Tuesday, January 15, 2008

Gee my krag!

Dis een van daai dae wat jy weet kom en jy probeer maar nie daaraan dink nie en dan deel jy maar daarmee wanneer dit daar is, nou so 'n dag was gister vir my, my kleinman het toe sommer grootman geword in 'n baie kort tydjie.

Wian is toe nou uiteindelik gister "grootskool" toe, ek voicetrack Maandag se show en pak die paadjie Bedfordview toe met groot bravade aan, reg vir my kind se eerste, skooldag, of so het ek gedink, wel hy was reg maar sy pa was duidelik nie reg nie!
Tot my verbasing is hy slaggereed vir skool en ek is nie!
Kom ons stel dit net so daar was 'n geween en 'n gekners van die tande en niks daarvan het van hom af gekom nie!
Ek het my bedenkinge gehad ooor die hele Leeuwenhof-skool storie, ek was aangenaam verras!
Mammas en pappas moes vir hulle kinders 'n briefie skryf op hulle eerste skooldag, die foto is waar ek ewe braaf die ou briefie wat my finaal laat crack het, skryf, iets in die lyn van: "ons is so trots op jou vandag op jou eerste tree in die grootmanswereld, maak vriende, maak herrinneringe en bo alles maak van jouself 'n legende..." en toe is dit net trane!
Gelukkig nou verby, my kind word groot en ek kan niks daaraan doen nie...
Op die tweede foto is Wian aansienlik beter daaraan toe as sy ma en sy pa..."okay julle ry nou...."
Daar was baie vreugde, baie trane, baie foto's baie nabetragting en gelukkig baie memories gemaak in 'n dag wat ek nie gou sal vergeet nie, sterkte met die skool seun, dankie dat jy hom so mooi grootmaak mamma....

Eskom is vinnig besig om die grootste vloekwoord in Suid-Afrika, gister was 'n nagmerrie en dit GAAN NIE beter raak nie, dit gaan inteendeel BAIE erger word!
Kragverbruikers kan dié week moontlik tot ’n volle dag lank sonder krag sit, het Eskom gister erken.
Mnr. Andrew Etzinger, Eskom se hoofbestuurder van aanvraagbestuur, het gesê party gebiede is sedert gister twee keer per dag sonder krag gelaat nadat Eskom nie die nodige elektrisiteit kon opwek nie.
“As jy Maandag (gister) ’n kragonderbreking ervaar het, sal jy hopelik eers Woensdag en Vrydag vir ’n paar uur sonder krag wees. Dus sal ’n ander gebied Dinsdag, Donderdag en oor die naweek kragonderbrekings ervaar,” het Etzinger gesê.
Intussen het Eskom bekendgemaak hy het Areva, ’n Franse firma, en Westinghouse van die VSA gevra om ’n bod vir die bou van die nuwe kernkragsentrale op te stel en aan hom voor te lê.
“Ons sal ’n verslag oor die twee maatskappye se voorstelle opstel en dit teen einde Maart aan Eskom se direksie voorlê,” het mnr. Tony Stott, ’n woordvoerder van Eskom, gesê.
Daar is nog nie besluit waar dié kernkragsentrale gebou sal word nie, maar dit sal moontlik in die Oos- of Wes-Kaap wees.
Eskom sê die kernkragsentrale sal meer as 3 200 MW krag kan opwek en moontlik eers in 2016 voltooi wees.
Ek kan nie wag vir 2010 nie, stel jouself voor die eindstryd op die pragtige, halfgeboude nuwe sokkerstadion wat nie klaar is nie want hulle het nie krag gehad nie, dis Engeland teen Holland en David Beckham het 'n doelskop om die wereldbeker te wen, hy le aan en soos hy die bal tref gaan die krag af, lag maar as jy wil, daar is 'n moontlikheid dat dit kan gebeur en dit is die skrikwekkende ding daarvan as jy mooi daaraan dink!

En die Franse president, Nicolas Sarkozy, is vermoedelik Donderdag met die Italiaanse model en sangeres Carla Bruni getroud tydens ‘n klein private seremonie in die Elysee-paleis. Die Franse koerant L'Est Republicain haal ‘n ongenoemde bron aan wat glo na aan iemand is wat die seremonie bygewoon het, en berig dat dit ‘n klein, baie private geleentheid was in die presidensiële paleis. Die 52-jarige Sarkozy, wat in Oktober geskei is van sy vrou, Cecile, het verlede week op ‘n nuuskonferensie gesê sy verhouding met die 40-jarige Bruni is ernstig. My kop staan hoeka mos lankal politiek se kant toe....

Sterkte vir die dag...mag jy krag he!
Wimpie

3 comments:

Anonymous said...

HI WIMPIE,
WAT IS FOUT MET DIE AUDIO STREAMING. EK KAN VAN GISTER AF, AL NIE KONNEKSIE KRY NIE. HELP TOG ASB. DIT IS BAIE STIL IN DIE KANTOOR

Anonymous said...

hi, ek wens jy wil ophou moan oor goed wat jy geen beheer oor het nie soos die weer. Ek is net 8jr ouer as jy maar ek kan onthou van die 3dae en die 7dae perske reen wat ons omtrent elke jaar gehad het. Dit was normaal. Dis vandat ons sekere waardes begin verloor het dat ons reenval ook in sy maai in is. Ons geniet almal die mooi weer maar onthou dis van te veel sonskyn dat die Sahara lyk soos wat hy lyk.

Anonymous said...

Hi Wimpi

Ek hoor jy praat vanoggend van generators. Indien jy 'n beter prys wil he as R20000.00 skakel my gerus

Quinton
ACC Solutions Traders Nigel
082 447 7424