Wednesday, October 10, 2007

Rugbykaartjies??

Danksy Vodacom se 3G gaan die Mechanic Bar eers later vandag verskyn... Dis net eenvoudig onmoontlik om te verbind en ek sal later vandag dit op 'n memory stick moet gaan laai en dan maar by die radiostasie kom oplaai so jammer daarvoor, maar loer maar weer deur die dag in....

Na aanleiding van al die e-posse van die verwoestende storms wat Maandag hier in Gauteng sou plaasvind, plaas ek graag hierdie foto van die verwoestende skade wat deur die 'tifoon' by my huis aangerig is en ek hoop ons almal leer 'n les hieruit om ons huise meer te beveilig!

Wanneer die woorde Nasionale Polisiehoof en georganiseerde misdaad in dieselfde asem genoem word, verwag jy dat iets gaan volg soos ''n groot deurbraak is deur die nasionale polisiehoof aangekondig'.... ons moet settle vir berigte soos 'Selebi se betrokkenheid by georganiseerde misdaad word ondersoek'
Die kantoor van nasionale polisiekommissaris Jackie Selebi het bewerings verwerp dat polisie-voorskrifte bepaal dat hy geskors moet word terwyl beskuldigings teen hom ondersoek word. Die Vryheidsfront-Plus het vroeër gesê die polisie se eie voorskrifte vereis sy skorsing in dié stadium. Selebi se kantoor sê egter die voorskrifte is nie van toepassing op die nasionale kommissaris nie, want sy gedrag word voorgeskryf deur die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Die kantoor sê die voorskrifte is ook nie van toepassing nie omdat die polisie nie besig is met ‘n ondersoek teen hom nie.
Miskien nie die polisie nie, maar die skerpioene wel....jy gaan mos tog nie jouself ondersoek nie gaan jy!
Net so gaan jy ook nie jouself skors nie ne, al is dit die eerbare ding om te doen, ek dink hierdie is net die punt van die ysberg en kan nie wag om te hoor wat die ondersoek alles gaan oplewer nie!

Na Engeland se oorwinning oor Australië in die Wêreldbekertoernooi word verwag dat tot 40-duisend Engelse ondersteuners die naweek die Engelse kanaal gaan oorsteek vir Saterdag se halfeindstryd teen Frankryk. Die Internasionale Rugbyraad het ‘n bykomende twee duisend kaartjies beskikbaar gestel vir die kragmeting, maar meer as drie miljoen mense het sy webblad besoek in ‘n poging om daarvan in die hande te kry. Talle geesdriftiges gaan na verwagting ook na Parys reis met die hoop om kaartjies te koop van mense wat nie meer wil gaan kyk nie.
Da sien ek gesinsgeweld in Kiwi-land het die hoogte in geskiet na die All Blacks se nederlaag teen die Franse en die premier moes Nieu-Seelanders maan tot kalmte!
Al die spelers het deelgeneem aan die Springbokke se eerste oefening in Parys en CJ van der Linde en Bismarck du Plessis lyk reg na beserings wat hulle die kwarteindstryd teen Fidji laat misloop het. SuperSport berig dat Van der Linde ‘n kneusplek aan die regterbeen gehad het, terwyl Du Plessis gesukkel het met ‘n stywe rug. Voorspeler-afrigter Gert Smal sê hy is nie bekommerd oor die twee nie en glo hulle sal fiks wees vir Sondag se halfeindstryd teen Argentinië.

Die storie van die ysberg lyk my was 'n grap...
Die SA Lugmag het 'n Dakota gestuur om te gaan ondersoek instel en kon niks vind nie, ek het nogal gedink 'n ysberg wat by die pole afgebreek het sal dit nie maak in water met 'n gemiddelde temperatuur van 25 grade nie...maar nou ja, snaakser goed het al gebeur....die Franse het net laas naweek die All Blacks geklop!

Kom loer later vir die Mechanic Bar!
Wimpie

10 comments:

Anna Marie Budden said...

Hi Neef!

Hoe gaan dit vandag? Ja wat kan ek sê van ons Polisiekommesaris?

wat ook al. . .weet jy geen wonder ons land het sofeel probleme nie, hulle stel 'n Krimineel aan om krimenele te vang hie hie hie ha ha ha
liefde
spook

Dellie said...

Gedog daai ysberg is te goed om waar te wees!

Sal later kom loer vir die kuiertjie in die Mechanic bar.

Lekker dag vir jou!

Dame met 'n wil! said...

Wimpie ek het nog nie eers jou blog gelees vandag nie, eers het ons nie krag gehad nie, nou hoor ek Lubners hier onder in Vermeulenstraat het 'n bom dreigement, Vermeulenstraat is toe hier onder by Andries straat.

Feetjieland said...

Ek het ook my bedenkinge gehad oor die ysberg...
Ons landswette geld mos i.e.g. net vir sekere mense...die mense "daar bo" is bo alle wette ook!! Die "untouchables"!

Cheers eers

Anonymous said...

vanoggend kry ek toe mos vir die eerste keer geleentgheid om jou te luister oor die internet. maar nou weet ek nie of dit jy was nie - tot 9uur, toe weet ek dis nie jy nie, want toe kom daar 'n soutie op wat so deur sy neus praat...

Dellie said...

Is die ouens van die Mechanic bar nog steeds in die duister?

Gatta-Patata said...

Lyk my die Mechanic bar is sad oor die All Blacks verloor het...
Anonymous, ons het almal name hier, wie is jy? Jys reg daar is so outjie wat na hom kom gesels wat so klink... you ve hit the nail on the head!
Sharks; is als okay daar in PTA??

Anonymous said...

Wimpie het gedink jy sal van die hou:


WOMAN

Between 18 and 20, a woman is like Africa. Half discovered, half-wild, naturally beautiful with fertile deltas.


Between 21 and 30, a woman is like America. Well developed and open to trade, especially for someone with cash.


Between 31 and 35, she is like India. Very hot, relaxed and convinced of her own beauty.

Between 36 and 40, a woman is like France. Gently aging but still a warm and desirable place to visit.

Between 41 and 50, she is like Yugoslavia. Lost the war, haunted by past mistakes. Massive reconstruction is now necessary.

Between 51 and 60, she is like Russia, Very wide and borders are un-patrolled. The frigid climate keeps people away.


Between 61 and 70, a woman is like Mongolia. A glorious and all conquering past but alas, no future.

After 70, they become like Afghanistan. Everyone knows where it is, but no one wants to go there.

THE GEOGRAPHY OF A MAN


Between 15 and 90, a man is like Zimbabwe. Ruled by a doos!

Feetjieland said...

Waar is die brein vandag?
Sharks is jy okay????
Anonymous...toemaar

Dame met 'n wil! said...

Feetjie ja jy ekke is okay geen klagtes nie, net groot geskrik vanoggend toe ons hoor hoekom die polisie hier onder was, maar verder is ekke fine, ekke sukkel om te comment op jou blog.