Wednesday, November 14, 2007

Uiteindelik!

Daar was 'n tyd in my lewe wat ek hierdie dag gevrees het, ek is bly om te se dit is toe nie so erg as ek gedink het nie.

Op so 'n dag is dit tyd vir bietjie nabetragting en myne gaan nie oor die afleope 40 jaar nie, meer as die helfte van dit is teen die tyd net 'n blur....hehehe!

As ek terugkyk op die laaste tien jaar van my lewe dan besef ek eers wat het alles gebeur.
Partykeer dan voel dit vir jou of jy nerens kom nie en jy kan nie sien hoe al jou drome realiseer nie, want jy is so besig om te lewe dat jy te naby aan dit staan en nie besef wat jy alles besig is om te bereik nie.
Ek het geworstel met die feit dat ek gevoel het ek word oud sonder dat ek my mooiste drome bereik, met nabetragting kan ek eerlik se ek sal niks in my lewe verruil vir niks nie, al die foute wat ek gemaak het, sal ek weer wil maak, die wonderlike deel van die lewe is dat elke ondervinding bydra om jou te help maak wat jy uiteindelik word, en ek sal geensins niks daaraan wil verander nie....

Daar was baie mense wat die afgelope ruk deel was van my lewe en wat bygedra het om die laaste 10 jaar onvergeetlik te maak, aan al hierdie mense wil ek se baie, baie dankie wat jou hoofstuk in my lewensverhaal ook al was, ek is dankbaar...
Dankie ook aan almal vir die letterlik honderde oproepe, sms'e en emails wat gisteraand om 23H00 begin het en nog nie opgehou het vanoggend nie, ek is so dankbaar en bevoorreg! Ek lewe my droom, mense het altyd gese ek is 'n dromer, wel weet jy wat almal se drome kan waar word myne het, al wat jy moet doen is besluit wat dit is wat jy wil he en dan moet jy dit gaan haal...

Ek is baie emosioneel vanoggend, veertig! Wetter, ten minste nog nie uit nie!

Dankie vir jou wat hierdie blog lees en aan jou wat na my show elke dag luister, julle is elkeen deel van my droom.....DANKIE!!

Wimpie

25 comments:

Anonymous said...

Yippee!!! Ek is die eerste een op jou blog wat jou geluk wens.

Mag jy die wonderlikste dag ooit he!

Happy 40th B-Day.

Groetens Michelle

Anonymous said...

Hi Wimpie, hoop jy het my sms gekry, maar .....

Baie baie geluk met die herdenking van jou 40ste geboorte dag. Mag daar vir jou wonderlike jare voorlê en al die mooi, opregte wense wat jy vandag ontvang, waar sal word.

Tonne groete en gaan groot op 40!!

Eben

Anonymous said...

HI WIMPS,
HOOP JY HET EEN FANTASTIESE DAG EN VEERTIG IS GREAT. GENIET ELKE DAG VAN DIE RES VAN JOU LEWE VOLUIT EN WEES NET WIMPIE WANT JY IS SPESIAAL.
LEKKER VERJAAR

Wimpie van der Sandt said...

Dankie Michelle, Eben dankie mater ek het jou sms vroeg gekry, een van 45 sover en counting!
Annonymous dankie hoor!

Anonymous said...

Wimpie
Ek dink daar is min mense wat jou rerig ken, min mense wat weet Wimpie kan net nie 'n fliek kyk sonder om te huil nie, min mense wat weet hy het nog nooit een sent gevra vir die hope welsynswerk wat hy doen nie.

Ek wil annoniem bly want dis 'n voorreg om jou te ken en ek bewonder jou so baie vir die mens wat ander mense nie weet jy is nie.

Bly altyd net Wimpie!

Lekker verjaar!

Wimpie van der Sandt said...

dankie annonymous....knop in die keel!

Anonymous said...

Hi Wimpie


baie geluk met jou verjaardag. Mag jy net vrede, vreugde en voorspoed ervaar vir die res van jou lewe. En dit is soos jy sê jy is die een mens wat ek ken wat jou kleintyd droom leef. Jy moet nou nog net rugby uitsaai soos Gerhard de Villiers.

Liefde

Ina en Gesin

Anonymous said...

Hi jou warmbloedige seksbom

Hoop die volgende 40 is vir jou so special soos creme brule&kreef&goeie sauvignon merlot...
En haak maar uit so van tyd tot tyd, Carl Gustav Yung het hoeka gese: "Show me a sane man and I will cure him for you"
Kom jy saam met my uithaak die naweek of nie? Laat weet...
XXXX

Anonymous said...

Mmmm...warmbloedige seksbom?? Nee, wat, jy is nog veeeer van oud af, lyk dit my!
Wimpie, ook van my kant, baie gelukkige verjaardag vir jou. Soos ek voorheen al gese het, ek comment nie altyd nie, maar ek gaan van Die Beeld, altyd eerste na jou. Jy kikker mens op met jou (gewoonlik!) positiewe uitkyk op die lewe!
Lekker dag!

Wimpie van der Sandt said...

dankie boendoe!
hoe weet jy dit annonymous...warmbloedig hehehe!

Anonymous said...

