Tuesday, October 23, 2007

My lewe is hectic!

Gisteraand was die Vonk Afrikaanse Musiek Toekennings.

Die groot wenner van die aand was Bok van Blerk, tussen hom en sy liedjie de la Rey het hy weggeloop met as ek dit nie mis het nie 4 toekennings onder andere beste liedjie, beste musiekvideo en grootste verkoper, dit was vir my interessant hoe Dozi weggeloop het met Steve Hofmeyr se toekenning nadat Steve nie opgedaag het nie weens sy boikot teen Sondag en Son na aanleiding van hulle betrokkenheid as mede-borge van die geleentheid, Dozi het self gese hy dink hulle het vir hom 'n toekenning gaan skep!
Nou ja geluk aan Oos Rand Stereo wat 'n toekenning gekry het vir ons bydrae tot Afrikaanse musiek....baie geluk aan almal wat so hard werk ongesiens agter die skerms en teen bykans geen vergoeding nie!

Chaos vanoggend op die lughawe, ek is so bly ek hoef nie 'n vliegtuig te haal vanoggend nie, die bokke is terug en hulle het 'n klein stukkie silwerware saamgebring wat een of ander wonderkuur vir versoening is by die naam van William Webb Ellis. Duisende mense sien ek op die beelde op televisie, mooi so Suid-Afrika.
Met die Bokke en die Wêreldbeker veilig terug in Suid-Afrika sal die fokus verskuif na die moeilike besluite wat politici in die nabye toekoms oor die sport sal moet doen. Afrigter Jake White het op heelwat hooggeplaastes se tone getrap terwyl hy sy span op die oorwinning voorberei het, wat kan meebring dat sy toekoms op die spel is. Vrae rondom kwotas vir die Springbokspan en die naam Springbok sal ook bespreek word.
In nog sportverwikkelinge het President Thabo Mbeki die naam van die nasionale sokkerspan, Bafana Bafana, veroordeel. Volgens Mbeki is die naam nie geskik vir ‘n senior nasionale span of die gashere van die 2010 Fifa-wêreldbeker nie. Hy het ook die name Banyana Banyana vir die senior vrouesokkerspan en Amaglug-glug vir die onder-23 sokkerspan gekritiseer. Mbeki sê dat hierdie name onmiddellik in heroorweging geneem moet word. Kan dit waar wees, of is dit die voorspel vir die verandering van die naam van die Springbok??

Saam met die soet van die oorwinning is daar die suur van die koelbloedige en doellose moord op Lucky Dube.
Anton Goosen stuur die volgende:LUCKY DUBE MEMORIAL AND FUNERAL INFORMATION
Memorial Service Details:
Wednesday 24th October 2007
Bassline, Newtown
From: 11h00 to 15h00
Funeral Service Details:
Sunday 28th October 2007
Farmers Hall opposite Newcastle Inn
Newcastle
KZN
Anton en Lucky was groot pelle en het saam gewerk aan Anton se CD Danzer as jy kan onthou.Lucky Dube, se familie het aangedui dat sy begrafnis ‘n privaat-aangeleentheid sal wees. ‘n Familiewoordvoerder, Arnold Mabunda, sê dat die pers as gevolg van Lucky se oortuigings en die Kerk se riglyne nie toegelaat sal word nie. Dube is verlede week geskiet tydens ‘n beweerde mislukte kapingspoging in Rosettenville. Die vermeende moordenaars, wat almal tussen 31 en 35 jaar oud is, verskyn vandag in die hof.

Net vir die rekord ek was alleen na die Vonk toekennings toe, Kobie Koen het gevra of hy my ander kaartjie kon weggee aangesien daar 'n tekort aan kaartjies was, ek hoop die skindertonge kan nou bedaar aangesien ek besluit het om te konsentreer op my loopbaan en my werk vir die volgende paar maande, ek is jammer girls, van nou af speel verhoudings, girls, skoonheidskompetisies, hollywoodsterre, modelle en Jessica Simpsons almal tweede viool terwyl ek my loopbaan uitsorteer en vestig.

Die Mechanic Bar het lekker paartie gehou na die bokke se oorwinning en die ouens het almal babalas, hulle is more hier!

Cheers
Wimpie

PS: Een van ons luisteraars was vanoggend op die lughawe en stuur die foto, ek dink sy is huistoe saam met Percy!

4 comments:

Blou Bul said...

Die brein het toe nie gewen nie.Daar was glo sewe mense wat die rustyd en eindtellings korrek voorspel het die eerste keer wat iemend dit reg voorspel in vier jaar.En dit nogal sewe keer.

LEKKER DAG.

Anna Marie Budden said...

Hi Wimpie!
Net 'n vinnige hallo!
Ek was nie gister by die werk nie, en het baie om in te haal!!!

Ek is so trots op die feit dat die bokke gewen het en dat ek Suid Afrikaans is!!!

Baie liefde
Spook

Anonymous said...

Hi almal

Ek wil ook net laat weet van my kant af dat Wimpie Maandagaand alleen gegaan het en dat ek nie die toekennings bygewoon het nie.

Ek het gehoor die was 'n wonderlike aand gewees en ek wil ook net OosRand Stereo geluk wens. Wimpie jy werk vir 'n baie lekker radiostasie en ek wens jou net alles van die beste toe vir jou loopbaan daar.

Groetens
Michelle

Anonymous said...

Sorry Brein, ek het regtig gehoop jy maak dit ..

Wimpie geluk ook aan julle Radio Stasie, Oos Rand Stereo vir julle toekenning en bydrae.

Lekker dag ons gsels weer
Eben