Monday, October 8, 2007

'n Absurde naweek!


Absurd!
Dis wat jy sou gese het as ek 'n maand terug vir jou voorspel het die All Blacks en die Wallabies gaan na die kwarteindronde van die wereldbeker uit die toernooi wees. Ek het geweet die Engelse met Wilkinson aan die spits gaan die wereld warm maak vir die Wannabies, maar ek het rerig gedink die All Blacks gaan te veel skietgoed he vir die Franse, my hart het gebreek vir die All Blacks, moenie my verkeerd verstaan nie, ek is bly ons hoef nie teen hulle te speel nie, maar ek kon nie help om 'n traan te pik vir Richie McCaw nie, ek was al in Nieu-Seeland en hulle is rugbymal, baie meer as ons en die arme spelers en die afrigter Graham Henry gaan dit ontgeld op 'n groot manier by die huis!
Die Bokke het my hart 'n paar keer laat staan teen Fidji, maar dit vat 'n baie groot span om die druk te verwerk soos ons gedoen het en hierdie Springbokspan kan dalkies net al die pad gaan en die berg van rugbyglorie tot heel bo klim, die Franse het ons 'n hengse guns bewys en ek glo regtig nie hulle het wat dit vat om 'n geharde en ervare Bokspan soos die huidige een te tem nie...
Wat die Aussies aanbetref.....dit was donners lekker om die wereld se windgatste span te sien huil na die bleekbene hulle afgeransel het! Vir die eerste keer in my lewe het ek kliphard en onbeskaamd vir haar majesteit se spannetjie van die eiland geskree!

Vir die van julle wat gewonder het hoe lyk die Mechanic Bar as daar rugby is....

Suid-Afrika en Pakistan speel van vandag in die tweede toets in Lahore nadat die Proteas verlede week se eerste toets maklik gewen het. Suid-Afrika het ‘n afgeronde vertoning gelewer in Karatsji, en die enigste afdeling wat verbetering nodig het, is onder die voorste kolwers, met kaptein Graeme Smith, Herschelle Gibbs en AB de Villiers wat hulle sokkies sal moet optrek. Die span kan nie verwag dat Jacques Kallis elke keer hulle bas moet red nie. Kallis is mos anyway nie eers goed genoeg om eers die 20/20 span te haal nie!

Die leier van die Demokratiese Alliansie, Helen Zille, het ‘n dringende vergadering met president Thabo Mbeki versoek om hom uit te vra oor sy stilswye oor die skorsing van die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Vusi Pikoli. Sy sê Mbeki se weiering om tot nou iets te sê, het baie skade aangerig aan die land se demokratiese instellings. Zille wil hom ook oortuig van die noodsaaklikheid vir ‘n volle kommissie van ondersoek onder aanvoering van ‘n wydgerespekteerde afgetrede regter. Sy sê die Ginwala-ondersoek is uiters blootgestel omdat dit gelei word deur ‘n senior ANC-politikus met noue bande met die president.

Ek het toe vir my 'n hond gekry en het belowe ek plaas 'n foto so hier is hy, ek weet net nie so lekker van die hondemis nie!






Later
Wimpie.

Ps: Net om julle te wys hoe hard ons somtyds werk by die radiostasie, hier is joker en ek besig om bietjie pret te he met oom Fanus tydens on lente telethon Vrydag by Oos Rand Stereo!

Ai ons werk ons darem dood by daai plek!

12 comments:

Dame met 'n wil! said...

Wimpie hy is pragtige!!

Anna Marie Budden said...

Hallo Neef,

Ja die woef is so oulik.....

Ja dit was omtrent 'n absurde na-week, en ek het amper 'n hartaanval gehaat met ons game.... Wat het met die bokke aangegaan?

Dit is seker waar dat ek moet bly wees dat ons tenminste gewen het!
Maar hoe sê my man...? "they became to complacend..........

Hoop net dat ons manne harder gaan werk om te speel soos hulle in die game teen Engeland te speel!!

liefde
Spook
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Gatta-Patata said...

Hey wat is jou hond se naam?
hys te cute

Wimpie van der Sandt said...

Die hond se naam is heel gepas ROCKY....

Wimpie van der Sandt said...

moes die een met julle deel dankie aan antjiesomers!

One day Lettie wanted to bake a cake, but she ran out of eggs.
So she went to her usual grocery store in the Dorp where she lived. As she
walked in, the owner, Piet was there and she asked him for a dozen eggs.
She went back home and baked the cake. To her surprise the eggs were rotten/

frot, so she went back to the store and this time Piet wasn't there, but
his wife Annette was there.

Lettie approached Annette and said" Weet jy, jou man het vrot
eiers?"Annette obviously shocked and upset said: "Hoe
weet jy my man het vrot eiers?"
Lettie replied, " Kom ruik my koek."

Gatta-Patata said...

Sies Wimpie!!!
Rocky is cool!!! Jyt darem maar 'n slag met name jong???

Women sits in the bar, a man offers to buy her a cocktail. She says no thank you, Alcohol is not good for my legs. Why not? says the man, do they swell? No they open easily!!

Anna Marie Budden said...

Ha ha ha hie hie hie hie!

why did Humpty Dumpty push his wife off the wall?..................

He wanted to see her crack

Groetnis
Spook

Gatta-Patata said...

hehehehe
Dis funny Temptress!

Hoor hierdie een:
Indian parks his brand new Porsche in front of the office to show it off to his colleagues. As he's getting out of the car, a truck comes speeding along too close to the car and takes off the door before speeding off.

More than a little distraught, the Indian grabs his mobile and calls the police. Five minutes later, the police arrive. Before the policeman has a chance to ask any questions, the Indian starts screaming hysterically:

"My Porsche, my beautiful black Porsche is ruined. No matter how long at the panel beaters it'll simply never be the same again!"

After the Indian finally finishes his rant, the policeman shakes his head in disgust: "I can't believe how materialistic you bloody Indians are," he says. "You lot are so focused on your possessions that you don't notice anything else in your life."

"How can you say such a thing at a time like this?", snaps the Indian.

The policeman replies, "Didn't you realise that your right arm was torn off when the truck hit you."

The Indian looks down in absolute horror "F***ING HELL!!!!!!" he screams........ "Where's my Rolex ????..."

Blou Bul said...

Wimpie jy gaan my seker kwalik neem, maar ek het moerse respek vir Allan Boesak al het hy al droog gemaak en was in die tronk.
Ek hoor jy het hom lekker aangevat vanoggend.

Hoekom ek so se ek het `n ruk gelede `n Tv program van hom gekyk, waarin hy veg vir Afrikaans en die ou van sy eie party het hy aangevat en vir hom in Afrikaans gese man ek praat Afrikaans ek dink in Afrikaans en ek droom in Afrikaans en daars niks wat jy omtrent dit kan doen nie.

BoerinBallingskap said...

Lyk na 'n oulike woef! Ek glo natuurlik die Franse gaan eindstryd toe en ek is bang vir die Poemas....

Danie said...

ek wil nie klink soos mosterd na die maal nie, maar ekt lankal gese die franse moet dopgehou word en kan nie onderskat word nie. Ons sal moet uithaal om n omgekrapte poema span te klop. Ons moet net weer so klinies raak soos teen die engelse.
Ek wil n saal huur of iets vir die finaal. almal met idees of wat belangstel laat weet bietjie

groete

Dame met 'n wil! said...

Danie dit klink na 'n puik idee, kan werk ja!!