Wimpie, van my kant ook welkom in die Land van die naughty fourties.

Mag hierdie `n onvergeetlike dag wees en die Here jou seen en al jou drome laat waar word, mag jy nog vele jare gespaar bly en mag jy salig sterwe en ek jou kopbeen erwe om biltong op te kerwe.

Ek geniet jou show!!En ek sukkel my gataf om op my account comments te lewer, vandag weet nie wat is fout nie.

Die Brein

Anonymous said...

Wimpie baie geluk met jou 40ste verjaarsdag. Mag daar nog baie wees. Ek is net 4 jaar agter jou. Eintlik 4jaar en 1 dag. Ek verjaar more. Maar geniet jou dag verder.

Dankie vir 'n wonderlike show elke oggend.

Groete
Doret

Wimpie van der Sandt said...

Dankie Brein ook vir die (soms) wyse woorde!! en dankie dat jy luister, saam jou en my ma het ek nou 2 luisteraars

Wimpie van der Sandt said...

dankie doret
vier luisteraars!

Anonymous said...

...jy weet PRESIES hoe ek weet...
Toe, gaan werk nou voor ons weer opeindig waar ons was en fantaseer oor waar ons wil wees...
Lekker dag
XXX

Wimpie van der Sandt said...

hehehehe!

Anonymous said...

Hi Wimpie.

Ek hoop jy kan ons nog onthou.
Ek weet nie eers of jy my naam ken nie. Ek en my ma het gereeld by die Mechanic Bar gekom.Het nou verhuis. Ma nou in Potch.

Hoop jy het 'n wonderlike dag.
Mooi jaar vorentoe en mag al jou drome wat jy nog het waar word.

Groete
Magdané

Anonymous said...

More Wimpie,

Baie geluk met jou verjaarsdag, mag jy so oud word dat Fauna en Flora jou moet kom doodskiet! Hoop jy het 'n heerlike dag, en hulle sê mos Life begins at 40!

Anonymous said...

Wat bedoel jy soms wyse woorde? Die dag toe ek jou omstrede genoem het was dit nie wyse woorde nie?(lol)

Die Brein

Anonymous said...

Veels geluk Wimpie, alles van die beste vir die volgende jaar en dekade. Ek is lankal daar verby, jy sal sien die 40's is van 'n ou se beste jare. Dis net wat jy daarvan maak. (Ek wens ek kon na julle stasie luister)

Dame met 'n wil! said...

Wimpie baie geluk met jou b'day, die big 40. Geniet die dag.

Anonymous said...

Mag jou dag so geseend wees dat jou beursie swaarder word, jou vyande naar en die donners wat so kak aanjaag slim word.

Anonymous said...

Hi

Die wonder van 'Facebook'...ek sien dit is jou b-day vandag...Baie geluk meneer!Mag die volgende 40 jaar net vreugde,vrede en voorspoed bring!

platkuif

BoerinBallingskap said...

Wimps, BAIE geluk. Mooi, eerlike inskrywing! Ek is een van die dae saam met jou daar anderkant die GROOT 4.

Anonymous said...

more wimpie man
ek moet met jou praat
as ek kan
een of ander gees het eens gese
as jy die gevoel vir n volk
se hart wil he
luister na wat die digter se
ek is egter n rymelaar van formaat
en verkies om so te praat
vanmore skakel ek in op televisie
en word die wetter in
oor ons taal se disposisie
en stories teen my sin
besluit toe op n radiostasie
en skakel op oos rand stereo in
al is dit soms stereotiep en goor
net om my eie taal te hoor
nou ongelukkig is dit so
en jy kan my maar glo
een of twee van drie is omroepers
kafpraters
galbrakers
of sensemakers
laasgenoemde is yl gesaai
die res maak net lawaai
eers stem ek met jou saam
dat aardverwarming
is n reeele ding
dit laat die mens beskaam
want hy is die oorsaak
van hierdie verwoesting
vyf minute later
besluit ek net daar en dan
maar jy is n kafprater man
jy wil n prys uitdeel
vir die mooiste kersfees beligting
in geheel
prys n aap se ydele uitstalling
en wonder hoeveel
is hierdie aap
se elektrisiteit rekening
want elektrisiteit benodig brandstof jou skaap
en brandstof noodwendig
bring besoedeling
en besoedeling weer
aardverwarming
ek vergewe jou tog die keer
maar nou vra ek jou
wanneer,metwat,hoe en vir wie
is ons monumente gebou
want jy verwag onomwonde
dat n vreemde volk
daarvan moet hou
dit was nie vir swartes nie
ek kan my voorstel dat die bouer se
ou jonas on het n mooi park
en monument gebou
ja baas ons het n mooi park
en monument gebou
help my net gou
om die laaste een
van die bankies aan te dra
vir blankes alleen
die ander donners kry hier slae
vandag is klein jonas die burgemeester
van kindsbeen het hierdie
park en monument nooit bestaan nie
as grootmens sal hy dit ook
ignoreer
daarom se ek jou nou
as jy jou monument wil behou
gooi jou galbraak
en kamera in die sloot
vat n kierie saam
en donner die roote dood.

Johan van Brakan
rbc.johan@mweb.co.za