En so het ons maar elkeen ons ou dingetjies in die lewe...
Ek vind dit moeilik om weer te dink aan teruggaan werk toe volgende week. Geen spesifieke rede daarvoor nie behalwe dat ek dink en kan gewoond raak aan niks doen nie, amper soos Hugh Hefner! Wel darem nie heeltemal nie, ek wil nie drie hot blondes he soos hy nie, een sal doen....okay come to think of it, drie is 'n mooi getalletjie!
Gister weer gedoen wat ek haat met 'n passie in die lewe, begrafnis gehou saam met Gerhard Schaap, was nie lekker nie. Ook weer besluit ek wil asseblief veras word, soos Gerhard se pa, niks van daai emosionele tonele by 'n oop graf nie....
Sterkte Gerhard die moeilike deel, kan ek myself net indink, kom nog!
Ek begin gewoond te raak aan niksdoen nie, net een probleem, waar kry mens die geld om heeldag niks te doen nie?
Geen radio vir my terwyl ek op vakansie is nie, die radio is my werk en ek wil nie daaroor dink, luister en/of praat nie... Ek kan darem nie die een laat verbygaan nie, een van my lolegas by die grootste stasie in gauteng vertel blykbaar Dinsdagogend op die lug, Thabo Mbeki is die grootste slapgat president in die wereld se geskiedenis, wat kan ek se wat hy nie klaar gese het nie, Mbeki het sy kans gehad om wereldwyd altyd in die geskiedenisboeke opgeteken te word as 'n groot staatsman.... wel daai kans is in sy maai in! Wonder net oor een ding en dit is hoe lank Darren Scott by Oos Rand Stereo sou gehou het??
My ou beskeie plannetjies vir die dag sluit 'n welwillendheidsbesoekie aan Snorcity, oftewel Flou Bulland, of sal ek maar se Pretoria in. Moet vinnig twee goedjies gaan afhandel, sien baie uit daarna, dis warmer in Pretoria as in Johannesburg, uhm...ja die girls ook!
My lewe is so uhm kom ons se maar rustig op die oomblik, dis asof iets my net kom kalm maak het en vir my se daar is groot dinge op my pad en besig om te gebeur, miskien is dit werkgewys, miskien my liefdeslewe en miskien net miskien, wil ek maar net toilet toe gaan!
Wat dit ookal is, ek is opgewonde en sien uit daarna...
Lekker dag en bly positief, oor die lewe en oor alles!
Wimpie
Thursday, April 17, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
7 comments:
Hi
Ek is baie bly om te sien jy voel weer bietjtie positief oor die lewe. Niks doen kan vir my ook werk. Die geld ding is net 'n probleem. Wens ons was Harry Oppenheimer se kleinkinders...
Geniet jou laaste paar daggies.
Liefde
Ina
Net vir jou
"Happiness is like a kiss. You must share it to enjoy it."
- Bernard Meltzer -
Ina
Hi almal,
Ek moet net dit se: DINK JULLE NIE JOKER DOEN 'N FABULOUS JOB MET DIE BREAKFAST SHOW NIE????? wow!!!! hy kan dit maar ELKE dag doen!!!!!
Boksburg Bommers what a band...kyk toe hulle g.aand lostrek met n paar verwerkings van stevie boy se agter elke man,sias se sproetjies,ge se lifeling en natuurlik Eden se Is jy bang het die skare mal gegaan....kyk uit vir die nuwe groep sensasie....hulle is hier.....hou die spasie dop vir optredes....ja nee twee bruistablette berocca en n red bull sal my deur die dag moet trek... vandag is ek definitief in n hinderlaag le laag en hinder niemand..tot weersiens.
:-)
Ano
Eish plaas jy maar net laat weet het, dan kon ons ietsie gaan drink het iewers hier in die stad!!
Anonymous,Joker doen nie te bad nie.....eerstens doen hy nie sy naam gestand nie,sy jokes half bra k@kerig.. .ek en my vrou luister albei na Wimpie inni oggend,wens hy is vinnig terug. . . . Andre & Jacqui
Post a Comment