Was gister bietjie gedrein en bietjie moeg, gisteraand in die bed geklim en 10 ure geslaap, ek voel soos 'n nuwe mens.
Dankie vir al die mooi woorde en kommentaar van julle af, ek waardeer en ek is so dankbaar! Baie mooi persdekking gekry vir die groot Show, Anton laat weet gister hy het op Kwela met Coenie de Villiers oor die show gepraat, die storie was gister in die Beeld, Volksblad en die Burger, hierdie week wat kom Huisgenoot en die Son.
Kaartjieverkope by Computicket is veronderstel om vandag oop te maak, maar dit lyk my dit gaan eers Maandag gebeur aangesien ek nog nie 'n afteken "proof" gekry het nie.
Ek weet nie of dit vir julle interessant is om te lees wat agter die skerms aangaan nie, maar ek vertel maar anyway. Die groot mission was om Anton en Steve net eers aan die praat te kry, dit kon so maklik gebackfire het as hulle dalk net op mekaar begin gil het, of erger nog in 'n boksgeveg ontaard hhet, die res daarna was maar net baie onderhandel en baie diplomasie, en uiteindelik sukses!
Net vinnig die grootste advertensie veldtog kom op Kyk-net van Januarie af, Oos Rand Stereo en Vrouekeur, Huisgenoot en Beeld volg ook binnekort so hou maar die pers dop!
Die foto was gister op Steve se blog van my en Frans Swart en Jacques de Coning, ek's seker Steve sal nie omgee nie.

Slegte nuus gister oor oom Patrick.Die Suid-Afrikaanse teaterlegende Patrick Mynhard is dood. Hy het gisteroggend in Londen gesterf, vermoedelik aan ‘n hartaanval. Hy was 75 jaar oud. Mynhardt was in Brittanje besig met die opvoering van sy eenmanvertoning Boy from Bethulie. Hy het roem verwerf met honderde vertonings op die verhoog, in rolprente, televisie en radio oor dekades heen, maar was veral bekend vir sy uitbeelding van die Herman Charles Bosman-karakter Oom Schalk Lourens, wat hy mettertyd sy eie gemaak het. Mynhardt word oorleef deur sy seun, Johann, en twee kleinkinders. Ek word stil vir 'n oomblik en verstaan hoe kort is die lewe...
Hier is baie goeie nuus: Die sakeman Tokyo Sexwale het erken dat hy voorbrand gemaak het om hom verkiesbaar te stel as president van die ANC. Hy het egter aan die Kaapstadse Persklub gesê hy het nog nie finaal besluit oor sy moontlike kandidatuur nie, en sal hom laat lei deur benoemings. Sexwale sê hy glo in Suid-Afrika, nie net as ANC-lid nie, maar ook as belegger. Hy voeg by dat hy nooit sy rug sal keer op oudpresident Nelson Mandela se erfenis van nierassigheid nie. Hy het my stem!
Rugbynuus uit Australië is dat die land se soektog na ‘n nuwe nasionale afrigter ‘n vreemde kinkel gekry het toe die radio-jokkie Alan Jones ook sy belangstelling uitgespreek het. Die 66-jarige Jones, wat die Wallabies in 1984 gelei het tot ‘n beroemde Grand Slam-oorwinning oor Britse spanne, het twintig jaar laas afgerig. Daar was steun én gespot toe hy aangekondig het dat hy beskikbaar is om John Connolly te vervang. Eddie Jones, ook ‘n gewese Wallabie-breier wat voor die Wêreldbekertoernooi by die Springbokkamp aangesluit het, het egter die idee afgelag en sê Jones moet hom liewer by sy ontbytprogram bepaal. Te dinges daarmee man, ons almal weet mos teen die tyd dat ontbytprogramomroepers weet die meeste van rugby af in die wereld!
Heerlike Naweek, ek gaan net bietjie rus, en dan is daar die klein belangrike dingetjie van die Curriebeker wat gou gewen moet word, dis so bietjie afgewater die jaar (sorry brein) en ek het geen gunsteling vir more nie, maar die meeste van my pelle skreeu vir die Cheetahs!
Ons gesels weer Maandag!
Wimpie.
6 comments:
Wimpie,
Weet jy hoe meer ek jou leer ken via die kuber-wereld, hoe meer respek kry ek vir jou. Ek lees waar jy iemand soos Frans Swart dankie sê vir die kennis wat hy met jou deel. Mens(e) is so geneig om alle eer jouself toe te ein, dat jy skoon vergeet waar jy die geleer het, asook hulp. Wel gedaan vriend.
Dis tragies van oom Patric ... ons gaan hom mis.
Welverdiende rus naweek vir jou, en ja ek sal ook maar vir die Cheetahs skree, terwille van Dellie en Boendoe!
Eben
baie dankie eben, ek glo voor jy respek vir jouself kan toe-eien moet jy eers respek kan betoon....dankie vir jou support hoop ek sien jou by die show
Wimpie lekker rus!! Ek gaan myself ook afgee, wil slegter as sleg wees hierdie naweek, ekke gaan ook vir die Cheetahs skreeu.
More Wimpie et all,
'skies as ek 'n misvestand veroorsaak het!!!!!!!!!!!!!!!!
Weet jy Wimpie ek sit vanoggend en dink as jy nie my pa se susterskind was nie sou ek vir jou moes oom sê!hie hie hie
jy moet lekker rus en as jy voel teen Saterdag middag jy genoeg gerus het en gereed is om te kuier. . . . . . beteken dit nie jat jy werklik uitgerus is nie net dat jy verveeld is Hie hie hie nee maar regtig geniet jou Wimpie tyd en ons sal jou seker sien die na-week van jou pa se verjaarsdag!
Liefde
Spook
Oom Wimpie nogal (lol)
Ja gelukkig is die afgewaterde eindtryd van die Currie cup se kaartjies reeds twee weke gelede uitverkoop.Ek is 51% Leeu en 49% Cheetah.Maar ek vergewe jou
Ja `n mens kan doen met lekker baie ure se slaap so nou en dan.
Ek dink tog Steve het groot respek vir Anton dit kon sy oom gewees het.Hy sal darem nie aan `n ou ballie slaan nie. Weereens geluk Wimpie.Ek was op computicket se site nog niks daar nie.
Van my kant af ook welgedaan met jou erkenning aan Frans en andere. jy blaas darem nie heeltyd jou eie beuel nie.Jy sal nog ver kom, inteendeel jy het al ver gekom.
Patrick Mynhardt Sad news, nou die dag nog was hy nog so skerp en vrolik op Rian op Kyknet.
Feetjieland ek het `n comment gelos op jou blog, ek gaan seker afgeslag word oor my siening
Het ek my nou vergaap aan ons BOKKE, sjoe hulle is mooi, ons het maar lank vir hulle gewag op die plein, maar dit was deur en deur die moeite werd. BOKKE BO!! Het tot even Kieno van Jacarandafm gesien.
Post a Comment