Thursday, October 4, 2007

Ek maak klaar...amper!

Ek oorweeg dit om op te hou blog.
Daar is verskeie redes daarvoor maar ek dink die hoofrede is dat ek voel ek stort elke dag my hart uit op hierdie blog, amper soos op my Breakfast Show, en dit voel net vir my of niemand dit lees of of dit geen verskil maak in niemand se lewe nie, en ek is iemand wat graag 'n verskil wil maak en as ek voel ek doen nie, dan sal ek eerder iets ander aanpak... Ek sal eersdaags 'n besluit neem oor die voortbestaan van die blog al dan n ie.

Die Britte is nou besig met die ondersoek na die dood van Diana die voormalige prinses van Wallis en dit na geweldige druk van Mohamed Al-Fayed die eienaar van Harrod's in London en die pa van Dodi...
Nou baie keer is die uitslag van sulke dinge nie altyd soos jy dit wil he nie, ek dink persoonlik dat Dodi wat volgens berigte maar bietjie van 'n swierbol was, gesukkel het om op 'n waardige wyse al die media belangstelling en druk wat met Diana saamgegaan het te hanteer.
Dit is dus heel moontlik dat hierdie ondersoek kan aandaui dat die Al-Fayed span vir die ongeluk verantwoordelik kan wees met swak logistieke beplanning en die doodeenvoudige onkunde om die situasie te hanteer, dit sal jammer wees maar as jy vir jare aandring op so 'n ondersoek moet jy weet die kans is daar dat dit die uieinde van die saak gaan wees. Hierdie foto is gister deur die Britse persagentskap uitgereik as een van die heel laaste Foto's wat geneem is voor die ongeluk en toon Diana wat deur die venster kyk na die fotograwe wat hulle agtervolg, die bestuurder van die motot Henri Paul wat volgens berigste onder die invloed en op deprissante was, is regs en lyk vir my maar heel wakker, die lyfwag Trevor Rees-Jones is links.

Die ANC het die organisasie se ongelukkigheid uitgespreek oor die plakkate van Tokyo Sexwale wat onlangs in die Oos-Kaap opgemerk is. Die party distansieer homself van sodanige praktyke en maak ‘n beroep op al sy lede om leiers volgens vasgestelde maatreëls en tradisies binne die organisasie te verkies. Die ANC verwelkom ‘n verklaring deur Sexwale se woordvoerder dat Sexwale self geen kennis van die plakkate gedra het nie.
Dit lyk my iemand binne die ANC begin effe senuagtig te raak....
Intussen meen die ANC Jeugliga in Gauteng dat President Thabo Mbeki nie vir ‘n derde termyn as partyleier herkies moet word nie. Die Sekretaris-Generaal Lebogang Maile sê die persoon wat as ANC-president gekies word, moet ook die president van die land wees. Die tak het Jacob Zuma as kandidaat vir party-president voorgestel, Kgalema Motlanthe as vise-president en Nkosazana Dlamini-Zuma as nasionale voorsitter. Maile sê Tokyo Sexwale se naam is nooit eers genoem nie.
Dit maak my bang as toekomstige leiers van die land self nie kan besluite neem sonder om bestaande situasies in ag te neem nie, soos byvoorbeeld 'n korrupsie hofsaak wat nog afgehandel moet word teen hulle voorgestelde kanidaat Jacob Zuma...

Intussen spreek die vakbond Solidariteit hul kommer uit oor die voortdurende styging in die prys van diesel en die uitwerking daarvan op die ekonomie. Volgens Solidariteit se ekonoom Ulrich Joubert, sal hierdie week se 23 sent-per-liter styging ‘n besliste invloed op sake-groei hê. Dit sal ook ‘n negatiewe uitwerking hê op boere in die somer reënval-gebiede waar die plantseisoen nou moet begin. Hierdie faktore sal volgens Joubert ‘n besliste uitwerking op die inflasie-groei hê.
Ek dink ons is almal lankal gatvol vir die styging in vervoerkoste in Suid-Afrika!

En laastens...’n storie wat vir die krieket-wêreld net te goed is om waar te wees. Die uitgetrede Australiese krieketspeler Shane Warne was in ‘n verhouding met die voormalige krieket-legende , Imran Khan, se gewese vrou, Jemima Khan. Warne, wat in ‘n relletjie oor sy eskapades betrokke is met sy gewese vrou Simone Callahan, het die bewerings as onwaar bestempel. Volgens hom was hy “slegs vriende” met die glansryke Khan. Waar 'n rokie trek...

