier, moenie dit mis nie, ek gesels bietjie oor 1995 en plaas vir jou foto's van my boetie... Lekker dag, gaan groot of gaan huis toe!
Wimpie
Tuesday, September 4, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)





6 comments:
More!
Ek is by die huis, maar sal try groot gaan! Die werklus is nog hier - bekruip my vanuit elke corner denkbaar. Sal defnitief more kom loer wat gaan in die mechanic bar aan :) Van die rugby weet ek boggerol, so ek hou eerder my lip gezip.
Lekker werk Wimpers
More Wimpie,
Ja, ek bly ook maar stil oor die rugby. Ek raak skoon benoud so min weet ek daarvan! Ek skree maar net hoera as ons wen!
Sien uit na die manne van die mechanic bar, ek geniet hulle vreeslik.
Lekker dag vir jou, moenie te hard werk nie!
PS. Ek het ook al daardie "slow down cowboy" ene gekry op die wordpress blogs...verstaan ook nie!
Hi jy ekke sal beslis by jou broer se winkel 'n draai gaan maak.
Sorry julle oor die Mechanic Bar ek sukkel met vodacom, seker maar omdat telkom 50% shares het!
Dankie Sharks, ek sal hom se
Ek hoop daai boetie van jou verkoop SHARKS goed ook jong.
Hi Almal
Ja Wimpie ek sukkel ook my gataf om net sein te kry met vodacom se 3G, dis frustrerend!
Ek sal so binne `n week of twee my blog gereed he.
My geld is op die bokke ek glo ons gaan dit doen ek het nie baie vertoue in die meeste dinge in die land nie, maar die bokke, ja!
Lekker dag
Post a Comment