Wednesday, April 30, 2008

Ai die talent!


Dis verby en agter die rug...

Enige musiekpromotor sal jou vertel alles gaan dol voor 'n show tot so tien minute na alles begin het en dan kan jy relax en die show geniet.

Klipdrift se Battle of the Bands by Carnival City was ook so en vir die volgende 12 weke gaan die kompetisie ongelooflik wees, gisteraand se 9 bands was eenvoudig ongelooflik, soveel so dat ek byna al my wildcard troefkaarte moes speel, soos Klipdrift se ouens my moes onthou daar is twaalf weke om te gaan en ek het klaar drie bands, op die eerste aand, 'n wildcard gegee gegrond op die ongelooflike standaard wat gisteraand gestel is...

Hansie Slim, Wysdiman en Scintilate het almal wildcards gekry om aan 'n uitdunrondte deel te neem terwyl Die Maverick gisteraand die eerste band was om deur te dring na die halfeindrondte...

As ek die standaard so kyk wat gisteraand gestel is kan jy as liefhebber van Suid-Afrikaanse musiek nie bekostig om enige van die volgende elf weke mis te loop nie! Awesome! Dankie aan Carnival City, Klipdrift en Rea le Roux vir wonderlike MC werk, iets anders as kondig net aan, chat bietjie met die bands vind uit waar kom hulle vandaan en so aan....moerse, dankie bokka! En dankie aan die hele span, wat 'n great sukses! Almal is opgewonde including die uwe!


Gister saam met Tanya gegaan om die baie onaangename taak te gaan doen om haar pa uit te ken, ek het jou comment gelees Tanya en ek hoop my kinders het dit ook gelees.... Die dood is iets wat jy nie kan bestel wanneer dit jou pas nie, dit kom wanneer jy die minste daarop voorbereid is en wanneer jy nie wil he dit moet gebeur nie, die harde werklikheid van die dood is wanneer jy 'n sak vol klere kry met 'n nommer op en jy besef dis al wat oorbly van 'n leeftyd se memories, ervarings en liefde...

Dit was nie lekker nie en die stilte in die kar oppad huistoe was oorverdowend en iets wat ek nie gou sal vergeet nie.

Gelukkig is vandag basies soos 'n Vrydag met al die lekker vakansiedaggies... dankie Thabo hehehe!

Dis my storie vir vandag en soos altyd dink ek vandag weer aan jou, sterk staan bokkie! Soos ek gese het ek koes saam en ek tel maar op as jy omval.... eendag is eendag dan praat ek en vertel ek alles wat ek weet, dit sal nou interessant wees....!

Later

Wimpie

3 comments:

Anonymous said...

Hi

Jy moet jou lang naweek geniet. Ek is bly om te sien jy klink amper weer jou ou self.

Lekker dag vir jou

Ina

Anonymous said...

Klink of als goed verloop het, ek's bly vir jou.

Tanya, ek kan nie eers indink hoeveel seer daar in jou hart is nie en niemand kan dit wegvat nie, maar baie sterkte!

Geniet jou daggie en pas jouself op!
((W))

Anonymous said...

eishh, at last i got youre blogsite sir. i's Joseph here. just want to tell you i will have to make you a new hamburgers and that you can just phone when you want to collect. i love yor show boss.speek agen tomorow.

Joseph