Hier is die week se avontuur by die Mechanic Bar!
Barend wonder oor baie dinge in die lewe as hy so alleen in die Mechanic Bar staan.
Jy sien 'n bar is 'n snaakse plek want wanneer dit besig is en die manne kuier is daar nie tyd vir staan en wonder oor wat alles in jou lewe aangaan nie, maar wanneer dit stil is en jy moet jouself besig hou is dit 'n ander storie...
Ou Barend is nie net 'n barman nie, sy kliente is sy pelle en hy bekommer hom soms oor hulle, vandag is hy bekommerd oor ou Clever Trevor, jy sien Trev was lanklaas by die Mechanic Bar, seker goed 'n week laas en ou Barend weet Trev sou graag daar wou wees om vir almal te vertel hoe se hy al 'n jaar lank die Bokke gaan die wereldbeker wen, aangesien die Bokke nou goed oppad is om dit te doen...
Wat ou Barend nie weet nie is dat Trev die laaste week 'n girl ontmoet het, nie sommer enige girl nie 'n girl waarvan hy hou, met blonde hare en lekker groot uhm bruin oe!
Wat nie vir Trev sin maak nie is hoekom hy dan die laaste week so ongelukkig is, soos die meeste ouens in die Mechanic Bar verstaan Trev nie regtig voruens nie en daarom kan hy maar vir Paris Hilton ook raakloop, gelukkig gaan hy nooit wees nie. Jy sien Trev is clever, maar hy is nie slim genoeg om girls uit te werk nie, gelukkig vir hom was geen man in die geskiedenis slim genooeg om hulle uit te figure nie, en sal geen man na hom dit kan doen nie, wel dis nie heeltemal waar nie want in 2085 sal daar 'n man gebore word wat hulle sal verstaan, maar dis nog lank en die manne weet nog nie daarvan nie.... intussen moet hulle maar vrede maak met hulle onkunde oor die saak!
Die man is die hoek is vandag weer op sy stukke, iets is aan die gang by die huis die laaste tyd..... die ou lyk so half gelukkig en Barend weet nie of dit is oor die Bokke so goed doen en of hy dalk 'n gelukkie losgeslaan het by die huis nie.
Ou Ruds se girlfriend het hom gedrop en hy's nie homself nie, mens kan dit sien in die musiek wat hy deesdae op die jukebox speel....R.E.O Speedwagon en Barbara Streisand... dit irriteer die ouens in die bar so bietjie, veral die Barbara Streisand storie, die ouens wil eerder Hier Kommie Bokke hoor maar ou Ruds is op 'n mission met Barbara en Barry Gibb, iets van memories en 'n song for the lonely....
Barend het gehoor die ouens was nou die dag krieket toe en ou Gordie het hom vervies vir 'n ou wat hy goed ken en toe sien hy hom by die krieketstadion met een van haar majesteit se truie aan, toegeknoop tot bo en met een van die eilande se hoedjies op die kop, bleekbeen en all....
Gordie wou hom eers 'n klap gee maar het daarteen besluit aangesien die bleekbeen al klaar genoeg gestraf is deur die Bokke en die nasionale Blomme!
Ou Barend staan en dink aan die volgende drie weke wat hy weet hel gaan wees op die manne van die Mechanic Bar, die wereldbeker is in die pylvak en die manne kan al amper die sjampanje proe!
Ja nee die volgende drie weke gaan hel wees! Barend het met 'n great bemarkingsaksie opgekom terwyl hy die lewe so staan en bepeins het, hy verkoop die volgende drie weke essentials en ander lewer pille in sy kroeg teen 'n rand een, die arme man in die hoek betaal so R10 'n dag!
Later
Wimpie
Wednesday, September 19, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
6 comments:
ja bra die manne is wragtag snaaks en reg ook!
Die manne weet waarvan hulle praat. Ek wil daardie vrou sien wat verstaanbaar is!!
Lewendig en nie op prentjies nie!!
Eben
Ons is nie so gekompliseerd nie!
Net baie meer emosioneel as julle.
Maar okay, moet ons nie probeer verstaan nie, gee net vir ons baie liefde en aandag!
Asof die mans maklik is, hulle is lui, selfsugtig, dink net aan hulself, voel 'n veer vir ander mense in die huis, nee jy dit is net pis pis pis van die môre tot die aand, dit is hoekom ons so is, al daai geneul en gekerm en gekla, is die goed vir ons nie!!
Weet jy ek kan ook vertel wat ons vroumense oor HIGH TEA alles oor mans se!! DIs histeries... Mans en hulle probleem met vroumense.... maar ou maar - hulle kan nie sonder ons nie!!!
Soos gewoonlik die manne geniet! Dankie. En ons vrouens is baie maklik om te verstaan, jy moet net LUISTER...
Post a Comment