Geluk Mark Boucher met jou rekord, die mees suksesvolste paaltjiewagter in die geskiedenis van toetskrieket, wat dit lekkerde maak is dat dit 'n aussie , Ian Healy, se rekord was....great!

Ek het gister die grootste kontrak van my lewe geteken, meer nuus daaroor later!
Wimpie

26 comments:

Dame met 'n wil! said...

Wimpie ek voel ook so, dit is baie gevrek op die blogs die laaste ruk.

Anonymous said...

Hi Wimpie, ag nee man! ek lees elke oggend jou blog, alhoewel ek nog nooit 'n comment gelos nie, geniet ek dit om jou blog te lees. As jy nou ophou blog wat gaan ek dan in die oggende doen terwyl ek my koppie koffie drink??

Wimpie van der Sandt said...

thanx ronel ek dink nog

Anonymous said...

Ek lees ook gereeld jou blog. Moenie ophou nie !!!! Andersins, wat van 1 inskrywing per week ???

Anonymous said...

Wel ek hoop maar vir die beste. Ek moet my daaglikse dosis Wimpie in kry, en die enigste manier is jou blog. Jy sien ek werk in Edenvale en my ou radiotjie wil nie Oos Rand Stereo verder as Boksburg meer opvang nie. So jou blog is die enigst manier.

Dame met 'n wil! said...

Wimpie ek dink nie jy moet ophou nie, ek geniet dit vreeslik om jou blog te lees. As ek in die oggende hier instap is jou blog die eerste wat ek lees, daarna volg 'n paar ander. Dit is regtig baie stil op almal se blogs sien ek, die comments is baie baie min, orals. NEE JY MOENIE OPHOU NIE, ons wat jou blog getrou lees sal comment(s) los elke vyf minute. Dit wil sè as ons nou nie te veel werk het wat gedoen moet word nie. MAAR 'SEBLIEF JY MOENIE OPHOU NIE!!

Wimpie van der Sandt said...

Dankie julle vir die mooi woorde

Anna Marie Budden said...

Hallo Neef!

ASSEBLIEF, asseblief ASSEBLIEF, moenie ophou blog nie!!!!!

Ek leer jou weer ken deur jou woorde,ek kry 'n klein kykie in jou lewe en na al die jare van geen kontak is dit 'n enorme verligting om so kleinbietjie ontspanning te kry deur jou goed te lees........

Wat gaan ek doen sonder die ouens van die Macanic bar(aag verskoon tog die spelling asb)en wat nou nog om te praat van al die dinge wat gesê word wat ons laat dink?

ek is soos 'n verslaafde......... elke oggend as ek op kantoor kom is die eerste ding wat ek doen om jou blog te lees en as ek weet dat ek niks dringend het om te doen mie los ek 'n comment!!!!!!

jy sal 'n groot leemte los-nie niet in my lewe nie maar in baie mense wat ek ken se lewens!!

ek kan nie wag om 'n lekker chat sessie met jou en Danie te hê nie!

Met Ina se verjaardag party het ek en Danie so lekker gesels en al het ons die meerderheid van die aand lekker gesels het ons nogsteeds so baie tyd om inte haal....

ek dink die laaste keer wat ons mekaar gesien het vas ek 'n dogtertjie wat skaars haar tienner jare ingegaan het en nog nie enige werklike opinies gehaat het nie...... Ek is nou 'n volwasse vrou wat as gevolg van 'n moeilike lewe 'n sterk opinies het oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe en jy sê sofeel keer wat ek nie die moed het om te sê nie!!!

Liefde
Spook
PS gister se inskrywing was puik soos altyd en ek het lekker gelag!!!

Lucy said...

Ag ja, Wimpie, dit sal 'n fout wees om op te hou. Ek lees jou blog ook elke dag, maar het lanklaas gecomment. Soms is dit mos net so dat daar niks is om oor te comment nie - JY het alles klaar raakgese!
Jou blog vervul 'n plek wat uniek is. Amper soos 'n brefis show, net in die blogosfeer. Almal bel ook mos nie in na jou radioshow nie? Jy praat sodat mens jou kan verstaan, en wat ek baie waardeer, is dat jy nie gemeen is met jou bloggers nie - al is hulle soms gemeen met jou!

Genoeg (waarheid) vleitaal vir vandag! Moenie ophou nie, jy sal gemis word.

Anonymous said...

