
Baie dankie aan Toyota Suid-Afrika wat besluit het om my droom kar vir Wimpie van der Sandt produksies te borg, die wereld se eerste sogenaamde 'groen' motor die Toyota Prius.
Ek het verskeie redes hoekom ek die Toyota verkies bo enige ander kar, my hoofrede is dat ek verlede jaar begin besef het ons kan nie aanhou die dinge aan hierdie planeet doen wat ons doen en daar gaan geen nagevolge wees nie, vat nou maar net vandag hier in Johannesburg, die die 11e dag van Januarie, veronderstel om middel van die somer te wees, ek sit met 'n trui aan hier in die studio, dis net 17 grade vandag en dit reen al drie dae aanmekaar!
Alles goed en wel maar ek kan nie een jaar in my hele lewe onthou dat dit al gebeur het nie, miskien is ek net nie oud genoeg nie! Se nou vir my Aardverwarming raak jou glad nie!Dankie Andile Dlamini en Lizz by Toyota Suid-Afrika wat instrumenteel was om die hele transaksie aanmekaar te sit, vir jou inligting jy gaan my in die vervolg heelwat met 'n Toyota pet, baadjie en of T-Shirt aan sien!
Sal julle op hoogte hou van wanneer die groot oorhandiging plaasvind en foto's neem van my nuwe vuurwa!
Jackie Selebi en die Nasionale vervolgingsgesag stuur of op 'n botsing wat sosiale kommentators soos ek, my lippe laat aflek om te sien wat volg en volgens alle aanduidings gaan Selebi nie net le nie, hy gaan baklei tot die laaste toe, interessant ek kan nie wag om te hoor wat alles hieruit gaan kom nie.
Die omstredenheid rondom die moontlike vervolging van nasionale polisiekommissaris Jackie Selebi woed voort. In die jongste verwikkeling sê die leier van die Onafhanklike Demokrate, Patricia de Lille, haar party het ‘n antwoord ontvang op ‘n brief aan die Nasionale Vervolgingsgesag oor die kwessie, maar weet steeds nie of Selebi aangekla gaan word of nie. Sy sê die NVG doen sy eie beeld skade aan deur te wag op politieke opdragte, en sy meen die kantoor moet ophou om op te tree soos ‘n winkel op die hoek.
Die NVG sê intussen daar is geen grondslag vir die hofaansoek wat Selebi teen hom ingebring het nie. Selebi se regsverteenwoordigers het die aansoek teen die vervolgingsgesag by die Pretoriase Hooggeregshof ingedien. Volgens die kennisgewing gaan Selebi die hof vra om die NVG te verbied om voort te gaan met enige strafregtelike vervolging teen hom. Hy gaan ook vra dat die hof enige moontlike lasbrief vir sy inhegtenisneming tersyde stel.
Intussen verloop alles voor die wind vir die groot steve Hofmeyr en Anton Goosen brugbou konsert saam met Brikor op 1 Maart, wees op die uitkyk vir die TV advertensies wat breek op 23 Januarie en natuurlik ook 'n lekker artikel in Vrouekeur.Anton en ek het vinnig gesels die week en daar is nog baie werk wat wag, rehearsals saam met Steve, dink ek moet kaartjies en bokshandskoene daarvoor verkoop. Anyway dit gaan 'n awesome show wees, kry jou kaartjies by Computicket!
Sir Edmund Hillary, wat die eerste man geword het om die wêreld se hoogste berg, Everest, uit te klim, is oorlede op 88-jarige ouderdom. Nieu-Seeland se premier, Helen Clark, het die ontdekker beskryf as ‘n held en sê alle landsburgers rou oor sy heengaan. Sir Edmund se gesondheid het sedert April versleg toe hy geval het tydens ‘n besoek aan Nepal. Hy en sy gids, Tenzing Norgay, het Everest se kruin van ag duisend-850 meter op 29 Mei 1953 bereik.
Lekker naweek lyk darem of die reen bietjie opklaar teen more se kant!
Wimpie





5 comments:
Wimpie ek kan nie help om jou nou so bietjie op die vingers te tik nie, hel jy het baie spelfoute vandag gemaak, duidelik kry jy baie koud, nee man dit is lekker as dit so bietjie afkoel, ek is gaande daaroor, nee truie en baadjies is vir die winter, NIE vir die somer nie veral nie in Januarie nie, toemaar ek sien baie van my mede kollegas is so dik opgestop sal sweer dit is eish land hierdie!! Ek sit hier met 'n kort mou hempie aan, met 'n waaier wat op my blaas asook die aircon agter my!!
shit nee daar is my bakkies ek soek nie die ding so nie, hoe te hel wat nou gemaak, help, sal dit gou gou weer moet gaan remove of delete!!
jammer sharks, weet nie hoe om comments te delete nie...hehehe!
ja ek het gesien van die spelling vandag, onthou ek het basies 15 minute om my blog te doen in die oggend tussen weer, wereld in 15 minute, verkeer en nuus wat alles voorberei moet word, dis meer typo's! sorry man
Wimpie, wil jy my nie asseblief aanneem nie. Dankie.... Pa, kan ek Saterdagaand die Prius leen?
Nee fok ek is gatvol vir reen ongelooflik gatvol.Die damme is tot oorlopend toe vol.Ons is Suid Afrika nie Ierland nie.Mens mag kla oor te veel reen as mens mag kla dat dit te warm is ens.Waar staan dit in die ganse Bybel dat mens te vrede moet wees met reen , reen, reen.Reen is nie altyd `n seen nie.Sonskyn weer is ook `n seen, plante het son nodig om te fotosinteer en reen pas nie in oestyd nie.
Post a Comment