Monday, April 14, 2008

Ek is soooo rustig...gaap!


Ek kan gewoond raak aan sewe uur opstaan in die oggend, vanoggend gaan my ogies ouder gewoonte 04H30 oop, amper maak ek die fout om op te staan! Net betyds onthou ek, ek is op vakansie. Mmm draai om en slaap verder. Lekker!

So wat doen mens as jy op vakansie is en almal wat jy ken is besig om te werk? Wel jy gaan drentel, so 'n mooi woord, in die winkels rond, vang bietjie op met jou leeswerk wat jy lankal wou doen, kyk soveel moontlik televisie, luister glad nie radio nie o ja en jy groei 'n baard!

Ek wou nog altyd 'n baard gehad het, nooit kans gesien daarvoor nie altyd gedink dit laat my oud lyk, maar wat de hel ek is op vakansie en ek gee nie rerig 'n flenter om hoe ek vir watter girl lyk op die oomblik nie, so ek sny toe maar die ding in die beste shape wat ek moontlik kan en siedaar ek lyk soos....mmm... Paul Kruger?? Whatever, ek like dit en dis al wat tel!

Gesels met 'n vriend so tussendeur, misverstand want my vriend sien my aan vir 'n idiot want mens kan nie jou stemtoon beskryf in 'n sms nie....jammer daaroor, moet gou iets verduidelik vir die rekord, ek is die wereld se grootste terggees ek kan jou siel uittrek sewe dae 'n week en twee keer op 'n Sondag, sorry dis (pardon the pun!) hoe dit is!

Anyway ek is onnodig in die moeilikheid en moet eers mooi verduidelik wat ek eintlik bedoel voor vrede weer herstel word, gelukkig is daar tans 'n skietstaking.

Ek het Woensdag 'n vergadering met 'n sangeres en ek besef skielik hoe maklik dit is om bekend te raak as die volgende Louis van Wyk, as jy weet wat ek bedoel!

Gaan so bietjie kyk of ek nie 'n fliek kan inpas vandag nie en dan vanaand Groet die grotvrou deurdraf by Carnival City, dan is dit bietjie partytjietyd, miskien iets om te eet en kyk of ek dit alles saam goeie geselskap kan doen, is jy game? hehehe

More sal ek meer vertel van die grotvrou en die boek wat ek vandag....weer... begin lees het, Douglas Adams, vertel more meer...

Lees vandag op 'n ander blog dis nie net my liefdeslewe wat op 'n mission is nie, en dis nie net ek wat daaroor skryf nie... Ek het vandag besef dis tyd om te relax oor die liefde, wat ookal moet gebeur sal, dit help nie jy soek elke dag jou gat af daarvoor nie, so ek gaan nie meer nie, dink in alle geval daar is iets aan die gang waaroor ek nie tans wil dink nie, gaan net die hele ding geniet soos dit ontvou, en ek is selde verkeerd so kom ons kyk maar!

Dankie almal wat comment, brein ek het gedink jy is kwaad vir my dat jy net op meer famous mense as ek se blogs comment, welkom terug!

Hey ek like my nuwe look, dis cool, lekker werk!

Wimpie

7 comments:

Anonymous said...

Haha, ek het tog die laaste poke ingekry. Tog voel ek nie baie chuffed daaroor nie, want dit beteken dat ek nog wakker is en hierdie blou Maandag nogsteeds op my rug sit...
Dankie vir die opcheering vandag(oftewel later vandag eerder).
Ek lees jou post en dink by myself, ai, mans sal maar net nooit erken as hulle skuldig is nie ;-)
Hoop jy het 'n lekker daggie!

Blou Bul said...

Goeie more (Dinsdag)

Dankie Wipie, nee eks nie kwaad nie ek het selfs my comments redelik afgeskaal op SSSB en ander blogs.Ek lees dit nou net meer anders raak ek net weer bar.(lol)

Wel my vrou stuur groete en se sy mis jou op O.R.S. want jy maak die program en jy praat die waarheid.Ek stem saam met haar, ek luister elke oggend na jou program.

Wel geniet die af tyd en groei die baard maar skeer weer volgende week anders gaan jy soos Osama lyk.Ons modus operandi is die selfde as dit by aftyd kom en dan pla ek my vrou sommer baie,Mmmmmm njammies.

Wel ek en sy is vandag en more af gaan ook die Malls invaar.En more gaan ek `n oregon wynrak klaar maak en in my kombuis instaleer.

Lekker dag.

Blou Bul said...

So terloops ek is ook `n moeviese terggees en sal jou nog ook `n streep of twee trek en sien of jy dit terug kan vat.

Hastilla Vista.

Anonymous said...

Hi

Van die tergery kan jy ons niks vertel nie. Jy is en was van kleintyd die grootste terg gees. Jy moet jou aftyd geniet en skakel af van die werk af.

Liefde

Ina

Anonymous said...

OK! Dis dit! Ek gaan SAAM!! Klaar oor en uit.......

En... jou 'mede-uitganer' gaat nie omgee nie... HEHE!!! Ek kan jou dit beloooooooooooooooowe!!!! *winks*

Enjoy!!!!!!

Ano

Anonymous said...

Wimpie vryf dit nou in toe!! Laat slaap, lees, drentel in die winkels, terwyl die res van ons ons gatte moet afwerk!! Kry jy lekker?? Nee jy maak nie mooi met ons nie, skaam jou meneer van der sandt!

Toemaar jy, geniet elke sekonde van niks doen nie, so jy doen letterlik elke 5 minute niks en dan hou dit so aan vir ure en ure!!

RUS NOU GOED UIT, slaap lekker laat in die oggende, moenie dink aan die van ons wat ook al 4.30 MOET op en aan die gang kom nie!! Lees en kyk tv totdat jou ogies blokkies is. Ons soek dan net 'n foto van jou blokkies oge en jou baard!!

Anonymous said...

Hallo Wimpie, lanklaas commits gelos, maar lees gereeld.

Ek stem met Meermin, jy doen nie mooi, ons is jaloers op jou wat net ronddrenkel in Malls. (Dit laat my dink aan die artikel in Weg wat Dana geskrywe het, dink verlede maand, my dood gelag!)

Lekker kuier saam jou mense wat omgee vir jou, en wees 'soet'

Vriendelike groete aan jou

Eben