Monday, September 3, 2007

Somer! Spikes! Die Prez!

Die Lente is hier en as die eerste twee dae 'n voorspelling is van wat ons kan verwag die Somer gaan ons bars, en ek is nie 'n Somer mens nie, die drie maande van die jaar, ja gaan werk dit uit Mei, Junie en Julie, wat ons actually Winter het, is my gunsteling tyd van die jaar.
As jy eers in 'n vuurwarm kar moet inklim, in die nagte le en rondrol want dis te warm om te slaap en die sweet loop jou af is dit net eenvoudig te veel vir my, jy is permanent moeg en lui van die hitte.....nee wat!

Die "silly season" in Suid-Afrikaanse politiek is hier met die vensterperiode vir politice om oor te loop na ander politieke partye, en die trwyfelagtige eer om eerste die jaar so te maak behoort aan Johan Kriel van die ACDP wat oorgeloop het van die ACDP na die DA in die Wes-Kaap.
Vir my is dit 'n klomp snert en 'n belediging vir alle kiesers wat hierdie lamsakke in die eerste plek ingestem het.
Jy behoort jou setel te verloor as jy oorloop, die party moet die setel behou maar jy moet sonder enigiets oorstap waarheen jy wil, wonder hoeveel partye sal dan in hierdie slapgat hanskakies belangstel as hulle sonder 'n setel wil oorstap.
Watse stront is dit, as my raadslid waarvoor ek gestem het oorloop na 'n ander partry is hy mos 'n hanskakie en moet aan my kom verduidelik hoekom ek, wat vir hom gestem het, my sienswyse moet verander en as ek nie wil nie het hy of sy geen reg om oor te loop nie... Dis wat gesonde verstand se moet gebeur maar ons weet mos al lankal dat gesonde verstand nie plek het in SA politiek nie!
Die drama om die oorloopperiode vir politici verdiep voortdurend terwyl partye koppe stamp in die stryd om Kaapstad, en afgevaardigdes in Pretoria handgeneem geraak het. Kaapstad se burgemeester, Helen Zille, het bewerings deur die nuutgestigte National People’s Party verwerp dat hy op die punt is om die Demokratiese Alliansie-geleide koalisie in die stad omver te werp. Die NPP sê egter hy het die mag om die bewind in die stad oor te neem. Partyleier David Sassman het vroeër gesê die NPP het tien raadslede van die DA, Onafhanklike Demokrate en ANC oorreed om by die party aan te sluit. Die koalisie het ‘n meerderheid van twintig setels in die raad van 210 setels, die enigste metroraad in die land wat nie deur die ANC beheer word nie.
In Pretoria het ‘n vuisgeveg losgebars by die kantoor van die Onafhanklike Verkiesingskommissie toe ondersteuners van die DA en die NPP nie hulle humeure in bedwang kon hou nie. Die onenigheid is veroorsaak deur die beslissing dat niemand twee keer mag oorloop in ‘n enkele oorloopperiode nie. Beeld berig dat die vernaamste teenstanders in die rusie die Wes-Kaapse direkteur van die DA, Erik, Marais, en Sassman was.

Nog 'n pet-hate van my is hierdie siek perverse klomp bliksems wat girls se drankies spike in nagklubs en by partytjies, die naweek in Johannesburg is daar weer twee gevalle aangemeld van 'n 24 jarige danseres wie se drinkie gespike is in 'n nagklub in Florida met....Brakefluid, watse siek wetter doen sulke dinge, 'n 17-jarige dogter van Florida is dood na 'n partytjie in Florida...
Lezaan Kriel (17) van Florida, Roodepoort, was by ’n vriendin se verjaardagpartytjie in Constantiakloof toe sy siek geword het en inderhaas na die Flora-kliniek geneem is.
Sy is op pad daarheen dood.
Mnr. Francois Kriel, haar pa, het gesê dokters het bevestig dat sy nie weens natuurlike oorsake gesterf het nie.
Ek het self groen koring op die lande my dogter is 16 ek ek ys as ek dink so iets kan met haar gebeur, die wereld sal nie groot wees vir so 'n tappet om te vlug nie, ek sal jou tot aan die uithoeke van die aarde jag....

Die grootste ironie storie van die jaar wat sekerlik een of ander toekenning verdien is die een van die pres en die bokke!
Hy het die Bokke wel aangeraai om van die politieke wolk oor Suid-Afrikaanse rugby te vergeet.
“Vergeet júlle maar net van al die omstredenheid wat ons politici hier skep en gaan speel net rugby. Dan glo ek die Springbokke sál die Wêreldbeker-toernooi wen.
“Ons kan en ons moet. Kom ons bring die beker huis toe.”
Met die Springbokbaadjie wat die kaptein, John Smit, net minute tevore om sy skouers gehang het, was Mbeki die naweek ook “deel van die span”.
Ai mnr. die president volg nou hierdie storie op met 'n verklaring dat die hoof A.N.C van alle tye Butana Khompela die Bokke en die Springbok embleem moet uilos, dan vat ons jou ernstig op.... O ja die ANC by Khompela staan natuurlik vir Another Nut Case

Nou ja so begin dan nog 'n week, hopelik gaan dit 'n cool week wees, die Rugby wereldbeker begin Vrydag as die Argentyne hopelik die gasheer, Frankryk se gatte gaan skop,... ja lag maar! Die Bokke is Sondag in aksie teen die hele Samoa, sterkte manne my bloed is groen en ek staan bankvas agter julle!

Hier is 'n lusmaker!



Later
Wimpie

4 comments:

antjiesomers said...

More Wimpers!
Hoop jou dag is so lekker soos 'tjoklit'koek!
Geniet dit - gaan groot!

My Kop Op 'n Blok! said...

Ek dink ook ons gaan lekker warm kry, maar ek sal nie kla nie, ek is 'n koue-klaer.

Ek stem saam, die oorlooptydperk is bog - ons stem tog nie werklik vir die kandidaat nie, ons stem vir die party. As die kandidaat nie meer met die party se beleid kan saamleef nie moet hy eenvoudig bedank en die party moet iemand in sy plek aanstel. Die regering moet tog bepaal word deur 'n VERKIESING, nou kan die oorlopery 'n alliansie uit die kussings lig.

Spike-storie: soos jy sê, die wêreld sal nie groot genoeg wees nie...

Blou Bul said...

Goeie more

Nee weereens ek hou niks van die winter nie. Somer, son ,see, buite braai,jetski, bootry,hengel,piekniek,supertubes,boogieboard , surfing,sundowners drink op nice restaurante se balkonne daar is so baie om te doen.

Ja oorlopers is lamsakke en eintlik is hulle bedriers wat hul ondersteuners drop.Dit gaan net oor hulle politieke loopbane en nie oor die belange van die kiesers nie.En weereens elke politician op sy eie mission.

Drankspikers, ek haat hulle met `n passie lafaards en `n mens met `n siek verstand ek het dit eendag jare gelede oorgekom, maar die moegoes het dit ontken,maar ek weet dit was hulle.Ek sal letterlik so `n m@#d as ek hom moet vang met wie ookal met alles in my beveg.

Dame met 'n wil! said...

Wimpie nee man die somer is sommer baie beter, lui lekker kuiertjies buite, tot laat in die aande buite sit, braai, in die sonnetjie lè en braai, het juis gister bietjie in die spa gelè, dit was nou so lekker gewees. Ons gaan hierdie somer soos biltong droog word, hierdie naweek was dit baie warm, kla nie baie nie, ek haat die winter, nie 'n winter mens nie.

Lekker dag vir julle almal.