Thursday, January 10, 2008

Wie lieg vir wie?

Leuens, leuens en nog leuns!

Ek wil dit duidelik maak dat ek NIE gekant is teen Peter de Villiers se aanstelling as nuwe afrigter van die nasionale span nie, ek glo hy het 'n kans gekry en dis in sy eie hande wat hy met daai kans gaan maak, dis vir my net weereens 'n jammerlike mislukking van SA Rugby dat de Villiers nou vanuit die staanspoor onder druk gaan wees en sal moet rondloop met die transformasie apie op sy skouer.
Die ameteuragtige wyse waarop rugby, 'n professionel sport in suid-Afrika gemanupileer, uhm jammer, bestuur word is net doodeenvoudig skrikwekkend!
Volgens mnr. Oregan Hoskins, Saru se president, het die presidentsraad na ’n groter prentjie as net rugby gekyk. “Ek wil eerlik met Suid-Afrika wees en sê ons het nie slegs na rugbyredes gekyk nie. Ons het die kwessie van transformasie baie ernstig opgeneem toe die aanstelling gemaak is. Ek dink nie dit sal negatiewe persepsies rakende Peter skep nie.

Die grootste nar in Suid-Afrikaanse sport Butana Komphela plaas 'n reuse skadu oor die aanstelling van de Villiers na sy uitlatings van gister direk na SA Rugby besvestig het dat de Villiers se aanstelling nie suiwer op grond van meriete was nie.
Grootbek Komphela verklaar luidkeels aan almal wat wil luister: "Ek wil dit duidelik maak dat Peter de Villiers se aanstelling nie 'n transformasie aanstelling is nie, maar dat hy op meriete aangestel is".
Huh, so wie lieg nou oor die aanstelling, Hoskins of Komphela??
Ek stel dit weer duidelik, ek glo dat de Villiers 'n regverdige kans moet kry nou dat hy die pos gekry het, ongelukkig veroorsaak ouens soos Khompela dat hy vanuit die staanspoor onder geweldige druk gaan wees.
Nou ek ken de Villiers persoonlik van sy dae as Vlke afrigter en het al BAIE onderhoude met hom gedoen en het al 'n paar biere saam met die ou gedrink en hy is 'n BAIE aangename ou met 'n baie groot passie vir rugby en ek glo hy gaan sy huiswerk ordentlik doen en die Bokke na die beste van sy vermoe afrig, maar dan moet hy ALMAL se ondersteuning hou, sonder om onder druk geplaas te word deur 'n ou soos Komphela, de Villiers het klaar volgens my die regte geluide gemaak deur te se sy span sal op meriete gekies word, so kom ons kyk Peter wat maak jy met hierdie geleentheid wat jy gekry het, die bal is letterlik in jou hande!

Die prokureur van die Gautengse hoof van die Skerpioene-misdaadeenheid, Gerrie Nel, sê die omstandighede rondom sy dramatiese inhegtenisneming Dinsdagaand lyk na magsvertoon deur die polisie. Nel, wat in beheer is van die ondersoek teen nasionale polisiekommissaris Jackie Selebi, is by sy huis in Pretoria aangekeer. Sy regsverteenwoordiger, Ian Small-Smith, sê as die aanklagte van ‘n gewelddadige aard en Nel ‘n gevaarlike man was, kon mens verstaan waarom hy in hegtenis geneem is. Dit was egter alles onnodig. Hy voeg by dat Nel gevra kon word om by die polisie aan te meld, eerder as om voor sy gesin in boeie geslaan te word. Nel is gister vrygelaat op borgtog van tien duisend rand op voorwaarde dat hy nie inmeng met die polisie-ondersoek nie. Ruik jy ook 'n rot, sien jy ook soos ek die hand van Jackie Selebi hierin, net snaaks aangesien almal weet dat Selebi deur Nel ondersoek word, kom ons wag in spanning en kyk...

Ek het vandag 'n vergadering met Toyota oor die Toyota Pruis, hou die spasie dop ek sal jou laat weet wat gaan aan.....bietjie later!

Later!
Wimpie

PS: As jy navraag doen by Computicket vir die groot Steve en Anton-show soek onder die Brugbou konsert!

5 comments:

Dame met 'n wil! said...

Ek like daai kar, wow dit is nou mooi!!

Anonymous said...

more se eks bly om te sien jy is so positief oor pieter de villiers se aanstelling...maar ja ek bly my standpunt TOTSIENS SPRINGBOKRUGBY DIE EINDE IS HIER en ja as HY my verkeerd bewys sal ek die eerste een wees wat by spreke van wyse my hoed sal eet...tot weer

My Kop Op 'n Blok! said...

Jy's seker dat ons maar positief moet bly met die besluit. De Villiers kon dit soveel makliker gemaak het vir ons almal deur harder te probeer en die beste te wees. Dit sou net makliker wees om te aanvaar as ons almal geweet het die transformasie-man is toevallig ook die beste man vir die job. Ongelukkig, as (l.w. nie wanneer nie, as) ons die volgende wêreldbeker verloor, sal mens bly wonder wat kon gewees het. Whatever hy doen, ek hoop net hy doen dit self en stel nie ander mense aan en ry op hulle rug nie.

Blou Bul said...

Wimpie ek admireer jou siening oor de Villiers, ja kom ons gee die ou `n kans.

Ek wil net jou ook ondersteun oor iets wat jy op die radio gese het.Fok ek is ook gatvol oor die reen. Waar staan dit dat mens altyd moet tevrede wees met baie reen, genoeg is genoeg die damme loop oor.En se my is reen welkom in oestyd????

Nog `n ding ek stem saam met jou oor dikgat Nicky van den Bergh, as hy op sy kop staan sal mens steeds nie agterkom hy is omgekeer nie.

BoerinBallingskap said...

Wimps, geluk met die Prius wat jy toe kon kry!
Jou kommentaar tov De Villiers is baie gebalanseerd. Geen die man 'n kans! Maar ook volpunte vir Hoskins dat hy erken dat dit nie slegs meriete is wat getel het nie. Mens kry min sulke eerlikheid. Ek verkies dit ten verre bo die skynheiligheid van Khompela!