Blog maar vir die twee wat jou blog lees.. of sorry dalk 3

Anonymous said...

Wimpie

Jy kan nie nou klaar maak nie. By wie gaan ek leer om net so populur te word soos jy?

Ek het juis vanmiddag 'n voice test daar by julle en ek kan nie wag nie.

So seblief moenie ophou nie.

Groetens
Eke

Anonymous said...

Nee magies Wimpie, jy kan my nie nou hier drop nie. As ek in die oggende inkom, dan lees ek dadelik die blog(s), lees Beeld daarna en na begin ek werk.

Soos Boendoe noem ook, soms het jy klaar gesê wat ons wou sê/comment. Nee man, hou aan, al is die nie elke dag nie, maar laat ons lees wat is wat.

Lekker dag.

Eben

Anonymous said...

HI DAAR,
EK IS OOK 'N VERSLAAFDE VAN JOU BLOG. MY EERSTE PRIORITEIT IN DIE OGGEND IS OM JOU BLOG TE LEES EN DAARNA OOR TE SKAKEL NA OOSRAND STEREO. HIER IN BRAKPAN WERK EK IN 'N GAT EN KAN JULLE NET OPVANG OP DIE REKENAAR. JY MOET NIE OPHOU BLOG NIE, WANT JY LAAT MY SOMS SO LEKKER LAG EN ANDER DAE HUIL EK SAAM MET JOU. JY SE SOMS GOED WAT EK NET SAL DINK MAAR BINNE IN VOEL ONS DIESELFDE OOR BAIE DINGE. JY IS 'N STER IN MY DAG EN MOENIE DOODGAAN NIE.

Anonymous said...

ek geniet ook jou blog - hou aan skryf!

Blou Bul said...

Van der Sandt

Nee skaal net af en blog net twee drie maal `n week.Ek stel ook voor jy geen die volgende dag terug voer oor die vorige dae se comments of Laat aand op die comments reply.Interaksie is nodig en gesond.

lEKKER DAG

Anonymous said...

Hi Wimpie

Nee ek dink nie jy moet ophou nie want ek lees elke oggend jou blog. Ek was vir 2 dae nie by die werk nie en het eers vanoggend opgevang. Hansie was Maandag aand in 'n motor ongeluk darem nie ernstig nie maar dit lyk of sy kar afgeskryf gaan word.

Jy moet mooi bly en stuur groete vir jou ma en pa.

Liefde

Ina

Dellie said...

Ek stem saam met die meerderheid, ek lees elke dag jou blog. Maar ek comment ook net af en toe. En ek sal mos die ouens van die Mechanic bar vreeslik mis?

Anonymous said...

Nee fok , Dont quit, boy.Ek lees elkedag jou blog, maar lewer nie kommentaar nie.

Frik

My Kop Op 'n Blok! said...

Wimpie ek lees darem ook nog, al lewer ek nie so gereeld meer kommentaar nie. Ek kry nie 'n tiende van die kommentare wat jy kry nie, meeste inskrywings niks, maar mens skryf seker nie net vir kommentaar nie, hopelik om gelees te word.

Ons sal seker sukkel om vir die res van ons lewens 1 inskrywing per dag uit te dink, gelukkig het ek nooit probeer vir een per dag nie. Ek dink mens moet maar gemaklik voel om net een keer per week of maand iets te skryf as jy so voel. Bloggers en bloglesers moet ook maar leer om iets soos Bloglines te gebruik om hulle te laat weet jy het iets gesê.

Anonymous said...

Ek dink dis die belangrikste om jou blog vir jouself te maak. Iets waarna jy oor 'n paar jaar kan terugkyk - hopelik met 'n glimlag oor hoe jonk en onervare jy was. Eerder as met terugverlange na die "goeie ou dae"!

Dat ander mense dit lees is 'n bonus. En dat ander mense comments los is die beste, maar alleen as hulle regtig iets te sê het...

Maar dat blogging tydrowend is, is 'n feit! En as mens nie gereeld blog nie, verloor jy ook die bietjie lesers wat jy het.

Ek stel dus voor om eerder korter te blog, as om minder keer per week te blog - maar dis my opinie.

BoerinBallingskap said...

Ek wens so hulle wil nou ophou om rowe oop te kloof en Diana kans gee om te rus. Deur ondersoek-op- ondersoek-op- bespiegeling-op-ondersoek skenk hulle legitimiteit aan Dodi se pa se belaglike teoriee. Hulle besef ook nie hoe sameswerings-verbeeldingsvlugte werk nie: Hulle kan nog vir 'n 100 jaar nog 'n 100 ondersoeke doen en ELKE keer bevind dat dit net 'n ongeluk was en dan sal die samesweringsteoriee STEEDS bestaan! Gun Diana en haar familie nou uiteindelik net rus. Asseblief!

