Leon Schuster sing dat die biesies bewe, die Springbokke speel dat die biesies bewe en die Proteas staan sterk....
Sjoe dis alles 'n bietjie baie, 'n ou weet nie meer waar en wanneer jy moet wat kyk nie, my ogies is al vierkantig gekyk, maar kyk die sal ons!
Die Bokke was net eenvoudig awesome teen die Bleekbene, en daar gaan sorg ons krieketspannetjie ook nog dat die ou eilandjie se naweek net verder bederf word.
Om twee keer in een naweek teen 'n kolonie te verloor in twee sporte wat jy aan die einste kolonie voorgestel het baie jare gelede is seker maar 'n bitter pilletjie om te sluk, maar dit was ook maar 'n bitter pil om te sluk die vorige jare toe ons so lekker aan die verloor was so ek gaan nie jammer vir hulle voel nie!
Afriforum en Kallie Kriel die begin my nou so 'n bietjie irriteer. Dis fine as jy jou punt maak oor die hele Pretoria kwessie, maar maak jou punt wen die hofsaak en dis dit, as jy eers soos 'n stout seuntjie begin huil oor advertensie borde op Loftus gaan jy gou simpatie begin verloor by my.
Mnr. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het ’n klag van diefstal aangemeld nadat hul Pretoria-reklamebord op Loftus Versfeld verwyder is.
Volgens mnr. Monde Tabata, besturende direkteur van Megapro, die maatskappy wat bemarking op Loftus vir die Bulle behartig, het hy opdrag gegee dat dié bord van Loftus verwyder word.
Kriel het gesien die bord is weg toe hy eergistermiddag by Loftus instap om die wedstryd tussen die Blou Bulle en die Westelike Provinsie te kyk. Hy het vinnig ’n Pretoria-banier laat maak en dit gehang waar die Pretoria-bord vroeër was.
Die leier van die Demokratiese Alliansie en burgemeester van Kaapstad, Helen Zille, het gisteraand nog ‘n optog gelei teen dwelmhandelaars, dié keer op Atlantis aan die Weskus. Zille is verlede naweek in hegtenis geneem nadat sy ‘n betoging gelei het in Mitchellsplein op die Kaapse Vlakte. Sy het op Atlantis byna weer met die polisie gebots toe die optoggangers toestemming geweier is om te marsjeer in ‘n straat waar baie dwelmbase na bewering woon. Die polisie sê die straat was nie ingesluit op die roete waarvoor toestemming verleen is nie. Zille het beswaar gemaak, maar nie die verbode gebied binnegegaan nie. Gister se optog het vreedsaam geëindig en niemand is in hegtenis geneem nie.
Hier is so stukkie lekker kry video vir jou toe vuilgat Brian Lima vir Andre pretorius probeer afskryf het en toe amper sy eie nek gebreek het!
En as jy weer daarna wil kyk en so bietjie lekker kry, hier is die Bokke se hoogtepunte teen die bleekbene!
Ek is klaar, die naweek was te lank!
Wimpie
Monday, September 17, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
8 comments:
Wimpie wat jy waar kry? Die naweek was g'n stuk te lank nie, sjoe ek wou nog die en ek wou nog daai, jou broer se plekkie by die dam, is great, was Saterdag gou gou daar gewees. Nee jy die naweek was nie te lank nie, net die blerrie SPORT was te veel gewees. 'n OORDOSIS in van SPORT al!!
Ek stem die naweek was gans te kort!!
Beslis weet Van der Sandt nie waarvan hy praat nie, geen naweek was al ooit te lank nie.Maar ek kry lekker tot in my kleintoontjie oor die Souties wat so geroskam was.Man dit voel weer lekker om `n Afrikaner, Boer of wat ook al te wees.
Thanx vir die videos!
Hi sharks
Baie dankie man, ek hoop darem jyt ons ondersteun. Ek was ongelukkig nie self daar die naweek nie- as ook te besig met al die sport.
Ek wil net j, ek belowe julle almal wat hier lees laat weet ons het die nuwe truie vandag gekry- DIS STUNNING!!
So plaas maar sommer by my n bestelling nou al , want teen die tyd wat die kwarteindrondes aanbreek gaan dit nerens te vinde wees, en as jy dit kry gaan die prys die hoogte inskiet as die final koors inskop. Die ander wat mens gaan kry is die fake. Ek het wittes en die groenes.
Go BOKKE!!!!!!!
Groete
Danie
Ag sorry, die cuesor het geskuif terwyl ek getik het- ek wou maar net vir almal se ekt uiteindelik die springboktruie gekry, en ek belowe julle beter nou al bestel voor die kwarteindrondtes, en wat nog meer die semi's
Prys is R499. Totalsports dink ek is amper R700. Hierdie is die presiese replikas
Danie
Hi Danie.
Ek vat een medium, hoe gaan ek dit kry.As jy dit vir Wimpie gee sal ek dit by Oos Rand Stereo gaan optel. Ek bly in Springs.`n Groen trui asseblief.Sal nog later `n draai daar by Harties kom maak, maar seker eers oor so ses weke my vrou is in vir `n operasie.Wanneer sy herstel het sal ons so maak.
Lekker aand.
Danie natuurlik het ek julle ondersteun, ek het dan so ietsie gekoop. Hoe gemaak om die truie te bestel, of nog beter ek sal ... die naweek is uit, volgende naweek ene kom koop. Hoe lyk dit met 'n SHARKS hemp?
Post a Comment