Thursday, January 17, 2008

Gee nog krag!

Met 'n skok besef ek toe gister dat probleme in Suid-Afrika le baie diep gewortel en gaan nie sommer oornag uitgesorteer word nie, die mooi manier waarop ons in 1994 die land in 'n voorbeeld vir die res van die wereld verander het was net 'n front en die meer diepgewortelde rasgedrewe probleme is maar net in 'n bankrekening gedeponeer waar dit die afgelope 14 jaar lekker rente verdien het!

Ek is geweldig gekritiseer oor ek dit durf waag het om iets te se oor die idioot wat sy pa se se geweer gevat het en in 'n plakkerskamp ingestap het en links en regs begin skiet het, onder andere 'n baba van drie maande doodgeskiet!
Wat vir my kommerwekkend is, is dat daar 'n sekere deel van die bevolking is wat dit met allerhande snaakse en weird redes verdedig en selfs op 'n manier kan regverdig!
Dis SCARY, dis gee my so 'n benoude gevoel in my binneste amper soos wanneer jy in die aand oppad huis toe is en nie weet of jy krag gaan he, of jou elektriese hek en elektriese garage gaan oopgaan nie.
Sinnelose moord, bly net mooi dit MOORD, as jy dit doen en of regverdig plaas jy jouself net mooi in dieselfde klas as hierdie rampokkers en misdadigers wat 'n skrikbewind voer in hierdie land, barbare soos ons so lief is om hulle te noem, ons is dan ook besig om barbare te raak as ons dit probeer verdedig en as jy my 'n tappet wil noem omdat ek dit NOOIT kan of SAL verdedig of deel daarvan wil wees nie dan gaan ek jou laat begaan om jou eie opinie daaroor te he en beskaafd van jou verskil, oppas net dat ons nie verval in 'n groef van vergelding teenoor onskuldige mense nie.
Ouers is te blameer vir die manier waarop ons, ons kinders grootmaak en hoe ons 'n voorbeeld stel vir ons kinders.....
Jy kan nie meer jou kind 'n rassis grootmaak nie, die kappiekommando gaan nie more 'n staatsgreep uitvoer saam met de la Rey en die boere kom lei nie...!
As jy nie deel is van die oplossing nie, dan is jy deel van die probleem en mense wat enigse siek redes kom uitdink om te regverdig dat 'n jong man van 18 'n geweer vat en onskuldige mense uitmoor is rassiste en gaan nog baie en groter probleme veroorsaak.... Gaan lees Animal Farm van George Orwell en moenie jouself op dieselfde vlak plaas as die misdadigers wat ons almal so haat nie!

Ek is genooi Eskom toe vandag om te gaan kyk waar die krag aan en af geskakel word en dit gebeur blykbaar onder ons neuse in Germiston, ek gaan probeer foto's neem vir die blog, weet nie of hulle my sal toelaat nie!
Eskom het baie vrae om te antwoord die grootste daarvan vir my is, het niemand hierdie proble voorsien nie en is GEEN voorsorgmaatreel daarvoor getref nie, en HOEKOM nie!
Ek gaan nie te veel tyd hieraan spandeer nie want more sal ek jou eerstehandse inligting kan gee, ek het gehoor dat 80% van Eskom se steenkool kom van een maatskappy af en dat hierdie maatskappy meer geld kry om die steenkool aan die buiteland te verkoop en dit is verantwoordelik vir 50% van die probleme wat ons tans ondervind!
Meer hieroor more!

President Thabo Mbeki gaan Harare vandag besoek om lede van die regerende Zanu-PF en die opposisie MDC te ontmoet. Buitelandse Sake sê Mbeki besoek Zimbabwe as deel van ‘n mandaat wat die Suider-Afrika Ontwikkelingsgemeenskap hom in Maart verlede jaar gegee het om die regering en die mense van die land te help om ‘n politieke oplossing te vind vir hulle politieke uitdagings. Die adjunkminister van Buitelandse Sake, Aziz Pahad, sê dit wil voorkom of daar werklik vordering is met pogings om Zimbabwe se politieke probleme op te los.
Mail & Guardian Online berig intussen dat nuwe banknote, insluitend ‘n 10 miljoen dollarnoot, dié week in omloop kom in die land wat wegholinflasie ondervind. Die president van Zimbabwe se Reserwebank, Gideon Gono, het minder as ‘n maand gelede ‘n soortgelyke stap aangekondig en sê nou die nuwe note sal noodsaaklike verligting bring vir mense wat met sakke vol geld moet winkel toe gaan. Die nuwe note word môre ingestel.
Honderd sulke note en jy is 'n biljoener!