Anonymous said...

Hi Wimpie,
Net soos die res van die "comments" hier wil ek ook graag se dat dit jammer is dat jy nie meer wil blog ! Jy is soos my dosis nuus elke oggend. EK lees elke oggend jou nuus en daarna die koerant voor ek my dag begin. Ek is reeds vanaf so 6:00 (oggend) besig en dan lees ek maar. Ek moet erken jy het so "mind change" gehad vanaf jy die boek begin lees het maar dit is goed want mens moet oop wees vir opsies ! Dit kan net positief wees. Ek is self 'n baie "diep" mens en geniet die tipe van leesstof. Sterkte indien jy sou besluit dat jy iets nuuts eerder wil aanpak.
Groete
H

Dame met 'n wil! said...

boer ek stem saam jou, die arme vrou is dood, laat haar met rus, sy was een van die mooiste dames op aarde, niemand sal ooit weer soos sy kan lyk of wees nie, sy was 'n beeldskone wonderlike vrou, baie lief vir haar kinders, sy so vandag so trots op haar kinders gewees het! Laat haar met rus. Sy het 'n hondelewe gehad onder Charles die vark, hoe kan enige man so mooi dame op sy skuif vir so perde bek tannie, sy is nie eers amper mooi nie!

Gatta-Patata said...

Wimpie.
Jy moet begin dink wat jy in die lewe wil he. Jy doen baie vir die gemeenskap en somtyds voel dit of mense dit nie waardeer nie. Dalk voel jy so omdat jou blog so stil was die laaste tyd. JY se baie jy is moeg vir die dorp - moeg vir sy mense - MAAR hulle is nie moeg vir jou nie! Hulle waardeer jou - meer as wat jy besef. dalk weet jy dit maar dalk wil jy dit net 'n bietjie hoor... soos 'n PMS vrou, ons weet ons is mooi en trek mooi aan, maar partykeer wil jy dit net by jou boyfriend hoor: Hoorhier my bokkie: JY is pragtig! SO WIMPIE, Jy word gewaardeer!
Nog 'n ding: Jy moet in jou hart besluit wat wil jy in die lewe he? Jy het vanoggend gese jy is positief en Blah blah blah en jy sal nooit weer verloof raak nie...blah blah blah, SO wees positief en besluit jy wat JY wil he!! VANDAG! As jy wil ophou blog - doen dit - soos ek jou ken sal jy iets anderste aanpak en daar 'n verskil maak: DOEN 'N BIETJIE WAT WIMPIE HAPPY MAAK. Daar is baie mense agter jou, dalk mense wat jy ignoreer en vergeet dat hulle daar is. Kyk na hulle - dis hulle wat 'n verskil maak in jou lewe. Wees positief, wees single, wees happy - want net jy verdien dit!Onthou net dat die lewe is dieper as dit!!
Groete
PS: kry vir jou 'n hond...

Anonymous said...

Wimpie, blog skryf is mooilik, om elke dag iets positief te vind, oor te skryf, en hoopelik mense te kry wat belang stel en deel neem is nog mooiliker. Kyk na jou stats, en kyk op watter dae en watter onderwerp jy die meeste kommentaar gekry het, en gebruik die informasie as 'n "measure van success".

Google search "How to make a blog work" Daar is enorme informasie daar buite wat jou sal help. Onthou, daar is nog nie 'n boek geskryf oor Afrikaans Blogging nie...

Soos enige iets, wie is jou "target market"? Hoekom blog jy, stel "jou" bloggers belang in wat jy doen? Hoe lok jy hulle? Kompetisies, gemeenskap werk, celeb nuus, slegte nuus, tech nuus?

Ek lees baie blogs, elke dag, mar vir my, long winded essays van die einaar en bloggers comments ignoreer ek (soos hierdie van my!)

Short and Sweet, Aanhou en bekhou :)

Anonymous said...

Wimpie... nogal 'n slim manier om sommer ook uit te vind hoe 'gewild' jou blog is!

Well done! :-P

Jou blog kan maar rerig aangaan, ek dog eintlik 'n blog is vir mens SELF, nie vir ander nie? So maybe, as dit niks vir jou beteken nie......