As jy nog twyfel gehad het of ons 'n werklike Demokrasie het in Suid-Afrika waar die regering en regeringsamptenare in die land verantwoordelik is om aan die publiek te rapporteer en vrae aan ons te beatwoord, wees gerus, dis nie die gevoel in Suid-Afrika nie!
Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), het mnr. Mike Waters, die DA se woordvoerder oor gesondheid, gistermiddag uit die parlement gejaag toe hy wou uitvind waarom sy ’n vraag aan Tshabalala-Msimang, minister van gesondheid, onttrek het.
Wat was die vraag wat so 'n drastiese stap regverdig?
Dié vraag lui: “Is minister Manto Tshabalala-Msimang in 1976 aan diefstal skuldig bevind terwyl sy in diens van ’n hospitaal in Botswana was en is dié inligting aan pres. Thabo Mbeki oorgedra toe sy in haar portefeulje aangestel is?”
Volgens die speaker se oordeel oortree Waters parlementêre reël 63 deur die gebruik van “beledigende en onbehoorlike taal” in sy vraag.
Toe Waters by Mbete wou weet watter deel van sy vraag buite orde is, het Mbete gesê: “Dit het betrekking op die minister se integriteit. Aantygings van dié aard kan deur ’n behoorlik gemotiveerde substantiewe mosie gebring word.”
Waters is deur ANC-LP’s, insluitend me. Geraldine Fraser-Moleketi, minister van staatsdiens en administrasie, en me. Lindiwe Hendricks, minister van waterwese en bosbou, stilgeskreeu toe hy verder wou weet presies watter woorde in sy vraag onaanvaarbaar is.
Kan jy jou voorstel dat so iets in Amerika of enige ander regdenkende land in die wereld sal gebeur? Dink hulle deur nie vrae te beantwoord oor die kwessie nie gaan dit net weggaan, 'n klassieke geval van die volstruis sindroom, steek jou kop in die sand en dan sal alles om jou verdwyn en weggaan.
DIT WERK NIE SO NIE MNR. DIE PRESIDENT EN SAL IEMAND ASB. DIE WOORDVOERDER VAN MANTO'S PUB EN GRILL VRA OM TE ANTWOORD OP DIE AANTYGINGS TEEN HAAR!!!!

17 JAAR
CASSANDRA HET WEG GERAAK BY STER KINEKOR, KEY WEST, KRUGERSDORP OP SATERDAG, 25 AUGUSTUS 2007.
ONS VRA ASB U HULP MET HAAR OPSPOORING EN GEBEDE DAT SY VEILIG SAL HUIS TOE KOM.
KONTAK ASB HAAR MA MET ENIGE INLIGTING
HENTY 0766685093
Matrikulante wat hul eksamens by die Gauten Oxford Gesamentlike Skool in Kempton Park skryf, is aangeval deur ‘n groep gewapende mans wat die gebou binnegestorm het. Die 54 leerders en vier personeellede is beveel om op die vloer van die saal waar hulle eksamen geskryf het, te lê. Die rowers het weggekom met sowat sewe duisend rand en twee selfone. Beeld berig dat die prinsipaal, Pierre de Lange, en sy sekretaresse, Elizabeth Sithole, aangerand is maar dat geeneen van die leerders beseer is nie. Die leerders het na die aanval berading ontvang. Volgens De Lange het die rowers toegang tot die perseel gekry nadat hulle die veiligheidswag by die hek oorrompel het.
Huh? Kan dit waar wees, kan dit rerig gebeur in enige beskaafde land... En daar le die sleutel....BESKAAFDE LAND, ja bra!

En op daai slegte noot groet ek!
Later
Wimpie
12 comments:
Môre Wimpie,
Dis skokkend om te lees wat in onse regerings aan gaan. Dis 'n dood eenvoudige vraag?
Wat vir my nog meer te sê het, is Geraldine Fraser-Moleketi. As my geheue my nie in die steek laat nie, was daar mos so lange staking gewees met die staatsamptenare? Met so hoof oor staatsdiens, is dit ook geen wonder.
Kyk laat die klippe maar kom, (ek is groot en lelik genoeg om te keer) dit bewys my weereens, die nie-blanke (meerderheid) het maar nie die fyn opvoeding van die blanke nie. Punt.
Jy moet 'n lekker dag hê.
Eben
O jaaaaaaaa Wimpie,
Ek lees ook dat daar beoog word om 27 strate se name te verander in Pta.
