Friday, January 4, 2008

Amper weer terug!

Ek het bietjie besluit om langer vakansie te hou so ek is jammer ek was toe nie die 2e Januarie terug soos ek belowe het nie!

Lekker gekuier in Victoriabaai vir 'n paar dae en toe in Kaapstad by die waterfront, die Kaap is maar net die beskawing, ek wonder of die van julle wat daar bly dit altyd waardeer.

Alle geval Maandag is hierdie Blog weer in volle swang aan die gang, vergun my nog die naweek om lekker al my bearings aanmekaar te kry, dan vertel ek jou van my vakansie en natuurlik die lewe, mense ... en dinge!

later
Wimpie

3 comments:

Anonymous said...

More Wimpie

Bly om te hoor jy is veilig terug en dat jy jou vakansie geniet het.

Voorspoedige Nuwe Jaar en mag dit net 'n wonderlike jaar vir jou en jou familie wees. (Hoop jy gaan darem saam vir Wiam se eerste skooldag Woensdag).

Groetens Michelle

Anonymous said...

More Wimpie,
Was ek bly om jou stem weer te hoor op die Breakfast show! Moet erken, daar is niemand by 93.9 wat dit soos jy kan doen nie. Jou keuses vir musiek, jou se-goed en sommer net alles sit behoorlik 'n skop in die vroee oggende!
Hoop 2008 is vir jou 'n besonderse jaar gevul met vreugde, liefde en alles wat jou hart begeer!

Wimpie van der Sandt said...

dankie anon

dis nice om terug te wees, miskien nie vir lank nie, hou maar die blog dop!