Later
Wimpie

8 comments:

Blou Bul said...

Wimpie jys reg met jou redenasie oor die idioot wat die mense so afgemaai het,maar jy ruk die dam onder die eend uit en is al om die hond se poepol!Vandag is `n nuwe dag kry nuwe dinge om oor te praat, die nuusblaaie is vol nuwe nuus.

Ek kon nie onthou dat jy so tekere gegaan het oor die pa wat verlede week voor sy vrou en kinders in die kop geskiet is nie.Asook die oom wie se vingers met `n snoei sker afgeknip en halfdood gelos was nie.Die vrou wat Donderdag deur twee rowers verkrag is in Pretoria en toe die bliksems na die tyd gese het thanks for assisting us.En die vrou wat in die maag geskiet was en haar ongebore baba dood is.Nee jy het dit net tjoef tjaf afgehandel en klaar, maar nou is dit mos `n swarte wat deur `n witte benadeel is ag shame.Hulle moor,beroof en verkrag ons daagliks by die hande vol ,maar geen haan kraai daaroor nie.Jy pas by die nuwe Suid Afrika.Wees meer objektief en skeer almal onder dieselfde kam.

Blou Bul said...

Nog `n ding moenie jou eie gevolgtrekkings maak nie ,niemand se dis reg of keur dit goed nie, Moord bly moord en kan nooit geregverdig word nie.Ek keur die seun se moordtog ten sterkste af.Maar fair is fair en wees fair.

Anonymous said...

Hi Wimpie

Hier is 'n goeie email grap oor eskom:

In a drive to save on electricity consumption, the light at the end of the tunnel has been switched off till further notice.

We apologize for any inconvenience caused.

Kindly postpone all hopes and dreams...

Eskom Management

Almal kritiseer jou nou oor jy standpunt in neem om te se moord is moord, maar jy is reg. Jy sou ook aangegaan het daaroor as dit net andersom was. Kinders is altyd die ongelukkige slagoffers.

Groetens
Michelle

Anonymous said...

Hier is nog een:

Dear Electricity Consumer,

Just a little note to let you know we understand your anger in the recent price hike and power cuts.

But it should be noted that you have no choice.

We are a big company and you will pay what we tell you.

You have no choice.

We have the power, you need the power.

So sad, too bad. Sucks to be you.

Have a nice day and keep those cheques coming, loser!

Regards
ESKOM

Blou Bul said...

Michelle, lees weer my comments of moet ek my brille vir jou leen, miskien my brein ook.?

Chantie said...

Wimpie, kan nie wag om die foto's te sien nie.
Dis nou maar 'n alledaagse ding hierdie vir die volgende 7/8/9?jaar!

Anonymous said...

Gistermiddag op pad huis toe, kom ek af op Sharks waar hulle in 'n ongeluk was (hulle saam ry klub) was dit nie vir die ou se fiets en die fietsrak nie, sou dit 'n baie lelike ongeluk gewees het, daai fiets en die fietsrak het die hele impak van die ongeluk gevat, die agterste ruit het gebars, Sharks en die ander dames het gelukkig nie te seer gekry nie, alhoewel ek sien sy loop nie lekker nie, haar nek en rug het bietjie seer gekry. Maar sy weier om dokter toe te gaan, die klein hardegat. Seker bang die dokter sien haar ander pyn raak - die wat haar blog lees sal weet of raai waaroor ek nou praat.

Die brein ja wil my voorkom of net hulle mag moor, verkrag en beroof, ons moet sit en kyk hoe hulle ons skiet. Ek sè nie dit is reg wat daai seun gedoen het nie, dit is siek, maar die ander kleuriges doen dit dan, daaroor word nie 'n woord gerep nie.

Anonymous said...

Shame, dit lyk nie of jy baie beroemd is vandag nie!!!

Ja en weet jy, jy is reg ek het 'n klein babatjie van vier maande en as die krag uit is, dan sit 'n mens met 'n storie...

En vergeet van die moord en verkragting stories want dit sal jou nerens in die sak bring om nou daaroor aan te wil gaan nie! Dit het gebeur dit is buite bereik van Wimpie of die volgende een se hande!