Ek sê weer ... wat ek voorheen hier geskrywe het, die wetters het maar eenvoudig nie strate waarop hulle kan trots wees om na hulle mense te benoem, nou gebruik hulle onse strate en dorpe wat hulle het niks opgebou in die 12jr.
Eben
Eben, ek weet nie hoekom is dit nodig om die straatname te verander nie, volgens my is dit net om ons blanke mense verder die moer in te maak, ek weet ook nie meer nie.
Wat jammer van Pavarotti!!
Hi Wimpie et all...
Aag hou op kla, Ons kan tog nie veel doen omtrent die simpel naams veranderinge nie!
dit is die mooiste dag vandag maar ek moet hier in my kantoor sit en ek is al klaar gatvol...vir my werkgewer en sommer vir hierdie papier werk wat nooit ophou nie!
Julle moet almal 'n lekker daggie hê!
Liefde Groette
Spookie (Anna Marie)
Ja Wimpie ek luister vanoggend so na jou dit moet seker regtig iets besonders wees ,die geheim.
Vanoggend se jy iemand beskuldig jou dat jy gay is , wel as iemand vir my so sou se dan se ek vir hom bring jou vrou dan wys ek jou wat is gay.Fok moenie uit die kas klim nie jy sal my erg teleurstel.
Die aanval op `n skool, ek se mos ons land en sy regering is in sy moer en die bobbejane in die parlement trek ons net af en af.`n Mens se moraal is al laag oor die land en misdaad.Om nie te praat van hul poepol mentaliteit en derde wereldse redenasies nie.
Danie beslis sal ons `n draai daar kom maak binne die volgende twee naweke.
Hi Wimpie en almal
Ek kan dit nie meer hou nie! Ek is pink getickle deur hierdie geheim van jou. Iets wat nog nooit voorheen gebeur het nie, waaroor almal gaan praat vir die volgende paar maande? Dit beter goed wees!
Hello almal,
Danksy my connections met hogere mense, kan ek die geheim nou bekendmaak:
Wimpie gaan die eerste manlike surrogaatouer wees. Met eierselletjies geskenk deur Steve en Manto.
Sometime in Mei gaan Wimpie geskiedenis maak deur die eerste man te wees wat 'n keisersnit gaan kry.
Hi Wimpers!
My hart sommer stukkend oor Pavarotti. Groot man, groot stem...groot verlies.
En nou, jy like dit, ne?Om ons so te verpes? Sies man, sies! Ek het by sssb gaan kyk - sien niks. Sal maar later weer...of is anonymous reg?
Die arme ouers van daardie kind. Onsekerheid is seker die verskriklikste emosie ooit. Erger as al die ander saamgegooi....Hoop hulle hoef nie te lank te wag om nuus te kry nie - watter kant toe ookal. No news is NOT always good news. It's worse than bad news.
Nou toe jy - lekker dag en ek hoop jy kry 'n kramp in jou toon! Ou vermakie!
Ja anonymous jou brein is seker so groot soos `n peanut en dan is jy nog `n lafaard daarby.
Dis seker waar van Wimpie maar net jammer jy ly aan vel verskuiwings jou holvelle trek nou en dan oor jou gesig en dan praat jy `n klomp kak.
Hi almal!!!!!!!!!!!
Wimpels Jou moeder het my vertel maar ek sal maar my smoel hou totdat jy self dit aangekondig het!!!
Al wat ek wil sê is dat ek nie kan wag tot dan nie!!
Baie geluk hoor(byvoorbaad)
liefde jou nig Spookie
Sies vir jou Spookie! Jy weet die geheim! Hoe kan ek jou afpers? Hou jy van chocies??
Wimpie, het jy dalk vir Steve 'n song geskryf wat op sy nuwe CD gaan wees, of het jy 'n rol in DHDW? Ek is te dom om anner clues te kry! Vertel nou, toe man!
Gie gie Wimpie maar die vrouens is nuuskurig!! Dan martel Spookie hulle ook!!
Brein, wat gebeur as die wit man opstaan en sê genoeg is genoeg? As dit ooit gebeur glo ek daar is baie swarts wat ook net so gatvol is oor alles, van leë beloftes tot dienste.
Saam my werk 'n Indier, en die kom vertel my kort kort met 'n smile wat hy lees van onse Min van Gesondheid. Swak dienste, patetiese besluite ens. Dan wil ek slange vang, en dan vertel ek hom sommer hoe k*k is hulle krieket, net om te hoor hulle (India) gaan ons nou eers roer met ons kwotas. Dis om van siek te word.
Groete
Eben
Post a Comment